Page 12 of 16
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Jul 18, 2012 4:53 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek moet weereens die bietjie gewig wat ek het agter Ludwig ingooi. Bly weg van hitte en jou doppe tensy jy wil aneal op die regte manier. n Pel van my maak sy doppe skoon met n brousel en dan gebruik hy die oond om dit mooi droog te kry. Ook nie teen n warm temeratuur nie. Elke jaar in Nam as ons daar oes bars sy nekke en soms op die skouers. Dit gebeur selfs met die doppe wat hy net een keer so voorberei het, wel minder as die ander doppe wat al meer gelaai is maar tog genoeg tot kommer. Daai skoot van hom tel nie of kos hom baie keer n B-klas skoot. Ek het hom aangese om dit te stop en raai wat, nie n enkele dop het dit vir die laaste twee jaar gedoen nie!
Maak eerder soos Beretta voorstel en vermy hierdie verskeinsel.
Groetnis
Wouter
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Jul 19, 2012 8:14 am
by Beyers
Erens in die argief was hierdie annealing saak in diepte bespreek, ook op watter temprature daar 'n effek op die geelkoper is.
Om effektief en veilig te anneal moet mens die tempilaq indikators gebruik. RTFM op 6mmbr site
Re: Herlaai Tips
Posted: Tue Aug 28, 2012 8:42 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek kry baie navraag van wat se primer om te gebruik in n lading sowel as wat se poeier. Vergun my asb om so bietjie oor spesifieke gedeelte te praat. Die idiaal met n lading is om 100% vullingpersentasie te kry tesame met 100% verbranding daarvan in die loop. Beide die twee faktore kan so bietjie aangehelp word deur die keuse van n primer.
Wanneer dopfulling laag is kan n mens n vlouer primer gebruik om dit te verbeter. Baie keer kan dit veroorsaak dat n ekstra grein of twee benodig word om n nodespoed/sweetspot te slaan. Voorbeelde van sulke gevalle is baie keer hoe verigting kalibers soos 25-06, 7mm RemMag, 300 Win Mag ens. Hier is ook natuurlik ander faktore om in ag te neem en dit is die hoefeelheid poeier wat aangesteek moet word. Dit help natuurlik nie om in die 338 Lapua n standaard primer te gebruik om n 90gr poeierkolom aan die gang te kry nie. Hangfires en misfires is baie keer die simtome van die gebruik van te stadige primer tesame met lugleegtes wat in die dop gevorm word vanwee te lae dopvulling. Hier moet n mens probeer om die flouer magnum primers in te span soos CCI250 in pleks van Fed 215's.
Jy kry dan natuurlik die omgekeerde en dit is erge gekompakteerde ladings. Hier is die gebruik van n sterker primer weer die antwoord om die dopvulling af te kry. Daar is baie kalibers wat die probleem het met veral stadiger verbrandende poeiers. As jy vra hoekom dan nie n vinniger poeir nie is dit dat jy n paar keer hoer nodespoed/sweatspot kan slaan teen laer druk as met n vinniger verbrandende poeier.
Wanneer ontbranding nie volledig in die loop plaas vind nie kan die gebruik van n warmer primer baie keer help om dit te verbeter. Swak groepering is baie keer die simtome van so n geval agv die onverbrande poeier wat n invloed het op die koeel by die kroon van die loop. Deur n warmer primer te gebruik word die verbrandings syfer beter wat dan hierdie proses verminder en akkuraadheid bevoordeel
Ek herhinder mense ook net weer dat met die gebruik van n balpoeier word n magnum primer te alle tye aanbeveel. Gekompakteerde ladings is ook geensins wenslik met die tipe van poeier nie en as dit nie anders kan nie moet hierdie ladings nie langer as 60 dae gestoor word voor gebruik nie. By die kus moet dit halveer word na 30 dae agv humuditeit. Balpoeiers is veral baie vatbaar vir die ontbrandings teperatuur so die gebruik van n te warm vlam is verkieslik bo n te flou een.
Ek noem dat bogenoemde nie regiede reels is as dit kom by herlaai nie maar net "tips" is en soos altyd moet n mens maar self bietjie eksperimenteer om te kyk wat in jou wapen werk. Ten minste het n mens darem nou so bietjie van n aanwysing waar om n probleem aan te spreek.
