Page 2 of 2

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Fri Jan 06, 2023 5:58 pm
by Glocked
Vinnige update -

Ek het uiteindelik kans gekry om die 300greiners te gaan toets. 5x skote het 'n gemiddelde spoed gegee van 2484fps, ES van 25fps, voor 64.0gr IMR3031 op die Labradar. Oom Tripod het gehelp met die data verwerk, en QL sit my op node 6 met 63.0gr IMR3031 vir nodespoed van 2453fps.

Volgende node is teen 64.6gr vir 2503fps, maar teen 57k psi druk, wat ek dink te vinnig en te veel druk gaan gee, veral nadat die primers redelik plat begin lyk het al teen die 64.0gr toets ladings.

Ek is heel tevrede met die 300gr teen 2450fps, en glo dit gaan voldoende wees. Gaan nou 'n paar laai met die 63.0gr lading, en kyk hoe groepeer hulle op 50m en 100m, sal weer terugvoer gee as ek by hulle uitgekom het !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Jan 07, 2023 6:20 am
by Gerhardu
Daarsy. 2400fps is meer as genoeg om n buffel pak te gee.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Jan 10, 2023 3:41 pm
by vossie1
Ek skiet die 300gr vrg3 in my 375 ( 2490ft/s)en dit skiet baie mooi, ek het wel al n storing onder druk gekry so maak seker daai goed is seepglad met die vinnige herlaai. Ek stuur my Brno zkk602 na eugene van Magnum arms om bietjie te polish en kyk wat hy moet doen om dit beter te kry.

Lekker oefen
Groete
Vossie

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Jan 10, 2023 9:01 pm
by Glocked
vossie1 wrote: Tue Jan 10, 2023 3:41 pm Ek skiet die 300gr vrg3 in my 375 ( 2490ft/s)en dit skiet baie mooi, ek het wel al n storing onder druk gekry so maak seker daai goed is seepglad met die vinnige herlaai. Ek stuur my Brno zkk602 na eugene van Magnum arms om bietjie te polish en kyk wat hy moet doen om dit beter te kry.

Lekker oefen
Groete
Vossie
Dankie Vossie, ek sal bietjie oplet. Ek het nooit enige storing met die 250gr's gehad nie, maar het wel gesien die tpl is effens langer op die 300's. Het die 300's nou nog net 'n paar keer kon cycle, en hulle lyk goed, maar ek gaan hulle defnitief deur werk om seker te maak hulle loop soos hulle moet.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Jan 21, 2023 10:57 am
by Glocked
Vinnige update op die 300greiners, baie dankie oom Marius vir die QL hulp.

Het vanoggend kans gekry om hulle te toets op 100m, daai 63.0gr lading lyk my is op die nommer. 1ste 3x skote was op 1.1", 2de groep van 3x skote was op 0.8", en toe die 3de groep wat ek skiet, onder 0.6". Was verseker bietjie luck ook, daai nuwe Trijicon op 4x, en die post kruishaar is nou nie juis ideaal vir fyn skiet nie. Maar ek is baie tevrede, selfs met 'n afgeronde 0.8" gemiddeld !
Screenshot_20230121-084252_Range Buddy.jpg

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Jan 21, 2023 11:41 am
by tripodmvr
Dooie buffel as jy die skoot reg plaas. Het jy spoed gemeet?

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Jan 21, 2023 1:31 pm
by Louisdewet
Baie netjies!


Sent from my iPhone using Tapatalk