Page 2 of 3
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Mon Sep 16, 2019 6:52 pm
by Draegan
spekieries wrote:Ek stem ook vir so 4 duim (100mm) tot 5 duim (12.5-13mm) lem. Die "drop point" onderste een is ook vir my. Ek hou nie van skerp punte op die hef nie so ek sal agter die onderste punt ronder maak. Esteties is 'n mooi hout hef die baas, maar micarta of 'n sintetiese hef is prakties beter.
Ek stem saam hier, goed saamgevat.
Sent from my G8141 using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Mon Sep 16, 2019 10:02 pm
by BandK
spekieries wrote:Ek stem ook vir so 4 duim (100mm) tot 5 duim (12.5-13mm) lem. Die "drop point" onderste een is ook vir my. Ek hou nie van skerp punte op die hef nie so ek sal agter die onderste punt ronder maak. Esteties is 'n mooi hout hef die baas, maar micarta of 'n sintetiese hef is prakties beter.
+1
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:01 pm
by Eduard Venter
Dit verbaas my nogal dat so min manne 'n penshaak verkies. Dit is waar dat dit 'n irritasie kan wees as hy orals vashaak maar dis ook baie gerieflik om vinnig die pens te trek. Ek verkies wel my jagmes ook sonder 'n haak omrede ek genoeg ander messe in die kamp/bakkie het met hake.
Persoonlik hou ek van 'n lekker skerp punt soos die onderste lem op die foto en selfs skerper. Ek sny keel soos oom Koos Barnard verduidelik het en daai skerp punt gaan lekker vinnig in op die kant van die keel. Baie effektief en minder gemors as 'n bok wat se nek oopgesaag word.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:17 pm
by Eduard Venter
Wouter Roets wrote:Andries Strydom se Dropped Hunter is so naby aan n perfekte jagmes as wat kan kom.
Ek het nou gaan loer, dit lyk beslis soos my volmaakte jagmes. Twyfel wel of dit in my of meeste manne se prysklas sal wees.
20190916_231414.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 17, 2019 7:57 am
by Guillaume
Eduard Venter wrote:Wouter Roets wrote:Andries Strydom se Dropped Hunter is so naby aan n perfekte jagmes as wat kan kom.
Ek het nou gaan loer, dit lyk beslis soos my volmaakte jagmes. Twyfel wel of dit in my of meeste manne se prysklas sal wees.
20190916_231414.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
+1
Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 17, 2019 9:42 am
by BandK
Ek dra gewoonlik die mes (met swart skede) by my as ons veld toe gaan, slag, kosmaak en eet. Andries Strydom het hom vir my gemaak as EDC weergawe van sy Heritage Hunter
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 4f1e62.jpg[/IMG]
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 289923.jpg[/IMG]
Dan in my broeksak het ek die opinel staatmaker. Ek het nie issues as iemand anders hom gebruik nie ( selfs vleis op rooster sny)
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... d23210.jpg[/IMG]
Hierdie gut hook was al baie saam maar nooit gebruik nie
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... fdd2cc.jpg[/IMG]
Vir een of ander rede word die weggoobare skalpels wat in my rugsak is gereed gebruik (miskien vir snaaksigheid)
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 8cfa3d.jpg[/IMG]
Slotsom - my EDC Andries Strydom is my staatmaker
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 17, 2019 10:36 am
by Gian_dP
BandK wrote:Ek dra gewoonlik die mes (met swart skede) by my as ons veld toe gaan, slag, kosmaak en eet. Andries Strydom het hom vir my gemaak as EDC weergawe van sy Heritage Hunter
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/227e35c4a384fe5c11de422aa84f1e62.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/f85041698eb2cfdb640a83f01d289923.jpg
Dan in my broeksak het ek die opinel staatmaker. Ek het nie issues as iemand anders hom gebruik nie ( selfs vleis op rooster sny)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/446e3e373bec3a303f3add9616d23210.jpg
Hierdie gut hook was al baie saam maar nooit gebruik nie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/b8c066e2dbf4e43942fce4f84efdd2cc.jpg
Vir een of ander rede word die weggoobare skalpels wat in my rugsak is gereed gebruik (miskien vir snaaksigheid)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/fd2583701ce3dc45a86dad60098cfa3d.jpg
Slotsom - my EDC Andries Strydom is my staatmaker
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 17, 2019 3:16 pm
by FCLoretz
Volg net die skakel, Bob Loveless het baie jare terug al die perfekte jagmes ontwerk.
https://www.google.com/search?rlz=1C1CH ... t=5#imgrc=_
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 17, 2019 9:14 pm
by Hein (Haan)
Baie lekker ontwerp
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/2bbdae0292dcafccb47f0775bf69c11b.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 9:28 am
by Chevvy SS
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:20 pm
by Wouter Roets
My magtig! Daar gaan staan en leer ek ook nou iets!
