Page 13 of 16

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 06, 2016 5:55 pm
by Giepie
Spiekeries is reg, S341 is baie hitte sensitief. Indien die hitte redelik konstant bly is dit 'n lekker kruit. Het self Maandag met 341 uit my "nuwe" 303 gaan speel, en was heel beïndruk met die akkuraatheid, maar toe dit begin warm word, ek bedoel nou WARM, het dit snaaks begin raak. Ek het oneglukkig nie die chrony saam gehad nie.

S341 is baie na aan S355, wat met die swaarder koeëls lekker werk.

Ek moet die TPL verander saam met die koeëls. Die standaard 3,075" werk nie vir die Impalas nie, ook nie met die PMP 174gr SP nie, ek moet korter gaan. Die Sierra 180gr Pro Hunter is 'n langerige koeël, so daar laai ek tot op 3,075". Lanklaas daarmee geskiet en dit was met my vorige 303, so ek kan nie onthou wat die lading was nie.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 06, 2016 6:00 pm
by Philip J
spekieries wrote:S341 is 'n balkruit. Hier is manne wat baie slimmer as ek is ,maar balkruit is baie hitte sensitief. My no 4 mk 1 skiet kleiner as moa met S335 en 180 gr Sierra Pro Hunters. Ek sal hou by S335.
+1
No4 Mk2 - Vêr subMOA met S335 en 174gr Hornady RN.
Jy het 'n PM

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 06, 2016 6:02 pm
by minerva10210
So, net soos ek bevrees was lyk dit of ek in my oorywerigheid die verkeerde kruit gekoop het :(

Sal hom maar wel try, hoe meer tyd agter die sneller hoe lekkerder after all. Dit maak dit net effe moeilik vir 'n nuweling soos ek as jy nie seker of die jou roer, jou laaiwerk, of jyself is nie (of moontlik al 3 selfs!).

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 06, 2016 6:29 pm
by Giepie
My blik 341 is amper op, ek gebruik dit vir "speel" en doppe vuurvorm, dit spaar die ander. Sal nie weer koop as dit op is nie.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 06, 2016 7:19 pm
by tripodmvr
S341 is nie so baddie as wat ons altyd uitmaak nie. Verseker net dat jou ammunisie koel bly en jy sal min probleme met akkuraatheid ondervind. Laai jou jag ammo nader aan die winter en jy sal reg wees.

Begin en maks ladings van 38,5 - 42,5gr word deur Somchem voorgestel vir die 180gr Speer.

Die balkruite is goedkoper en vloei maklik deur 'n kruitgooier.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Jan 13, 2016 11:05 am
by Louis Kriel
Ek is mal oor S341. My lading vir die 130gr Impala gee nou wel nie die 3000fps wat Andre Fouche "claim" nie, maar 2800 fps met daai Impies is glad nie sleg nie. Het al verskeie 3 skoot groeperings geskiet wat mekaar sny, maar sodra ek probeer om dit met 5 skote reg te kry gooi hy altyd een +-2 duim weg. My klong het die dikloop Howa gedeps vir hierdie jaar se springbokjagte so ek sal maar die 303 moet gebruik.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Feb 05, 2016 7:06 pm
by jdpretorius
Het enigeen dalk 'n lading wat goed werk vir 'n MK3 met 180gr Sierra en S355 kruit

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 10:29 am
by jdpretorius
Het uitstekende resultate gekry met S355 op 180 gr Sierras
Ek skiet 'n Nr1 Mk 3. Lading was 41gr S355, CCI 200 primer, COL @ 77.00 Die 3 skoot groepeering was 10mm c/c

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 12:04 pm
by Armand Steenkamp
jdpretorius , wat is jou spoed?

