Page 18 of 21

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Thu Dec 11, 2014 1:35 pm
by alecjohnson
Dis op n press boor geboor. Nie met die hand nie. Maar dit vat steeds mooi boor!. Ek het ook probeer om die vesels vas te smelt maar dit werk nie lekker nie. Ek het dit vas gesuperglue. Dit het nou al 100skote hanteer met redelike warm 300greiners. So ek dink nie die superhlue gaan maklik loskom nie

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Fri Dec 12, 2014 8:59 pm
by JTM
Ek het mos die week my Boyds Pro Varmint kolf gekry en soos hulle dit maar maak is die treklengte maar aan die kort kant vir my.

Van te vore het ek my Boyds Varmint Thumbhole kolf ook verleng. Dit is te siene so paar bladsye terug.

Ek het maar weer die bul by horings gepak en die projek aangepak om die Pro Varmint te verleng.

Als het begin by 'n stuk skroot 50mm platyster.
14184101647374.jpg
Patroon van skopkussing afgeskraap en met hoekslyper met 1mm skyf uitgesny.
14184101765035.jpg
Afgewerk met bankslyper en skuurder.
14184101855216.jpg

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Fri Dec 12, 2014 9:05 pm
by JTM
Gou vanaand nog al die gate uitvemeet en geboor en die parte gepas. So het dit uitgekom.

More nog als spuitverf in Satyn Swart dan behoort als mooi te pas. Die pilare is gemaak van staalkabel "ferules".
14184100747630.jpg
14184100892421.jpg
14184100969252.jpg

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Fri Dec 12, 2014 11:48 pm
by JPS
Jannie,

Ek kan jou dalk betaal vir so verlengstuk vir my Boyds Tacticool nie?

Mooiloop
Jan

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 6:13 am
by Pvdw
JTM dit lyk regtig bakgat

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 6:51 am
by Jake1
JTM dit lyk baie professioneel, as jy die tyd gehad het wat sou jy gevra he vir so n modifikasie? Hier is ouens op die forum wat darem maar regtig baie talent het.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 3:18 pm
by PWV
Jannie, dit is werklik 'n kunswerk!
'n Handige blikskottel, jy!

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 3:30 pm
by Gawie(13mm)
Ja Oom Pieter, ou Jannie is nie net 'n mooi gesiggie nie! ;D

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 5:46 pm
by JTM
Kyk as ek op my looks moes gegaan sou die lewe maar swaar gewees het :D

Ek het dit gespuitverf vandag, maar reken ek sal dit maar eerder laat powdercoat.
14184853154390.jpg
14184853572222.jpg
14184853714983.jpg

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 5:48 pm
by JTM
So lyk geweer nou.
14184854467255.jpg

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 8:00 pm
by Johan Nel
Jannie,
Ek lei af dat dit nie verstelbaar is nie, maar dat dit die lengte opmaak wat die kolf te kort is vir jou. Het ek dit reg so?. Dit is 'n baie netjiese stukkie werk, welgedaan!

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Dec 13, 2014 8:06 pm
by JTM
Baie dankie. Dit is inderdaad so. Jy kan die lengte aanpaas deur die pilaar langte te verander, maar dit kan nie in en uit skuif soos die gewone verstelbare tipes nie. Dit is in elkgeval nie iets wat ek verstel na ek my treklengte gevind het nie.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sun Dec 14, 2014 4:24 am
by theedge
Baie netjies maat