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:29 pm
by Draegan
Wouter Roets wrote:
My magtig! Daar gaan staan en leer ek ook nou iets!
Dit werk! Ek het dit nou self op my Kershaw gedoen uit nuuskierigheid. Hy was taamlik skerp al klaar, maar nou het ek 'n linkerarm met 'n strook sonder hare hahaha
Sent from my G8141 using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:32 pm
by Wouter Roets
Johan
Maak die lem enigsins skade aan die ruit?
Groetnis
Wouter
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:35 pm
by Draegan
Wouter Roets wrote:Johan
Maak die lem enigsins skade aan die ruit?
Groetnis
Wouter
Glad nie, ek het nogal opgelet of ek kon sien of hy merkies los of nie. Ek kan nie met sekerheid sê dit gaan nie 'n effek hê na 100 maal se slyp nie wel.
Sent from my G8141 using Tapatalk
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:43 pm
by Malan123
Blikkies leer ek ook nou 'n ding. Hoekom sal die man hom slyp in die rigting van die snykant as dit sin maak? Ek was altyd geleer jy sleep hom anderkant toe?
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:44 pm
by Malan123
Wouter Roets wrote:Johan
Maak die lem enigsins skade aan die ruit?
Groetnis
Wouter
Wouter net aan 'n Toyota se ruit
Highjack af
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:47 pm
by Koos Barnard
Ek gaan dit nou-nou op my Ford te ruit probeer. Sal seker 'n nuwe bakkie moet koop dan.
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:50 pm
by ruaanb
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:50 pm
by matewis
Jagmes: Dun fixed-blade met sintetiese handvatsel. Maklik om skoon te maak en veiliger as knipmes wat dalk nie mooi oopge"lock" is tussen al die adrenalien deur nie. Die veld is die laaste plek wat jy jou hand wil oopsny.
Plankie-steak mes: Lekker dik Meula fixed-blade met mooi handvatsel
Biltongmes: Klein gewone victorinox knipmessie met maks 2 lemme
En natuurlik is die beste mes vir enige applikasie 'n skerp mes
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 1:26 pm
by Methos
Ek dra 4 messe saam. 'n Leatherman Wave in my broeksak elke dag. Dan in my rugsak het ek 'n groot jagmes met so 18cm lem wat ek saamvat vir as daar 'n vark vasgekeer word deur die honde en mens nie kan skiet tussen deur nie. Hulle vra dat elkeen so mes saamvat om die vark dood te steek. Ek moes dit gelukkig nog nie doen nie
Nie vir sensitiewe kykers nie
https://www.youtube.com/watch?v=vZsEi2TkVik
Dan ook in my rugsak het ek 'n skinner met 'n guthook wat heel lekker werk. Sy handvatsel is dalk bietjie klein maar ek het groot hande. Dan dra ek ook 'n carpet knife saam 'n pak vol lemmetjies wat ek gebruik om die afslag begin lyne te sny want die hare maak jou mes baie vinnig stomp.
Ek is mal oor die droppoint hunter!
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 4:26 pm
by Koos Barnard
Ha-Ha!!! Ons ry lankal nie meer sponsorbakkies nie, van Febrmaand af. En SA Jagter het so pas hul eie bakkie gekoop. Die Ford is my eie wat ek al meer as 18 maande besit (nee ook nie goedkoop gekry deur 'n sponsor nie).
Mooi loop
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 4:42 pm
by Supacow
Dan moet Oom maar terugswaai na die brand wat Deliver aangesien daar nou vrye wil is.
Stockholm Syndrome se skuld dat Oom nog die Ford het?
Alles loop reg altyd reg......Isuzu!
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 4:51 pm
by ruaanb
Supacow wrote:Dan moet Oom maar terugswaai na die brand wat Deliver aangesien daar nou vrye wil is.
Stockholm Syndrome se skuld dat Oom nog die Ford het?
Alles loop reg altyd reg......Isuzu!
Sê hom

Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Wed Sep 18, 2019 4:52 pm
by Koos Barnard
Supacow
Ons sou Isuzu kry toe is dit verander na Toyota toe - die basic 2.4-model met 15"-wiele. Ons gaan darem groter wiele opsit. Sorry vir Hijack
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Posted: Tue Sep 24, 2019 7:38 pm
by Raakskiet
ñ Mes moet skêrp, goedkoop en lig wees.
Ek gebruik Opinel knipmesse wat aan die boonste eienskappe voldoen.
Die nr 9 en 10 werk perfek. As jy sy skerp punt effens rond maak op die "bench grinder" werk hy nog lekkerder as jy n pens moet uithaal in die veld.
Hulle is lekker lig, so jy weet nie eers van hom in jou baadjie sak nie en goedkoop genoeg dat jy nie nagte later wakker lê as jy hom in die veld laat lê of as die slagter "vergeet" om hom vir jou terug te gee nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk