Goeie more,
Het toe Sellior en Bellot gekoop. Camdix het nie PPU Grom gehad nie.
Het die geweer gaan inskiet moes so paar verstellings maak.
More gaan jag ons sal die resultate hier kom deel.
Cheers.
Alternatief vir PMP Pro-Amm
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Ek het ook die naweek die gewone goedkoop PPU ammo deur die geweer gesit. Het bietjie geskiet en het verskeie groepies tussen 1/2" en 2" gekry. Met die groter groepies het ek minder tyd gebruik en die wind het opgetel, so ek is baie seker die rondtes sal 1" doen heeldag lank as ek my deel doen. Ek is baie beindruk met die ammunisie en sal dit weer koop. Ek het R330 betaal vir 20.
-
Otto
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Toxxyc,
Waar het jy die PPU's gekoop vir daai prys.
Is dit die 180gr
Waar het jy die PPU's gekoop vir daai prys.
Is dit die 180gr
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
VLT, hier in Pretoria. Dis die 180 greiners, ja. Ek is eintlik van plan om vanmiddag nog twee boksies of so te gaan optel, maar dit lyk my dis nie ongewoon om dit teen daardie prys op te tel nie.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Koop nou soveel jy kan.
-
antoniem
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Feb 17, 2020 8:54 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Goeie more Almal,
Die Eland het toe geval. Moet se n Eland is baie taaier as wat ek gedink het. My seun het n "redelikke" goeie eerste blad skoot geskiet. Hy moes hom weer n finale doodskoot gee.
Maar ons sit nou met n delemma, ons het daarna vir n Blesbok gegaan en beide sy skote het bo-oor geloop toe ons weer met die PMP begin skiet.
Dit was met die PMP 150gr op so 200m...
Ek dink ek sal maar my geweer van voor af moet zero. Dink daaraan om n nuwe scope op te sit (het nou n 4x40 Lynx op) en dan maar die nodige ammunisie te kry en die geweer so te zero dat ons tuseen die 150gr en 180gr nie te veel van n "drop" of "lift" het nie.
Wil net noem dat die Outfitter Roger Berger sekerlik een van die beste jag outfitters was wat ek nog gebruik het. Sy pryse is redelik en sy diens is puik. Gewoonlik sal ek so n kontak vir myself hou maar Roger verdien vermelding. Hulle is baie profesioneel en julle sal nie n fout maak om deur hom n jag te reel nie!!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Jy is gelukkig as verskillende make fabrieksammunisie dieselfde zero het. Jy het hier nog verder twee verskillende gewigte koeëls. Dit maak die kanse nog minder dat die zero dieselfde sal wees.
Baie geluk met die eland.
Elande het groot bloedvolumes en dit behou baie suurstof wat die brein nog voed. Met 'n longskoot kan dit dus lank vat voor die brein van suurstof ontneem word. Dit verklaar die "taaiheid". Buffels vat daarom ook lank om te vrek.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Baie dankie Antonie, dit was n reuse plesier, was leker om julle hier te kon he.
Baie geluk met die Eland, was n lekker stalk so tussen die buffels deur :-)
Ons wag vir julle volgende kuier.
Groete,
Roger!
facebook: Roger Berger Safari's
www.rogerbergersafaris.co.za
Baie geluk met die Eland, was n lekker stalk so tussen die buffels deur :-)
Ons wag vir julle volgende kuier.
Groete,
Roger!
facebook: Roger Berger Safari's
www.rogerbergersafaris.co.za
Too many to mention ;-)
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
Ek het 30 clicks op die scope verskil gesien tussen my matige handladings met 155gr pille en 180gr fabrieksammunisie met my .30-06 op 50m. Dis bykans 8 duim se verskil in hoogte. Ek het 155gr geskiet en toe ek die 180gr fabrieksammo insit toe skiet ek VER onderdeur die teiken. Dit gebeur.
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Alternatief vir PMP Pro-Amm
toe ek begin jag het, voor herlaai dae, het ek PPU Grom 170gr gegooi in my nul kwes, het baie mooi gewerk en was lig op die beursie. Vir wat jy betaal is dit rerig 'n baie goeie jag projektiel, hy penetreer ongelooflik, kon nooit enigiets herwin nie, maar dan het ek ook nooit 'n eland met hom laat vat nie. Sy akkuraatheid was ook aanvaarbaar vir my.