algemene jakkals vra

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Ek het nogal meermale hier einde Desember / Januarie presies die selfde gedrag ervaar t.o.v. jong jakkalse. So week gelede bv. het ek my gat af gesukkel op 'n span jonges geroer te kry met die roeper, waar 'n paar dae later, 'n ander span die bakkie omtrent om gehardloop het soos hul ingekom het. Kan nie heeltemal die verskil in gedrag verklaar nie. Stem egter saam dat daar 'n "moeiliker" fase soms is as die jongspan so halfpad gewissel is, maar ook net soms en kan nie uitsluit dat dit dalk met iets anders in die natuur te doen het nie.

Meermale, veral die teef tot 3-4 km v die kleintjies geskiet Cois. Hierdie jaar het die een span se nes geskuif van die teelgate nader aan die water, omtrent 2,5 km.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Bly die kleintjies nog redelik naby aan die nes of loop hulle orals rond
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

nico, hul skuif mos so met die tyd saam.
dink nie hul is meer by die teelgate nie.
hul loop ook maar redelik saam, maar nie so seer hand aan hand nie.
as jy een skiet, kyk uit watter rigting hy gekon het, en skuif in daai rigting, so 500m.
het gevind dat ek die ander baie keer daai rigting kry.

ek dink die halfpad wissel, soos die Oom se, is hul bekke maar seer, en nie lis vir inkom nie.
dink dinge sal oor 'n maand makliker wees, maar, dan kan jy begin oorslaan, want hul sal al verder van mekaar af wees.
so al is dit nou moeilik, byt maar vas, en skiet almal.
en, maak maar seker hoefeel kleintjies die teef gehad het, om hul almal te kry.


Oom Louis, met paljas op die horizon, wil ek net weer seker maak.
wat presies is nuuskierigheid? enige prooi klank van 'n dier wat nie in jou area is nie?
of net 'n dier wat anders reageer?
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Nuuskierigheid kan met enige klank geprikkel word, selfs 'n jakkalsroep, dink ek Cassie. Maar gewoonlik as ek v nuuskierigheid praat, bedoel ek meer prikkel geluide.

Voorbeeld: Hasie Glen Owen is vir my 'n suiwer prooi in nood klank. Tafjak 2 is 'n suiwer jakkalsroep (daar is paar katagorië daarvan) Tafjak 6 is 'n jakkals reaksie. Jakkals Baklei 4 is 'n vreet klank en klein jakkals distress is wat die naam sê dit is. Katjak Baklei is 'n kombinasie baklei en Lightning Jack klink soos 'n prooi in nood, maar is %n Jack Rabbit is nie iets wat natuurlik hier voorkom nie.

Nuuskierigheid vir my is wanneer jy nou hierdie klanke gebruik om 'n storie'tjie te vertel. Dalk begin jy met 'n jakkalsroep. Jakkals dink mmmmm....daar is vreemde jakalse in my gebied. Prooi in nood daarna dink die jakkals, maar daai jakkalse vang dalk iets .... ens.

Nou,die jakkals kan inkom omdat hy kwaad is vir ander jakkalse in sy gebied, of omdat hy honger is. Maar dalk ook uit nuuskierigheid. Vir my begin jy egter eers regtig die nuuskierigheid prikkel as jy daarna met stiltes, bietjie tik tikke, vreet klanke, tjank geluidjies, vreemde goedjies wat soos kos klink, 'n kombinasie baklei ens begin werk. Die triek vir my is baie keer dat die jakkals iets hoor, maar nie seker is wat dit is nie. Klink soos iets bekends dalk, maar hy wil nader kop om seker te maak.

Gewoonlik kom so 'n jakkals ook nie ingestorm nie, maar benader die besigheid baie rustiger.

Jammer ek oor-vereenvoudig dalk, maar dis die beste hoe ek kan verduidelik. Weet nie of dit is wat jy wou hoor nie, sê maar.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

so, back to basics. min, en saggies. stiltes.
ek dink ook deesdae, veral die skelm jakkalse, bietjie afwissel van standard metodes.
soos oom ook gese het. jakkals roep, en bly sommer half uur stil.
daai slimmes sink ek ken al die hasie na die jakkals roep.
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Net so Cassie, selfs om net jou roetine te verander, kan hul nuuskierigheid prikkel, dit al soveeel maal gesien.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Selfs om 'n gewone eentonige hasie skielik af te wissel met een wat baie meer opgewonde skreeu kan wondere verig. Dink daar is oneindig baie maniere om nuuskierigheid te prikkel, man moet net kreatief genoeg dink.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Raven »

