2024 se JAGPRYSE
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Die bokkies wat ek nou gejag het word soos volg bewerk. Die sirlions (rugstringe) word heel gehou, sal later besluit of wil ek n' paar biltonge maak of steaks.
Die skenkels en nekke word skywe gesny vir potjie en die res is wors vleis. Wou helfde Wapad gemaak het en die ander helfde Cabanossi droewors, Het laasjaas net Ouma wors gemaak, so wil eers bietjie n' ander spice gebruik die keer.

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Soos alle middelklas gesinne in RSA het ons jare lank, elke dag, skaapvleis geeet, ek het daarop groot geword. In die laat sewentigs, vroeg tagtigs, het ek gesien hoe die boere se wins uit skaapvleis "verdwyn" in die kleinhandel en supermarkte in. So word skaapvleis toe bykans onbekostigbaar vir dieselfde mense wat dit as hoof proteienbron verbruik het en hulle verander hul verbruikspatrone. Deesdae is skaapvleis vir alle inkomsteklasse 'n luuksheid.
Resultaat is dat daar vandag nie eers meer 10% van die skaapgetalle in die bedryf oor is nie.
Ons gesin slaan toe oor na wildsvleis, dit was handig, want ons het dit goed geken en redelik gereeld verbruik.
'n Hele ruk terug al, miskien laat negentigs, het ek begin wonder oor die wildbedryf. Nou sien ek dat die boere sommer, die keer op eie houtjie, hierdie bedryf wil doodwurg.
Wat gaan ek dan eet?

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Hmmm, hoener!
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Kolgaans jag.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dit is 'n blink idee!Andre308 wrote:Kolgaans jag.
Ons geweste het net nie baie kolganse ( of water massas) nie.
Dus, is dit tarentaaljag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Jassie wrote: Sun Feb 04, 2024 7:19 am Soos alle middelklas gesinne in RSA het ons jare lank, elke dag, skaapvleis geeet, ek het daarop groot geword. In die laat sewentigs, vroeg tagtigs, het ek gesien hoe die boere se wins uit skaapvleis "verdwyn" in die kleinhandel en supermarkte in. So word skaapvleis toe bykans onbekostigbaar vir dieselfde mense wat dit as hoof proteienbron verbruik het en hulle verander hul verbruikspatrone. Deesdae is skaapvleis vir alle inkomsteklasse 'n luuksheid.
Resultaat is dat daar vandag nie eers meer 10% van die skaapgetalle in die bedryf oor is nie.
Ons gesin slaan toe oor na wildsvleis, dit was handig, want ons het dit goed geken en redelik gereeld verbruik.
'n Hele ruk terug al, miskien laat negentigs, het ek begin wonder oor die wildbedryf. Nou sien ek dat die boere sommer, die keer op eie houtjie, hierdie bedryf wil doodwurg.
Wat gaan ek dan eet?
Ek kan amper 20 pakke van die steak koop vir n R4700 se blesbok
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dan braai jy nog in ‘n Weber ook!! Julle Vaseline manne darem!!
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Dan braai jy nog in ‘n Weber ook!! Julle Vaseline manne darem!!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Jy moet kom laat ek jou wys hoe n man n steak in n weber braai. Jyt lekker baie drink tyd terwyl ha da le en tan en dans hy so sag soos daai blesbok se ma se melkpens
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek dink en voel weer en vra onverskoning as ek verkeerd is dat die regte boer amper verlore is. Met die regte boer bedoel ek nou
die man wat vir homself kan dink en plan maak hoe om sy plaas meer winsgewent te bestuur.
Ek kry die gevoel dat baie van die wildsplase deer "Stadsboere "besit en naweke bestuur wort. Die kennis van wild bestuur is daar nie. Bv die jaar laat ek nie BWB jag nie want ek moet teel om my getalle op tekry. Ek dink baie van hulle is net daar met die idee van kom ek kyk hoeveel geld kan ek maak en hoe vinnig. Ek laat skiet die plaas leeg elke jaar en gaan stock net weer op by die veilings sodat ons dit net weer kan doen.
