Page 2 of 5

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:23 pm
by ruaanb
Winchester Coyote Light in 270wsm of 300wsm. Spesifiek vir die doel deur Winchester ontwerp. Leupold LRP en eldx van jou keuse.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 7:04 am
by tripodmvr
Nogal baie boere in die Oos Kaap en Vrystaat het 'n 270. Wonder hoekom?

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 7:21 am
by Geno
Mellies wrote: Sun Dec 08, 2019 11:30 am
Geno wrote: Sun Dec 08, 2019 11:24 am Kans is goed dat ek die 162gr ELDX gaan skiet.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk
Raai ek reg, @ 2800voete rond?

Met n vleisie...
2780fps op 'n node met 'n 22" loop.

Ek gaan probeer om my .260AI se ballistiek te ewenaar om sodoende my 2 roere na aan dieselfde DOPE te kan gee.
Die .260 se 143gr ELDX en die 7-08 se 162gr ELDX het dieselfde G7 BC so dit kan dalk net werk.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 7:26 am
by Gerhardu
Enige 6mm met 1-8twist loop!

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 7:35 am
by Gerhardu
Maar nou dat ek daaraan dink n 7x57Ai sal ook mooi loop!

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 7:37 am
by obasch
Gerhardu wrote: Mon Dec 09, 2019 7:26 am Enige 6mm met 1-8twist loop!
Op 'n Elandbul op 450m?

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 8:07 am
by tau
Mellies wrote: Sun Dec 08, 2019 10:44 am Ek het 7mm 140-160gr @ >3000voete in my kop.

280AI of 7RM.

Z5 3.5-18x44 met kruis van jou keuse.

Met n vleisie...
Ek is nou nie 'n boffin nie, maar ek dink ek het al redelik in die suide van Namibie in die berge Kudu's gestap en jag op verder afstande as meeste ouens. En dan soos baie manne in die Oos-Kaap en vanjaar Natal. Die areas het verskillende aspekte wat kaliber en geweer "setup" beinvloed. In Namibië en die Karoo as jy dalk Bergskape wil skiet gaan die skote nie altyd mal vêr wees nie, maar die diere is vreeslik "skittish" en jy het nie baie tyd om groot verstellings op 'n scope te maak nie. Die diet grotes is ook Kudu en Gemsbok, Bergskape en selfs Elande.

My opinie 'n 7mm RM, of 708 Ai /7x57 AI met 24" loop en 162gr SST 'n baie maklike kaliber om vinnige verder skote te neem. Teleskoop is natuurik jou budget se besluit, ek het lank met my Nikon Monarch lekker gejag en mislukte jagte was my skuld nie die scope nie.

Ligte bipod wat hoog kan uitstoot veral as jy berg op moet skiet help baie, en dan 'n lekker dra belt.

Ek is persoonlik bang vir kleiner kalibers wat jou nie kan "help" as jy 'n foutjie gemaak het nie. Jy is daar op voet en nou moet jy tevoet oor berg en dal agter 'n kwesbok aan in areas waar daar geen selfoon opvangs is om "die Boer" te bel nie.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 8:13 am
by Gerhardu
obasch wrote: Mon Dec 09, 2019 7:37 am
Gerhardu wrote: Mon Dec 09, 2019 7:26 am Enige 6mm met 1-8twist loop!
Op 'n Elandbul op 450m?
Ja in die kop!

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 8:17 am
by Gerhardu
tau wrote: Mon Dec 09, 2019 8:07 am
Mellies wrote: Sun Dec 08, 2019 10:44 am Ek het 7mm 140-160gr @ >3000voete in my kop.

280AI of 7RM.

Z5 3.5-18x44 met kruis van jou keuse.

Met n vleisie...
Ek is nou nie 'n boffin nie, maar ek dink ek het al redelik in die suide van Namibie in die berge Kudu's gestap en jag op verder afstande as meeste ouens. En dan soos baie manne in die Oos-Kaap en vanjaar Natal. Die areas het verskillende aspekte wat kaliber en geweer "setup" beinvloed. In Namibië en die Karoo as jy dalk Bergskape wil skiet gaan die skote nie altyd mal vêr wees nie, maar die diere is vreeslik "skittish" en jy het nie baie tyd om groot verstellings op 'n scope te maak nie. Die diet grotes is ook Kudu en Gemsbok, Bergskape en selfs Elande.

