Page 13 of 16

Re: Herlaai Tips

Posted: Wed Feb 19, 2014 6:25 pm
by Wayne
Thanks, going to try 29gn S335, should do the job

Re: Herlaai tips vir 243

Posted: Thu Apr 10, 2014 8:38 pm
by jeep
Dag se al die manne
Ek het vir my n .243 gekoop wil net graag hoor is da iemand wat kan help met ladings ens
nuut met 243 ken nou al vir liefling my 308 se naam sy gooi nog mooi

Re: Herlaai Tips

Posted: Mon Aug 11, 2014 9:13 am
by PWV
Heinz Petersen wrote:Ek kan nie onthou wie het daai tip op gesit van die plastiek strooitjie wat jy oor die RCBS chargemaster se uitloop pyp sit nie. Ek wil net dankie sê vir daai een,dit werk uitstekend.

Lekke skiet.
Heinz
Dagse Heinz
Wat van 'n foto van die gadget?
Groetnis

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Feb 22, 2015 1:39 pm
by 1lum1nat1
Middag menere

'n paar vrae. Gaan twee verskillende ladings voldoende wees vir die manne om QL terugvoer te gee? Of sal meer variasies beter akuraatheid gee? Begin jy op Somchem se absolute min lading en verhoog met 0.5gr of met 1gr?

Watter rol speel "head spacing" in akuraatheid?

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Feb 22, 2015 2:13 pm
by Johan Nel
1lum1nat1,
Een lading waarvan jy sowat drie skote skiet en die spoed van elkeen gee behoort voldoende te wees. Jy kan op minimum lading begin en dit gebruik. Daar is 'n proforma waarvolgens die manne inligting gee vir navrae oor ladings vir QL. Dit is daar onder die QL afdeling. Versamel jou inligting dienooreenkomstig, dan kan jy navraag onder QL ladings kom doen.
Headspacing gaan ek dat ander manne wat meer bekwaam is as ek, jou antwoord.

Re: Herlaai Tips

Posted: Tue Jun 09, 2015 7:56 pm
by Boersonderroer
Dagse
ek het 'n paar vrae, as iemand my graag kan help sal baie waardeer.

1. Moet ek my dop volume meet na ek patroon geskiet het en voor ek resize? Ek het my dop geweeg na ek geskiet het en voor resize en volume van 67.3 gekry maar sien toe op die CPI spec dit behoort 69.1 te wees. Is 'n verkil van 2gr aanvaarbaar? Dis 'n 7x64 en PMP dope.

2. Ek wil 'n chrony koop. Ek het prys gekry van 'n Magnetospeed V3 vir amper R 7000 en vir die sporter vir R3500. Jy kan nie met die sporter 'n KD gebruik nie. Kan ek nie maar skiet sonder die KD as ek lading ontwikkeling wil doen nie? Ek weet die POI verskil met die KD op so sal die weer moet stel, maar gaan dit my groepe en spoed ook affekteer? Of is daar 'n manier wat ek kan praktiseer om die Sporter met KD te laat werk. Ek het net een geweer so dink nie dit sal moeite werd wees om so baie op 'n KD te spandeer vir die V3 nie.

Dankie byvoorbaat

Re: Herlaai Tips

Posted: Tue Jun 09, 2015 8:14 pm
by tripodmvr
Boersonderroer wrote:Dagse

Jou doel is om die volume van die ontbrandingskamer te kry - dit doen jy met ongevormde pasgevuurde dop.

Ek sou die Sporter koop.

Re: Herlaai Tips

Posted: Tue Jun 09, 2015 8:17 pm
by Williel
Die volume is reg gemeet na die skoot geloop het. Meet sommer n klompie se volume om te kyk hoeveel dit van mekaar verskil. Doppe se volumes verskil van maak tot maak, dus gebruik wat jy werklik meet.

Die sporter kan op n loop pas tot en met 1". KD hanteer weet ek nie, maar kan nie dink dat dit nie kan nie.

Re: Herlaai Tips

Posted: Tue Jun 09, 2015 8:30 pm
by ruaanb
Alec Johnsen het sy Sporter laat werk met n knaldemper. kontak hom vir meer info.

Re: Herlaai Tips

Posted: Wed Jun 10, 2015 6:35 am
by Danie01
My 7x64 se dop kapasiteit is ook omtrent 2gr minder as wat die spesifikasies sê en ek gebruik Norma doppe en het n tikka t3 hunter.

Re: Herlaai Tips

Posted: Sat Jun 18, 2016 9:13 pm
by likweD
Naand julle, ek is redelik nuut in die herlaai ding.

As ek so na die datums kyk het die tips bietjie opgedroog.. 'n Herlaai tip wat ek nodig het:

Is daar 'n beter manier om die aantal kere wat 'n dop herlaai is te identifiseer as om dit in 'n gepaste gemerkte houer te bêre? Wat ek in gedagte het is 'n merkie op die basis van die dop?

Groete,

Halvar

Sent from my SM-P605 using Tapatalk

Re: Herlaai Tips

Posted: Sat Jun 18, 2016 9:26 pm
by Gawie(13mm)
likweD wrote:Naand julle, ek is redelik nuut in die herlaai ding.

In kort, "Nee".
Teen 9 keer se herlaai gaan jy uit plek hardloop op die dop.
Dit is goeie praktyk om 'n logboek aan teskaf en alles daarin neer te skryf. My rooi boekie bly in my skietsak en alles word daarin neergeskryf. Van ladings en hoeveel keer die doppe herlaai is met watter lading en watter koeël, tot die weerstoestande en die afstande op die baan en in die jagveld.

Re: Herlaai Tips

Posted: Sat Jun 18, 2016 11:03 pm
by alecjohnson
likweD wrote:Naand julle, ek is redelik nuut in die herlaai ding.

As ek so na die datums kyk het die tips bietjie opgedroog.. 'n Herlaai tip wat ek nodig het:

Is daar 'n beter manier om die aantal kere wat 'n dop herlaai is te identifiseer as om dit in 'n gepaste gemerkte houer te bêre? Wat ek in gedagte het is 'n merkie op die basis van die dop?

Groete,

Halvar

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Wat ek doen is om met permanent marker op die doppe te skryf. 2 markers een fein punt een dik punt lading 1-10 word met die fein geskryf daarna vir elf begin ek met dik punt skryf 1-10 om 11-20 aan te dui. Met bo 20 is dit getal met strepie onder. Ek het nog nie verby 22 gekom nie...

Sent from my Titan6575-SA using Tapatalk

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jun 19, 2016 9:07 am
by Gawie(13mm)
Nou hoe gemaak as jy jou doppe in die "tumbler" gooi vir skoonmaak of die doppe moet uitgloei?

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jun 19, 2016 11:51 am
by henning
likweD wrote:Naand julle, ek is redelik nuut in die herlaai ding.

As ek so na die datums kyk het die tips bietjie opgedroog.. 'n Herlaai tip wat ek nodig het:

Is daar 'n beter manier om die aantal kere wat 'n dop herlaai is te identifiseer as om dit in 'n gepaste gemerkte houer te bêre? Wat ek in gedagte het is 'n merkie op die basis van die dop?

Groete,

Halvar

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Ek het begin met n pakkie van 1000 primers en kyk net hoeveel primers ek al gebruik het.
Nou deel jou getal doppe daarin.
Skiet al jou doppe voor jy weer laai anders kan dit deurmekaar raak.

Groete
Henning

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jun 19, 2016 3:17 pm
by Frederik
My eenvoudige manier wat ek gebruik is om my doppe in batches te bere in hul ammo boksies en dan net 'n strepie op die boks trek met permanent marker en so dan telling hou. Hoef nie sukkel om doppe te merk of te bekommer as ek hulle tumble nie. Werk nett natuurlik as jy dieselfde batch doppe hou in dieselfde ammo boks.

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jun 19, 2016 10:11 pm
by Ashley
Ek hou my doppe in aparte boksies, en skryf op maskeer band op die boksie; 1 skoot, 2 skote, 3 skote, gegloei/ nie gegloei ens...
As jy alles apart hou en net met 1 boksie op n slag werk kan mens nie rerig deurmekaar raak nie

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jul 24, 2016 12:48 pm
by PietWessie
Jagtersdok wrote:Manne manne manne

daai is die ou metodes van dit doen, maar mens moet dit eers verstaan om te weet hoe die node program werk wat ons nou gebruik.