Manne ons praat elke jaar oor hoe die boer moet suffer elke jaar om sy plaas aan die gang tehou maar ek het ook al n bietjie anders geleer oor die jare met besigheid wat ek met hulle doen. Hulle is altyd die armste weesens op die planeet en wil alles verniet he of kan dit nie bekostig nie. Dan breek n skou uit soos Nampo bv dan sien jy n ander prentjie.
Mense die manne wat al by Nampo was sal weet wat ek na verwys.Daai manne val daar uit in privaat vliegtuie en die beste 4x4 en wat ookal maar gaan doen besigheid met hom dan kla hy oor hoe moeilik dinge gaan. Jammer boys maar ek kan ook nie met alles saam stem nie en het n gesonde verstand om tekan sien waat regtig aan gaan.
Ek persoonlik dink dat die dae van die gesoute opregte boer met al sy kennis wat vir generasies oorgedra is is verby is en ek vra hom of haar onverskoning vir my uitlate oor die boer. Vir my is die probleem die "Stads boer"en sy tegnieke om soveel as moontlik uit die game tekan wurg en dit is juis hulle wat veroorsaak dat die vraag en aanbod daar sal bly.
Ek dink dat waar die ding begin het was in die jare waar die smartie boks bokke begin gewild raak het. die manne in die stad raap n stukkie grond op
want hy gaan nou n wildsboer wort. Koop n paar swart rooibokke op want ons gaan mos teel en weer op veilings verkoop teen n helse wild want almal soek nou die kleure.
Waar gaan die eindig weet nimmer alleen.
Gtoete

Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Wat sou julle dan sê is goeie pryse vir die boer en jagter vir sê:
Sprinbok
Blesbok
Gembsbok
Rooihartbees
Swartwildebees
Wil jy met jou eie bakkie deur die gate op sy plaas ry of sal jy betaal om met sy bakkie dit te doen? Wat is jy bereid om daarvoor te betaal.
Dit kan dalk vir die boere 'n goeie idee gee wat sie mark ook vereis.
Dalk kan almal mekaar halfpad ontmoet.
Sprinbok
Blesbok
Gembsbok
Rooihartbees
Swartwildebees
Wil jy met jou eie bakkie deur die gate op sy plaas ry of sal jy betaal om met sy bakkie dit te doen? Wat is jy bereid om daarvoor te betaal.
Dit kan dalk vir die boere 'n goeie idee gee wat sie mark ook vereis.
Dalk kan almal mekaar halfpad ontmoet.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Yogi
net om aan tesluit op jou vraag. "DAGFOOI"
Wat is die koste nou veronderstel om tewees of om te dek vir die boer?

PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek wil weer 'n ander perspektief hier gee.
'n Wildsplaas is 'n besigheid en word soos enige besigheid gedryf deur die ekonomiese beginsel van vraag en aanbod.
Duidelik kry die boere afset/vraag vir hul diere teen die pryse wat hulle aanbied. So ek glo as dit vir daardie boer 'n model is wat vir hom werk, winsgewend en volhoubaar is, moet hy so aangaan.
Ons moet verstaan, dis 'n voorreg, nie 'n reg om 'n DC Hilux te ry nie, Toyota gaan nie sy pryse verlaag om met 'n Mahindra te kompeteer solank daar genoeg mense is wat bevoorreg genoeg is om sy produk te bekostig en daardie produk wil hê nie, hy het 'n mark en sy model werk vir hom.
Net so ongelukkig is jag niemand se reg nie, dis 'n voorreg. Kan nie dink aan my 40+ jaar dat wild nog ooit 'n goedkoper opsie vir vleis was nie.
As jy nie die Hilux jag kan bekostig nie, dan moet jy soek vir 'n Mahindra jag, gegewe sy beskikbaarheid, of jy gaan vir 'n tyd maar openbare vervoer moet gebruik (nie jag nie).
Vir baie jare kon ek nie jag nie want met beperkte hulpbronne moes ek eerste sorg vir my prioriteite (gesin). As ek die jaar kan jag en my prioriteite is versorg, dan is ek geseënd en bevoorreg.
Net om gereeld te skiet en ek dink reeds baie wapeneienaars/jagter skiet nie genoeg om ingeoefen te wees nie is alreeds vrek duur, dit is maar net die ekonomie waarin ons onsself tans bevind.