My opinie 'n 7mm RM, of 708 Ai /7x57 AI met 24" loop en 162gr SST 'n baie maklike kaliber om vinnige verder skote te neem. Teleskoop is natuurik jou budget se besluit, ek het lank met my Nikon Monarch lekker gejag en mislukte jagte was my skuld nie die scope nie.

Ligte bipod wat hoog kan uitstoot veral as jy berg op moet skiet help baie, en dan 'n lekker dra belt.

Ek is persoonlik bang vir kleiner kalibers wat jou nie kan "help" as jy 'n foutjie gemaak het nie. Jy is daar op voet en nou moet jy tevoet oor berg en dal agter 'n kwesbok aan in areas waar daar geen selfoon opvangs is om "die Boer" te bel nie.
Tau, ek sien deesdae bou DDR baie van daai Berg/vlakte roere in n 28Nosler met semi bull barrel en smart carbon kolwe.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 9:49 am
by Wouter Roets
Mellies wrote: Sun Dec 08, 2019 9:39 am Manne,

Wat sou julle sê is die perfekte kaliber/punt/spoed vir n vlakte/bergjagroer? Vêr skote in die wind tot 450m op alles tot elandbulle.

Hou in gedagte die roer moet heeldag gedra word. Balans is belangrik so n silencer is uit.

Rakgeweer, recoil, looplewe en beskikbaarheid van komponente moet in ag geneem word. Rakgeweer wat jy Ackley is ook reg.

Rond jou combo af met glase van jou keuse vir hierdie toepassing.

Met n vleisie...
More Mellies en Maters

As ek na hierdie vereistes kyk sal ek ook gaan vir iets soos n 7mm Rem Mag in 24 duim loop. n 160 of 162gr koeel sal baie mooi werk en met die nuwe poeiers sal jy baie mooi op n node wees van so net oor die 3000ft/sek. Recoil met die regte skopkussing en n kwikstaaf is nog heel aanvaarbaar en die geweer sal nie jou rug breek met die gedraery nie. Die dag as jy op n bakkie klim of voorsit, draai jy net jou silencer op. n MB is natuurlik n opsie as jy alleen jag.

n Mens kan ook na die nuwer 7mm SAUM kyk vir hierdie doel.Natuurlik kan n mens rondtes soos die 280 Ackley en 7x57 Ackley en selfs die 7-08 Ackley ook oorweeg. Hulle balistiese vermoe neem natuurlik net af soos die rondtes se kapasiteit afneem. n Mens het soms eenvoudig nie tyd vir range met die tipe van jagte nie. Tua som dit baie mooi op en praat natuurlik uit ondervinding wat ten duurste opgedoen is.

n Perfekte teleskoop vir die kombinasie sal ek glo sal iets wees soos die VX6 3-18x44 met n Varmint Hunter kruishaar of iets soortgelyk van ander make. Ek het basies hierdie setup in beide 7mm RM en 300 WM en beide werk baie mooi, maar die 7mm tiek die meeste boksies.

Groetnis
Wouter

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 9:54 am
by Ben
7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 10:04 am
by tau
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 10:28 am
by Supacow
[/quote]
7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
[/quote]

Na n wye draai is ons terug by 270

270 en 7x64 is twins

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 10:34 am
by Wouter Roets
tau wrote: Mon Dec 09, 2019 10:04 am
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
John ek het vir jou die antwoord, maar n klomp mense gaan nie daarvan hou nie.

Groetnis
Wout

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 10:40 am
by tau
Wouter Roets wrote: Mon Dec 09, 2019 10:34 am
tau wrote: Mon Dec 09, 2019 10:04 am
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
John ek het vir jou die antwoord, maar n klomp mense gaan nie daarvan hou nie.

Groetnis
Wout
Ons twee stem mos saam oor ons verskil oor mono's in kleiner kalibers gebruik, so ek vra maar net.

Vir baie jare het mense my met sulke groot oge aangekyk omdat ek net met 7mmRM en 150gr Ballistic tips alles vanaf Springbok tot Eland geskiet het. DIt het vir my gewerk en ek het met die een roer baie meer en aanhoudend gejag as met al my nuwe gunne en fancy goed.
EK skiet nou ELD-x in my 6.5 Needmoor en 7mm RM met goeie sukses.

