Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Tarzan wrote: Ek het respek vir jou, en het baie artikels gelees in jou tydskrif, en dit baie geniet, maar sal hom maar voortaan in die dokter se spreek kamer lees!
Koos, jammer, dit was onredelik van my, en ek trek my opmerking terug en ek sal jou tydskrif ondersteun.
Groete Danie
SA jagter tydskrif word verduidelik as volg "Die SA Jagter/Hunter tydskrif is een van die belangrikste tasbare produkte van die Vereniging wat die lede ontvang." Ek hoop dat bewerings van SAJWV dan, indien dit so is dat die media hulle siening verkeerd weergegee het verduidelik sal word.
Ek het uitdruklik genoem dat ek my distansieer van SAJWV vir nou, in sekerre kringe maak sulke stellings mens ongewild, ek is ten minste mans genoeg om te sê hoe ek voel, en basseer nie my uitsprake op wat in jaracal die gewilde ding gaan wees om te sê vir nou nie, baie mense voel ontevrede maar is te bang om dit te noem.
Ek gaan beslis die volgende 2 uitgawes koop van SAjagters om te sien of en indien wel hoe SAJWV hulle self gaan verduidelik oor hierdie onderwerp, tans wil ek nie die tydskrif meer deel maak van my boekrak nie, tans beteken nie noodwendig altyd nie.
Dit is absoluut niks teen oom Koos bedoel nie, soos ek verstaan stem hy nie met die gedeelte saam dat daar vir staatsingryping gevra word nie?
My mening van die begin af was dat markkragte soos vraag en aanbod self dinge stadig en soos dit natuurlik moes uitsorteer sonder inmenging van verenigings, en dat die inmenging kan lei tot veldbrande wat die vereniging moes voorsien het. Dis eintlik maar al.
.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
I am now going to throw a stone into a pond and see where the ripples go, and look at this topic from another angle.
As a Farmer who is looking to expand his ground by trying to buy more ground, I can not afford the 600 / 800 ha that come available because these small properties are bought by Businessman, at well over going value, who will use them for this type of breeding, and that is why I asked if there is a restriction on Game farm / Game Breeding farm size.
This means more and more ground is taken out of the:
1) Beef / Mutton / Maize etc. Production - Food security now comes into it.
2) Job Creation - Sorry game farmers, but what I have seen is that the stock and crop farmers employ more workers. (I suppose this could be a topic on it's own)
3) Many owners of these game farms do not get involved in the community when it comes to vermin, fires, organized agriculture etc.
I hope no one is offended and we can keep the discussion going.
Jake jy gaan beslis niks in die volgende uitgawe sien nie, want my April-uitgawe is klaar gedoen en die finale proeflees is ook al gedoen. Die tydskrif gaan reeds Dinsdag drukker toe. Ek sal vir die hoofuitvoerende beampte vra of die vereniging enigiets wil insit in die Mei-uitgawe.
Mooi loop
"ek is n jagter in my hart en siel en wese ek hoef nie te betaal om dit genoem te kan wees nie. Nerens in die of enige woordeboek beteken die woord tegewyd dat jy moet betaal nie. Toegewyd beteken soos ek dit verstaan nie om n jaarlikse fooi te betaal nie."
Beretta, is jy nog steeds kwaad vir SA Jagters oor jy in jou mening moet betaal om Toegewyde jagter status te kan hê?
So ver ek dit verstaan is dit 'n wets vereiste van Wet 60 van 2000. Die registrateur vereis van jou om die status te verwerf - SAJ en ook die ander verenigings doen moeite en maak dit vir hul lede moontlik om die kurses te doen en dan die status te verwerf. Om ons te help.
