Eerlike opinie - Die Tombi

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek sal dit werklik baie geniet om vir Oom Chris van Niekerk te ontmoet. Klink nog altyd vir my soos iemand wat regtig verstaan waaroor die klein goed van interne balistiek gaan. Daar is bitter min van daai kaliber manne in omloop.

Groetnis
Wouter
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by ruaanb »

Jy sal in die Kaap dan moet kom kuier Wouter. Vader Tyd stap aan vir oom Chris.
Hy bly nie ver van my af nie. Altyd lekker om daar te gaan inloer.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by THOMAST »

Wouter, jy sal jou naam moet verander na Ouboet toe, as Chris eers lekker begin gesels, dan is jy Ouboet!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by tripodmvr »

Wouter, as jy ooit die geleentheid kry sal dit wonderlik wees as jy die gesprek op video kan opneem. Dan het jy verseker iets vir die toekoms !!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Wouter Roets »

;D Ek glo n mens sal n rukkie kan besig wees met Oom Chris. So vir interessandheid wat skop die kriek al vir Oom Chris?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Gawie(13mm) »

Wouter Roets wrote:;D Ek glo n mens sal n rukkie kan besig wees met Oom Chris. So vir interessandheid wat skop die kriek al vir Oom Chris?
78, as ek reg verstaan van Oom PW.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Wouter Roets »

Dankie Gaafster.

Manne ek wonder of julle besef hoeveel tyd, moeite en natuurlik geld daar destyds en selfs vandag ingaan om n wildcat kaliber te ontwerp? Vandag het ons n program soos QL wat vir jou redelik akuraat kan voorspel wat n sekere rondte met n gegewe poeier en koeel kombinasie gaan doen. Jy kan selfs uit figure wat se looplengte optimaal gaan wees. Oom Chris en ander poiniers moes hierdie op die harde manier probeer uit figure en ek vir een haal absoluut my hoed af vir hulle. Ons moet ook onthou dat inligting maar bitter skraps was sonder die internet en die enigste boek waaraan ek kan dink waar n paar van die wyshede rondom dopsontwerp gedeel was was PO Ackley se boek. Hierdie maak Oom Chris en ander manne se pogings net soveel meer besonders.

Ek hoop regtig dat die manne wat wel al die absolute eer gehad het om met hom te kan gesels hierdie kosbare kennes nie verlore sal laat gaan nie.

Groetnis
Wouter
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Riebeeker »

Ek stel voor ou Gawie dokumenteer als wat oom Chris weet en sit dit dan in boek vorm.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Gawie(13mm) »

Riebeeker wrote:Ek stel voor ou Gawie dokumenteer als wat oom Chris weet en sit dit dan in boek vorm.
Ek is te oud daarvoor. Op 47 gaan nie ek of Oom Chris genoeg tyd hê om al sy ervaringe en kennis te boekstaaf nie.
Diepsee duiker, ballistiese kenner en baas-skut, ontwerper van meer as 30 kaliber/ geweer kombinasies en so kan ons aangaan.
James Bond is 'n swakkeling in my oë! >:D

Om PW het al genoem dat hy wil gaan kuier met 'n bandopnemer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Sakkie Rust »

En moet nie vergeet , hyt amper reg oor die wereld " spearfishing" gedoen , as n jong man het hy dit as n ekstra inkomste gedoen toe hy in Durban gebly het . Hyt ook ( as ek reg is ) twee haai aanvalle oorleef , die koerant berigte is in n album en hy wys graag as mens daar gaan kuier .

Daar is so baie kennis en ervaring , Oom Chris was van plan om n boek te skryf maar lyk my hy kom net nie daarby uit .
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Eerlike opinie - Die Tombi

Post by Swys14 »

Gawie(13mm) wrote: Tue Oct 08, 2019 2:28 pm
Riebeeker wrote:Ek stel voor ou Gawie dokumenteer als wat oom Chris weet en sit dit dan in boek vorm.
Ek is te oud daarvoor. Op 47 gaan nie ek of Oom Chris genoeg tyd hê om al sy ervaringe en kennis te boekstaaf nie.
Diepsee duiker, ballistiese kenner en baas-skut, ontwerper van meer as 30 kaliber/ geweer kombinasies en so kan ons aangaan.
James Bond is 'n swakkeling in my oë! >:D

Om PW het al genoem dat hy wil gaan kuier met 'n bandopnemer.
En dan is hy nog 'n baie nederige mens daarby, werklik aangenaam. Hy het altyd tyd vir 'n geselsie en raad, of jy nou al jare lank skiet en herlaai en of jy nuut is in die sport en as hy praat dan luister jy.
Post Reply