Herlaai Tips

User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Philip_L »

joe rocket wrote:Nou voor jy enige verdere lading ontwikkeling doen gaan leen of koop n kronograaf. Voor jy doppe dies en alle herlaai toerusting koop is n kronograaf die belangrikse komponent wat elke herlaaier moet besit. Om te meet is om te weet. Bepaal jou masimum TPL van jou kamer en plaas jou koeel 1mm terug. Meet spoed en kom gee jou gemiddelde spoed van lading wat beste groepeer hier. Raadpleeg riglyne vir quickload en gee deur. Die quickload manne sal jou vinnig op n node plaas.
Dankie, Joe.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Cobus(Cobb) »

Weet nie of dit al bespreek is nie:

Press maintenance, Waarmee lube jy die ram.....?? myne het droog gevoel, mooi skoongemaak en met paar druppels GS Gunoil gesmeer.
Sal maar kyk hoe dit loop.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Herlaai Tips

Post by joe rocket »

Grafiet poeier jy koop dit by n sleutel maker.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Tips

Post by tripodmvr »

Cobus, ek gebruik ook net grafiet omdat stof saam met die olie 'n lekker skuurmiddel word. Praat met my, ek het 'n groot bottel grafiet en kan sekerlik genoegsaam vir 'n paar jaar aan jou gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Cobus(Cobb) »

tripodmvr wrote:Cobus, ek gebruik ook net grafiet omdat stof saam met die olie 'n lekker skuurmiddel word. Praat met my, ek het 'n groot bottel grafiet en kan sekerlik genoegsaam vir 'n paar jaar aan jou gee.
kom ek kry jou vroeg oggend by Arcon Wimpy...more oggend??

cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Tips

Post by tripodmvr »

Kyk na PM.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

More Manne

Kom ons praat gou so bietjie oor die sprong/jump na die groewe van n kamer, maar meer spesifiek n lang of groot sprong. Om dit dalk net so bietjie meer in konteks te plaas kan n mens se n sprong/jump van meer as 3mm. So in kort is dit die vryboor/freebore area van jou kamer.

Kom ons staan gou eers bietjie vas by die dinamika daarvan en wat fisies in die kamer gebeur met n lang of groot sprong na die lande. Hierdie sluit nie Weatherby gewere in wat n doelgerigte freebore area in die kamer se ontwerp het nie. Hier gaan dit oor n lang freebore area in die keel en dan die beperkinge van of die stelsel of die rondte self om nie naby die lande te wees nie. As voorbeeld hiervan is waar jy beperk is met jou magesyn lengte en dit jou verhinder om nie naby die groewe van die kamer te kan laai nie. Die ander een is waar n mens nie genoegsame greep op die koeel wat gewoonlik so 80% van die kaliber uitmaak kan kry op die gelaaide rondte nie.

Nou algemene kwale waarmee die skut sit is swak groepering, wisselvallige spoedlesings(hoe ES en SD waardes) en onkonstandheid in groepering tussen verskillende omgewings omstandighede.

Onthou die rede hoekom n mens probeer naby die lande laai is oordat jy gewoonlik redelike konstandheid kry in jou opwaartse drukkurwe wat onsaglik belangrik is in interne balistiek. Necktention speel n kleiner rol want die ingaan in die groewe is by verre die grootste krag hier ter sprake in die opwaartse drukkuwe gedeelte van die ontbrandings proses. Nou met n rondte wat n lang sprong het speel necktention veral n baie groter rol alvorens die groewe van die kamer ter sprake kom in die opwaartse gedeelte van die ontbrandings proses. So vir hierdie rede moet daar so bietjie meer aandag gegee word in veral dopvoorbereiding. Hieronder tel eweredige nekwande seker die meeste. So die skil van dopnekke is iets wat werklik baie help. Dit op sy beurt help baie met meer konstante dopgreep wat help dat jou koeel onder konstante basis die beginfase betree. Onthou hierdie is die enigste krag wat hier ter sprake is en dit is daarom dat dit so belangrik is. As jy virgin doppe laai size hulle ook eers alvorens jy skiet om konstandheid te verkry.

