Page 2 of 2
Re: .22 LR Teleskoop
Posted: Sat Nov 09, 2024 8:41 am
by Louisdewet
Geen idee. Hy lyk net lekker. Nes jou bosbok!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .22 LR Teleskoop
Posted: Sat Nov 09, 2024 8:50 am
by Koos Barnard
Pietvis
So bly om te lees daar is nog stapjag-jagters wat nie met chassis-gewere en 34 mil baan scopes met moerse turrets en BC'-koeëls en army balsakke vir skietrusse jag nie. Ek het onlangs 'n ghongskiet gereël waar 'n hele paar manne met chassis-roere ensomeer opgedaag het. Maar in plaas van dooierus lê en skiet het ek hulle toe laat sit en skiet oor 'n rus. Dan sien jy party ouens sukkel om 'n 40cm-ghong op 300m raak te skiet, om nie eens te praat van die 20cm en 15cm-ghongs nie. Jou Vortex scope lyk egter heel goed op die .22, dink nie jy het nodig om 'n ander scope te kry nie. Lekker stapjag!
Mooi loop
Re: .22 LR Teleskoop
Posted: Sat Nov 09, 2024 9:46 am
by PietVis
Koos Barnard wrote:Pietvis
So bly om te lees daar is nog stapjag-jagters wat nie met chassis-gewere en 34 mil baan scopes met moerse turrets en BC'-koeëls en army balsakke vir skietrusse jag nie. Ek het onlangs 'n ghongskiet gereël waar 'n hele paar manne met chassis-roere ensomeer opgedaag het. Maar in plaas van dooierus lê en skiet het ek hulle toe laat sit en skiet oor 'n rus. Dan sien jy party ouens sukkel om 'n 40cm-ghong op 300m raak te skiet, om nie eens te praat van die 20cm en 15cm-ghongs nie. Jou Vortex scope lyk egter heel goed op die .22, dink nie jy het nodig om 'n ander scope te kry nie. Lekker stapjag!
Mooi loop
Hello Oom Koos
Dit reflekteer seker maar die manne se geleenthede. Dit is waarskynlik makliker om op 'n baan te kom as in die veld.
Die prys wat ons vir ammunisie in Zambië betaal ek jag is goedkoper as baanskiet!
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: .22 LR Teleskoop
Posted: Sat Nov 09, 2024 10:45 am
by HeinM
Lieflike bok. Jy is bevoorreg
Ek het die agterste versier afgehaal want dit dien geen doel nie. Dis hoekom jou scope keuse beperk is. Die praktiese implikasie is vir my persoonlik alles. Maar ja. As 'n ding werk, hoekom krap?
Groetnis!