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Dec 16, 2014 12:58 pm
by PWV
My Tuimelaar werk!
So ‘n ruk gelede het ek en Gawie(7mm) foto’s geplaas van prototipes van tuimelaars wat ons gemaak het. Gawie s’n is aangedryf deur ‘n wasmasjienmotortjie met ‘n V-belt. Dit het te vinnig gedraai en die doppe se bekke gebuig soos hulle teen mekaar stamp. A.g.v. sy werk kon hy nog nie weer by sy produk uitkom nie.
Omdat ek werkloos is, kon ek meer tyd aan myne bestee. Myne aangedryf deur ‘n ruitveërmotortjie, werk met ratte. Die drom is ‘n plastiekbottel waarin handewaspasta gekry word. Aan die binnekant het Gawie vir my twee ribbe vasgesit sodat die inhoud deurmekaar gekrap word as die drom draai.
In plaas van vlekvrye staal-“spykers”, soos dié model wat gekoop kan word, het ek gedink glasstukke kan net so goed werk.
Ek het by ‘n glashandelaar stukkies van die “shatter-proof” glas gekry. Aanvanklik wou dit nie werk nie omdat dit in die doppe se bekke en in die knaldoppie-holtes vasgesit het. Ek het die glas in kleiner stukke gekap en deur ‘n 4 mm sif gegooi. Die kleiner glasstukkies het nou nie in die doppe vasgesit nie.
Nou gooi ek 50 doppe op ‘n slag in die drom + 1 opgehoopte teelepel wynsteensuur + ‘n eetlepel sunshine liquid + 2 koppies glasstukke + 4 of 5 koppies warm water.
Ek laat hulle tuimel vir 45 minute, haal uit, spoel goed af en gooi die glasstukkies uit die doppe. Die glasstukkies gaan terug na die tuimelaar toe.

Op die foto’s kan die tuimelaardrom gesien word en die doppe nadat getuimel is. Die glasstukkies se deursnee moet nie groter as 4mm wees nie. Die binnekante van die doppe is silwerskoon, maar nie die knaldopholtes nie. Daarvoor gebruik ek ‘n “gadget” van Heinz. (As jy mooi vra kan hy dalk een of twee aan jou verkoop). Ek maak die holtes dadelik skoon terwyl hulle nog nat is. Deur ‘n lappie voor om die punt van Heinz se gadget te sit en in ‘n boor, is die holtes in ‘n oogwenk blink-skoon!

Bogenoemde prosedure is getoets en nie uit my duim gesuig nie. Vir my is dit nou ‘n plesier om doppe skoon te maak.
Groetnis

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Dec 16, 2014 1:01 pm
by PWV
Nog foto's.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 12:29 pm
by PWV
Uiteindelik het ek so ver gekom om die ivoor van my laaste olifant te verwerk. My eerste poging is hierdie doppie op die kolfgreep. As 'n mens nie gereedskap het nie, verg dit nogal baie sweet om daardie skyfie ivoor so te kry.
Hy is nog nie vasgesit nie, want ek wil eers 'n mooi motief daarop laat graveer.
Groetnis

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 12:47 pm
by Gawie(13mm)
Oom het mos 'n Dremmel. Ek hoop nie Oom wag vir my nie. Al wat ek kan uitkrap is "naughts and crosses" ;)

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:14 pm
by JTM
Lyk na mooi projek Oom. Kan nie wag om eind resultaat te sien nie.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:28 pm
by DawieKotze
Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.

Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!

Dawie

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:38 pm
by PWV
madako wrote:Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.

Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!

Dawie
Gaan 'n baie duur projek wees, want ek sal nou 'n baba moet kry! 8)

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:50 pm
by DawieKotze
PWV wrote:
madako wrote:Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.

Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!

Dawie
Gaan 'n baie duur projek wees, want ek sal nou 'n baba moet kry! 8)
;D ;D ;D ;D

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 5:00 pm
by joe rocket
Netjies oom Pieter sal volgende jaar myne kom haal. Hou nou eers lekker see. Begin solank myne maak ek het kabeljou, alikreukel en perlemoen. ;D


Groete daar.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 5:09 pm
by PWV
joe rocket wrote:Netjies oom Pieter sal volgende jaar myne kom haal. Hou nou eers lekker see. Begin solank myne maak ek het kabeljou, alikreukel en perlemoen wat ek natuurlik onwettig bekom het. :police: ;D


Groete daar.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 5:13 pm
by joe rocket
Goeie ene oom. Het n hengel permit n alikreukel permit en n pel van my werk by n perlemoen plaas.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Mon Dec 22, 2014 5:14 pm
by joe rocket
Goeie ene oom. Het n hengel permit n alikreukel permit en n pel van my werk by n perlemoen plaas.