Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jy ken nie iemand wat met vrystaat aansoeke werk, wat my gaan kan help. Aansoek l? nou al van 9Feb or een plek still daar by CFR
Bel die nommer's, maar lyk of hulle kantore geskuif het of iets, want die verkeerde manne tel heeltyd op en sit my terug skakel toe waar niks wil gebeur nie
Dankie
Marc
Jammer om te hoor.Ek ken nie die manne van daai wereld nie.Jou beste opsie gaan wees is om die Kapt Nortier te skakel en vir hom te vra of hy nie by daai manne n draai kan maak nie.Ek glo hy sal,hy is baie behulpsaam.
Dankie G-Force ek sal so maak. Ek moet inval saam ss.
sss308 wrote:
Manne,
ek het einde verlede jaar aansoek ingedien. een is vir nuwe 375. Bel elke week en elke week word ek vertel dit l? nog daar en is nog nie eers deurgestuur CFR toe vir oorweging nie. Raak ook al knorrig, want my wiskunde vertel dit is meer as drie maande. Vandag bel ek weer om te hoor of my aansoek nog nie moeg gel? is nie. Eerstens verbaas toe ek by 'n vriendelike Sannie uitkom wat my nogals meedeel dat my lisensie goedgekeur is !!
Ek glo dat hulle sisteem nie opdateer word nie, en die mense wat jou moet meedeel, kan maar net weergee wat op die skerm is. Dus, bly maar gereeld bel....
Ek was blykbaar veronderstel om 'n sms te kry s? sy, maar daai stelsel van hulle het dit nog nooit reggekry om my suksesvol te sms nie.
Jagtersgroete
ss
Dieselfde ding het vandag met my gebeur. DFO laat weet my die aansoek wys as ontvang by CFR op die 9 Feb, maar geen vordering van daar af nie.
Ek bel toe weer CFR en wraggies tel so vriendelike Afrikaanse man die keer op. Hy stel toe in kennis dat my aansoek l? by oorwegings. Nou dis 'n groot hop van net ontvang af Ek gaan die prosess nou eers nog so twee weke of wat gee. Die sisteem in PTA en die een plaaslik praat nie dieselfde taal nie
GRoetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Ek het sopas met Lt April gepraat by CFR in die Vrystaat seksie. Mag ek s? hy was baie profesioneel en uiters behulpsaam +100. As iemand van CFR hier lees gaan skud sy hand asseblief en s? ek s? baie dankie vir sy vriendelike en opregte hulp.
Hy het my meegedeel dat die Vrystaat aansoeke se 2011 agtestand teen volgende week afgehandel gaan wees en dan sal hulle weer begin met January 2012 en nuwer aansoeke. Nuwe bestuur het besluit alle ouer aansoeke kry prioriteit bo 2012 aansoeke.
So die manne wat al lank wag gaan hopelik teen middel April goeie nuus ontvang en ons outjies wat die jaar aansoek gedoen het en op kole sit en wag, gaan maar bietjie geduldig moet wees to die 2011 aansoeke afgahandel is. Is darem seker regverdig dat die manne wat al so lank wag hulle beurt eerste kry
Dog maar net ek deel die brokkie nuus.
Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Ek het met 'n Kapt daar verlede week gepraat, ges? ek moet weer die week probeer. Ongelukkig is sy toe die week op verlof. Ek vat toe maar die volgende nommer op die lys, ook 'n Kapt. Gesels met die man en verduidelik my penarie, s? ek jag oor twee weke en ek het nog nie 'n wapen nie. Kapt vat my nommer en se hy sal terug kom na my toe(moet s? ek het nie baie hoop gehad nie). Groot was my verbasing toe Kapt my sowat 3 ure later terugbel en s? hy het my l?er voor hom, hy het deur alles gegaan en hy is goedgekeur!!!!!
Wonderlik, al vier die lisensies, .22, 243, 270 en 30-06 is goedgekeur.
Nou wag ons net vir die kaartjies, hoe lank vat dit? Kan iemand my s??
Ek s? net weer dankie aan G-force. Die ander manne wat nog wag, hou moed manne en bel daardie nommers, DIT WERK!!!
Blykbaar kan dit vinnig neem.
Laas week vertel die vriendelike dame my dat my 375 goedgekeur is. Sy kan nie s? hoe lank die kaartjie gaan neem nie. hulle kollekteer blykbaar net een keer per maand!
