Page 102 of 106

Re: Lisensies

Posted: Mon Jan 27, 2020 3:52 pm
by Xplicitly
My seksie 13 pistool is verlede week goedgekeur op dag 85.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk


Re: Lisensies

Posted: Mon Jan 27, 2020 8:29 pm
by Gbyleveldt
My 25-06 deurgekom laas week. Maar ek wag nog vir kaartjie van ander roer wat laas jaar 2 des al goedgekeur was

Re: Lisensies

Posted: Mon Jan 27, 2020 8:42 pm
by Hein M.
Het Hornet se aansoek op 20 Sept 2019 ingegee en vanoggend 6:00 die SMS gekry dat hy goedgekeur is. Nou nog maand vir kaartjie…

Groetnis!

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 2:37 pm
by Malan123
Hoe lank wag julle deesdae vir julle kaartjies nadat dit geprint is?

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 2:47 pm
by Hein M.
Vier weke na goedkeuring. As jy gelukkig is.

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 4:06 pm
by OosKaapJagter
Van 15 Desember gewag vir kaartjie tot 7 Februarie.

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 4:08 pm
by Malan123
Ai moer tog! Dankie

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 5:14 pm
by Xplicitly
Malan123 wrote:Ai moer tog! Dankie
Ons sit in dieselfde bootjie. My lisensie is 20 Januarie goegekeur maar nog niks is gedruk nie....

Sent from my SM-G965F using Tapatalk


Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 5:16 pm
by Malan123
Myne is al 10 Januarie gedruk maar nog nie provinsie toe gestuur nie

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 6:22 pm
by musgrave270
Waar vind jul manne uit of die kaartjie al gedruk is? Bel mens dieselfde CFR nr?


Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 7:27 pm
by Andre308
Ek het 20 Des 2019 en 31 Jan 2020 my sms'e gekry vir 2 lisensies waarvoor ek gewag het. Beide was net n rapsie onder die 90 werks dae.

Ongelukkig wag ek nog vir altwee se kaartjies om te print. Dit wil vir my voorkom of daar net een ou sit met een printer wat laat kom vir werk, lang tee tyd neem, lang middagete neem en dan weer baie vroeg huistoe gaan....

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 7:31 pm
by Malan123
Cfr se normale nommer se vir jou ja. Volgens hulle vat dit huidiglik omtrent 2 tot 3 weke om geprint te word, maar nou ja...

Re: Lisensies

Posted: Tue Feb 11, 2020 9:08 pm
by Xplicitly
Andre308 wrote:Ek het 20 Des 2019 en 31 Jan 2020 my sms'e gekry vir 2 lisensies waarvoor ek gewag het. Beide was net n rapsie onder die 90 werks dae.

Ongelukkig wag ek nog vir altwee se kaartjies om te print. Dit wil vir my voorkom of daar net een ou sit met een printer wat laat kom vir werk, lang tee tyd neem, lang middagete neem en dan weer baie vroeg huistoe gaan....
Dis nou wanneer daar nie beurtkrag is nie....

Sent from my SM-G965F using Tapatalk


Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 10:06 am
by DWB
12Br is op 112 werksdae of so dae eers goedgekeur

Die viervyftig is op 79 werksdae nou op preliminary approval.

Lyk my daar is nou 'n nuwe stap in die proses: Preliminary approval/refusal.

Dis nogal frustrerend, maar kom ons hoop maar as hy preliminary approval het is sy kop deur!

Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 11:54 am
by Carlc
Deon die frustrasie eindig nie wanneer die lisensie goedgekeur is nie. My 7mm se lisensie is n maand terug goedgekeur en ek wag nog steeds vir die kaartjie.

Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 12:10 pm
by DWB
Dit verstaan ek al te goed.

My 12br ook nou al 'n maand na goedkeuring.

Die 450 staan darem by my, maar die goedkeuring in opsig self sal vir my baaaie soet in die geval wees!

Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 1:19 pm
by jdpretorius
Lyk my daar is weer 'n voete sleep met kaarkies ......ek wag nou al van 15 Jan af vir further competency

Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 1:47 pm
by Xplicitly
Ek wag ook al sedert 20 Jan vir my lisensie kaartjie. Dit raak belaglik.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk


Re: Lisensies

Posted: Mon Feb 24, 2020 4:54 pm
by Alwyn
Aai en ek is oppad om weer in die ry tegan staan..... Laat die wag begin!!

Re: Lisensies

Posted: Thu Feb 27, 2020 8:58 am
by DWB
Darem gister my SMS gekry!

Re: Lisensies

Posted: Thu Feb 27, 2020 2:43 pm
by Geno
2x 12boor lisensies van my sopas goedgekeur.
Een vir 'n semi auto en die ander vir 'n O/U.
60 werksdae. Gladnie te sleg nie!

Re: Lisensies

Posted: Thu Feb 27, 2020 2:52 pm
by 6mmMusgrave
Ek wag al van oktober af vir 2 hernuwings. En my laaste hernuwing en compitancy hernuwing het 3 weke gele vandat hulle ingehandig is voordat ek die sms gekry het dat die DFO werk daaraan.

Re: Lisensies

Posted: Mon Mar 09, 2020 4:14 pm
by Carlc
Darem vandag my 7mm se lisensie gaan optel. 6 weke gevat vandat ek sms gekry het dat hy goedgekeur is. Hele proses het 5 maande en 2 weke gevat.

Re: Lisensies

Posted: Tue Mar 10, 2020 7:53 am
by Plaashaas
jdpretorius wrote: Mon Feb 24, 2020 1:19 pm Lyk my daar is weer 'n voete sleep met kaarkies ......ek wag nou al van 15 Jan af vir further competency
Competency is nie meer kaartjies nie. Jou DFO print net vir jou n papier en stempel hom.

Re: Lisensies

Posted: Tue Mar 10, 2020 7:55 am
by JAGTERSREG-JRM
Die klomp is weer terug op competency kaartjies, nie meer n uitdruk nie