Ons werk nou daai Optimal Charge weight wat die perfekte spoed/node is wiskundig uit. So jy skiet net oor die chrono om die lading te kry wat jou die spoed gee en dan speel jy net met die TPL om Die dinge te finetune.
More dok

Ek is nuut hier en vind die al inligting ongelooflik leersaam. Dankie!

Verstaan ek hierdie reg? Die OCW soos hier bepaal kan nou wetenskaplik en wiskundig mbv Quick Load gedoen en dan net prakties bevestig word?

Groete

Pieter vd Westhuizen

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jul 24, 2016 1:06 pm
by tripodmvr
OCW is nou verban na die oude doos. QL is koning!!!!!!

Re: Herlaai Tips

Posted: Sun Jul 24, 2016 1:09 pm
by PietWessie
tripodmvr wrote:OCW is nou verban na die oude doos. QL is koning!!!!!!
Dankie tripod, ek gaan julle weer pla as ek al die nodige data het vir QL.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Herlaai Tips

Posted: Wed Sep 28, 2016 8:53 pm
by Philip_L
Ek gebruik die Lee single stage press. Die press kan deprime as die ram opgaan en dan dadelik prime soos wat die ram afgaan. My vraag is: Maak mens dan nie die primer pocket skoon nie?
Verder, neem ek aan jy maak dan doppe skoon voor jy deprime?

Re: Herlaai Tips

Posted: Wed Sep 28, 2016 9:17 pm
by PWV
philipluweser

Ek wil voorstel dat jy Hendrik van Rensburg se boek kry, nl. Die Akkurate Ketting. Daar sal jy baie kry oor die herlaai-proses. Dan wil ek ook verder voorstel dat jy kontak moet maak met 'n gesoute herlaaier in jou omgewing sodat hy jou kan help.

Om jou vraag egter beantwoord: Jou doppe moet skoon wees, binne en buite, voordat jy die slagdoppie indruk en die kruit gooi! Jy kan nie "deprime" en direk daarna "prime" nie.

Re: Herlaai Tips

Posted: Wed Sep 28, 2016 9:20 pm
by Philip_L
PWV wrote:philipluweser

Ek wil voorstel dat jy Hendrik van Rensburg se boek kry, nl. Die Akkurate Ketting. Daar sal jy baie kry oor die herlaai-proses. Dan wil ek ook verder voorstel dat jy kontak moet maak met 'n gesoute herlaaier in jou omgewing sodat hy jou kan help.

Om jou vraag egter beantwoord: Jou doppe moet skoon wees, binne en buite, voordat jy die slagdoppie indruk en die kruit gooi! Jy kan nie "deprime" en direk daarna "prime" nie.
Het dit ook so. Het gewonder waarom dan die funksie?

Re: Herlaai Tips

Posted: Thu Sep 29, 2016 8:03 am
by Capt. Yoda
philipluwes wrote:Ek gebruik die Lee single stage press. Die press kan deprime as die ram opgaan en dan dadelik prime soos wat die ram afgaan. My vraag is: Maak mens dan nie die primer pocket skoon nie?
Verder, neem ek aan jy maak dan doppe skoon voor jy deprime?
Hang af wat jy wil doen, baie manne wat semi auto gewere skiet (en self ook slotaksies) laai daai doppe net so en skiet hom en dit is dan waar daai funksie handig is as jy hastig is. Daar is geen reel wat se jy kan nie daai dop net so weer laai nie

Re: Herlaai Tips

Posted: Thu Sep 29, 2016 8:42 am
by PietWessie
More manne

n Simpel tip wat baie tyd spaar...

As jy jou finale TPL met n spesifieke koeel bepaal het, maak dan n "dummy" rondte daarvan deur n koeel in n gevormde dop sonder dryfmiddel of slagdop te "seat". Gebruik nou hierdie rondte om jou "seating die" se stelmoer vining op die regte plek te kry.