Ai, ek lees tog te lekker weer hier... ;D

Groete Raves
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Dis nou die 2de keer dat uile rondom die roeper gaan sit of neer "swoop" op hom Ek het gisteraand langs 'n grens draad gestaan en op 'n stadium het 4 uile op die grens pale naby die roeper gesit .
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

NicoSmit wrote:Dis nou die 2de keer dat uile rondom die roeper gaan sit of neer "swoop" op hom Ek het gisteraand langs 'n grens draad gestaan en op 'n stadium het 4 uile op die grens pale naby die roeper gesit .
Wag maar vir die dag wat jy fluitjie blaas en daai Marsh uil duik op jou af....
++>: ++>: kan lekker skrik afgee as jy dit nie verwag nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Ek praat so ruk gelede met 'n ou boer daar in die Smithfield distrik. Volgens hom en die ander boere met wie hy gesels het, begin die jakkals getalle of kom ons noem dit nou maar jakkals vangste afneem, maar daar is 'n toename in rooikat vangste. Hulle reken die rooikatte vang die jakkals kleintjies dus vermeerder die jakkals getalle nie so vinnig nie.

My vraag is, kan daar 'n verband wees tussen jakkals en rooikat getalle in 'n gebied? Sal die een die ander kan uitdruk/uitroei?

Die spesifieke boer het baie klowe en randte op sy plaas so ek glo daar kan 'n gesonde populasie rooikatte wees.

Ek luister graag.

Ruan
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

musgrave270 wrote:Ek praat so ruk gelede met 'n ou boer daar in die Smithfield distrik. Volgens hom en die ander boere met wie hy gesels het, begin die jakkals getalle of kom ons noem dit nou maar jakkals vangste afneem, maar daar is 'n toename in rooikat vangste. Hulle reken die rooikatte vang die jakkals kleintjies dus vermeerder die jakkals getalle nie so vinnig nie.

My vraag is, kan daar 'n verband wees tussen jakkals en rooikat getalle in 'n gebied? Sal die een die ander kan uitdruk/uitroei?

Die spesifieke boer het baie klowe en randte op sy plaas so ek glo daar kan 'n gesonde populasie rooikatte wees.

Ek luister graag.

Ruan
ek dink nie hul sal mekaar uitirorei, maar hul neuk mekaar lekker op. maar mekaar se kleintjies dood. het al roroikkat kleintjie in jakkals gekry.
een gaan oorneeem, altwee sal nie verdwyn
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Dankie Cassie
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by johans »

musgrave270 wrote:Ek praat so ruk gelede met 'n ou boer daar in die Smithfield distrik. Volgens hom en die ander boere met wie hy gesels het, begin die jakkals getalle of kom ons noem dit nou maar jakkals vangste afneem, maar daar is 'n toename in rooikat vangste. Hulle reken die rooikatte vang die jakkals kleintjies dus vermeerder die jakkals getalle nie so vinnig nie.

My vraag is, kan daar 'n verband wees tussen jakkals en rooikat getalle in 'n gebied? Sal die een die ander kan uitdruk/uitroei?

Die spesifieke boer het baie klowe en randte op sy plaas so ek glo daar kan 'n gesonde populasie rooikatte wees.

Ek luister graag.

Ruan
ek weet van wie jy praat,by hom kan dit dalk so wees want hy bly nog teen die rivier ook en katte is volop daar.ek jag by baie boere in smithfield maar die meeste skade is maar agv jakke
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Ek het so ruk gelede by n boer gaan roep en die spesifieke aand was die veld "dood". Het bitter min diere in die veld gesien en die bietjie wat rondbeweeg het het eers laat die aand hul verskyning gemaak. Die vorige keer wat ek daar was het mens oral oë gesien. Nodeloos om te sê ek het ook geen reaksie vanaf n jakkals gekry nie.

Het iemand dit al beleef? Wat kan die oorsaak wees?

Maan was 50% vol, het in die week gereën op die plaas, veld was nat en dit was nogal koel.

Ek luister graag

Ruan
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Danie01 »

Ja ek wens ek het geweet hoekom is party aande so stil, hase, bokke ens moet tog eet of wat maak hul dan en hoekom? Ek kan ook nie regtig se dat ek suksesvol was met ongediertes in daardie aande nie, want party aande, al is veld besig is jakkalse ook stil, dan weet ek, ek is nie op die regte plek op die regte tyd nie.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Danie dit is so. Dis seker nooit 'n uitgemaakte saak om vir vlekkie in te roep al is hy in die gebied nie. In my geval was ek 95% seker dat hy in die gebied moes wees. ek het vroeër die op redelike vars spore afgekom naby aan die area waar die werkers sê hy in die aand skree.

