Page 2 of 6

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 8:32 am
by Muishonde
tripodmvr wrote: Thu Sep 16, 2021 6:04 pm Vir die spoed wat jy wen met die 223AI is dit nie die geld werd om die omskakeling te doen nie.
Dankie, ek het nog altyd gewonder.... 8)

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 8:36 am
by Muishonde
Toyrsi wrote: Thu Sep 16, 2021 8:42 pm Niks verkeerd met n 204 nie.
Ek skiet die 40gr vmax en skiet tot Veldskiet komp met hom.
Het al baie 22250 en 6mm op hulle plek gesit met hom.
Hy is rerig nie so gevoelig vir die wind soos manne dink nie.
Ek geniet myne baie.

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Moet se n 204 het nog altyd my oog getrek, en ek moet se daai 5 skote op 350m is impressive....en dit lyk hy kom darm nog met genoeg spoed daar aan, hehe

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 8:42 am
by Muishonde
#Dumbluck....Dit voel so asof die manne nou n akkedis wil m$#@ tot hy se hy is n krokodil met die Howa's wat gaan uitkom met n 1/8....almal gaan nou n 80+gr wil skiet tot op 1000m . Vir my is dit nie die moeite werd nie, doppie is te klein of sit ek nou die pot mis daar ??

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 8:47 am
by Muishonde
Toyrsi wrote: Thu Sep 16, 2021 8:55 pm 5 skote op 350mImage

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Ek sien jy is in Katu omgewing, jammer jy is so ver, sou graag n paar skote wou skiet met jou yster.
Lugdruk hier by seevlak is n probleem...ons skiet deur stroop hier. Wonder hoe vaar die 204 hier ?

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 9:20 am
by J le Roux
Hierdie gesprek raak raak nogal interessant. Self het nog nie veel aandag aan lugdruk/hoogte bo seespieel gegee nie, waar ek kom skiet ek maar in en verstel ek soos nodig. Uit nuuskierigheid het gou gekyk wat Strelok seg.

Op my 165gr Sierra Gamkings uit 'n 30.06 teen 2805fps (200m zero) word die impak verskil tussen Pretoria (1340m bsv) en die Kus (100m bsv) op 400m 2.5cm laag voorspel (dus stadiger/laer naby die kus). Dit is 0.2 moa en nie eers een click op my scope nie. Tog sal lang afstand en komptisie skuts beslis agslaan en aanpas daarvoor.

Hierdie syfers geld virseker nie vir alle komponente en kalibers nie, maar ek sou nie my kaliber keuse daardeur laat beinvloed nie, veral as jy hoofsaaklik in dieselfde streek skiet.

Miskien sit ek die pot mis en kan meer ervare manne meer uitbrei hieroor.

Sterkte
Johan

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 9:38 am
by HeinM
Jy kort 'n staalborsel vir daai jeuk. Die 243 is koning ;)

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 9:46 am
by Andre308
Soos julle nou hier praat wonder ek waneer iemand nou n 375 Ruger gaan noem.

n Makou is die klein varmint kaliber se kos. Enige 6mm is overkill in my boeke vir die voels. Anderkant 600 meter met n bietjie wind raak dinge moeiliker so daar sal ek dink dat die 6mm kalibers lekkerder sal werk, maar net om die windskuif beter te maak...dink nie doodmaak vermoe is dan al n issue nie.

Dus bly my vote vir n 223 Ackley. Lekker baie skote in daai loop teen lae koste.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 9:47 am
by Wouter Roets
Muishonde

Tussen al my kalibers sal ek my 22-250 AI sien as die idiaal vir wat jy wil doen. Verder wil ek ook darem net noem dat hier n paar manne lyk my te lekker boom rook nou dat dit gewettig is. As jy wil goedkoop en baie skiet gaan jy sukkel om beter te doen as die 223 AI.

Groetnis
Wouter

PS Johan dit gaan oor stabilisering van die koeel en nie oor eksterne baistiek nie.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 10:24 am
by .243
Ek boer in die overberg, my bakkie geweer is n 223, 9 twist, skiet 75 grein eldm.Skiet seker 15/20 makoue n maand by die voerbakke. Ek sal defnetief die geweer aanbeveel as n makou geweer.

