Stuur my daai e-mail adres dan mail ek n plan van n drommetjie wat ek dink goed gaan doen op daai rollers.
Groete
Willie
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 11:23 am
by PWV
Jannie
Ja, 'n barmhartige Samaritaan het vir my 'n 2de-handse kragbron geskenk. Wonderlik die welwillendheid wat mens by sommige mense kry!
Op hom staan " Power Supply Unit". Lewer 6 amp. Werk soos 'n bom!!
Willie
ken jy 'n "concrete mixer" se binnekant? So lyk die bottel binne!
Groetnis
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 11:36 am
by Williel
Dan sal daai bottel bitter mooi werk met sy mixer design.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 3:26 pm
by Gawie(13mm)
Hier is my poging.
Samsung wasmasjien se motor en belt plus twee rollers van 'n kopieermasjien se kleur kassete.
IMG-20141112-WA0000.jpg
IMG-20141112-WA0001.jpg
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 3:41 pm
by Viking
Die goedkoopste tumble "media" is 'n sak "corn cob" by enige "pet shop" en 'n botteltjie vloeibare motor politoer.
Die skoon doppe gaan nie so blink wees dat jy donkerbrille hoef op te sit terwyl jy herlaai nie, maar dit werk!!
Brass1-compressed.jpg
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 6:37 pm
by Flip Nel
Viking wrote:Die goedkoopste tumble "media" is 'n sak "corn cob" by enige "pet shop" en 'n botteltjie vloeibare motor politoer.
Die skoon doppe gaan nie so blink wees dat jy donkerbrille hoef op te sit terwyl jy herlaai nie, maar dit werk!!
Brass1-compressed.jpg
Viking
ek het dit ook gedoen maar later het ek agter gekom dit pak aan die binne kant van die dop aan, ek het opgehou om dit te doen, mens sien dit nie aan die begin nie maar dit raak later hard dan sien mens dit duidelik. Wees versugtig.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Nov 12, 2014 11:17 pm
by Viking
Flip dankie vir die waarskuwing. Ek het vergeet om by te voeg dat ek so elke derde keer die doppe was met die beproefde wynsteensuur en opwasmiddel om enige aanpaksel te verwyder.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 11:41 am
by PWV
Vir dié wat belangstel, kan hier lees hoe ek 270 doppe gebruik om doppe vir my 7mm Tombi Mk1 te maak. Die 8x57 doppe wat ek normaalweg gebruik is uiters skaars of onbetaalbaar.
Ek het vriende wat slegs winkelpatrone gebruik en sodoende kry ek van tyd tot tyd ‘n klompie 270 doppe (gemerk A in die foto). Ek gloei (“anneal”)die doppe om die boonste punt sagter te maak en sit hulle dan deur my 7mm matrys om hulle te krimp (nekke word eintlik gerek), sodat hy lyk soos B op die foto.
Daarna sny ek die doppe korter -so ongeveer 3mm met my Dremel-snyertjie. My doplengtesnyer (foto hieronder) sny normaalweg die doplengte op 57 mm vir die 7x57. Ek het egter die voorpunt (nr. 1 op die foto) 1mm uitgedraai en ‘n “spacer” tussen 1 en 3 ingesit sodat hy nou die doppe op 58mm sny. Nr. 2 dui die spasie veroorsaak deur die “spacer”.
Hierdie raad het ek by Dawie Blaauw gekry Die langer nek het nou ‘n beter greep op die koeël.
Hoe meet ek die deel van my geweer se kamer waar die nek in pas?
Ek het ‘n gevormde Tombi-dop geneem en die helfte van die nek afgesny. Die ringetjie wat ek sodoende verkry het, is in die lengte oopgesny sodat dit gesplete is.
Nadat ek ‘n koeël in die dop gesit het, het ek die gesplete ringetjie oor die koeël gedruk tot ± by die “ogive”. Wanneer jy nou die patroon in die kamer stoot, die slot sluit en weer uithaal, het die ringetjie teruggedruk volgens die lenge van die nekgedeelte van die kamer. Die mate wat ek sodoende verkry het, het vir my aangedui dat ek met gemak my doppies 1mm kan verleng.
Groetnis
Op die foto toon C die dop nadat ek die nek dunner gesny het om in die kamer te pas ( dikte is nou .014”), en is die dop nou gereed om ge-vuurvorm. D toon die dop nadat ge-vuurvorm is.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 12:56 pm
by Pappabeer
Ek het sedert ek uit die kaap is tret verloor met oom Chris se uitvindsels.
Wat is die verskil tussen die Tombi mk1,2,3 etc?
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 1:49 pm
by Jake1
Het oom PW nie n manier om 375 doppe te resize na .223 doppe......