Nog tip wat ek kan gee is dat n mens wil seker maak jou rondte lyn mooi op met jou kamer en hier help partial fullsizing as jy nie n neck dieset het nie ook baie. Jy wil so veel as moontlik kontak he tussen jou dop en kamer vir dit om te gebeur. So full-length resizing moet liefs vermy word met neck sizing die eerste prys. As jy neck sizing doen probeer ook om nie meer as 90% van die nek te size nie, sodat n gedeelte van die nek jou rondte mooi kan sentreer in jou kamer. n Ander belangrike aspek is runout. Dit het n groter effek op n lang jump as n rondte wat naby die groewe gelaai is. Kyk of jy nie eerder jou sizing werk kan doen sonder n expander ball nie. Gebruik grafiet poeier in die nek area wat help dat jou dop nie skeef trek in die proses nie. Meet die runout en sit rondtes wat meer as twee duisendstes het eenkant vir oefen. Terloops meet jou rondte nadat jy dit gelaai het asook nadat jy hom van jou magesyn na die kamer van die geweer gevoer het. Maak jou magesyn vol en meet almal wat gevoer was, want baie keer is jou geweer verantwoordelik vir n rondte wat skeef gedruk word gedurende die voer proses. Hierdie tel sommer vir alle manne. Feeding ramps kan aangespreek word wat geneig is om dit te doen.

n Mens kan ook doppe krimp wat baie help met konstante neck tention. Hier sal ek Lee se Factory Crimp Die voorstel en nie n roll crimp van gewone diestelle nie. Dit het al menigte manne gehelp wat radeloos was met hulle roere. Dit is baie keer die verklaring hoekom fabrieks amminusie met die geweer met lang vryboor goed skiet maar nie herlaade amminusie nie. Moet nie hierdie vlak kyk nie maar onthou dat nekwand dikte hier belangrik is asook jou doplengte. So gepraat oor doplengte, dit kan ook n rol speel met necktention. n Langer dop het meer necktention as n korter een so maak seker almal is ewe lank getrim. meet hulle gereld en sny terug indien nodig.

Nou as ons praat oor eegalige greep kom gereelde anneal van die doppe baie vinnig na vore. Om jou brass springback en samestelling konstant te hou is die proses n absolute moet. Deur dit elke derde slag te doen is goed met elke tweede herlaaislag nog beter. Hierdie help onsaglik baie met konstandheid en kan gesien word as n noodsaaklikheid.

Nog n tip is om te kyk of jy jou koeel so naby as moontlik aan die idiale TPL kan seat. Dit is nie altyd moontlik waar jy n magesyn lengte het wat jou beperk nie, maar as dit moontlik is probeer dit gerus. Hierdie lengte is waar die basis van jou koeel(sonder bootstert) en met n bootstert, is dit die interseksie van die skag en bootstert gedeelte wat gelyk geplaas word met jou skouer/nek gedeelte van jou dop. Die idiaal is eintlik so twee duisendstes voor hierdie gedeelte, maar gelyk is n goeie begin. Dit help dat die interne proses wat in jou dop plaasvind met tye van ontbranding so min as moontlik deur jou koeel se vorm en teenwoordigheid beinvloed word. Hierdie kan n bydraende probleem wees met koeels wat diep in n dop geseat moet word om die magesyn bv te kan gebruik. Dit is nie n deal braker nie en baie gewere skiet nog steeds n barshou al is die koeel diep in die dop geseat. n Mens kan n korter/ligter koeel gebruik om dit te verbeter/verhoed. Ek wil net daarop wys dat n magesyn se lengte baie keer aangespreek kan word as dit jou probleem is met n lang jump. Deur n draai by n bekwame geweersmit te gaan maak kan dit baie keer jou probleem heeltemal aanspreek.

Nou ja toe ek hoop hierdie kan vir n man of twee help in die proses om beter resultate te kry met n lang sprong.

Lekker laai manne en soos altyd hou veiligheid vorendag.

Groetnis
Wouter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai Tips

Post by Frederik »

Leer ek nou weer paar mooi tips, dankie Wouter.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Herlaai Tips

Post by Swede »

Hi Wouter

Net 'n vinnige vraag na aanleiding van jou vorige post, hoe neck size jy 'n dop sonder die gebruik van 'n expander ball?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Ti

Post by Capt. Yoda »

Draai die bal uit of mis ek nou iets hier?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Johan Nel »

Wouter Roets wrote:More Manne

n Mens kan ook doppe krimp wat baie help met konstante neck tention. Hier sal ek Lee se Factory Crimp Die voorstel en nie n roll crimp van gewone diestelle nie. Dit het al menigte manne gehelp wat radeloos was met hulle roere. Dit is baie keer die verklaring hoekom fabrieks amminusie met die geweer met lang vryboor goed skiet maar nie herlaade amminusie nie. Moet nie hierdie vlak kyk nie maar onthou dat nekwand dikte hier belangrik is asook jou doplengte. So gepraat oor doplengte, dit kan ook n rol speel met necktention. n Langer dop het meer necktention as n korter een so maak seker almal is ewe lank getrim. meet hulle gereld en sny terug indien nodig.

Lekker laai manne en soos altyd hou veiligheid vorendag.

Groetnis
Wouter
Wouter,
Baie dankie vir 'n baie insiggewende skrywe.
Ek het net 'n vraag na aanleiding van bg paragraaf. Ek het hierdie factory crimping die in my stel, maar het dit nog nooit gebruik nie. Kan jy dalk so bietjie uitbrei oor die opstel van die die. Ek aanvaar dis nie net van indraai en krimp nie... O0

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Werner Prinsloo
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am

Re: Herlaai Tips

Post by Werner Prinsloo »

Om aan te sluit by konsentrisitiet. Ek het die volgende tip uit Glen Zediker se boek gekry wat my konsentrisiteit beslis verbeter het.

Verwyder die staal hakkie (spring) wat die shell holder in die pers se skag vashou. Plaas dan 'n O-Ring in die gleuf om die skag wat net styf genoeg is om te keer dat die shell holder uitval. Dit het tot gevolg dat die shell holder effens float in alle rigtings. Die dop of koeel is dan nooit onder spanning nie en sentreer outomaties. Om die shell holder in en uit te haal is bietjie moeiliker maar die moeite werd.

Dit maak van enige pers 'n Co-Ax.

As dit ou nuus is, sorry. Ek het nie gesoek of dit reeds erens bespreek is nie.
Groete
Werner

Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai Tips

Post by PWV »

Werner Prinsloo wrote:Om aan te sluit by konsentrisitiet. Ek het die volgende tip uit Glen Zediker se boek gekry wat my konsentrisiteit beslis verbeter het.

Verwyder die staal hakkie (spring) wat die shell holder in die pers se skag vashou. Plaas dan 'n O-Ring in die gleuf om die skag wat net styf genoeg is om te keer dat die shell holder uitval. Dit het tot gevolg dat die shell holder effens float in alle rigtings. Die dop of koeel is dan nooit onder spanning nie en sentreer outomaties. Om die shell holder in en uit te haal is bietjie moeiliker maar die moeite werd.

Dit maak van enige pers 'n Co-Ax.

As dit ou nuus is, sorry. Ek het nie gesoek of dit reeds erens bespreek is nie.
Dankie Werner.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Herlaai Ti

Post by Swede »

Capt. Oblivious wrote:Draai die bal uit of mis ek nou iets hier?
Soos ek dit verstaan as jy 'n gewone neck die se expander ball verwyder en dan size, gaan jy 'n baie stywe neck tension sit op jou koel wat dan hoe druk kan veroorsaak, of het ek dit verkeerd. Die expander ball op pad uit die dop bring die nek op spek.
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Herlaai Ti

Post by Gawie(13mm) »

Swede wrote:
Capt. Oblivious wrote:Draai die bal uit of mis ek nou iets hier?
Soos ek dit verstaan as jy 'n gewone neck die se expander ball verwyder en dan size, gaan jy 'n baie stywe neck tension sit op jou koel wat dan hoe druk kan veroorsaak, of het ek dit verkeerd. Die expander ball op pad uit die dop bring die nek op spek.
....maar, as jou doppe se nekwande almal geskil is tot die korrekte en 'n eweredige dikte, werk daai nek matrys nes een met 'n "bushing".
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Ti

Post by Capt. Yoda »

Swede wrote:
Capt. Oblivious wrote:Draai die bal uit of mis ek nou iets hier?
Soos ek dit verstaan as jy 'n gewone neck die se expander ball verwyder en dan size, gaan jy 'n baie stywe neck tension sit op jou koel wat dan hoe druk kan veroorsaak, of het ek dit verkeerd. Die expander ball op pad uit die dop bring die nek op spek.

Expander bal is van die duiwel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Herlaai Tips

Post by CorneA »

Werner Prinsloo wrote:Om aan te sluit by konsentrisitiet. Ek het die volgende tip uit Glen Zediker se boek gekry wat my konsentrisiteit beslis verbeter het.