Sent from my SM-N980F using Tapatalk

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 10:26 am
by J le Roux
Dankie Wout, ek het nie geweet nie maar leer graag.

>:+ So hierdie week het ek 3 dinge geleer.

1 Vis by die kus is vol wurms
2 Rugby spanne van die kus sukkel maar
3 Skiet by die kus is 'n ingewikkelde onstabiele storie

Ek hoop regtig julle wyn loop darem nog mooi.

Groete uit die noorde

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 10:28 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Fri Sep 17, 2021 9:47 am Muishonde

Tussen al my kalibers sal ek my 22-250 AI sien as die idiaal vir wat jy wil doen. Verder wil ek ook darem net noem dat hier n paar manne lyk my te lekker boom rook nou dat dit gewettig is. As jy wil goedkoop en baie skiet gaan jy sukkel om beter te doen as die 223 AI.

Groetnis
Wouter

PS Johan dit gaan oor stabilisering van die koeel en nie oor eksterne baistiek nie.
++>: ++>:

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 10:45 am
by HeinM
J le Roux wrote: Fri Sep 17, 2021 10:26 am Dankie Wout, ek het nie geweet nie maar leer graag.

>:+ So hierdie week het ek 3 dinge geleer.

1 Vis by die kus is vol wurms
2 Rugby spanne van die kus sukkel maar
2 Skiet by die kus is 'n ingewikkelde onstabiele storie

Ek hoop regtig julle wyn loop darem nog mooi.

Groete uit die noorde
Ja en ons mynhope en girls is mooier as julle sin ++>:

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 10:50 am
by BenJacobs
Ek moet sê iets wat vir my baie opvallend was, is hoe mooi daai 204 in die wind maak. Ek dink tot op 250m wen hy ons loshande, dis net van so 300m af wat hy sukkel om die goed dood te skiet. Ek is nie seker watter punte hy skiet teen watter spoed nie. Weet net dis 40gr.
Groete Ben

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:03 am
by Lategan1
Rakgewere, standaard.

Ek op .223. My eerste keuse rak roer sal bes moontlik 22.250 hiervoor wees, ek geen ervaring v hom nie, maar sien wat maak hulle trajek in veldskiet

Twee belangrike oorwegings vir my.
Afstand: Platskiet sonder veel stel/toelaat tussen 225 tot 375m tipiese afstande. Jy kies jou MPBR vir jou omgewing in die afstand band bo gemeld. Dit is die tipiese afstande vir W’Kou. Hy het uistekende sig, beweeg dadelik weg as jy nader kom, dit laat min tyd vir afstand lees ens. Anders mis jy kans. Hy is eintlik ‘n black-sam. Uit ervaring met my .223 kan ek heeltemal glo die 22.250 gaan beter kan doen. Maar heel belangrikste vir my is VINNIGE afstand skatting/lesing, nie watter klein kaliber jy skiet nie. In koringlande is dit besonders moeilik om jou afstande elke keer korrek te lees en of skat. Wanneer afstande verder as jou MPBR, moet jy vinnig kan stel of toelaat.

Koeëlkonstruksie: Skiet jy vir kos of vir die mopgat? Vir kos moet jy wildjag koeëls gebruik, sagter tipe werk goed, dit is ‘n harde voël. Tipiese varmint koeëls mors met hom, veral in 6mm soos Andre hier uitlig. Verder as 450m behoort 6mm harder Varmint wel ook mooi te werk. Sou sê 55-62gr is ideaal in 223/22250, kan darem bietjie wind vat en terselfde tyd nie te veel skade nie.

Die Ackley’s op .223 en 22-250 gaan dit dalk beter doen, soos Wouter en ander noem, as dit jou keuse wil wees.

My2c.

