Page 2 of 4
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 9:29 am
by DWB
Toe ek sien Wouter antwoord dog ek nou ek gaan 'n interresante kommentaar kry soos: Grow a pair
Baas Wout, Ek Lee Factory Crimp al lank met my 404 en kan nie sien dat dit 'n negatiewe impak om my doplewe het nie.
Ek sny wel my doppe op die kalibers waar ek krimp elke liewe keer terug op lengte om als dieselfde te hou.
Groete!
Ek het nou 'n effe sagter lading gelaai met 101gr S365 wat die 480gr koeel teen 2250fps sal stoot.
Ek het ook die geweer weer self geweeg en hy kom teen 4.1kg in. Gedink ek moet maar so 500g lood byvoeg tot die kolf.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 9:43 am
by tripodmvr
Wouter, dink jy daardie merke op die bek gaan doplewe verminder?
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 9:50 am
by DWB
Ek moes op so paar rondtes sonder krimp die koeels uit kap omrede ek die lading verander het, en dit was omtrent 'n gekappery! Lyk my die Rigby se nek is lank genoeg vir goeie spanning!
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 10:32 am
by Wouter Roets
Deon
n Klomp mense op forums het rapporteer dat hulle doppe kraak/split daar waar die krimp gedoen word met n factory crimp. Dit is tog net logies aangesien n mens daai gedeelte elke keer verdun in die proses. Natuurlik kan n mens jou krimp stel oor hoeveel area hy moet crimp wat natuurlik weer hierdie verskeinsel sal beinvloed. Verder moet ons ook besef dat die tipe koeel ook n groot rol speel met watter een van die twee prosesse beter sal werk. Met mono's is roll crimp verseker n beter opsie, want dit is juis met mono koeels waar hierdie verskeinsel met factory crimp die meeste na vore kom. Ek het vir al my groot kalibers n factory crimp, maar ek verkies dit om te rolkrimp aangesien ek net mono's laai.
Daai gewig van 4,1 is verseker n bietjie lig vir die energievlakke wat jy hardloop. n Comfortable shooting mass glo ek sal eers geslaan word hier by die 4,7kg en hoer rond.
Groetnis
Wout
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 10:42 am
by DWB
Dankie Baas Wout.
Bygesê ek anneal na elke skoot, en die grootste hoeveelheid wat ek die laaste ruk geskiet het was Peregrines hoofsaaklik vir BASA.
Ek het darem nog nie probleme gehad nie, maar sal daarvoor uitkyk. My beplanning is wel tans om op die 450 rolkrimp te be-oefen.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 11:03 am
by Wouter Roets
Deon
Lees net weer daai skrywe van my oor roll crimp want daar is verseker n paar truuks daaraan veral met mono's en waar jy die krimp moet sit. Anders bel my dan gaan ons daardeur.
Groetnis
Wout
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Jun 22, 2020 12:02 pm
by DWB
Dankie! Ek maak so!
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Oct 12, 2020 3:11 pm
by Cornelius
Dagse Manne, wil net hoor of enige van julle al ladings het het IMR of Hodgdon op die 450 Rigby?
Re: 450 Rigby
Posted: Sun Nov 01, 2020 1:22 pm
by DWB
Manne, ek krap nogsteeds rond met die 450. Het nou al sy gewig opgestoot na 4.7kg toe dit help vir die skiet maar nie vir die dra
Ek het Sako fabrieks ammunisie gekoop met die 450gr Swift A-frames wat so rondom 2350fps te skiet uit my 22" loop.
My huidige herlaai resep is 480gr Hornady DGX met 101gr S365 agter hulle vir 2220fps.
Ek het onlanks weer beide van hulle na mekaar geskiet en net weereens besef daar is ñ merkbare verskil in terug skop tussen die twee (Die Sako ammo skop aansienlik minder teen ñ hoër energie faktor).
Enige idees rondom kruit voorstelle om dieselfde te bewerkstellig?
450 Rigby
Posted: Sun Nov 01, 2020 3:30 pm
by Smitstertjies
Deon, hoe lyk jou dopvulling? As daar nog plek oor is kyk na S385.Ek het in my 416 Rigby van S365 na S385 oorgegaan. Met altwee dryfmiddels kon ek 2350 fps kry vir die 400gr swifts. Met die S385 is recoil egter meer matig. Kyk na N560 ook
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 8:49 am
by DWB
Dankie Martin.
Ek het nie nou die inligting byderhand nie, maar dis mos maar 'n groot dop daai.
Gaan virseker daarna kyk. Dankie
Ek het wel so spesmaas Sako gebruik 'n vinniger kruit ipv stadiger. Ek gaan maar 'n kans vat en hulle 'n e-pos stuur.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 9:33 am
by saswart
Deon elke keer as jy iets noem van jou 450 Rigby wat skop en stoot, kry ek sulke terugflitse na die manne wat hul bakkies (in jou geval 'n Ford - jy ry mos een?) low profile tyres opsit en die suspension verbeter want die bakkie ry te hard...

Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 9:42 am
by DWB
Man Stephen, nee, ek het intussen 'n Hilux aangeskaf en hy wens hy kan so sag soos 'n Ford ry!!!!!!!
Ek en die geweer groei nog op mekaar Ok...
Ek sien net nie die nut van 'n 5.5kg geweer nie, so wil die balans vind

Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 10:05 am
by saswart
Haha mooi man. Nee dan is dit goed

Ek eht nie 450 Rigby nie, maar gevind met my Express dat swaarder punte (500gr rondom 2200 - 2250fps) redelike lekker balans het. Maar jy sal gemaklik 550gr en selfs 600gr kan gaan. Kyk ook na die stadiger kruit opsies, dit het vir my 'n merkbare verskil gemaak. Jy sal meer kan speel omrede jy lekekr groot doppehet soo Smitstertjies bo genoem het.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 10:11 am
by Smitstertjies
Ek het gou gekyk. Met die S365 het ek 89gr gegooi en S385 93 grein vir dieselfde spoed en druk. Met S385 was recoil merkbaar minder. Meer n stoot as die harde stamp van S365.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 10:20 am
by DWB
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 10:45 am
by Frederik
Moet ook sé toe ek oorslaan S355 vanaf S335 in my 375 H&H was daar merkbare verskil n terugskop hy was nie byt van skop nie maar meer stoot.
Selfs met die 458 lott, S355 het meer geskop vir minder spoed as Norma 203B.
Kyk eending moet jy weet as ons nogsteeds net Somchem gehad het was jy geskroef.
Re: 450 Rigby
Posted: Mon Nov 02, 2020 11:01 am
by DWB
Dis absoluut 'n feit. Maar siende dat ons nou toegang tot die nuwe goed het kan ons dit seker maar benut

Re: 450 Rigby
Posted: Sun Nov 08, 2020 6:56 pm
by DWB
Wel, ek het agter die kap van die byl gekom op ñ skokkende manier....
Die Sako ammo wat gemerk is as gelaai met 450gr A-frames is toe wel met 400gr A-frames gelaai....
Re: 450 Rigby
Posted: Sun Nov 08, 2020 7:16 pm
by Lategan1
Sjoe!
Weeg net vir kontrole op ander skaal ook. Ek glo hulle sal vir jou mooi moet verduidelik.
Beste.
Re: 450 Rigby
Posted: Sun Nov 08, 2020 8:19 pm
by Frederik
Daars jou antwoord hoekom hulle ook heelwat hoër geskiet het.
Re: 450 Rigby
Posted: Tue Nov 10, 2020 9:17 pm
by Henna308
Nou maak jy my bekommerd, ek het 'n hele paar van daai Sako's wat oënskynlik met 450gr A-frames gelaai is... Ek sal maar more ene uitkap en weeg, hou duim vas.
Re: 450 Rigby
Posted: Tue Nov 10, 2020 9:39 pm
by tripodmvr
Hoop jy kry my boodskap. Gaan loer hier
https://www.swiftbullets.com/pages/bull ... eavy-rifle
Kyk na die vorm van die koeël se punt. Miskien kan jy dit identifiseer sonder om die patroon uitmekaar te haal.
Re: 450 Rigby
Posted: Wed Nov 11, 2020 7:04 am
by DWB
Weeg net 'n heel rondte, as jy rondom 870gr uitkom is hulle reg....
Die wat met die 400gr gelaai is is almal rondom 827gr...
Re: 450 Rigby
Posted: Wed Nov 11, 2020 7:05 am
by DWB
Ek het dit met die agente in SA opgeneem en hulle is besig om dit op te volg met Sako.
Hierdie "batch" is wel al 'n rukkie in die land.