As jy weet van 'n vereniging wat jou verniet opleiding verskaf, verniet by die SAP registreer as Toegewyde persoon en waar die lede nie die aktiwiteits verslae hoef in te vul nie(want dit kos mos geld om so af en toe te jag en deel te neem aan tak aktiwiteite) deel dit asseblief man. Eks nou nie armoedig nie en spandeer met 'n oop gemoed geld by my verenigings(eks lid van SAJWV, SAJSV en ek is lid van die Sishenmyn Skietklub), want in my boeke tree hulle in belang van ons vuurwapen eienaars op.
Lank en kort: Dis 'n wets vereiste, dis jou keuse of jy die status wil hê. Skel die wetgewer asb en prys die verenigings wat in ons belang optree
243Songdaug
Soos ek in my laaste post gese het ek gaan niks verder se nie maar n kort antwoord. Hierdie topic is ook al bespreek oor due toegewyde status. Ek verstaan die wet en het hom gelees. Sa jagters sou nie bestaan het as die woord toegewyd nie in die wet was nie en seker die ander ook. Of ek moet seker nie die woord nie bestaan gebruik nie. Maar nou het een vraag as jy nou al die wapens ens het en die kursusse gedoen maar jy word getref met siekte of bee en jy het nie meer geld om te betaal nie dan is jy nie meer n toegewyde jagter nie en met die aantal wapens wat jy besit word jy n wets oortreeder. Dit maak nie saak of die wapens klaar betaal is of nie jy moet dit of verkoop of laat vernietig. Maar soos reeds genoem kursusse ens gedoen baie gaan jag nog steed n jagter maar sonder geld beteken jou kursus net mooi niks nie. Want jy het nie aahou betaal nie nou kom ons vat nog n geval n persoon wil nie aan n organisasie behoort nie maar n toegewyde jagter is soos wat die woorde boek dit om skryf en die grondwet waarborg jou vryheid van asosiasi. Dan it mos diskrimenas teen die gtond wet
Maar net hou ek dit verstaan het dit al geseien waar daar nie geld vir kos was nen ook joum status wat dan
Beretta
Beretta wrote:243Songdaug
Soos ek in my laaste post gese het ek gaan niks verder se nie maar n kort antwoord. Hierdie topic is ook al bespreek oor due toegewyde status. Ek verstaan die wet en het hom gelees. Sa jagters sou nie bestaan het as die woord toegewyd nie in die wet was nie en seker die ander ook. Of ek moet seker nie die woord nie bestaan gebruik nie. Maar nou het een vraag as jy nou al die wapens ens het en die kursusse gedoen maar jy word getref met siekte of bee en jy het nie meer geld om te betaal nie dan is jy nie meer n toegewyde jagter nie en met die aantal wapens wat jy besit word jy n wets oortreeder. Dit maak nie saak of die wapens klaar betaal is of nie jy moet dit of verkoop of laat vernietig. Maar soos reeds genoem kursusse ens gedoen baie gaan jag nog steed n jagter maar sonder geld beteken jou kursus net mooi niks nie. Want jy het nie aahou betaal nie nou kom ons vat nog n geval n persoon wil nie aan n organisasie behoort nie maar n toegewyde jagter is soos wat die woorde boek dit om skryf en die grondwet waarborg jou vryheid van asosiasi. Dan it mos diskrimenas teen die gtond wet
Maar net hou ek dit verstaan het dit al geseien waar daar nie geld vir kos was nen ook joum status wat dan
Beretta
Nee wat, ek dink jy kla onnodig. As jy nie geld vir kos het moet jy maar jou wapens verkoop.
More Beretta.
Ek verstaan dat daar soms gevalle is waar van ons deur moeilike tye gaan. SA Jagters is nie onredelik nie, ek is seker dat indien 'n lid swaarkry hy of sy Inyathi Park kan kontak en hulle sal sekerlik 'n betalings ooreenkoms kan bereik.
SAJ haal nie 'n lid onmiddelik van hul ledelys af indien hy nalaat om sy ledegelde te hernu nie - reeds om hierdie rede.
As ek tussen die lyne lees het jy iewers deur swaar tye gegaan, eks jammer om daarvan te hoor en hoop dat dit nou agter jou is.