Sent from my iPhone using Tapatalk

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Stem 100% saam.........dan kry jy ook gevalle waar jagters die top van die reeks Cruiser wat vol gekit is en wil nie meer as R1500 betaal vir n Rooibok en R500 per nag vir n nagfooi nie.PhilManders wrote: Mon Feb 05, 2024 9:36 am Ek wil weer 'n ander perspektief hier gee.
'n Wildsplaas is 'n besigheid en word soos enige besigheid gedryf deur die ekonomiese beginsel van vraag en aanbod.
Duidelik kry die boere afset/vraag vir hul diere teen die pryse wat hulle aanbied. So ek glo as dit vir daardie boer 'n model is wat vir hom werk, winsgewend en volhoubaar is, moet hy so aangaan.
Ons moet verstaan, dis 'n voorreg, nie 'n reg om 'n DC Hilux te ry nie, Toyota gaan nie sy pryse verlaag om met 'n Mahindra te kompeteer solank daar genoeg mense is wat bevoorreg genoeg is om sy produk te bekostig en daardie produk wil hê nie, hy het 'n mark en sy model werk vir hom.
Net so ongelukkig is jag niemand se reg nie, dis 'n voorreg. Kan nie dink aan my 40+ jaar dat wild nog ooit 'n goedkoper opsie vir vleis was nie.
As jy nie die Hilux jag kan bekostig nie, dan moet jy soek vir 'n Mahindra jag, gegewe sy beskikbaarheid, of jy gaan vir 'n tyd maar openbare vervoer moet gebruik (nie jag nie).
Vir baie jare kon ek nie jag nie want met beperkte hulpbronne moes ek eerste sorg vir my prioriteite (gesin). As ek die jaar kan jag en my prioriteite is versorg, dan is ek geseënd en bevoorreg.
Net om gereeld te skiet en ek dink reeds baie wapeneienaars/jagter skiet nie genoeg om ingeoefen te wees nie is alreeds vrek duur, dit is maar net die ekonomie waarin ons onsself tans bevind.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Enige boer of hy al 80 jaar geslag na geslag is of 2 jaar in die bedryf is. As hy nie geld maak nie gaan daardie "VOORREG" wat ons het verdwyn.....As da nie n bestaan is nie gaan niemand n boer word of bly nie. Dit is maar net hoe dit is en geld vir enige bedryf en enige besigheid.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
VRAAG en AANBOD is ‘n wonderlike of magtige markkrag meganisme.
Sal altyd so wees, ek pas daarby in en kies of ek Mahindra of Hilux wil ry, volgens my sak. Dit mag ook verskil van jaar tot jaar. Net so maak die landbouer, hy moet verseker hy oorleef vir vandag en môre.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Baie goed gestel.PhilManders wrote: Mon Feb 05, 2024 9:36 am Ek wil weer 'n ander perspektief hier gee.
'n Wildsplaas is 'n besigheid en word soos enige besigheid gedryf deur die ekonomiese beginsel van vraag en aanbod.
Duidelik kry die boere afset/vraag vir hul diere teen die pryse wat hulle aanbied. So ek glo as dit vir daardie boer 'n model is wat vir hom werk, winsgewend en volhoubaar is, moet hy so aangaan.
Ons moet verstaan, dis 'n voorreg, nie 'n reg om 'n DC Hilux te ry nie, Toyota gaan nie sy pryse verlaag om met 'n Mahindra te kompeteer solank daar genoeg mense is wat bevoorreg genoeg is om sy produk te bekostig en daardie produk wil hê nie, hy het 'n mark en sy model werk vir hom.
Net so ongelukkig is jag niemand se reg nie, dis 'n voorreg. Kan nie dink aan my 40+ jaar dat wild nog ooit 'n goedkoper opsie vir vleis was nie.
As jy nie die Hilux jag kan bekostig nie, dan moet jy soek vir 'n Mahindra jag, gegewe sy beskikbaarheid, of jy gaan vir 'n tyd maar openbare vervoer moet gebruik (nie jag nie).