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 1:54 pm
by Flip Nel
Jake1 wrote:Het oom PW nie n manier om 375 doppe te resize na .223 doppe......
Jy gaan bitter baie moet Trim
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:02 pm
by Gawie(13mm)
Jake1 wrote:Het oom PW nie n manier om 375 doppe te resize na .223 doppe......
Ja, maar jy gaan sukkel om die 416 dop daar uit te kry
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:08 pm
by Jean Marais
Gawie, ek stel voor jy maak eerder vir jou .223 'n loop van die 375 doppe
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:09 pm
by Gawie(13mm)
Pappabeer wrote:Ek het sedert ek uit die kaap is tret verloor met oom Chris se uitvindsels.
Wat is die verskil tussen die Tombi mk1,2,3 etc?
7 mm Tombi Merk 1, se doplengte is 57mm by benadering. Baie naby aan 7x57 Ackley. Ackley se nek is effens korter as ek dit reg het.
Merk 3, is geskoei op die 30-06 dop en sou seker kon deergaan as 'n 280 Ackley.
Wouter sal my kom fliksem as hy terug is maar dit is hoe ek dit verstaan.
Daar is ook 'n 308 Tombi soos waarmee Heinz, 5mm groepe op 500m skiet
Oom Chris het dan nog 'n baar baster 6mm kalibers onder sy belt.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:11 pm
by Gawie(13mm)
Jean Marais wrote:Gawie, ek stel voor jy maak eerder vir jou .223 'n loop van die 375 doppe
Met daai 3 duim lope gaan jy maar sukkel om 'n node te kry.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:44 pm
by Chevvy SS
Makado sal een kan uitwerk, die ou kopkrapper!
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:50 pm
by DawieKotze
Chevvy SS wrote:Makado sal een kan uitwerk, die ou kopkrapper!
Nou toe - julle weet wat nodig is om 'n node te voorspel. Laat kom daai data! Maar eintlik is Driepoot baie meer gekonfyt met QL!!
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:39 pm
by PWV
Jake1 wrote:Het oom PW nie n manier om 375 doppe te resize na .223 doppe......
Ja, moer hulle in 'n wasmasjien en was in koue water, haal uit en sit in die son. Hulle krimp dan tot 223!
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Tue Dec 02, 2014 8:43 pm
by Frikkie Coetzee
Pappabeer wrote:Ek het sedert ek uit die kaap is tret verloor met oom Chris se uitvindsels.
Wat is die verskil tussen die Tombi mk1,2,3 etc?
Ek het die merk 1 gehad. Het nou merk 3. Ken glad nie die mk2 nie en ek sien Quickload het n mk 4 op. Weet nie wat dit is nie.
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Wed Dec 03, 2014 3:59 pm
by terven
Gromit wrote:
Pappabeer wrote:Ek het sedert ek uit die kaap is tret verloor met oom Chris se uitvindsels.
Wat is die verskil tussen die Tombi mk1,2,3 etc?
Ek het die merk 1 gehad. Het nou merk 3. Ken glad nie die mk2 nie en ek sien Quickload het n mk 4 op. Weet nie wat dit is nie.
Middag Gromit
Watter een van die merk 1 of 3 verkies jy en hoekom? Ek dink baie sterk daaraan om vir my n 280 ai te bou.
Dankie
Terven
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Thu Dec 11, 2014 11:04 am
by alecjohnson
Dagse mense. Ek dink die enetjie is 'n blink plan.
Ek het gesoek na 'n helder vesier vir my 375. Toe my vesier gefeil na n hoek en dit het gewerk maar ek was nie tevrede nie.
Ek het vir ouman op die forum gevra vir hulp. Hy het n klein gaatjie deur dit geboor en ek het optiese vesel ingegom! Dit is baie helder, maar ek kan nie van my foon af fotos laai nie. Kan iemand my dalk help met gotoslaai asb.?
Gawie. Waar kry mens van daai fibre optic goedjies?
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Thu Dec 11, 2014 12:55 pm
by Riaan Kriel
Soek by van die boogwinkels. Meeste van die jagboë se sights gebruik so ongeveer 3-5 verskillende kleure van die fibre-optics. Jy kry replacements maar is maar effens skaarser. Maak net die puntjie effens warm en druk plat dat dit nie uittrek nie. Ek weet van manne wat dit met van die pistole se voorste visiere gedoen het. Dit is net nie so maklik om die gaatjie daar mooi deur te boor nie.
Ek het nou die thread so vlugtig deurgegaan. Magtie maar hier is vindingryke en praktiese manne. Dankie vir goeie idees !
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Posted: Thu Dec 11, 2014 1:03 pm
by marco
Baie netjies ek moet se dit wil nogal gedoen wees om daai gat reguit te boor... goeie plan..