My vraag is, op so "dooie" aand, is dit nie beter om liewers op te pak as wat dit is om staanplek na staanplek te skuif en roep nie?

Groete
Ruan
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

dit hang maar af.
eek dink sekere tye van jaar, sal jy hom skiet, maar nie saak of hasie en bokkie slaap nie.
die tyd van jaar, gaan dit neuk, of veld nou lewe of dood is.
my nunwwe speeding wat kom, kan lugdruk meet. wil bietjie meet en kyk so oor 'n tydperk presies hoe dit werk.
nou oof veld lewe, ens, nie soseer vir vlekkie nie
HOU HOM DAAI DIKTE
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Mac »

Bly in die veld, ry maar as jy nie wil roep nie, miskien ry jy 'n kat raak.

Op dooie aande is dit tyd om jou vasbyt te toets, jy kry gewoonlik iets as jy in die veld bly, al is dit vroeg oggend, maar as jy op pak kry jy nooit iets nie. Dit bly nie die hele nag dood nie.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

Mac
100%!!
baie keer as die veld voornag stil is, skiet jy hulle vroeg ogggend.
daai dooie stukke ry ek sommer plaas op en af, en vaan 3h af, roep ek weer.
baie keer kry mens dat die veld hier 12h-2h soggens so opflikkering maak.
mens gaan beslis nie vir vlekkie skiet terwyl jy 7de laan kyk nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Ek het die geval in die veld gebly na ek deur die plaas gery het en by my staanplekke geroep het. Ek terug gegaan waar ek begin het en staanplek naby die slaapplek van die skape gaan inneem aangesien die skape ook naby die rand is waarvanaf die jakkals skree. Dis al kamp wat skape in het. Ek het aanvanklik geroep tot 1h, bietjie gerus tot 3h en weer begin roep maar het meer in stilte gesit en lig. aangesien dit die enigste kamp met skape in was het ek besluit om nie te skyf nie en net daar te bly.

Maar ek stem saam, mens se geduld word hier beproef.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

Waar het jy gerus?

baie keer is rondskuiuff bbeter, jy skuif net in die gebied in, en dan kom hulle.
is die skaap kamp kern gebied?
al hoor jy die jakkalse, is dit nie te se dit is kern nie.
en, om jakkalse uit 'n berg te roep, is bitter moeilik.
het dit al baie gesien, jyj kan roep tot jy pers is, maar jy ysal niks skiet, skuif in berg in, roep 20min, en altwee is vrek
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Ek het in die bakkie gaan sit.
Die boer se werkers het spore van te vore in die kamp gekry. kamp is so 100ha. die kamp se grensdraad loop op een plek deur/oor die rand waarvanaf die jakkals skreeu. Ek het toe ek die oggend deur die plaas gery het in een van die paaie naby die kamp spore gesien. die een kant van die kamp grens teen 'n "algemene" pad en 'n ander boer in die week voor ek gekom het 'n jakkals in die pad doodgery. Die werkers het vir my belowe dat hul nog 'n geskreeu gehoor het nadat die jakkals getrap is en ek het die spore gekry.

Die spore, die rand en die trap plek is alles binne 'n 1km van mekaar. Dus het ek aanvaar dat dit die kerngebied behoort te wees.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

dan is dit moontlik.
het jy die jakkalse hoor skree?
hoekom roep jy nie waar hul skree nie?
hoe weet jy jakkalse was nie tussen 1 en 3 by jou nie.
nie te se hul kom, net as jy roep nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Het op geen tyd gedurende die nag enige reaksie van die jakkalse gehoor nie. Dit kan seker beteken dat hul nie in die gebied was nie, maar ek het aangeneem dit het iets te doen met die "dooie" veld. Indien die jakkalse geskree het sou ek defnitief nader beweeg het

Hulle kon seker in daai tyd verby my gekom het, ek sal nie weet nie. Aangesien alles doodstil was tot en met daai tyd het ek gereken dit sal goed wees om net daai pouse te vat en dan nader aan die oggend weer te begin.

Toe ek 3h begin roep en steeds niks reaksie kry nie het ek met langer stiltes net gesit en lig.

Die feit dat ek geen vokale reaksie gekry het nie, het dinge vir my so bietjie moeilik gemaak. Dit help darm as jy daai bevestiging kry dat die jakkalse in die gebied is.
Post Reply