Page 105 of 106

Re: Lisensies

Posted: Fri Jul 10, 2020 8:56 am
by Carlc
Eish dankie Andre. Ek wag vir n lisensie wat al 20 maart goedgekeur is. Sal maar net moet vasbyt en langer wag.

Re: Lisensies

Posted: Mon Jul 27, 2020 7:39 am
by HunterB
More almal,

Ek het op n FB post gesien dat daar weer van Woensdag af geprint word. Weet iemand of dit waar is? Al is dit waar sal hulle seker n jaar vat om deur die Backlot te werk....

Re: Lisensies

Posted: Mon Jul 27, 2020 9:42 am
by 30-0Kwes
Hi ouens.

Ekt Januarie my pistool se renewal in gedien op tyd, binne die 90 dae. My lisensie het verval einde April. Was Vrydag by DFO en dit wys dit dit nog besig is om an te werk.

Mag ek nog my pistool dra nou in die tyd of gaan ek moeilikheid kry?

Dankie en groete vir almal

Re: Lisensies

Posted: Mon Jul 27, 2020 11:24 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse

Jy het bewys van hernuwing wat ingedien is, dus sal daar nie n probleem wees nie.

Re: Lisensies

Posted: Mon Jul 27, 2020 11:28 am
by 30-0Kwes
Ek het. Het die sms met die reference number op my foon en ook die kwitansie.

Dankie

Re: Lisensies

Posted: Mon Jul 27, 2020 12:19 pm
by Pvdw
My lisensie is einde Januarie ingegee.

16 Junie goedgekeur.

Vandag kaartjie gaan optel.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 11:58 am
by Francoisv
Ek sit op 96 dae vir .22 Anschutz lisensie. Dit is die lankste ooit.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:04 pm
by Malan123
Ek trek op 120 dae as my wiskunde reg is

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:09 pm
by BenJacobs
Ek het 2 November 2019 ingehandig, 16 Julie is hulle goed gekeur en nou wag ek vir die kaartjies

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:12 pm
by Francoisv
Malan123 wrote:Ek trek op 120 dae as my wiskunde reg is
Download 'Where' s my App'

2 daughters. Plenty guns.


Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:18 pm
by Malan123
Francoisv wrote: Thu Jul 30, 2020 12:12 pm
Malan123 wrote:Ek trek op 120 dae as my wiskunde reg is
Download 'Where' s my App'

2 daughters. Plenty guns.
Ek het, maar hy gee my nie die hoeveelheid dae nie

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:20 pm
by Malan123
Het hom weer install en hy se nou 122 working days

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 12:28 pm
by Gian_dP

Malan123 wrote:
Ek het, maar hy gee my nie die hoeveelheid dae nie[/quote]

As jy inhandigingsdatum ingesit het, behoort hy dae te gee

Image

Edit: Sien joune werk nou

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 2:37 pm
by Carl
Ek het my hernuwing op 18 Junie 2020 in gegee vir 4 wapens. Die lisensie verval 26 Julie. Maandag 27 Julie, 'n SMS gekry met al 4 wat hernu is. Nou wag ek net vir die wit kaartjie.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 3:50 pm
by PWV
Carl wrote: Thu Jul 30, 2020 2:37 pm Ek het my hernuwing op 18 Junie 2020 in gegee vir 4 wapens. Die lisensie verval 26 Julie. Maandag 27 Julie, 'n SMS gekry met al 4 wat hernu is. Nou wag ek net vir die wit kaartjie.
Gladnie 90 dae voor die tyd nie??? Wat het dit jou gekos???
Laat ons daai resep kry. Dit sal baie manne help!!

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 3:59 pm
by Lamtjop
Middag almal, verwerk SAPS al nuwe vuurwapen aansoeke, maw nuwe geweer by handelaar gekoop? Mooi loop

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 4:15 pm
by Frederik
Ek was Dinsdag by my DFO in Garsfontein die vrou voor my in tou het haar hernuwing vir een wapen 8 Junie ingegee sy het haar kaartjie 28 Julie opgetel ek kon dit nie glo nie dog SAP stuur verkeerde SMS aan haar.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 4:29 pm
by Willem Grobler
12 Des 2019 ingedien, 20 Maart goedgekeur, vandag lisensie gaan afhaal...