243 ek is bly jy kan tussen die lyne lees maar jy het nie reg gelees nie. Ja daar was maar swaer tye gewees ek drink nie so ek kan nou nie se eendag blue label en die volgende dag black label whisky nie. Maar ek is baie lief vir coca cola met ys daar was is altyd so n bottel of twee iewers.
Henning dankie vir jou reply en raad. Hoe kan n toegewyde jagter sy gewere vir kos loop en verkoop dit werk mos nie so nie. Ek moet hulle reg hou vir die GM geneties veranderde wild wat baie goed koop gaan word na die melk suur geword het. Dan kan ek mos nou sommer die torre ook laat herleef. Maar ek sal vir jou ook n lekker stukkie saalrug biltong stuur nogal verniet. Maar geblikte leeu biltong sal ek nie kan stuur nie reeds nie geld vir my status nie en ook nie geld vir n blik oopmaker nie. . Ek het so gehoop jy maak n aanbod vir n donasie dit sou baie toegewyd gewees het
Beretta
Ek en 'n paar vriende het saterdagmiddag gaan skiet op die baan. Ons bespreek toe ook die situasie van die teling van kleurwild.
Een ou se redenasie is toe as volg: Gestel die borrel bars en die diere is dieselfde of minder werd as die gewone/normale wild. Wat gaan die boere doen?
1) Skiet die diere eerste uit
2) Jaag hulle eenvoudig tussen die normale diere in en laat jag alles teen dieselfde pryse
Indien opsie 2 gevolg gaan word, wat gaan die invloed op die genetika van die bokke wees, word die genetika nie verswak deur die "frats" gene nie?
Duracell wrote:Ek en 'n paar vriende het saterdagmiddag gaan skiet op die baan. Ons bespreek toe ook die situasie van die teling van kleurwild.
Een ou se redenasie is toe as volg: Gestel die borrel bars en die diere is dieselfde of minder werd as die gewone/normale wild. Wat gaan die boere doen?
1) Skiet die diere eerste uit
2) Jaag hulle eenvoudig tussen die normale diere in en laat jag alles teen dieselfde pryse
Indien opsie 2 gevolg gaan word, wat gaan die invloed op die genetika van die bokke wees, word die genetika nie verswak deur die "frats" gene nie?
As die borrel helemal in sy glory in bars, gaan daai goue of swartbok nooooooooooit dieselfde prys as n gewone bok wees nie, nooit ooit. Hy gaan tog gesog wees vir sekere manne soos die manne wat die grandslam springbokke skiet, of die wit bles en gewone bles op n pedestal mount sit. ( Ek praat nie van die vleis manne nie, so moenie gal braak op die stelling nie)
As die borrel bars gaan jy nie oormore selfde geld vir n 45" kudu bul en n 60" kudu bul betaal nie.
Seker een of ander saalrug, witflank, koningskop eland wat die khoisan daar in die grot geverf het.... Glo nie hulle was daai tyd al so vindingryk met die naampies nie...
Ek onthou een geval baie goed waar 'n Engelse universiteit (dink dit was Cambridge) bepaal het dat prentjies wat op klippe geskilder is duisende jare oud is. 'n Vrou van Durban het die prentjies herken as iets wat sy geskilder het. Die klippe is uit haar voortuin gesteel.
Koos Barnard wrote:Ek onthou een geval baie goed waar 'n Engelse universiteit (dink dit was Cambridge) bepaal het dat prentjies wat op klippe geskilder is duisende jare oud is. 'n Vrou van Durban het die prentjies herken as iets wat sy geskilder het. Die klippe is uit haar voortuin gesteel.
Daar was 'n program een dag op tv gewees waar hulle oudhede se ouderdom bepaal het deur die "carbon dating" metode.
Lank storie kort te maak hulle't ook maar 'n foutjie gemaak soortgelyk aan dit wat jy bo geskryf het
Ons bly maar mense met menslike foute!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B