Daar is baie Namibiese boere wat die .270 Win kommentaar hier gaan lees en net hulle koppe sal laat sak. EK dink nie daar is nog 'n kaliber wat soveel Groter as Springbok wild in Namibie geskiet het as 'n .270 nie

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 10:49 am
by jdpretorius
Whokaaaai so bietjie......ek dink hier is moerse vout op die forum en hy is nou heel in sy m@#r, iemand het ons gehijack ....... hier is nou manne wat nou stem vir 'n 270 ........ek dink ek't 'n acid flashback

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:09 am
by Wouter Roets
Duidelik is hier n hele paar manne wat sukkel met die betekenis van perfekte...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:17 am
by win270
.270 sal die taak mooi verrig. Elke dag leer sommiges meer, of dit nou moeilik vir hulle is om dit te absorbeer of nie!! ;D ;D

Skootplasing en korrekte ammunisie is natuurlik 'n vereiste, soos altyd. Gaan vra maar vir Dawid wat vir Goliat neergesit het.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:20 am
by jankraay
tau wrote:
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
Leeu die ELD M is alles behalwe net n teiken koeël. Ek jag met 147 ELD M’s op lang afstand, so ook baie van die ander manne in ons skiet groep.

Nico Harris het ook met 178 ELD M’s in sy .300 WSM gejag met groot sukses.

Dit wil vir my voorkom of hy beter presteer as die ELD X...

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:27 am
by Capt. Yoda
Smitstertjies wrote: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...

Sent from my iPhone using Tapatalk

Met so bq charoecoat

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:29 am
by Mellies
jankraay wrote: Mon Dec 09, 2019 11:20 am
tau wrote:
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
Leeu die ELD M is alles behalwe net n teiken koeël. Ek jag met 147 ELD M’s op lang afstand, so ook baie van die ander manne in ons skiet groep.

Nico Harris het ook met 178 ELD M’s in sy .300 WSM gejag met groot sukses.

Dit wil vir my voorkom of hy beter presteer as die ELD X...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Jan,

As jy praat van presteer, bedoel jy vinniger `n bok neersit of gewigretensie?

Ek vra uit onkunde. Baie interessante waarneming hierdie.

Dankie.

Met `n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:37 am
by Capt. Yoda
Daar is bitter min verskil tussen die ELD m en die x, Hornady het n bq van dukker basis met so amper n interlock groef of die x. Wat gebeur met daai groef of verdukking is sodra die koel momentum in sy tyken verloor val die lood basies uit want die koel het nou ontplooi tot by die groef en daar is niks meer wat hom vas hou nie, snaaks genoeg gebeur dit baie op nader afstande waar die impak spoed hoor is en dit is seker maar omdat die koel baie vinniger reageer dan. Die M met sy "tyken" koel profiel doen dit oor die algemeen nie en hulle hou eintlik beter aan mekaar vas, hier van 400m af dink ek amper nie daar is tans n beter koel vir jag as n ELD M nie.

Daai 147gr ELD M trek nog deur n baie groot SWB op 900y en los n mooi R5 gat wa hy uit gaan. Op naby afstande werk hulle ook verbasend goed

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 11:54 am
by tau
jankraay wrote: Mon Dec 09, 2019 11:20 am
tau wrote:
Ben wrote: Mon Dec 09, 2019 9:54 am 7mm-08 ackley en 162gn ELD’m...
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?

7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
Leeu die ELD M is alles behalwe net n teiken koeël. Ek jag met 147 ELD M’s op lang afstand, so ook baie van die ander manne in ons skiet groep.

Nico Harris het ook met 178 ELD M’s in sy .300 WSM gejag met groot sukses.

Dit wil vir my voorkom of hy beter presteer as die ELD X...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy skiet Springbokkies en Blesbokke, die mense praat hier van Gemsbokke en Kudu's. Weet jy Jan :laugh:

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 12:14 pm
by ruaanb
moet net nie 'n springbok stamp met 'n 178gr ELD-M nader as 300m nie. Done that got the t-shirt. Ek moet nog 'n groot bok met die ELD-M's skiet. Hopelik volgende jaar.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Mon Dec 09, 2019 12:43 pm
by tripodmvr
Die 7x64 het ek gediskwalifiseer weens beskikbaarheid in die algmene fabrikate en ook die ander 7mm's in die klas. Dit geld ook vir ammunisie in die winkel.

Die 30 kaliber en veral die magnums is dalk die ideale koeël en spoed, maar gewig van die ammunisie en swaarder gewere begin ook 'n rol speel.

En toe met die gespelery op QL spring die 270 uit die kas. "ticks many boxes".