Groetnis
Wouter
Re: Herlaai Tips
Posted: Tue Aug 28, 2012 1:18 pm
by Louis Kriel
Wouter ek hoop jy kan help. Ek het nou gaan staan en 'n klomp 303 patrone gelaai met CCI 200 en S341. Ek het nie magnum primers gehad nie. Moet ek maar die punte trek of behoort dit te werk?
Re: Herlaai Tips
Posted: Tue Aug 28, 2012 1:23 pm
by FCLoretz
DirtyOldsix wrote:
Wouter ek hoop jy kan help. Ek het nou gaan staan en 'n klomp 303 patrone gelaai met CCI 200 en S341. Ek het nie magnum primers gehad nie. Moet ek maar die punte trek of behoort dit te werk?
Dirty,
As ek jy was het ek skiet baan toe gegaan en die lading gaan toets. Ek sal kyk of die POI skuif maar meer belangrik wat se jou chrony op die spesifieke lading kombinasie.
As die resultaat nie na wense is nie, trek die punte, druk die primers uit en begin maar weer van voor af met magnum primers.
Re: Herlaai Tips
Posted: Tue Aug 28, 2012 1:59 pm
by Danie01
Hierdie seker nou n dom vraag: kan n mens n primer, wat nog nie gevuur is nie, soos gewoon uitdruk? Ek altyd bang dit kan afgaan, of is dit nie moontlik nie, ek laat dop eers oornag vol water staan voor ek dit deprime net vir veiligheid en onkunde. Deprime jul ongevuurde primers soos normaal?
Groete
Danie
Re: Herlaai Tips
Posted: Tue Aug 28, 2012 2:20 pm
by Carl
Danie water in die dop net om seker te maak!
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:54 pm
by Carl
Ek het gisteraand hierdie raak gelees. Dis in Amerikaans maar ek het baie daarby baat gevind al is ek nie 'n baanskut nie.
http://riflemansjournal.blogspot.com/2010/09/basics-few-reloading-hints-and-tips.html
Another item of note is the bullet sitting on the scale. My pan weighs 142.1 grains, every time I lift it off, I expect to see a reading of -142.10 or -142.15. If I see something different, then I recalibrate with the bullet, a Sierra 142 with just enough masking tape added to one side to make it weigh 142.1 gr. Why don't I just recalibrate with the pan? Because by the time I see the drift, I usually have already thrown a charge into the pan and I hate to put it back. The bullet is a fast and easy method, I simply drop it on the plate, hit the zero button and I'm back in business without any real loss of time.
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:54 pm
by Carl
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:55 pm
by Carl
Re: Herlaai Tips
Posted: Sun Oct 14, 2012 2:35 pm
by Hein M.
Alle herlaaiers!
Ek het taamlik gesukkel met S365 en maar beskuit om 'n powder trickler te bou.
Hier is 'n nice video wat wys hoe om dit te doen. Myne werk net so lekker...
Ek stel my RCBS Uniflow so dat hy net onder die gewensde lading gooi en gebruik dan hierdie "home made trickler" om die korrekte lesing op die balkieskaal te kry.
My 5-0-5 RCBS balkieskaal is ook die beste deel van my meetproses...
http://www.youtube.com/watch?feature=pl ... s2Z9Jax9qs#!
Mooiloop!
Hein M
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Dec 27, 2012 5:38 pm
by Hein M.
Nuttige inligting vir nuwe herlaaiers
Die mees basiese 23 herlaaistappe wat gevolg moet word (voldoende vir geleentheidsjagters):
http://www.rcbs.com/guide/step_by_step_reloading.aspx#
Koop die ABC's of Reloading. Dit is een van die beter handleidings. Die proses word ook hier uit 'n Suid-Afrikaanse perspektief baie goed bespreek:
http://gameandgun.co.za/website/article ... ing-basics
Hierdie artikel van sabisley beskryf die herlaaiproses baie mooi - met die korrekte Afrikaanse terme nogal:
http://www.sabisley.com/Files/TR%20herl ... rtikel.pdf
Varmint Al en Steve se webblaaie is seker een van die beteres:
http://www.varmintal.com/arelo.htm
http://stevespages.com/page8.htm
As jy die herlaaiproses tot in die fynste besonderhede wil doen vir papierskiet:
http://www.6mmbr.com/jgcaseprep.html
Geniet!
Hein M
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Jan 23, 2013 7:30 am
by BRNO (Pierre)
Oor die naweek begin ek doppe voorberei vir die .243, en kry binne 10 doppe, 2 wat in elk van my 2 verskillende FL dies vassit. Na n harde gestoei, en n paar vloekwoorde, en die aankoop van n 10mm tap, kry ek hulle uit. Nou moet ek se, ek so perenois oor die doppe wat vassit dat ek nou al amper dik lube opsit, en na 3 doppe sit weer een vas.