Beste.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:27 am
by Muishonde
HeinM wrote: Fri Sep 17, 2021 9:38 am Jy kort 'n staalborsel vir daai jeuk. Die 243 is koning ;)
Ek hoor jou...maar diekeer moet dit n "stainless steel" borsel wees....plastic roes hier by my en het netso 3 weke terug in die reen moes (wou eintlik) skiet...so hy moet SS wees die nuwe een ::)

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:28 am
by Dumbluck
Muishonde wrote: Fri Sep 17, 2021 8:24 am Daai 70gr RDF klink vir my na makou kos en teen R4 gaan dit beslis my nie slaaplose nagte gee nie, hehe
Moet se ek hou van die idee dat hy darm nog by 500m mooi kan uitkom + hy sal werk op gonge ook.
Ek sal moeilik van hom ontslae raak. My vrou het al 12de uit 32 manne gekom by 'n PRS club match met die 223.

https://www.instagram.com/p/CDrXzx3pgqO ... _copy_link

https://www.instagram.com/p/CSrTbb_KZip ... _copy_link

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:30 am
by Muishonde
Andre308 wrote: Fri Sep 17, 2021 9:46 am Soos julle nou hier praat wonder ek waneer iemand nou n 375 Ruger gaan noem.

n Makou is die klein varmint kaliber se kos. Enige 6mm is overkill in my boeke vir die voels. Anderkant 600 meter met n bietjie wind raak dinge moeiliker so daar sal ek dink dat die 6mm kalibers lekkerder sal werk, maar net om die windskuif beter te maak...dink nie doodmaak vermoe is dan al n issue nie.

Dus bly my vote vir n 223 Ackley. Lekker baie skote in daai loop teen lae koste.
Vriend Leonard skiet n 6 SLR saam my en ek gewoonlik my 260, maar dis ook ons baan en Long Range gunne en ons wil hulle spaar.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:35 am
by Muishonde
Wouter Roets wrote: Fri Sep 17, 2021 9:47 am Muishonde

Tussen al my kalibers sal ek my 22-250 AI sien as die idiaal vir wat jy wil doen. Verder wil ek ook darem net noem dat hier n paar manne lyk my te lekker boom rook nou dat dit gewettig is. As jy wil goedkoop en baie skiet gaan jy sukkel om beter te doen as die 223 AI.

Groetnis
Wouter

PS Johan dit gaan oor stabilisering van die koeel en nie oor eksterne baistiek nie.
Ek stem saam Wouter, ons skiet gereeld 50m bo seevlak tot op 1250m en 1maal n jaar die Myl en daar sien jy duidelik stabliseering of die gebrek daarvan...selfs n 308 sukkel by 800m al speel die wind bietjie saam diedag.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:38 am
by Muishonde
Lategan1 wrote: Fri Sep 17, 2021 11:03 am Rakgewere, standaard.

Ek op .223. My eerste keuse rak roer sal bes moontlik 22.250 hiervoor wees, ek geen ervaring v hom nie, maar sien wat maak hulle trajek in veldskiet

Twee belangrike oorwegings vir my.
Afstand: Platskiet sonder veel stel/toelaat tussen 225 tot 375m tipiese afstande. Jy kies jou MPBR vir jou omgewing in die afstand band bo gemeld. Dit is die tipiese afstande vir W’Kou. Hy het uistekende sig, beweeg dadelik weg as jy nader kom, dit laat min tyd vir afstand lees ens. Anders mis jy kans. Hy is eintlik ‘n black-sam. Uit ervaring met my .223 kan ek heeltemal glo die 22.250 gaan beter kan doen. Maar heel belangrikste vir my is VINNIGE afstand skatting/lesing, nie watter klein kaliber jy skiet nie. In koringlande is dit besonders moeilik om jou afstande elke keer korrek te lees en of skat. Wanneer afstande verder as jou MPBR, moet jy vinnig kan stel of toelaat.

Koeëlkonstruksie: Skiet jy vir kos of vir die mopgat? Vir kos moet jy wildjag koeëls gebruik, sagter tipe werk goed, dit is ‘n harde voël. Tipiese varmint koeëls mors met hom, veral in 6mm soos Andre hier uitlig. Verder as 450m behoort 6mm harder Varmint wel ook mooi te werk. Sou sê 55-62gr is ideaal in 223/22250, kan darem bietjie wind vat en terselfde tyd nie te veel skade nie.

Die Ackley’s op .223 en 22-250 gaan dit dalk beter doen, soos Wouter en ander noem, as dit jou keuse wil wees.

My2c.

