Page 2 of 2

Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Sep 07, 2022 2:12 pm
by Wouter Roets
Ralph

Ek gaan jou eendag as ek jou ontmoet jou goed ge-olie maak en daai resep uit jou uit kry. Wag jy maar net. Net jammer jy bly daar in die boendoes.

Groetnis
Wout

Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Sep 07, 2022 3:11 pm
by Toxxyc
Schaftol is iets wat my pa gebruik het vandat ek kan onthou. Ek gebruik dit nou nog op die hout op my gewere. Die reuk doen dit...

Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Sep 07, 2022 4:15 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Wed Sep 07, 2022 2:12 pm Ralph

Ek gaan jou eendag as ek jou ontmoet jou goed ge-olie maak en daai resep uit jou uit kry. Wag jy maar net. Net jammer jy bly daar in die boendoes.

Groetnis
Wout
Ons moet dalk n trippie maak laat ons somer na sy lope ook kyk en laat ons sien of daai 25 reamer al geland het

Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Sep 07, 2022 4:28 pm
by Fanta300
Stem saam met oafpatrol. Die “hoe” tel soms meer as die “wat”

Re: Hout kolf olie?

Posted: Mon Jun 26, 2023 8:15 pm
by Quicker
Ek lees die thread nou raak, en wonder oor my .308 se kolf...maak die olies enigeiets met aksies wat gepak is?

Sent from my SM-G996B using Tapatalk


Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 9:00 am
by Wouter Roets
More Quicker

Al my houtkolf gewere se aksies is gepak en ek het nog geen probleem ondervind nie. Dit is nie te se dat sekere olies op van die produkte wat gebruik word om die aksie te pak nie n uitwerking daarop kan he nie. Persoonlik het ek nog nie so iets ondervind of raakgeloop of gelees het nie.

Ek wil verder n vraag vra. Hoekom kan jy nie jou kolf polish of burnish nie? Ek verwys na daai skaapvel pad wat die paneelkloppers gebruik om motorkarre n mooi glans te gee. Ek het dit ook gesien in Forged in Fire waar die manne die hout hefbome n verskriklike mooi glans'gloss gee deur hulle meganies te buff. Hoekom kan dit nie werk vir n houtkolf nie?

Groetnis
Wouter

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 9:55 am
by Capt. Yoda
Jy kan hom polish as jy van die blink hou, my een geweer met n laminate kolf het ek al gepolish met daai wol pad op n boor en turtle wax. Hy blink soos n spiel en lyk nes die Amerikaners se kompetiesie geweer kolwe wat hul so 2K spuit en polish.

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 9:58 am
by Apie
Schaftol ekstra dark ruik lekker en werk maklik vir ons luigat kolf olie span


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 1:21 pm
by Forester
Wat van Ballistol op die kolf ook? 'n Geweersmit het dit eendag vir my aanbeveel. Dit het die voordeel dat dit nie taai word en die metaal vlek nie.

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 2:24 pm
by Capt. Yoda
Ja Ballistol is fine, dit laat die hout mooi blink maar raak weer dof hoe meer jy hom hanteur. DInk ballistol is basies mineral oil

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 3:26 pm
by Wouter Roets
Boys

Julle praat nou so oor die lekker reuk van Schaftol. Ons eerste kot was n houtkot wat my Pa-hulle vir my gegee het met die aankoms van ons eerste kind. Ek het daai kot seker n 100 lae Schaftol gesmeer, as dit nie meer is nie. Beide my 2 seuns is tot vandag toe versot op die reuk. Ek smeer ook so elke maand of twee al die hout vertoon rakke en laaie in my instap kluis met n mengsel van Schaftol en roulyn olie. Daar is vir my eenvoudig nie n lekkerder reuk in die wereld nie! Ek kan vir ure in daai kluis sit met n glas whiskey en diep teu'e van daai reuk.

Groetnis
Wouter

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 3:43 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Tue Jun 27, 2023 3:26 pm Boys

Julle praat nou so oor die lekker reuk van Schaftol. Ons eerste kot was n houtkot wat my Pa-hulle vir my gegee het met die aankoms van ons eerste kind. Ek het daai kot seker n 100 lae Schaftol gesmeer, as dit nie meer is nie. Beide my 2 seuns is tot vandag toe versot op die reuk. Ek smeer ook so elke maand of twee al die hout vertoon rakke en laaie in my instap kluis met n mengsel van Schaftol en roulyn olie. Daar is vir my eenvoudig nie n lekkerder reuk in die wereld nie! Ek kan vir ure in daai kluis sit met n glas whiskey en diep teu'e van daai reuk.

Groetnis
Wouter
Ja daais jou meer senior kluis

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 8:50 pm
by Giepie
Sover ek weet is daar verskillende olies by Shaftol. Al my gewere in die verlede het vernis op die klowe gehad, my nuutste een se vernis af geskuur en met olie behandel, soos Shaftol. 'n Geweersmid het nou die dag vir my gesê ek moet moet wegbly van die gewone ligte een, as ek nie die donker een wil gebruik dan die goue een. Nou kan ek ook die "geweerparfuum" gebruik.

Mense verwar Truoil met Shaftol. Sover ek weet word Truoil droog bo-op die hout, amper soos vernis, en dit het silikon in. Shaftol trek in en kan daarna weer olie op kry, al is dit vir die reuk.

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 9:26 pm
by Fanta300
Ek verkies maar TrueOil. Werk vir my ;D


IMG_4667.jpeg

Re: Hout kolf olie?

Posted: Tue Jun 27, 2023 9:43 pm
by Quicker
Jis dankie manne, hiers nou so baie insette om te gelees het...

Ek glo nogals as mens n gelamineerde kolf het dat jy hom met so skaapvellietjie kan laat blink.

Ek dink ook as mens nie die kolf "verdrink" in olie nie gaan dit seker n redelikke tydjie vat vir die olie om van buite af deur die hout te kom tot "binne", behalwe dalk bo op die rails.

Dankie vir almal se insae.

Sent from my SM-G996B using Tapatalk


Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Jun 28, 2023 8:08 am
by Capt. Yoda
Giepie wrote: Tue Jun 27, 2023 8:50 pm Sover ek weet is daar verskillende olies by Shaftol. Al my gewere in die verlede het vernis op die klowe gehad, my nuutste een se vernis af geskuur en met olie behandel, soos Shaftol. 'n Geweersmid het nou die dag vir my gesê ek moet moet wegbly van die gewone ligte een, as ek nie die donker een wil gebruik dan die goue een. Nou kan ek ook die "geweerparfuum" gebruik.

Mense verwar Truoil met Shaftol. Sover ek weet word Truoil droog bo-op die hout, amper soos vernis, en dit het silikon in. Shaftol trek in en kan daarna weer olie op kry, al is dit vir die reuk.
Truoil en Schaftol is 2 heel verskillinde olies, Schaftol kan jy aan smeer soos jou hart begeer en dit gaan niks doen behalwe jou kolf olie gee en donker maak in die donker kleure nie. Truoil is n permanente finish wat jy op sit

Re: Hout kolf olie?

Posted: Wed Jun 28, 2023 4:32 pm
by Giepie
So van gelamineerde kolwe gepraat, my een geweer het 'n gelamineerde kolf en het definitief 'n vernis, polyurethane of iets, op. Dit het nou al 'n klompe skrapies deur die jare opgedoen is al bietjie dof. Vir interessantheid het ek nou dag Mr Min op 'n klein deeltjie gesit. Aanvanklik het dit bietjie taaierig gevoel, maar na dit gevryf is was dit droog en mooi blink. Hoe maak mens met so 'n verniste kolf?

Re: Hout kolf olie?

Posted: Thu Jun 29, 2023 12:19 pm
by Ds J
Giepie wrote: Wed Jun 28, 2023 4:32 pm So van gelamineerde kolwe gepraat, my een geweer het 'n gelamineerde kolf en het definitief 'n vernis, polyurethane of iets, op. Dit het nou al 'n klompe skrapies deur die jare opgedoen is al bietjie dof. Vir interessantheid het ek nou dag Mr Min op 'n klein deeltjie gesit. Aanvanklik het dit bietjie taaierig gevoel, maar na dit gevryf is was dit droog en mooi blink. Hoe maak mens met so 'n verniste kolf?
Ek het my .22 CBC se iroco-kolf afgeskuur met n lemmetjie en fyn skuurpapier. Dit haal die vernis heeltemal af. Daarna het ek hom met n mengsel uit turpentyn en gaarlynolie gegee. Dit bring die natuurlike kleure uit en is maklik om weer te smeer.

Ek weet nie wat so n oliebasis aan die laminaat gaan doen nie! Dit laat dalk die hars of gom oplos, en dan?

Re: Hout kolf olie?

Posted: Thu Jun 29, 2023 12:40 pm
by Capt. Yoda
Ek soek so pers ene