Page 12 of 13
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Sep 06, 2011 10:52 am
by James Wilson
o hel, ek het dit nou klaar gedoen

Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Sep 06, 2011 11:07 am
by BLOK
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Sep 06, 2011 9:47 pm
by James Wilson
sorry blok. 2 sny 1 weg: die ou storie

Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:22 am
by Wouter Roets
Hallo James
Ek neem aan jy is nie klaar met daai stuk hout voor die bedding nie. Jy het hom seker net gaan toets met die drukpunt weggeskuur?
Wees nou maar bietjie geduldig en maak eers die kolf kant en klaar voordet jy hom nou weer baan toe vat. Ek kan jou belowe dit is die rede hoekom die drukpunt in gesit is.
Groetnis
Wout
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:38 am
by BLOK
James het jou foto gekry, moet se ek voel nogal verstreerd saam met jou, ek het nogal uitgesien naai jou sukses. Ek wonder net ook soos wouter se het jy net die drukpunt weg geskuur of die hele loop. Gaan maak mooi seker tot waar jy free ek dink as ek reg is maar Wouter sal beter kan se dat hy moet free tot waar die koel in die dop gaan.
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Wed Sep 07, 2011 12:24 pm
by James Wilson
wout, het jy scype? dan kan ek jou gou wys tot waar is hy gefloat
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:29 pm
by Problem Animal Control
James
Jy het seker nie mooi na my geweer gekyk nie,dan sou jy gesien het tot waar hy gefloat moet wees. Myne hardloop regdeur tot by die verdikking waar die kamer begin. My 2c,hoop jy kom reg.
Groette
Willie
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Wed Sep 07, 2011 9:20 pm
by Arnold
K?rels, hy moet float tot teen die aksie en die aksie moet netjies gebed wees.
My gewere se lope is so en hulle skiet heel ok ;-)
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Thu Sep 08, 2011 9:39 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Kom ek probeer gou verduidelik hoe James se geweer aanmekaar gesit is. Die aksie van sy geweer is met epoxy gebed en dan maak die houtkolf weer kontak vir so 1-1 1/2 sentimeter kontak met die kamer gedeelte van die loop. Die hout se kontakpunt is reg op die nok en net n klein bietjie voor die nok. Daar is toe n drukpunt geplaas voor aan die loop. Dit is nou hierdie drukpunt wat James weggevat het. Die houtkolf maak nog steeds kontak soos ek dit verstaan.
Die hele rede hoekom n mens n geweer bed met epoxy is om juis die "lewendige hout uit die ekwasie wil neem. In James se geval is die hout nie geheel en al uit die ekwasie geneem nie en maak kontak met die loop op die plek waar van die hoogste temperatuur oordragte gewoonlik plaasvind. Agv die kaliber(300 H&H) kan dit wees dat die kamer redelik diep in die loop ingesny word so van daar my asumsie dat redelike hitte oordrag kan plaasvind op die nok waar daar aan die hout geraak word.
Hierdie vermoed ek is die rede vir die flyer. In pleks daarvan dat die hout weggeneem is het die kolfmaker sy fout probeer reg maak met n drukpunt voor aan die kolf. Hierdie is n algemene verskeinsel want die wegvat van die hout op die nok is baie werk. Die vorm van die nok is n moeilike form om te dupliseer en die enigste manier is maar om n klein bietjie te skuur en die kolf weer in die aksie te plaas en te kyk hoefeel nog weggevat moet word. HARDE WERK DIE! Die ander manier is om maar te skuur en die bedding met epoxy oor te doen tot daar waar die hout geraak het. Die meeste manne in die kolfmaak bedryf hou nie hiervan nie want dit wys sy "fitting" is nie van die hoogste gehalte nie. Maar soos hulle se "Only accurate rifles are interresting!" Die regte manier om hierdie ding aan te gepak het is om die geweer terug te neem na die vervaardiger en om aan te dring dat hy hierdie werk moet verrig. Ek en enige persoon wat n roers seker besit kan James se furstrasie en optede verstaan.
James ek se weer laat iemand met meer ervaring en durf ek se meer vaardigheid met die hande hierdie delekate operasie aan pak vir beste resultate.
Groetnis en sterkte ou maat!
Wout
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Thu Sep 08, 2011 12:26 pm
by Problem Animal Control
Oom Wouter
Ek stem volkome saam met oom oor alles wat oom gese het en dat dit n werk is. Die dag toe my geweer gedoen is het ek heldhaftig aangebied om die kolf self te doen want dis mos dan nou my geweer en ek wil ook iets doen. Daar is vir my mooi gewys waar en hoeveel afgevat(skuur) moet word en ek is fort,nodeloos om te se is dat ek blase op my duime en vingers gehad het. NOOIT weer in my lewe nie,ek belowe jou ek sal liewer iemand betaal om dit te doen. Sterkte James!
