Page 2 of 2

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 7:32 am
by Toxxyc
Die forum dryf my partykeer amper tot trane. Ek het al so baie gekry en mense het my al gehelp soos julle nie sal glo nie. Ek probeer teruggee maar dink nie ek ooit regkom nie. Ek moet al aanbiedinge van die hand wys anders sal ek soos Squarepants begin rondloop - sponge :D

Eduard ek sal met graagte jou aanbod aanvaar. Ek stuur jou 'n PM!

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 9:50 am
by Frederik
Netjies Eduard baie goeie gebaar van jou.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 11:31 am
by Nella
Sjoe manne...julle ouens is ysters!
Ek will graag n springbok skiet...en as n swart wildebees nou ook perongeluk voor vettie val is dit ook reg.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 12:11 pm
by Gawie(13mm)
Ek wil net daar anderkant Carnarvon gaan af pak vir 'n week of wat en as dieselfde span manne wil saamgaan as laas, gaan ek hul nie keer nie..
Die wil-wil lyk of ons die Karoo groen gaan sien en die spring- en gemsbokke behoort mooi teikens te bied.
Laasjaar het die mal-willebeeste agter jou aangeloop en aan jou hakskene geknibbel in die droogte.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 9:28 pm
by JJV
Gawie(13mm) wrote:Ek wil net daar anderkant Carnarvon gaan af pak vir 'n week of wat en as dieselfde span manne wil saamgaan as laas, gaan ek hul nie keer nie..
Die wil-wil lyk of ons die Karoo groen gaan sien en die spring- en gemsbokke behoort mooi teikens te bied.
Laasjaar het die mal-willebeeste agter jou aangeloop en aan jou hakskene geknibbel in die droogte.
Hallo Gawie
Waar gaan jy jag? Dis my wêreld daardie, was in Carnarvon op skool gewees. Groete JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 9:58 pm
by Gawie(13mm)
Die Vermeulens van Naauwte verdra my so nou en dan omdat hul goeie vriende is met my vrou. 8)

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 10:20 pm
by Kaalvoetthysie
Hoop dat ek volgende jaar uiteindelik met my eie geweer iets kan skiet. Op die stadium lyk dit of ek n ander teleskoop moet koop, so die jag budget gaan maar laag wees. Soos ek nou voel sal ek n duif ook skiet solank dit met my eie roer is...

Daar is darem sprake van n kalahari jag. Sal nou wraggies lekker wees as ek die eerste bok met my geweer kan skiet waar ek geleer jag het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 10:27 pm
by JJV
Gawie(13mm) wrote:Die Vermeulens van Naauwte verdra my so nou en dan omdat hul goeie vriende is met my vrou. 8)
Naomi en Floris?

Jip nie te ver van ons plaas nie,ek bid vir reen, dalk ‘n springbokjag in 2021, op ons plaas as iets oorleef.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sat Dec 12, 2020 11:52 pm
by Rudiejacobs
Man ja....


Ponder nou al heeltemal te lank or die een!
Koedoe bull trofee is baie hoog op my lys, ek gaan my self n groot kans gee om hom te skiet. As hy my dan ontwyk, sal ek maar kyk vir n eland bul.

N takbok jag is reeds in die pyplyn vir so einde februarie, ook n spesie wat al n ruk lank by my spook.
Sal beslus weer n blessie of twee, en n paar springbokke skiet vir biltong.

Rudie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag, drome 2021

Posted: Sun Dec 13, 2020 3:10 am
by BenJacobs
Ek sal baie graag weer 'n Takbok wil skiet en dan 'n zebra of BWB. En dan is my jaarlikse kuier by my oupa nog daar vir die hoop vir 'n kudu. As ek my Takbok kry, sal ek ook baie graag my eerste shoulder mount wil laat maak, maar voor dit sal ek baie graag dat my pa 'n eland koei skiet. Hy is nou amper 50 en grootste bok wat hy nog geskiet het is 'n Takbok. Altyd die geleenthede vir my gegee.
Groete Ben

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 6:58 am
by william007
Ek hoop ook 2021 sal vir ons n kansie gee, wil ook graag takbok, bosbok, bergskaap,klipspringer ribok.
Dan is my lysie vol. En dan Redstag in die buiteland ,maar ons sal maar eers sien hoe dit sal gaan later in 2021 wat gebeur.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 9:36 am
by Ockert1992
Ek hoop om volgende jaar my Vaalribbok en Takbok te probeer inwerk wat Covid die jaar in die wiele gery het.

Dan verder het ek ook darem 2 groep jagte vasgemaak. Daar sal ons maar sien watter geleenthede die veld vir ons bied.

Op my lys is Rooihartbees, Blouwildebees, Eland.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 10:53 am
by Bennie Bester
Dit is lekker om so van almal se drome te lees. Dit het gewis my gedagtes aan die loop gesit. Ek het in 2020 seker meer gejag as vorige jare. Seker omdat ek daarin kon slaag om om die regulasies te werk en ook so n bietjie geluk aan my kant gehad het.
Maar dit beteken nie dat n ou nie kan droom nie.
Droom een.
My swaer van 73 het van jaar n groot rug operasie gehad. Ons het ons eerste koedoes saam daar in Thabazimbi geskiet in die 1980 s. Hy het ongelukkig nooit die kans gekry om n eland te skiet/jag nie. Ek wil hom graag neem om hierdie laaste wens van hom te vervul.
Gelukkig tree ek hierdie maand af en kan ek hom op so n jag neem.

