Verblyf/ Dagfooie

johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by johan »

Zack

Sjoe ! koorsig ne !

Ek val niemand aan nie.........jy praat van betaal vir hout .....hier in die Karoo val hout nie uit die lug nie,dit moet met hande arbeid gemaak word

Jy praat van betaal vir voertuie......gaan jy 14km na die ander hoek van die plaas elke dag toon stoot ? Ek aanvaar jy sou graag wou he ek moet jou darem seker iewers aflaai dat jy kan jag en dan weer later jou bok gaan oplaai ? Of gaan jy jou bok self dra ? Niemand het gepraat van bakkie skietery nie

Laat ons mekaar maar eers beter leer ken voor ons om n vuur kuier....ek is redelik swaar op brandstof...

Groete
Johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

Stadig oor die klippe manne. Ek dink nie hierdie onderwerp is genoem om argumente te veroorsaak nie. Dis 'n baie goeie plek om sekere boere in te lig oor hoe sekere jagters voel en sekere jagters te laat vertaan hoe sekere boere voel.

die punt wat soos 'n geel puisie op 'n neus uitstaan :P, is:

- daar is wel jagters wat basiese geriewe verkies, maar daar word nie in hulle behoeftes voorsien word nie en hulle word forseer om te betaal vir geriewe wat hulle nie benodig nie

- daar is wel sekere manne wat maak dat almal anders vir hulle onverantwoordelike gedrag betaal, letterlik

- en betaal is die wet van Transvaal

- almal moet nie oor dieselfde kam geskeer word nie

- moenie klippe gooi nie

Vriendelike groete
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
Zack Benade

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Zack Benade »

Jammer Johan

Ek dink Renier is reg.  Ons is hier as vriende en dis ook soos ek dit wil he.  Jammer van my kant as ons mekaar te na gekom het. 

Groet
Zack
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by johan »

Nee Renier geen argumente nie,asb.
Elke ou moet leef en laat leef...

Ai as Zack nou net een van daai drie jakkalse  n pyl kon gevoer het.....man !
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by KalahariKlong »

Ai manne, lekker lag ek nou vir die manne wat so warm onder die kraag raak. Ek gaan nou nie als noem wat ek netnou op die ander post geskryf het nie. Ek dink die post is inelkgeval die selfde as Grumpy se post van "Onredelik????".

Al wat ek wel gaan s? is dat dit elke man se eie keuse is waar jy gaan jag en wat jy van jou jagplek verwag.
Jy het die pryslys voor die tyd, jy gaan of jy gaan nie die boer ondersteun nie.
Soos reeds genoem betaal ek met graagte daai paar rand ekstra by 'n man met wie ek weet ek vir jare 'n pad kan stap en jaar na jaar die beste diens/jag vir my geld kry, hoeveel dit ookal mag wees wat ek bereid is om te spandeer.

Groete
KK
Last edited by KalahariKlong on Mon Jan 30, 2012 2:29 pm, edited 1 time in total.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by johan »

Vrede Zack ,nee jyt my nie tenagekom nie,jammer as ek jou gebyt het.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

hahahahaha :laugh: :laugh: ;D ;D

Johan, vang jy my nou heeltemaal onkant met daai kommentaar. Dit het my tot nou toe gevat om mooi te besef wat jy ges? het. Goeie een.
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Goed gedoen om die situasie te ontlont!

Waar wat Kalahari se dat die twee posts eintlik een moes gewees het. Kalahari dit was darem nie al waar ding wat jy gese het nie! ;)

Kom ek gooi n klip in die bos. Waar en by watter boer, tipe plaas verwag julle om hierdie tipe fasititeite te verwag of aangebring moet word? Verwag julle dit ook op eksklesiewe wildsplase ook of net op deeltydse plase. Onhou hier is n klomp faktore wat n rol speel.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by BLOK »

Ek geniet nogal die onderwerp, nou mooi gesit en deer lees net jammer ek kon nie van die begin af saam gesels nie.

Een ding wat my pla is oop plase wat nie regtag wild boer nie maar eerder vee kom die winter nou wil die man ook amper die selfde pryse vra as toegewyde jagplase, slagfooi, dagfooi nagfooi en wie weet watse ander fooie alles plus die bokke wat gister sy buurman links en more sy buurman regs se bokke was wil hy trofee en jagplaas pryse voor he . Ek het gelukkig in Botswana grood geword, nooit in n tent eers geslaap as daar gejag word nie, die bedrol is sommer so langs die vuur uitgerol want dis juis daar waar ryp en dou die minste is. More aand as die son sak word daar sommer gou daar waar ons stop hout bymekaar gemaak en kamp geskep. Alle water kos ens vir die week is maar saam gekarwy.

Sal wraggies lekker wees om hier so te kon jag, en ek glo daar is nog sulke plase. Maar ek vind dit baie hard om hulle te kry. Hulle is maar ver weg gesteek. Ek glo ook manne wat so jag is gewoonlik te moeg om te drink as die son sak en geniet maar n besadigde nag kappie.

Stuur maar die adresse van sulke plase aan as jy van duur jag en smart lodging hou en so ene raakloop wat jou nie pas nie.




Johan

"Laat ons mekaar maar eers beter leer ken voor ons om n vuur kuier....ek is redelik swaar op brandstof..."

Wil my voorkom jy moet maar volgende kursus saam kom bywoon, as daar nie skietery betrokke is nie klink dit vir my ons twee guzzlers sal lekker saam waakhou oor Geno. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply