Page 11 of 12
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon May 27, 2019 11:27 pm
by Gun oil
Flip nel wrote:Gun oil wrote:Ek is dood seker oor die punte Flip. Kyk gerus op die internet. Dis n loodvrye monolitiese punt.
Ek het nie eers geweet hulle het hom nou in 9.3 uitgebring nie, Quickload het hom nie maar ek gaan Hornady se GMX wat naby dit is gebruik en gou kyk
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon May 27, 2019 11:28 pm
by Gun oil
Baie dankie vir jou terugvoer Flip!! Sal begin laai en laat weet!! Die hulp word opreg waardeer!!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue May 28, 2019 12:12 am
by Gun oil
Flip, ek sien hier op van die besprekings punte dat van die ouens aangeraai is om tot en met 58gr S335 te laai om n spoed van 2450 te kry. Is die 50gr dan net n baie veilige opsie of moet ek eerder net daar begin en op beweeg tot ek n beter groeppering kry?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue May 28, 2019 6:40 am
by tripodmvr
Gun oil wrote:Flip, ek sien hier op van die besprekings punte dat van die ouens aangeraai is om tot en met 58gr S335 te laai om n spoed van 2450 te kry. Is die 50gr dan net n baie veilige opsie of moet ek eerder net daar begin en op beweeg tot ek n beter groeppering kry?
As jy die OBT teorie bestudeer dan is die eerste keuse die gebruik van die hoogste node met veilige drukvlakke van so 5000 psi onder die maksimum drukvlak. Gewoonlik is daar 'n spoed wat naby aan 2350vps is waar die meeste 9.3's akkuraatheid verkry. Om nou net "ter wille van" 'n ekstra 100vps byvoeg gaan niks bereik nie. Meer terugslag, ekstra dryfmiddel en geen bate daarvoor nie.
Jy het die geweer juis aangekoop omdat hy goed met konvensionele koeëls vaar weens die laer spoed.
Laat Flip jou help om die node van jou geweer te benut.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue May 28, 2019 2:18 pm
by Flip Nel
Gun oil wrote:Flip, ek sien hier op van die besprekings punte dat van die ouens aangeraai is om tot en met 58gr S335 te laai om n spoed van 2450 te kry. Is die 50gr dan net n baie veilige opsie of moet ek eerder net daar begin en op beweeg tot ek n beter groeppering kry?
Het jy toegang tot 'n cronograaf, ek glo maar in laag begin want het self al gesien in my eie 338 dat ek nog ver van die maksimum is dan wys hy druk en is die spoed baie hoog. As jy toegang het tot 'n cronograaf sou ek begin by 50gr en net een doppie laai, dan weer 51, 52 en 53, en elke slag die spoed meet en kyk vir druk tekens. Bring dan die data dan kyk ek op quickload waar jou node is. Moet asb. nie verby 2400 fps gaannie. die E tips weet ek gee meer druk as gewone koeels soos accubond. Wees maar eerder veilig werk op daarna. Wil net by oom Tripod byvoeg die 9.3x62 gee baie goeie resultate met gewone standaar koeels oor die spoed stadig is.
Ek laai vir my 24" loop 9.3 gewone pmp 286gr Pro-ams en kry baie goeie resultate tot met Eland.
Daar is 'n node by 2240 fps met 286 gr Pro-ams wat vir nader skote baie goeie resultate sal gee.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jun 10, 2019 10:34 am
by Carl
Na 'n baie lang aftyd (hiatus in Engels) het ek teruggekeer tot geweer laai. Darem my vrye tyd opgeneem deur pistool te laai
Ek het Saterdag die lading gaan toets en was beindruk lyk na 'n goeie bos lading.
9.3X62 22 duim loop.
286gr Pro Amm
S341
CCI250
74,88gr H2O
56gr 2110 2103 2099 2109 - lyk na die Node. Is dit te stadig vir <100m?
56.5gr 2100 2137 2195 2155
Een Pro Amm winkel getoets 2148vps geweer was ingestel op hulle.