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 4:31 pm
by Carl
PWV wrote: Thu Jul 30, 2020 3:50 pm Gladnie 90 dae voor die tyd nie??? Wat het dit jou gekos???
Laat ons daai resep kry. Dit sal baie manne help!!
Oom niks. Soos oom bewus is was die DFO gesluit vir 'n ruk vir alle aansoeke. Dit is toe later reggestel. Toe is die SAPS kantoor toe. Daar was geen datums en beperking oor wanneer die papier werk ingehandig is nie. Die vereiste was om dit intehandig voor die lisensie verval.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 4:46 pm
by Viking
Ek het 2 wapens hernu op 28 Jun 2019.
Goedgekeur op 11 Mrt 2020
Vandag SMS gekry die kaartjies kan afgehaal word

13 Maande vir hernuwing is nie sleg nie!! :police:

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 5:36 pm
by OosKaapJagter
M.b.t die hernuwingsaansoek kort voordat die lisensies verval: Die Vuurwapenwet bepaal jy moet die aansoek minstens 90 dae voor die tyd inhandig (ook so bevestig deur die Grondwet Hof). Lees artikel 24: https://www.saps.gov.za/resource_centre ... of2000.pdf

Die DFO kan dus weier om laat aansoeke te ontvang, maar sommiges (o.a. myne) aanvaar dit nog as die lisensie egter nog nie verval het nie. Moet egter nie in die posisie beland dat jy van die DFO se welwillendheid afhanklik is nie. Net so kan iemand by die Sentrale Wapenregister dalk net besluit die aansoek was laat en besluit om dit nie te verwerk nie of dit dalk afkeur.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 6:07 pm
by Johan Nel
Die 26ste Mei is die lisensie goedgekeur vir 'n 303 waarvoor ek aansoek gedoen het op die 17de Desember laasjaar. Sederdien is daar geen beweging met die druk van die lisensie nie. Elke keer as ek navraag doen se die persoon by die DFO kantoor dat die kaartjie nog nie eens gedruk is nie.
Gister het ek dit reggekry om 'n "Tydelike gagtiging om 'n vuurwapen te besit" bekom. Dit is geldig vir een jaar. Nou kan ek die geweer bietjie vat vir 'n toetslopie op die skietbaan...😎

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 6:20 pm
by BenJacobs
Johan Nel wrote: Thu Jul 30, 2020 6:07 pm Die 26ste Mei is die lisensie goedgekeur vir 'n 303 waarvoor ek aansoek gedoen het op die 17de Desember laasjaar. Sederdien is daar geen beweging met die druk van die lisensie nie. Elke keer as ek navraag doen se die persoon by die DFO kantoor dat die kaartjie nog nie eens gedruk is nie.
Gister het ek dit reggekry om 'n "Tydelike gagtiging om 'n vuurwapen te besit" bekom. Dit is geldig vir een jaar. Nou kan ek die geweer bietjie vat vir 'n toetslopie op die skietbaan...😎
Dag sê oom.
Hoe kry mens so 'n ding? My 243 is goedgekeur, maar ek wag nog vir kaart. Ek wil egter oor 'n naweek of 2 'n paar bobbejane gaan skiet. Hoe gaan mens te werk?
Groete Ben

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 8:04 pm
by Carl
OosKaapJagter wrote: Thu Jul 30, 2020 5:36 pm Net so kan iemand by die Sentrale Wapenregister dalk net besluit die aansoek was laat en besluit om dit nie te verwerk nie of dit dalk afkeur.
My geval het net te make met die CV19 grendeltyd, beslis nie met die normal stand van sake nie. As iets weer normaal gaan word in die land.

Re: Lisensies

Posted: Thu Jul 30, 2020 9:15 pm
by Johan Nel
BenJacobs wrote: Thu Jul 30, 2020 6:20 pm
Johan Nel wrote: Thu Jul 30, 2020 6:07 pm Die 26ste Mei is die lisensie goedgekeur vir 'n 303 waarvoor ek aansoek gedoen het op die 17de Desember laasjaar. Sederdien is daar geen beweging met die druk van die lisensie nie. Elke keer as ek navraag doen se die persoon by die DFO kantoor dat die kaartjie nog nie eens gedruk is nie.
Gister het ek dit reggekry om 'n "Tydelike gagtiging om 'n vuurwapen te besit" bekom. Dit is geldig vir een jaar. Nou kan ek die geweer bietjie vat vir 'n toetslopie op die skietbaan...😎
Dag sê oom.
Hoe kry mens so 'n ding? My 243 is goedgekeur, maar ek wag nog vir kaart. Ek wil egter oor 'n naweek of 2 'n paar bobbejane gaan skiet. Hoe gaan mens te werk?
Groete Ben
Ben, jy sald at jou DFO jou moet adviseer wie dit uitreik. Ek is verwys na 'n betrokke offisier in ons dorp wat dit doen. Ek het die man gaan sien en hy het dit uitgereik. Die feit dat die transaksie privaat was en die geweer reeds in my besit was (stoor permit) het dit blykbaar maklik gemaak om die tydelike magtiging uit te reik.