Beste.
Hier moet ek saam jou stem dat n plat skiet yster amper n moet is....jy dink nog jy range n makou net om seker temaak hy is wel 280m + dan vlieg hulle al.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 11:42 am
by Muishonde
Dumbluck wrote: Fri Sep 17, 2021 11:28 am
Muishonde wrote: Fri Sep 17, 2021 8:24 am Daai 70gr RDF klink vir my na makou kos en teen R4 gaan dit beslis my nie slaaplose nagte gee nie, hehe
Moet se ek hou van die idee dat hy darm nog by 500m mooi kan uitkom + hy sal werk op gonge ook.
Ek sal moeilik van hom ontslae raak. My vrou het al 12de uit 32 manne gekom by 'n PRS club match met die 223.

https://www.instagram.com/p/CDrXzx3pgqO ... _copy_link

https://www.instagram.com/p/CSrTbb_KZip ... _copy_link
Daai brake van jou werk mooi op daai 223 ....dink dis ook n vereiste dat jy jou skote of mis skote mooi moet kan sien op n mskou geweer.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 12:06 pm
by Muishonde
Wie het al die som gemaak: gestel jou gewere is identies Alby Howa Stainless steel BB met se Euro Varmenter kolwe en jy skiet se n 55gr v-max uit n 22 250 en 223AI ,wat gaan jou recoil wees op beide. Spesefieke om jou vapors trail of mis skote tekan spot ?
Die een brand tog heelwat meer kruit dan nie ?
Ek het wiskunde hoergraad gehad op skool maar my skeinat was bitter swak ,lol 🤣

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 2:57 pm
by Andre308
Muishonde wrote: Fri Sep 17, 2021 12:06 pm Wie het al die som gemaak: gestel jou gewere is identies Alby Howa Stainless steel BB met se Euro Varmenter kolwe en jy skiet se n 55gr v-max uit n 22 250 en 223AI ,wat gaan jou recoil wees op beide. Spesefieke om jou vapors trail of mis skote tekan spot ?
Die een brand tog heelwat meer kruit dan nie ?
Ek het wiskunde hoergraad gehad op skool maar my skeinat was bitter swak ,lol 🤣
Ag nee wat, beide is dassie gunne. Die een tenderise net die dassie meer as die ander een. Recoil op beide met n lekker silencer of brake is baie sag op die skouer en skote word maklik deur gevolg.

Jy moet maar besluit of jy 1800 skote of 3500 skote op die loop wil he met die spoed verskil wat die 2 gunne bied.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 3:43 pm
by Arnold
Met die 22-250 gaan jy 'n 55gr so 300fps vinniger skiet en 10gr meer dryfmiddel verbrand met so 20% meer recoil as die 223.

Om dit te vergelyk met 'n .30 cal wat 'n 165gr teen so 2750fps skiet en 125% meer recoil het as die 223 ;D

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 6:38 pm
by Mellies
n 22-250 met 26” loop spoeg n 55gr net duskant 3900voete met CFE223.

Aangesien jy n howa met 24” loop wil aanskaf kan jy n 50gr boontjie tot net ander 3900voete jaag met CFE223.

Ek gebruik n 222 met 40gr boontjies. N120 jaag hulle aan @ 3550voete.

N 223 met 24” pyp spoeg n 40gr boontjie @ 3600voete.

n 222/223 gaan jou heelwat langer hou vs bg 22-250 se aanwending. Dis net my opinie.

Hoop dit help.

Met n vleisie...

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?

Posted: Fri Sep 17, 2021 7:20 pm
by Muishonde
Arnold wrote: Fri Sep 17, 2021 3:43 pm Met die 22-250 gaan jy 'n 55gr so 300fps vinniger skiet en 10gr meer dryfmiddel verbrand met so 20% meer recoil as die 223.

Om dit te vergelyk met 'n .30 cal wat 'n 165gr teen so 2750fps skiet en 125% meer recoil het as die 223 ;D
Ek dink die 10gr meer kruit is darm nie baie vir wat mens wen in trajek nie. Die 20% recoil is egter nie so maklik om te verstaan nie...hoe voel /ervaar mens 20% meer recoil ?
Dalk met n goeie silencer is dit weglaatbaar ,ek weet nie...vra maar net ?