Groetnis

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 1:04 pm
by jdpretorius
Hi Armand, ek het omgelukkig nie n chronie nie maar ek het berekin so 1480 f/s
Ek moet ook se dat die groepeering begin kleiner raak van af 40 gr (15mm groep) en dat die groepeering baie groot geraak het op 41,5 gr. Ek dink ek gaan moontlik bly op so 40,9 gr wat seker so 1470 f/s sal gee.
Ek is rerig in my skik dat ek na baie sukkel n kombenasie gekry het wat werk.
Lyk my die ou 303's hou van swaarder punte

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 1:33 pm
by jdpretorius
Jammer Armand, ek was brein dood daar vir n oomblik
, spoed is seker so 2480 f/s en nie 1480

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:09 pm
by tripodmvr
Jy geen nie looplengte nie. QL seg vir my dat jy miskien nader aan 2320vps as dit 'n 24 duim loop is.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:20 pm
by jdpretorius
Jip, maar ek moes so 6mm voor laat af sny want die oorspronklike kroon was taamlik sleg.
Dis n BSA, as dit jou dalk kan help. Die enigste data wat ek kon kry om spoed te bereken was om na ander kalibers in 7mm relm te kyk en die te vergelyk met S335. Ek sien dus dat met S355 die f/s per gr baie naby is aan S335 maar dat ontbranding minder "warm" / stadiger is. So ja dis net n berekening maar ek glo dit sal wees so tussen 2450 en 2480 f/s

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:30 pm
by jdpretorius
Die enigte rede wat my laat dink dat dit so laag kan wees as 2450 f/s is jou "krimp" wat sekerlik ook n rol speel.... maar die tiepe spoed is nog lekker tot op so 200m, nie dat ek dink ek sal verder as so 150m gaan skiet in die bos nie.
Ek het dalj n geleentheid om Eland te gaan skiet due jaar en het n biekie swaarder lood gesoek as die 140 gr wat ek op my 270 skiet

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:33 pm
by tripodmvr
Met S355 het 41gr nie genoeg oemf om met 'n 24 duim loop by daardie spoed te kom nie. Nader aan 44gr is waar jy so spoed gaan verwag. Node gewys klop dit ook en met 44gr sal naby aan 2500vps akkuraatheid gee.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:37 pm
by jdpretorius
Man ek wens ek kan n chronie iewers vir n goei prys in die hande kry.
Ek herkaai vir 4 gewere so die $ moet so biekie verspry word sonder dat mammie my met n pan wil bykom as ek slaap

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:38 pm
by jdpretorius
Het nog nooit gedink om op te siek hoe om loop lengte te meet nie, weet jy dalk van n maklike manier

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:42 pm
by tripodmvr
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312

Hier gaan ek nou vir jou huiswerk gee. Lees post hierbo en ook oor Quick Load en OBT - nou moet jy mammie se pan verkoop, jou lyf spaar en 'n chrony bekom. ;D

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:44 pm
by jdpretorius
Tx !, ek sal maar een oog oop slaap :-)

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 2:56 pm
by jdpretorius
OK huiswerk is klaar... hy is so 2mm kort van 24"
Klink vir my jy is noggal handig met al hierdie slim somme.... Kan jy dalk help met die berekening vir n beter skatting op die spoed?

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 3:24 pm
by tripodmvr
Het jou alreeds hierbo daardie antwoorde gegee. Gaan kyk ook na www.somchemreload.co.za. Daardie syfers is handige riglyne, maar Somchem gaan konserwatief wees en nie hoë maksimums gee - hulle wil nie hofsake teen hulle kry nie.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 3:47 pm
by jdpretorius
Enigste genade om ware spoed te bepaal is dus om maar mammie se pan te trotseer en n chronie te kry, as die somchem data so ver uit is.....
Hoop die lading wat ek hier bo gegee het help darm n paar ander leke soos ek met n resep vir n begin punt met 180 gr Sierra punte en S355 kruit

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 4:06 pm
by tripodmvr
'n Goeie beginlading moet druk van so -15K psi onder maks toon en dit is wat 41gr S355 wel doen.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 4:48 pm
by Bravo10
Hi Oom tripod,

Met watse dop werk oom hier?

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 21, 2016 5:05 pm
by jdpretorius
Dankie Tripod
Is somchem se data gemiddeld 150 f/s stadiger as in realiteit, nogal teleurstelled dat hulle data so onakuraat is