Page 2 of 2

Re: Meateater - Netflix

Posted: Thu Nov 07, 2019 12:25 pm
by Toxxyc
Ek is nou op Season 4. Is dit net ek of maak Rinella bietjie meer droog in hierdie season? Die kalkoen wat hy laat skiet het is die tweede keer wat hy nie heeltemal kophou met die skietwerk nie?

Re: Meateater - Netflix

Posted: Thu Nov 07, 2019 12:29 pm
by henried
Toxxyc wrote:Ek is nou op Season 4. Is dit net ek of maak Rinella bietjie meer droog in hierdie season? Die kalkoen wat hy laat skiet het is die tweede keer wat hy nie heeltemal kophou met die skietwerk nie?
Ek dink hy steek dalk net nie sy droog maak weg nie.
Ek het nou na Solo HNTR op youtube begin kyk, geniet dit ook, hulle maak ook droog, maar wys dit nogsteeds.

Re: Meateater - Netflix

Posted: Fri Nov 08, 2019 6:57 am
by Toxxyc
henried wrote:
Toxxyc wrote:Ek is nou op Season 4. Is dit net ek of maak Rinella bietjie meer droog in hierdie season? Die kalkoen wat hy laat skiet het is die tweede keer wat hy nie heeltemal kophou met die skietwerk nie?
Ek dink hy steek dalk net nie sy droog maak weg nie.
Ek het nou na Solo HNTR op youtube begin kyk, geniet dit ook, hulle maak ook droog, maar wys dit nogsteeds.
Dis waar ja. Ek waardeer dat die nie "weggesteek" word nie, maar ek wonder net oor die man se opgewondenheid in hierdie seisoen. Soos in die episode met die kalkoene, dan sit hy saam met 'n vrou wat nog nooit gejag of geskiet het nie, en as die kalkoen verbygestap kom, heel rustig, dan druk hy haar vreeslik vir 'n skoot. Sy woorde is "shoot, shoot, shoot, shoot, shoot". Sy neem dan die skoot, duidelik ongemaklik, en eindig op in trane as sy nie die beste skoot plaas nie. Ek dink Steven moet net effens kalmeer... :D

Ek is nogsteeds mal oor die series en dink dis 'n baie goeie uitbeelding van hoe die gemiddelde man se jagtogte ook maar gaan.

Re: Meateater - Netflix

Posted: Sat Apr 25, 2020 4:04 pm
by wynis
Daar is twee Lekker episodes van Meateater op YouTube vir julle wat dit geniet. Een is oor Vis Skiet en en oor Elk jag. Geniet!


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Meateater - Netflix

Posted: Sat Apr 25, 2020 4:37 pm
by BenJacobs
Ek geniet dié reeks noggal. Ek het ook nou Winchester legends begin kyk op YouTube. Dit is nogal die kyk werd, of vir my in elk geval.
Groete Ben

Re: Meateater - Netflix

Posted: Sat Apr 25, 2020 5:15 pm
by wynis
BenJacobs wrote:Ek geniet dié reeks noggal. Ek het ook nou Winchester legends begin kyk op YouTube. Dit is nogal die kyk werd, of vir my in elk geval.
Groete Ben
Dankie, ek sal bietjie gaan loer!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Meateater - Netflix

Posted: Sun Apr 26, 2020 9:55 am
by NicoSmit
Hou ook baie van die show party keer raak dit so bietjie vervelig as hulle sit en nonsense gesels soos op die jag waar hy en sy broer in Alaska gaan jag het .Ek wens so ek kon in sy skoene gewees het hy lewe regtig in die Paradys.

Re: Meateater - Netflix

Posted: Sun Apr 26, 2020 2:55 pm
by WicusdP
Hulle het wel “tyd”!!
Jag 4 dae vir 1 kalkoen.....en laas week 2 episodes gesien waar hulle omtrent ‘n week jag vir 1 bok. Sal moet werk aan my geduld vir so ‘n tipe jag. Sy benadering tot jag is baie mooi.

Hy sal hom seker dood skrik as hy genooi word vir ‘n voorsit springbokjag in die karoo;)

Re: Meateater - Netflix

Posted: Thu Sep 17, 2020 6:55 pm
by wynis
Nuwe seisoen het begin! Eerste episode uitstekende see visvang en kos maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Meateater - Netflix

Posted: Thu Sep 17, 2020 9:30 pm
by BenJacobs
Ek het ook gekyk! Baie goed!
Groete Ben

Re: Meateater - Netflix

Posted: Fri Sep 18, 2020 8:14 am
by LoopSoosStroop
Hau, beste nuus die week!

Re: Meateater - Netflix

Posted: Fri Sep 18, 2020 9:01 am
by toxicsox
Kyk ook gerus op Netflix: Stars in the Sky: A Hunting Story -
https://www.netflix.com/za/title/81292225

Re: Meateater - Netflix

Posted: Fri Sep 18, 2020 9:41 am
by wynis
toxicsox wrote:Kyk ook gerus op Netflix: Stars in the Sky: A Hunting Story -
https://www.netflix.com/za/title/81292225
Dankie sal gaan loer Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Meateater - Netflix

Posted: Fri Sep 18, 2020 11:45 am
by wynis
Gaan loer bietjie hoe die manne in New Zeeland jag. Ek is mal oor die ou se videos, en hy is ‘n uitstekende lang afstand skut.
https://youtu.be/pi7ZN9VibqI
Sent from my iPhone using Tapatalk