Groetnis
Willie
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Thu Sep 08, 2011 4:18 pm
by James Wilson
ek gee more die geweer in by die gunsmit. danki julle
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Sun Aug 19, 2012 4:26 pm
by James Wilson
en so is n jaar verby wat ons herlaai het. Round 2 anybody?
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Sun Aug 19, 2012 6:03 pm
by Cobus(Cobb)
mmm, klink na 'n plan
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Sun Aug 19, 2012 6:28 pm
by Pvdw
James reel jy hom en ek sal regtig baie belangstel in die een. Ek het laas uitgemis en is nog steeds spyt. Kry sommer vir Ludwig om die QL ook te behandel daai naweek
Peet
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Mon Aug 20, 2012 9:17 am
by BLOK
James
Jy weet mos ek is altyd beskikbaar.
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Mon Aug 20, 2012 4:20 pm
by JACQUES BOTHA
waa hou julle die kursus ----ek hoop naby aand ie beskawing ?
Ek hoop ek is ook in as julle dit op regte tyd kan reel asb
Jacques
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Mon Aug 20, 2012 7:39 pm
by Pvdw
Manne die ding moet nou begin loop, daar is klaar manne wat my kontak en wil weet wat gaan gebeur
Peet
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Mon Aug 20, 2012 8:01 pm
by Cobus(Cobb)
Kom manne, James, jy het die saadjie geplant, nou moet jy boom natmaak.....gee tye, datums, plekke, dat ons kan reel.
Cheers
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 8:19 am
by James Wilson
ons kan dit by my hou langs die rivier. maar ons kort n instrukteur
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 8:41 am
by JACQUES BOTHA
ek hoor dag jagtersdok en ludwig en wouter seker nie sal skroom om maar weer as instrukteurs op te tree nie...?
DIs mos op hulle deurstoepe ook... blok kan ons bietjie info gee oor die bonzai 204tjies ens...
Ek het soveel goeie dinge gehoor oor die manne se kundigheid ens kan hulle nie maar weer volunteer nie...
James kan mos n groot tent opslaan daar langs die rivier en ons kan seker paar stoele en tafels gereel kry.
As daar genoeg tyd is kan ons sommer so vinnige swaai deur die jakkals slides ook hol sommer net so vir info en net vir die manne wys dat jakkalse ook vassit of hoe dr warthog?
Jacques
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 8:49 am
by BLOK
Aitsa!!
Hier kom n ding, klink vir my lekker. Net een regstelling doktor Botha daai 204 is nie banzaai nie die dop is skans groter as n 223 se dop.
James
Skree as daar reelings is wat gehelp mee moet word ek help graag.
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 8:59 am
by JACQUES BOTHA
Ek ken nie die nuutste tegnologie nie---
ek sal die "boeremanier" van herlaai demonstreer en die ouderwetse metodes wat ek gebruik en geleer het deur die jare vertel as inleiding wat om nie te doen nie...
Ek sal dan rustig na die pro's luister en vra vrae en kyk of daar enge ooreenkomste is.
Ek hoop dat geno ook sal inval -hy gebruik ook al die moderne tegnieke om optiomaal te herlaai...
Groetnis
mmm en sallie weer na die bonzai's as bonzai's verwys nie --behalwe as hulle hulself kan bewys.....
JB
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 1:32 pm
by James Wilson
ek het n tent wat 200 stoelle kan vat. behoort meer as genoeg te wees vir n klaskamer. ek het ook soveel tafels as wat nodig is en sal die tent op die walle van die vaalrivier opslaan. nou nog nhet n onderwyser??
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 1:40 pm
by Jaco Swart
James
Hoekom nader julle nie oom Cassie of Mauritz by S & O om te hoor of hulle nie sal belangstel nie.
Hulle het genoeg kennis en sal ons mooi touwys kan maak. Wouter en Neels kan dan ook kom insette lewer.
Groetnis
Re: Herlaai naweek in Augustus 2011
Posted: Tue Aug 21, 2012 1:51 pm
by James Wilson
Jaco, dankie die voorstel. ek wet nie hoe werk oom Cassie se goed nie. ek dink ons plaaslikke kenners het ook genoeg kennis.
ek moet erken ek het maar net die ou topic gebump omdat ek onthou agv my verjaarsdag dat dit nou al n jaar terug was. nou is hier belangstelling in n tweede herlaai naweek wat ek nie verwag het nie. maar soos ek se ek sal die plek gee as daar genoeg belangstelling is.