Page 2 of 2
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 11, 2026 7:13 pm
by Krobb
Ek is baie jammer om dit te hoor.
Sterkte aan sy mense.
Hy het dieo spore getrap op hierdie forum.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 11, 2026 9:26 pm
by Ferdi Bam
Ek is jammer om te hoor en my innige simpatie aan sy naasbestaandes.
Sterkte Jaco.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 11, 2026 10:01 pm
by tripodmvr
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 8:35 am
by vossie1
Jis ek het nou die nuus op die 4x4 community gekry, dit is so tragies. Dewald was n straight shooter. Jaco ons dink aan jou en julle famielie in die moeilikke tyd.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 10:41 am
by Swys14
Het die nuus op 'n ander forum gekry, rerig hartseer. Sterkte aan sy naastes.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 1:06 pm
by partner
Ai. Altyd Slegte Nuus. Stertke aan Sy Famielie.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 1:09 pm
by finch
Ek top nou al n heledag of ek hier iets moet pos.
RIV Dewald. Ek het net so paar keer met jou gekommunikeer maar het baie van jou stories van Jaco af gehoor. Dit was meestal van julle avonture oor die jare en ek het jaloers na die stories geluister.
My skoonpa, 'n dominee wat meer gereeld met die dood en vertroosting te doen het, het vir my die volgende vertel op n keer wat ek voel baie gepas is. n Mens gaan twee keer dood, eerste keer as jy jou laaste asem uitblaas en tweede keer as jou naam die laaste keer op aarde genoem word. Volgens hierdie definisie gaan Dewald nog lank lewe hier op die forum en deur al die stories wat van hom vertel word.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 4:17 pm
by Nico de Jager
Baie slegte nuus.
Sterkte aan die naasbestaandes.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 8:05 pm
by Glocked
Rus sag ou grote, was 'n voorreg om jou te ken. Baie sterkte vir die familie.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 10:02 pm
by ruaanb
Jissie nie verwag om die nuus te lees nie. Rus sag my vriend.
Jaco en familie my innige simpatie.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Thu Feb 12, 2026 10:51 pm
by Vlakvark Soldaat
Vakkit, ek is ook nou moerse geskok!! Dis n groot hartseer! Hy was n awesome ou, het altyd lekker en reguit gesels! Sterkte aan sy familie en naastes!!
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 8:36 am
by Koos Barnard
Ai ou Dewald... hierdie is bitter slegte nuus. Dis 'n groot skok. 'n Goeie man wat hopeloos te vroeg moes groet. Innige simpatie aan sy familie.
Rus in vrede Mater.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 8:41 am
by Ockert1992
Yoh....dit is nou die laaste ding wat ek verwag het om hier te lees.
Ek kan maar net beaam wat almal hierbo sĂȘ! Die bietjie wat ek met hom te doen gehad het was altyd goed.
Sterkte aan die familie in vriende. Defnitief iemand wat te vroeg weg is.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 10:38 am
by tripodmvr
Pappabeer Gedenkdiens.jpeg
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 10:58 am
by Jaco vdW
https://youtube.com/live/rV6VFHMNotc?feature=share
Hier is die skakel vir lewendig stroom van die diens.
Diens self is in Empangeni by die Victory Family Church
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 11:27 am
by LUAN
Ai dis skokkende nuus nou nie dit verwag. Ek onthou hy het my eens gehelp toe ek vrae het oor bosluis byt. Goeie man wat te gou gegaan het. Lekker jag daar in die bosveld hemel.
Wat het gebeur as ek mag vra?
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 2:16 pm
by Apie
Dit is vreeslik hartseer!
Ook baie lekker met hom gekuier oor die foon en met whatsapp!
Dewald het my FN 7x57 by my gekoop.
Ek was baie spyt nadat ek die geweer verkoop het maar nadat ek met Dewald gepraat het het ek geweet die FN is in goeie hande!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 3:00 pm
by Hein M.
Absoluut skokkend...
Ek het vir hom skoolgegee by LS Eikestad destyds. Was 'n super persoon..

Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 4:12 pm
by Methos
Innige meegevoel aan vriende en familie.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Fri Feb 13, 2026 9:47 pm
by DWB
Vanaand sit ek en Frederik in Pretoria en ons herdenk vir Dewald.
Hierdie laaste paar dae het swaar op die gemoed gesit.
Sam en Jaco, ons dink aan julle.
Dewald het diep spore getrap.
Op Dewald.
20260213_213203.jpg
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Mon Feb 16, 2026 3:06 pm
by Jakkalsgat
Hierdie nuus bly steeds onwerklik. Ons het 'n paar kampvure oor klomp jare gedeel en Dewald was google met al die kennis wat hy kon deel sonder om terug te hou. As jy bereid was om te luister kon jy aan sy lippe hang vir ure. Man uit een stuk met oop hart en hand. Uitstekende jagter, gids, fotograaf ens, ens
Sam en Jaco, sterkte vir die tyd wat vir jul voorlĂȘ!
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 18, 2026 6:21 am
by win270
Baie jammer om van Dewald se heengaan te lees. Sy bydrae op hierdie groep was altyd die moeite werd om te volg en mens kon sommer aanvoel die man weet waarvan hy praat.
My innige simpatie aan die familie en vriende in hierdie baie moeilike tyd.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 18, 2026 2:02 pm
by BenJacobs
Baie jammer om te hoor. Ek het nooit persoonlik ontmoet nie, maar hy het 'n hele paar keer vir my gehelp met raad vir skedels wit maak. My medelye aan sy gesin en familie.
Re: Afsterwe van n lid
Posted: Wed Feb 18, 2026 8:18 pm
by Francoisv
R.I.V