Page 2 of 2
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Aug 16, 2022 1:54 pm
by Gerardliebenberg
Goeie dag...
EKs Gerard Liebenberg
Nuwe lid vanaf PTA.
Lekker om uiteindelik n forum platform te kry wat AFR is en bonop wapen gedryf is.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Wed Jan 25, 2023 12:12 pm
by Ters
Hello almal. Ek is Tertius Marais en ek is van Montagu in die Wes-Kaap. Ek het n groot passie vir skiet en jag het nou onlangs begin met my eie Herlaai prosses en my 1ste jaggeweer gekoop en Handwapen. Ek het aangesluit vir doel om kennis te verbeter en platvorm te geniet.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Wed Jan 25, 2023 6:40 pm
by tripodmvr
Welkom aan beide Gerard en Ters. Geniet jul verblyf en praat lekker saam.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Apr 04, 2023 2:07 pm
by NoStepOnSnek88
Goeie middag almal.
Ek woon in Roodepoort, Gauteng.
Ek geniet "sportskiet" en alles wat met vuurwapens verband hou.
Ek het nog BAIE om te leer, oor die algemeen. Ek glo ook dat “ons” waaksaam moet wees oor wat met ons “regte” in die vuurwapen "spektrum" gebeur.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Apr 04, 2023 4:40 pm
by tripodmvr
Welkom in die familie.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Apr 04, 2023 6:10 pm
by Stef1274
Hi almal,
My naam is Stefan, ek bly in Centurion en oorspronklik van Rustenburg. 37jr oud, man en pa van 'n 18mnd oue seuntjie.
In die kluis:
Mauser sporter in .308, Redfield 2-7x33. Dit is my #1 jaggeweer vir die afgelope 20jr, en ek vertrou hom met my lewe, met al sy skete.
1970s .303 sporter wat ek eers later gekry het.
Dankie
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Apr 04, 2023 10:37 pm
by Aceofspades
Welkom aan al die nuwe mense.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Sun Jun 23, 2024 3:17 pm
by Simba
Goeiedag mede jagters.
My naam is pieter van deventer.
Woon in Tzaneen. Het na 25 jaar my PH register finaal toegemaak.
Ek jag deesdae probleemdiere soos en waar dit n behoefte is.
Sien uit om baie te leer uit die forum.
Jesus?...Hou Sy hand vas vir al wat werd is.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Sun Jul 07, 2024 7:22 pm
by Jacquesb
Manne
Goeienaand.
Ek stel myself weer voor omdat ek vir baie maande onaktief was, weens persoonlike redes en omstandighede.
My naam is Jacques, eks van Pretoria en ek kom te min op die skietbaan en in die jagveld, verder is ek 5 jaar ouer as 5 jaar gelede.
Dit gee my sommer so warm gevoel om die hart om die "ou manne" se name weer op die skerm te sien.
Ek vertou dat ek voortaan weer gereeld gaan deelneem.
Mooibly.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Oct 22, 2024 9:25 am
by Grond Monster
Hi Almal,
My naam is Erns (Grond Monster), ek woon in PTA en ek het 'n probleem..... ek hou van skiet.... ("heelllooooo Erns.....")
Ek is dankbaar om tussen ander mense te mag wees met dieselfde probleem....
My nuutste skietgif is 'n 7x64. Maar ek besit ook .22, .243, 6.5x55, .303, .308, 7x57, 7,62x39, 9mmP, .40S&W.
Dankie dat julle my verstaan....
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Oct 22, 2024 5:04 pm
by tripodmvr
Jou beheptheid met vuurwapens word oorgesien omdat jy 'n 7x64 aangeskaf het. Welkom.