Groot my verbasing toe ek gisteraand sms kry en dame my vandag bel dat ek my lisensie moet gaan afhaal. hy is gereed!!
Wonderwerke gebeur wel nog.
Ek hoop jy is ook so gelikkig,
Groetnis
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Ek wag maar geduldig. Ek bel elke week die algemene nommer en moet s? dat ek nog elke keer vriendelike en proffesionele aandag gekry het. Ek moet bys? dat die aansoek is nou eers 3 weke in is.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
Ek het ook na 4 weke ernstig begin bel. En hulle was almal goedgekeur na 5 1/2 weke, dink dit is nogal vinnig. Net jammer daar is niemand wie mens kan bel oor die kaartjies se druk nie...
Na 'n lank se sukkel met silverton polisie stasie het die Generaal Mzwandile Petros se email adres in die hande gekry en bietjie geklaa oor die stasie komesaris wat nie die aansoeke wil teken nie om weg te stuur vir oorweging nie...
Ek kry vanoggend 'n oproep van Lt Col Tshaka van die wapen register, Hy is glo toe opdrag gegee om te gan kyk wat aangan by silverton... Die LT Col was toe by silverton en het my aansoek, en al die ander wat by die stasie opgegaar is toe LAT teken en het dit persoonlik daar wegeneem vir oorweging. Hy het my ook toe verseker dat hy persoonlik sal seker maak my aansoeke sal so gou as moontlik hanteer word...
So, 'n paar mense skuld my 'n bier...
So, lyk my dit help as mens op die regte persoon se tone trap.... :-)
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Na 'n lank se sukkel met silverton polisie stasie het die Generaal Mzwandile Petros se email adres in die hande gekry en bietjie geklaa oor die stasie komesaris wat nie die aansoeke wil teken nie om weg te stuur vir oorweging nie...
Ek kry vanoggend 'n oproep van Lt Col Tshaka van die wapen register, Hy is glo toe opdrag gegee om te gan kyk wat aangan by silverton... Die LT Col was toe by silverton en het my aansoek, en al die ander wat by die stasie opgegaar is toe LAT teken en het dit persoonlik daar wegeneem vir oorweging. Hy het my ook toe verseker dat hy persoonlik sal seker maak my aansoeke sal so gou as moontlik hanteer word...
So, 'n paar mense skuld my 'n bier...
So, lyk my dit help as mens op die regte persoon se tone trap.... :-)
Mooi so Petrie!Boschkop sit met die selde probleem.Kan jy dalk Col Tshaka se details vir my PM?
Groete
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Na my al my klagtes is my lisensies toe goedgekeur!!! Dit het 21 dae gevat van dat ek geklaa het!! Nou net vir die kaartjies optel!
Mens kan dit glo gan self optel by die vuurwapen register daar in Pretoria se middestad as jou CFO te lank vat!!!
Kan nie wag om my wapens te gan afhaaal nie!!
Sterkte an almal wat nog sukkel!
Hoe kan ek uitvind of my kaartjies nog by die CFCR Kantoor is en kan ek dit self gaan afhaal of moet ek wag tot dit by Sinoville is??
Hul is al op 29/05 gedruk
Dankie
Heinrich
Last edited by HeinrichPrinsloo on Tue Jun 05, 2012 11:20 am, edited 1 time in total.
Don't get confused between my personality and my attitude
My personality is who I am, my attitude depends on who you are
DieKraai wrote:
Het vandag my S&W mod 29 44 Magnum lisensie by my SAPS stasie opgetel. Het 6 weke gewag. Dit lyk asof die manne behoorlik wkker geskrik het.
Sterkte vir die wat nog wag.
Baie geluk , lekker skiet yster daai
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Ek was self Maandag verbaas toe ek CFR bel en na die 10de oproep by iemand uitkom wat my baie vriendelik help en om verskoning vra dat die rekenaar so stadig is. Ek het my aansoek 2 April by my plaaslike stasie ingedien en die lisensie is 15 Mei goedgekeur. Op 17 Mei is die kaartjie "gecapture" en het hom gister by die stasie gaan afhaal. 6 Weke tot goedkeuring en 8 weke tot ek die kaartjie in my hande het. Baie be?ndruk!!!!