Vir baie jare kon ek nie jag nie want met beperkte hulpbronne moes ek eerste sorg vir my prioriteite (gesin). As ek die jaar kan jag en my prioriteite is versorg, dan is ek geseënd en bevoorreg.
Net om gereeld te skiet en ek dink reeds baie wapeneienaars/jagter skiet nie genoeg om ingeoefen te wees nie is alreeds vrek duur, dit is maar net die ekonomie waarin ons onsself tans bevind.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Maak 'n verskil
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Net so vinnige som.
Die jag seisoen is vir alle praktiese doeleindes 16 naweke lank. So dit gee die boer 16 naweke om sy jag plaas se jaarlikse inkomste te verdien. Neem nou aan die boer het net 2 werkers wat die algemene take verrig en dan op naweke double as gidse. Dan het hy n bediende wat die jag kamp skoon en netjies hou. Daar is n eskom transformer met lyn huur van rofweg R4k pm sonder enige verbruik. Die jag bakkie se versekering en diesel en onderhoud ens rofweg R40k vir die jaar. Minimum loon vir die werkers is R5k per werker per maand.
Arbeid vir die jaar is afgerond dan R180k
Eskom lyn koste afgerond R48k
Bakkie koste afgerond R40k
Dis gou R268k wat in 16 naweke verdien moet word vir daai klein gedeelte wat skaars n kwart van die totale uitgawes uitmaak. Dis amper R17k per naweek.
As jy vat teen R2500 per rooibok moet 107 rooibokke vir die seisoen geskiet word net om die werkers te betaal en diesel te gooi en eskomlyn oop te hou.
So jag is vir die lekker daarvan. Lank nie meer vir goedkoop vleis nie. En dink maar aan die boer se som want hy is nes jy in dieselfde bootjie.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Boys
Ons het hierdie gesprek al baie gehad, elke jaar as ek dit nie mis het nie.
So paar vrae as ek mag. Wat kos n aand se verblyf by n billike gaste huis? Wat kos n 10km Uber rit? Wat sal dit vir jou per dag kos om n koelkamer te huur vir die hang van jou skaap of bees? Wat sal dit jou kos om daai eienste skaap of bees by n instansie net te laat afslag?
Hier word nerens geskryf oor die verhogins wat jaarliks in die sektore beleef word nie maar tog wil elke jagter sy mond uitspoel as n boer met sy dagfooie net waag om in lyn met die res van die bedryf wil kom? Nou as jy dink dat die koste op my eerste vra enigsins naby aan die R5/600 dagfooi kom dan moet jy kom vir ekstra wiskunde klasse.
Se gou vir my as jy as boer x bedrag van n wildsvanger kry hoekom sal jy dan daai dier vir goedkoper laat jag? In dieselfde asem hoekom sal jy n dier aanbied aan n lokale persoon as n internasionale klient jou aansienlik meer aanbied?
Ons almal mis maar vir Oom Piet en Tannie Sannie, want Rupert en Madge van Silverlakes bestuur darem die plaas baie anders. Hoe durf iemand basiese ekonomiese beginsils toepas op iets wat tog seer sekerlik ons reg as jagter is?
Doen julle almal n guns en praat tog net eendag met iemand wat in die bedryf is en vind dan uit wat alles betrokke is alvorens jy jou gevolgtrekke maak.
Groetnis
Wouter

Klas verdaag.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Werk baie gereeld met sulke manne en die kostes om n boer te wees is astronomies, kyk wat kos n 1000ha plaas deesdae en kyk wat is die paaiement, Nou die dag n vinnige basiese som gemaak op n 400ha plasie (een van die vriende se plek)......R50 000 per maand en dis sonder dat boer n ietsie kry of n paaiement dra. Niks is goedkoop nie en as jy die voorreg/luxury wil ervaar dan kos dit maar. Ek is seker jy kan ter interesantheid vir ons n som neersit wat die onkostes op n groter plaas per maand was (en dis sonder al die verhogingtjies en nuwe minimum loon en en).Wouter Roets wrote: Mon Feb 05, 2024 2:08 pm Boys
Ons het hierdie gesprek al baie gehad, elke jaar as ek dit nie mis het nie.
So paar vrae as ek mag. Wat kos n aand se verblyf by n billike gaste huis? Wat kos n 10km Uber rit? Wat sal dit vir jou per dag kos om n koelkamer te huur vir die hang van jou skaap of bees? Wat sal dit jou kos om daai eienste skaap of bees by n instansie net te laat afslag?
Hier word nerens geskryf oor die verhogins wat jaarliks in die sektore beleef word nie maar tog wil elke jagter sy mond uitspoel as n boer met sy dagfooie net waag om in lyn met die res van die bedryf wil kom? Nou as jy dink dat die koste op my eerste vra enigsins naby aan die R5/600 dagfooi kom dan moet jy kom vir ekstra wiskunde klasse.
Se gou vir my as jy as boer x bedrag van n wildsvanger kry hoekom sal jy dan daai dier vir goedkoper laat jag? In dieselfde asem hoekom sal jy n dier aanbied aan n lokale persoon as n internasionale klient jou aansienlik meer aanbied?
Ons almal mis maar vir Oom Piet en Tannie Sannie, want Rupert en Madge van Silverlakes bestuur darem die plaas baie anders. Hoe durf iemand basiese ekonomiese beginsils toepas op iets wat tog seer sekerlik ons reg as jagter is?
Doen julle almal n guns en praat tog net eendag met iemand wat in die bedryf is en vind dan uit wat alles betrokke is alvorens jy jou gevolgtrekke maak.
Groetnis
Wouter
Feite is jag is ons almal voor lief en om die voorreg te mag geniet is daar n koste aan verbonde. Of my wildsvleisie duurder is as bees gee ek nie om nie.....Wat vir my tel is die liefde vir natuur, tyd saam vriende en familie en gesin en die vleis is n bonus.....
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- finch
- Sr. Member

- Posts: 459
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
As dit maklik en goedkoop was om n jagplaas (edit enige tipe plaas) te bestuur sou ons almal een gehad het...
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Sommer so in selle asem, as jy dagfooi betaal beteken dit ok nie dat dit jou plaas is nie, elke plaas sy reelsfinch wrote: Mon Feb 05, 2024 5:14 pm As dit maklik en goedkoop was om n jagplaas (edit enige tipe plaas) te bestuur sou ons almal een gehad het...
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Ek het die advertensie hier onder vandag gekry en dink nie dis sleg of onreedelik nie, ja da is een of 3 wille pryse ma dit hang ma af waar jy jag. Die dagtarief pla my ook nie ek gaan net nie Sondag vir David en Martha elk R500 tip gee nie hulle moet dit maar by die baas gaan haal vir daai dag vooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Capt. Yoda on Tue Feb 06, 2024 3:33 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: 2024 se JAGPRYSE
Vraag en aanbod,….dit is maar al.
Wie in sy gesonde verstand gaan sy en sy kinders se welvaart verkoop vir die voorreg van n biltongjager?
Jagters(Lokaal en buitelands) is almal by tye n veeleiesende spesie,……daar is uitsonderings.
Onthou, dit is nie net vreemde biltongjagters wat net in die winter na jou welstand verneem nie, die groot meerderheid is familie, locals en “vriende”

Wie in sy gesonde verstand gaan sy en sy kinders se welvaart verkoop vir die voorreg van n biltongjager?
Jagters(Lokaal en buitelands) is almal by tye n veeleiesende spesie,……daar is uitsonderings.
Onthou, dit is nie net vreemde biltongjagters wat net in die winter na jou welstand verneem nie, die groot meerderheid is familie, locals en “vriende”
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 2024 se JAGPRYSE
Hoekom is die smartiebok bedryf in sy kanon in?
Eenvoudig...
Die prys wat deur vraag en aanbod bepaal is was nie oor die langtermyn volhoubaar nie.
Verskaffers/boere/industrie moet besluit of hulle bloot net "vraag en aanbod" blindelings wil najaag en vergeet van volhoubaarheid en of dat hulle volhoubaarheid wil nastreef.
Ons slaap in die beddens wat ons eiehandig opgemaak het. Maw ons dra die gevolge van ons kort- en langtermyn besluite oor ons en ons kinders se leeftyd.