Droom twee.
Vir myself n swartwitpens en dalk n bosbok.

Groetnis
Bennie Bester

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 11:38 am
by Methos
Ek wil graag bietjie meer varke skiet as die afgelope seisoen!

Wil ook bitter graag 'n red deer gaan jag in 'n drukjag. Hulle is baie ver van my so sal moet genooi word en dan nog baie luck hê om een te kan skiet.

'n Jag vir Chamois sal ook baie lekker wees maar ek sal moet begin draf voor ek so iets kan aanpak.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 11:40 am
by KalahariKlong
Almal se drome klink so lekker.
2021 gaan nie 'n groot jag jaar wees vir my nie.
Ek en Kolhasie ry vroeg januarie n draai en dis dalk dit vir my.
Daar is wel baie om na uit te sien. Augustus gaan vang ek vis in Angola vir so 2 weke as alles oop is daai tyd met die covid nonsens.
Ek behoort ook vroeg in die jaar my Sable trofee trug te kry van die taksidermie af.
Baie om voor dankbaar te wees.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 12:20 pm
by Stephan86
Ek self was baie bevoorreg in 2020 en het my beste jag jaar tot op hede gehad. Ek soek al 3 jaar 'n mooi koedoe bul op die familieplaas en kon nog net nie 'n skoot kry nie, so in 2021 gaan ek nog meer tyd insit vir een. Daar sal seker weer 'n springbok of 2 wees en hopelik kan ons weer ons tradisionele jaarlikse Botswana jag meemaak.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Mon Dec 14, 2020 3:35 pm
by heywillie
Ek het darem die jaar my eerste koedoe bul gekry, na 'n lang gesukkel.

As die 375 Ruger se lisensie kom, sal ek baie graag 'n donker kameelperd bul wil skiet.
Daar is kans vir buffel 'n koei ook, ek hou styf duim vas vir daai een.
Dan is daar 'n baie mooi steenbok wat op 'n vriend se beesplaas net buite Lichtenburg loop. Wil hom baie graag jag voor die ouderdom (of 'n strik) hom vat.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Tue May 11, 2021 2:25 pm
by Frederik
Wel my waterbok bul wat ek graag wou jag het baie laag aan my lys geword want my LEEU jag is geboek !!!!!

Re: Jag, drome 2021

Posted: Tue May 11, 2021 2:46 pm
by Capt. Yoda
Lekker, hoop jy maak n mooi vidoe vir Vleisboek Frederik

Klink my ons gaan bq vaalies en rooiribokke jag wat nogals lekker sal wees vir n nuwe spesie maar ek dink die gaan n gestapery in berge wees so sal seker maar n regte jag geweer moet saam sleep ::)

Re: Jag, drome 2021

Posted: Tue May 11, 2021 2:54 pm
by Frederik
Geen video nie daars nie budget vir dit nie in elk geval selfs al maak mens die beste video ooit is daar te veel keyboard warriors met snert kommentaar.
Vaalies is ook van diaardie bucket list diere maar met die nuus van leeus en dat dit dalk gaan stop ek het maar belsuit kom wat wil ek maak 'n plan voor daar nie meer kans is nie.

Re: Jag, drome 2021

Posted: Tue May 11, 2021 5:03 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ja die 2021 seisoen het baie anders uitgedraai as wat ek gedink het. Was saam op 3 leeumannetjie jagte en het my eerste mannetjie gejag, veld is ruig en myne was laaste van die 4 en het my lekker besig gehou (soos dit hoort). Dit was n droom wat ek nie noodwendig gedink het sal ooit bewaarheid word nie. So op die opening van die seisoen op selfde jaggie kry ek nog n gelukkie, my eerste Njala en dit nog sommer met n dubbel wat nog nat agter die ore is. Ek is sover werklik bevoorreg . My hoop vir die jaar is om my eerste springbok en bosbok ook by te kom. Dan verder n ietsie met die boog en handwapen. Hoop werklik almal het n lekker seisoen (dis tyd)

Re: Jag, drome 2021

Posted: Tue May 11, 2021 5:23 pm
by Dimitri
Just to guide my boys to a clean and ethical kill on a walk & stalk hunt. We tried at the end of April but those impala/steenbuck/duiker that were within 70m (the maximum shooting distance I set for the boys) did not offer a clear shot, or there was an animal behind the target or only a big trophy male presented itself (didn't want to shoot my farmer friend's big trophies). Perhaps if we get to camp at Verkykerskop next month the boys might get an opportunity at a duiker/steenbok/mountain reedbuck. Last year my eldest son shot his first buck - a duiker - and the joy and appreciation from him was lump-in-the-throat stuff. I got more satisfaction from seeing my son get his buck than what I got from shooting my own.

If the Lotto paid me out in 2021 I would like to hunt a red hartebeest as I have yet to hunt one.