Ek heg die teiken aan want dit het ook so paar vrae. Ek het begin om oor die stokke te skiet. Die geweer is moeilik om op die bank te skiet - die voorlaai is klein en dis 'n gemors om elevasie te kry op die 3 poot en tafel. Doelwit was om oor die Chrony te skiet

Maar toe ek sien dinge loop mooi stel ek maar op op die tafel. Ek het 7 skote so gemerk die 8ste een van die stok was 'n raps regs. Alles op 100m.
Die rak ammu 286gr die swartkol en die gelaaide rondtes teen +- selfde spoed tref 14-16cm hoër! Is dit moontlik of rook ek iets.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jun 10, 2019 10:51 am
by Capt. Yoda
Die rak ammo is seker met n ander kruit gelaai, ander ontbranding, druk kurwes en ander loop oselasie
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Jun 11, 2019 9:33 am
by Carl
Capt. Oblivious wrote:Die rak ammo is seker met n ander kruit gelaai, ander ontbranding, druk kurwes en ander loop oselasie
Dan is my gelaaide ammunisie beter waarde vir geld, ek kan dus verder skiet met dieselfde lading en patroon

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Jun 11, 2019 10:01 am
by Capt. Yoda
Jy sien
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Jun 15, 2019 11:58 pm
by Boomstomp
Ek het vandag ladings gaan bevestig vir my CZ Fullstock 9.3x62 (onthou loop net 20.5").
Lekker lading op ou einde:
Barnes TTSX 250gr
53.7gr S335
CCI250
+/- 2365vps
die "cold bore" skoot is op 100m so 2cm hoër as res, maar 3 skote daarna het mekaar gesny
Volgende naweek gaan ek hom probeer toets op 'n gemsbok!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Jun 16, 2019 10:49 am
by Flip Nel
Boomstomp wrote:Ek het vandag ladings gaan bevestig vir my CZ Fullstock 9.3x62 (onthou loop net 20.5").
Lekker lading op ou einde:
Barnes TTSX 250gr
53.7gr S335
CCI250
+/- 2365vps
die "cold bore" skoot is op 100m so 2cm hoër as res, maar 3 skote daarna het mekaar gesny
Volgende naweek gaan ek hom probeer toets op 'n gemsbok!
Mooi man, daai gemsbok gaan nie weet wat hom getref het nie.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Jun 16, 2019 12:31 pm
by Askari
My 9.3 het komende naweek 'n afspraak met 'n eland net buite Luckhoff. 250gr Peregrine/56.4gr S335/2318 vt/s. Ek glo nie daar gaan 'n 2e "date" wees nie

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Jul 08, 2020 6:59 am
by RugerBoy
More Manne
Iemand al begin om van die Nuwe kruit te gebruik vir die 9,3 en n lading en advies het om te deel.
Wil graag 286g Hornady interlock laai
Dankie vir die deel
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Jul 08, 2020 7:02 am
by DWB
Blykbaar is Norma 203-B die kruit vir die 9.3
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Thu Jul 08, 2021 9:47 am
by Hoenderhokkie
Môre almal
Ek het ook nou oorgeskakel vanaf S335 na Norma 203B kruit vir my 9.3x62. Is daar iemand wat dit al gebruik het en my kan help met 'n begin lading vir die 250gr Nosler Accubond? Ek gebruik Sako doppe (gem. dop volume: 77.46g), met 'n 83mm TPL, uit 'n 22" loop met 'n 1:14" twist.
Groete
Jacques
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jul 09, 2021 4:47 pm
by Dale SH
Hoenderhokkie wrote: Thu Jul 08, 2021 9:47 am
Môre almal
Ek het ook nou oorgeskakel vanaf S335 na Norma 203B kruit vir my 9.3x62. Is daar iemand wat dit al gebruik het en my kan help met 'n begin lading vir die 250gr Nosler Accubond? Ek gebruik Sako doppe (gem. dop volume: 77.46g), met 'n 83mm TPL, uit 'n 22" loop met 'n 1:14" twist.
Groete
Jacques
Start at 54.5 grains and do not exceed 2565 fps.
You should find a node between 2460 to 2470 fps.
Norma 203B is "better" suited to 286 grain bullets.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jul 09, 2021 5:46 pm
by Boomstomp
Dale SH wrote: Fri Jul 09, 2021 4:47 pm
Norma 203B is "better" suited to 286 grain bullets.