Verwyder die staal hakkie (spring) wat die shell holder in die pers se skag vashou. Plaas dan 'n O-Ring in die gleuf om die skag wat net styf genoeg is om te keer dat die shell holder uitval. Dit het tot gevolg dat die shell holder effens float in alle rigtings. Die dop of koeel is dan nooit onder spanning nie en sentreer outomaties. Om die shell holder in en uit te haal is bietjie moeiliker maar die moeite werd.

Dit maak van enige pers 'n Co-Ax.

As dit ou nuus is, sorry. Ek het nie gesoek of dit reeds erens bespreek is nie.
Werner, sal jy asb n fototjie laai wat die parte voor en na assembly mooi wys?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai Ti

Post by Louis Kriel »

Capt. Oblivious wrote:
Swede wrote:
Capt. Oblivious wrote:Draai die bal uit of mis ek nou iets hier?
Soos ek dit verstaan as jy 'n gewone neck die se expander ball verwyder en dan size, gaan jy 'n baie stywe neck tension sit op jou koel wat dan hoe druk kan veroorsaak, of het ek dit verkeerd. Die expander ball op pad uit die dop bring die nek op spek.

Expander bal is van die duiwel
Maar my expander ball hou die decapping pin vas. Hoe nou gemaak?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Capt. Yoda »

Plak hom met superglue of kry n kleiner kaliber bal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Louis Kriel »

Capt. Oblivious wrote:Plak hom met superglue of kry n kleiner kaliber bal
Dankie. Wat van ek neck size met ball en decap pin en dan verwyder ek die exp. Ball met pin en hardloop dope weer deur die die?
User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Flip Groenewald »

Kry net n kleiner ball van n ou daai af maak lewe baie makliker
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het biki my herlaai dinge ge herranskik, Ek gebruik nogsteeds 'n RCBS 10-10 skaal en nou en dan 'n klein elektroniese een vir koeel gewigte check en allerlei ander goedjies. Ek het nie herlaai rakke ens nie en verkies om meeste werk onder my skouers te doen, dan word jou arms en skouers minder moeg. Paralax oppi skaaltjie is dan som probleem, maar dit oorkom ek met n laptop en 'n webcam, dan kan ek my naald en balkie op screen sien..
Dan raak dit weer n issue as jy gou moet QL kyk, of vrou wil gou FB of wat ookal.
Vat to my Saamsing sell foon, download 'n Magnifying App en siedaar.....selfde effek, minder spasie en hyt sy eie liggie ook sommer.
Kan nie n foto v die setup neem nie want ek nodig die foon daarvoor
Hoop die tip help iemand.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Herlaai Tips

Post by BeesBreet »

Cobus(Cobb) wrote:Ek het biki my herlaai dinge ge herranskik, Ek gebruik nogsteeds 'n RCBS 10-10 skaal en nou en dan 'n klein elektroniese een vir koeel gewigte check en allerlei ander goedjies. Ek het nie herlaai rakke ens nie en verkies om meeste werk onder my skouers te doen, dan word jou arms en skouers minder moeg. Paralax oppi skaaltjie is dan som probleem, maar dit oorkom ek met n laptop en 'n webcam, dan kan ek my naald en balkie op screen sien..
Dan raak dit weer n issue as jy gou moet QL kyk, of vrou wil gou FB of wat ookal.
Vat to my Saamsing sell foon, download 'n Magnifying App en siedaar.....selfde effek, minder spasie en hyt sy eie liggie ook sommer.
Kan nie n foto v die setup neem nie want ek nodig die foon daarvoor
Hoop die tip help iemand.
Cheers
Neem foto met jou vrou se foon...
Laat ons sien

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Herlaai Tips

Post by Springkudu »

Volg

Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Geno »

Hier is my tip vir die dag:
Laat staan jou ammo so dag of 2 as jy ladings toets.
Moenie my vra presies wat en hoe nie, maar die nekspannings verander oor tyd.
Ekself het dit nie geglo totdat ek dit gesien het by Trueworx nie.

Kyk hoe verskil die groep groottes. Links is ammo wat vrydag gelaai is en vandag geskiet is en regs is wat vrydag gelaai is en dadelik geskiet is.
200m
143gr ELD X fireform in .260Ackley teen 2750fps
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply