Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Apie wrote: Tue Feb 17, 2026 9:54 pm
Verstaan ek reg? Jy kla oor jy toe R89 moes inbetaal vir ‘n kissie wat jy te per ongeluk veel gekry het?
Klink amper soos daai ouens wat as hy per ongeluk te veel kleingeld by die winkel se till kry dit maar vir homself hou.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink mooi oor wat jy sê, dis ‘n wilde insinuasie (gaan google dit as jy nie weet wat dit beteken nie) wat jy maak… Dis eerder soos iemand anders (nie jy self nie) wat iets in jou mandjie sit nadat jy klaar betaal het. Die sekuriteitswag keer jou dan voor, hassle jou en jy moet daarvoor betaal. Dis letterlik 30 sekondes van my uurlikse tarief, vir my om te reël vir courier en vir hulle te wag maak nie sin nie. As ek vir iemand 1% korting moet gee omdat ek ‘n fout gemaak het, doen ek dit met ‘n smile!
As Dirk enigsins gereageer het, sou ek nie die tweede boodskap geplaas het nie. Hulle loop nie op water nie, dis al wat ek sê.
24/7 Hunter se diens is uitsonderlik, beste in klas. Ek het nog niemand ontmoed wat 'n minder as goeie ervaring gehad het met hulle nie. Dit maak 'n slegte ervaring nie onmoontlik nie. Uit die uurlikse vergoeding openbaring (en houding wat daarmee saam gaan) sal ek geld opsit dat hy (die lid wat 'n slegte ervaring gehad het) 'n advokaat is. Ek het nog nie baie van hulle ontmoed wat nederig is nie.
Last edited by Swys14 on Mon Feb 23, 2026 11:13 am, edited 1 time in total.
Persoonlik het ek nog altyd uitstekende diens gehad by 247Hunter,gewoonlik is my pakkie dieselfde dag al by die koerier. En hulle pryse is van die beste, veral koeëls.
Een van net 'n paar SA aanlyn skiet winkels wat 'n behoorlike stelsel het wat wys wat is in voorraad en wat is nie. Ek dink 'n R89 boksie hier en daar kan mens maar vergewe.
Ek verstaan nou nie, is ons onstel oor die dosie of oor die feit dat ons nie R10 000/uur maak nie.
Want ek het nie een van die twee nie en het toe op Temu 'n ammo boks vir my .416 bestel. Hier land toe so klein tassie op wat darem 40 van my 6.5 Needmoor se kragtelose rondtes kan huisves.
Anyway ek like 24/7 hulle het my nog net goeie diens gegee.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
tau wrote: Mon Feb 23, 2026 3:40 pm
Ek verstaan nou nie, is ons onstel oor die dosie of oor die feit dat ons nie R10 000/uur maak nie.
Want ek het nie een van die twee nie en het toe op Temu 'n ammo boks vir my .416 bestel. Hier land toe so klein tassie op wat darem 40 van my 6.5 Needmoor se kragtelose rondtes kan huisves.
Anyway ek like 24/7 hulle het my nog net goeie diens gegee.
JW, ek het vir jou n kassie hier wat jy kan kry hoor
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.