HI Dale
Would Norma 202 work for 250gr bullets in a 20.5" barrel? Or is there a more suitable Norma powder for that bullet & barrel length combination?
Kind regards
B
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jul 09, 2021 6:36 pm
by Dale SH
Boomstomp wrote: Fri Jul 09, 2021 5:46 pm
Dale SH wrote: Fri Jul 09, 2021 4:47 pm
Norma 203B is "better" suited to 286 grain bullets.
HI Dale
Would Norma 202 work for 250gr bullets in a 20.5" barrel? Or is there a more suitable Norma powder for that bullet & barrel length combination?
Kind regards
B
Yes
Norma 202, Reloder 12, Vihtavouri N530 etc would be best for the "lighter" bullets in a shorter barrel.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jul 09, 2021 7:12 pm
by Hoenderhokkie
Hi Dale
Thanks for the feedback, I will report on my findings. Unfortunately it seems that I have'nt done enought homework when I chose the powder to replace S335!!
Kind regards
Jacques
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jul 12, 2021 11:48 am
by Boomstomp
Dale SH wrote: Fri Jul 09, 2021 6:36 pm
Boomstomp wrote: Fri Jul 09, 2021 5:46 pm
Dale SH wrote: Fri Jul 09, 2021 4:47 pm
Norma 203B is "better" suited to 286 grain bullets.
HI Dale
Would Norma 202 work for 250gr bullets in a 20.5" barrel? Or is there a more suitable Norma powder for that bullet & barrel length combination?
Kind regards
B
Yes
Norma 202, Reloder 12, Vihtavouri N530 etc would be best for the "lighter" bullets in a shorter barrel.
thanks!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Aug 21, 2021 4:56 pm
by Hoenderhokkie
Hi Dale
I finally got around to load for the 9.3. I used Remington Large Rifle primers and 250gr Nosler Ballistic Tip instead of the 250gr Nosler Accubond.
54.5g Norma 203B - 2322 fps
- 2283 fps
- 2262 fps
56g Norma 203B. - 2330 fps
- 2368 fps
- 2367 fps
The Caldwell chronograph was 5m from the muscle. What do you recommend?
Regards
Jacques
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Aug 21, 2021 5:49 pm
by tripodmvr
Die ES is redelik groot en dit kan wees a.g.v. lae druk. Met die gegewe inligting sal ek kyk na 58gr om 'n spoed naby aan 2460vps te kry. Druk is veilig en beter om gasseël en laer ES te bewerkstellig.
Die 54,5gr lading is naby aan 'n node as ek die hoër spoed van die 3 beskou. Hoe het die groepering gelyk?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Aug 21, 2021 6:06 pm
by Dale SH
Yip
58.0 to 58.1 grains
2455 to 2460 fps on the chrony
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Aug 21, 2021 9:14 pm
by Hoenderhokkie
Naand
Baie dankie vir die terugvoering. Omstandighede het gemaak dat ek nie vir groepe en spoed terselfdetyd kon skiet nie. Ek gaan wel 'n plan maak om dit volgende keer reg te kry. Ek gaan nou 58gr laai en kom terugvoering gee.
Groete
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Nov 28, 2021 9:35 pm
by Hoenderhokkie
Naand almal.
Ek is toe weer terug skietbaan toe met die 9.3 en 'n lading van 58gr van die Norma 203B. Het weer dieselfde Caldwell chronograaf gebruik, 5m vanaf die loop. Spoed was soos volg:
2466 fps
2424 fps
2467 fps
2451 fps
3 skote het 'n 20mm groep gevorm, met skoot nr 2 (2424 fps) wat die groep oopgemaak het na 36mm. Ek het toe weer 'n groep van 3 skote op 'n ander geleentheid geskiet en weer 'n 20mm groep geskiet. Die keer het ek nie die spoed gemeet nie. Die gem. spoed van 2452 fps is baie naby aan julle verwagte spoed van 2455-2460 fps en die akuraatheid is vir my baie goed. Ek gaan dus volstaan met die lading. Nogmaals dankie vir almal se insette en hulp.
Groete
Jacques