Lang storie kort, laat le ek my dies in parafin deur die nag Maandag. Dinsdag haal hulle uit, maak mooi droog ens. 30 minute later het ek 100 gefull size, sonder enige probleme.
Die tip wat ek m.a.w. wil deel, is maak gereeld seker jou dies is skoon!
Re: Herlaai Tips
Posted: Mon Jan 28, 2013 11:19 am
by Carl
More,
Na aanleiding van 'n ander onderwerp waar Clean Green aanbeveel is vir wapen skoonmaak het ek dit gister op Saterdag middag se doppe getoets. Ek het eers seker gemaak dit bevat nie ammonia nie!
Na die SD uit is het ek die doppe so uur in verdunde C-G gelos. Uitgeskud en in die tumbler gegooi. Na so 4 ure in die tumbler was die buitekant spik splinter nuut blink. Die koolstof binne is nie verwyder nie.
Re: Herlaai Tips
Posted: Mon Jan 28, 2013 12:00 pm
by Jean Marais
Carl
Ek het onlangs vir my 'n sonic cleaner aangeskaf. Hy haal die koolstof binne die dop so mooi uit, dit lyk amper soos 'n nuwe. Ek het nie 'n tumbler nie. My doppe kom nogal mooi skoon uit.
Ek gerbuik Hornady se One Shot Sonic Clean volgens voorskrif, maar voeg op 'n liter water, 5mg sitroensuur by. Die doppe wat so skoongemaak word, lyk soos virgin brass.
Re: Herlaai Tips
Posted: Mon Jan 28, 2013 12:31 pm
by BRNO (Pierre)
Jean, ek oorweeg om vir my n sonic cleaner te koop. Hoe gereeld, of hoe lank, hou die one shot sonic sleaner?
Re: Herlaai Tips
Posted: Mon Jan 28, 2013 12:40 pm
by Jean Marais
Pierre
Ek het Saterdag die volgende met een "vulling" skoonmaakmiddel skoongekry:
40 x 375 H&H doppe
80 x 308 Norma Mag doppe
200 357 Magnum rewoler doppe.
Sou nog kon doen, maar toe begin die Rugby
Groete
Re: Herlaai Tips
Posted: Fri Aug 30, 2013 6:20 pm
by muismaree
Gebruik Laquer Thinners om tempilaq van doppe af te haal wat uitgegloei is, werk soos 'n bom.
Re: Herlaai Tips
Posted: Sun Jan 26, 2014 8:23 am
by Heinz Petersen
Ek kan nie onthou wie het daai tip op gesit van die plastiek strooitjie wat jy oor die RCBS chargemaster se uitloop pyp sit nie. Ek wil net dankie sê vir daai een,dit werk uitstekend.
Lekke skiet.
Heinz
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Jan 29, 2014 10:08 pm
by Skihili
Weens die hoë koste van ingevoerde runout gauges het ek en 'n vriend op hierdie idee uitgekom:
Runout.JPG
Hy werk net so goed soos die ingevoerdes.
Re: Herlaai Tips
Posted: Thu Jan 30, 2014 6:03 am
by FrancoisN
Dagse Heinz
Watse tip is dit van die strooitjie? Ek sukkel maar met my chargemaster. Kan jy n foto neem?
Dankie
Francois
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Feb 19, 2014 7:23 am
by Wayne
Need help / tips please - I want to shoot in the barrel of my 22-250. I have got plenty pmp 55 gr and S335, what load should I use?
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Feb 19, 2014 7:31 am
by Carl
Wayne wrote:Need help / tips please - I want to shoot in the barrel of my 22-250. I have got plenty pmp 55 gr and S335, what load should I use?
http://somchemreload.com/search?c=8&f=28
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Feb 19, 2014 11:33 am
by Wayne
Hi Carl, thanks for that, I do have the book. What I am looking for is a tip on what load to use to run in the barrel, roughly 20 shots. The 55 gr pmp is not what I am going to use in the future so it does not help playing with loads.
Do I use minimum / middle / close to max loads to run it in??
Re: Herlaai Tips
Posted: Wed Feb 19, 2014 11:36 am
by tripodmvr
With the variations in burn rate of Somchem products I would suggest a middle of the road load - err towards minimum.