Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by FHM »

Dirk, laaang storie kort - dit was 'n lid wat n betekenisvolle en ruime verbeelding gehaad het en ongelukkig met ander manne se osse geploeg het maar die opbrengs vir homself gehou het... Hy het elke lid op die forum vir n gat gevat vir n hele rukkie... ;)
Ek sien daarna uit hoe Oom Pieter dit gaan beskrywe... ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Dirkvh »

FHM wrote:Dirk, laaang storie kort - dit was 'n lid wat n betekenisvolle en ruime verbeelding gehaad het en ongelukkig met ander manne se osse geploeg het maar die opbrengs vir homself gehou het... Hy het elke lid op die forum vir n gat gevat vir n hele rukkie... ;)
Ek sien daarna uit hoe Oom Pieter dit gaan beskrywe... ++>:
Dankie vir die verduideliking FHM. Het dit toe ooit uitgekom van waar hierdie Pine was?

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by PWV »

Pine is 'n obskure karakter wat ons vir jare gemesmeriseer het met grootwildjagtogstories wat hy uit sy duim gesuig het.

Baie lede (ek ingesluit) het rykhalsend uitgesien na sy vertellings totdat hy sy eie ondergang bewerk het deurdat sy verbeeldingsvlugte effens te ver na die verkeerde kant oorgehel het en hy ontmasker is. Na bewering was daar moontlik ook bedrog by betrokke.
Daarna het hy van die radar af verdwyn.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Gawie(13mm) »

Dag 2

Ek kon glad nie aan die slaap raak nie. Elke keer wat ek my oë toemaak, het ‘n ander deel van ‘n ongelooflike dag voor my geestes oog afgespeel.
Reinbreght het ons aangeraai om vroeg die volgende oggend, die koppie agter die huis uit te klim soos op dag een, om te sien of ons nie weer die twee groot bulle onder skoot kon kry nie. Ons het albei wakker gelê en wag dat die selfoon wekker om 5 uur moes lui. Tien voor ses het ons die kothuis se deur agter ons toegetrek en begin voetslaan in die donker. Die vol maan was besig om onder te gaan en met koplig en flits het ons begin klim. Die idee was om voor dagbreek op ons voorsit plek te wees. Teen half sewe was ons oor ‘n rant, deur ‘n klofie en amper op ons plek toe die donker sy mantel oor die oosterkim lig.
Die absolute stilte op daardie oomblik kan net as heilig beskryf word. Wat ‘n voorreg om saam met ‘n goeie vriend en jagmaat God se skepping so te kan ervaar.
Ons het onsself ingegrawe neffens ‘n bos op die rand waar ek die vorige oggend die koeie verras het. Die koedoes sou minder as 150 m van ons moes verbyloop om in die klofie af te gaan na die rivierloop. Ek het vir Reinbreght laat weet dat ons in plek is. Ons het vinnig ‘n broodjie gebreek en ‘n koffetjie afgesluk terwyl ons soos meerkatte rondgeloer het. Wie wil nou deur ‘n koedoe vertrap word?
Na ‘n uur se sit het ons die bakkie gehoor aankruie uit die rigting van die lusern lande. Indien daar enige koedoes in die omtrek was sou hul nou al aanstaltes moes maak om van die berg af te kom. Reinbreght het egter laat weet dat hy niks van onder gewaar het nie en dat dit wou voorkom of die warm weer en die volmaan die koedoes se ritme versteur het. Ons het besluit om op te pak en stadig teen die rant af te werk.
Ons het spore en mis gekry, maar dit was duidelik ‘n dag oud. Anders as die vorige dag het ons besluit om aan die regterkant van die klofie af te gaan tot in die rivierloop en nie deur tot op die volgende rant nie. Met die uitkoms in die loop het ek eers regs gedraai en wraggies die twee bulle se spore gekry waar hul gister staan en suip het by ‘n vlak poel in die riverloop. Ek en Dawid het minder as 60 m van hulle af verby geloop siende dat die 3 rante soos die tande van ‘n vurk deur die 2 klofies geskei word wat neffens mekaar in die klein canyon uitloop.
Ek en Rainier is toe maar al op my en Dawid se spore langs die loop af tot waar Reinbreght en Heinz ons opgetel het. Nie ‘n koedoe in sig nie. Met gewere veilig, het ons die bakkie bestyg en al die gate en klowe begin fynkamp. Ons is verby “Heinz se hek”, tot waar die driffie verspoel het. Hier het ek afgeklim en is aangesê om 20 minute te wag en dan deur die drif te gaan en dan dadelik links te swenk en al met die rivier langs te loop. Rainier sou op die oorkandste rant afgelaai word en ons sou dan parallel met mekaar beweeg tot waar die rant uitloop op die vlakte neffens die pad.
Ons het dan ook saam die rendezvous bereik sonder enige sukses. Nerens was daar vars spore oor die bakkie se spore van die vorige dag nie en ons was dit eens dat die koedoes duidelik ‘n spioen in ons midde gehad het of dat ons net nie lekker die spel verstaan het nie.
Dit was nou amper elf uur en daar is aangestoot na die lang kamp toe. In by die hek en dadelik regs om die droë dam en oor die rant waar ons links geswenk het en al met die berg aan ons regterkant, begin soek het vir koedoes. Waar die rivierloop die kamp halveer het ons weer links gedraai en die loop begin volg. Daar gewaar ek die eerste koedoe van die dag. Ons was in die tweespoor, amper 400 meter van die rivierloop toe ek die koei teen die bosse sien staan. Sy is vinnig die ruigtes in. Ons het besluit om om te draai en haar of by die driffie waar die oorkantste rant doodloop afte sny, of daar af te klim en haar te voet te jag.
Nes vroeër die oggend het ek duskant die rivier gewag tot Rainier op die rant is. Reinbreght is weer padlangs om vir Heinz amper ‘n kilometer verder in die loop af, te gaan aflaai. Hy sou met die bakkie stelling inneem teen ‘n hoogtetjie neffens die pad wat hom ‘n goeie uitsig oor ons jagveld sou gee.
Ek en Rainier het versigtig begin aanstap. Reinbreght het laat weet dat die koei deur die loop is en ongeveer ‘n 100 meter aan die anderkant van die rivier, voor ‘n doringboom staan. Ek moes net 50 meter aanstap en sou haar dan deur ‘n breek in die ruigtes by ‘n drif onder skoot kry. Ek het stadig aanbeweeg en Rainier uit die hoek van my oog dopgehou. Ons verstandhouding is dat die eerste man wat ‘n oop skoot kry, die kans moet benut. Die volgende oomblik sien ek hom dekking slaan en ek gaan af op my knie. Ek hou hom dop, maar sukkel om sy teiken te sien.
Toe die skoot klap, ry die kenmerkende doep geluid op die eggo van die knal.

Toe is ons in twee verskillende werelde; Rainier staan rustig op, maak sy geweer veilig, gooi sy rugsak oor sy skouer en begin aanstap na sy koedoe.
Met die skoot, skrik my koedoe en hol die nuut in oor die oorkantste vlakte. 4 groot koeie dop skaars 40 meter voor my uit die bosse en hardloop tussen my en die bakkie deur met lang egalige tree. Ek stap maar aan tot waar Ranier se koei lê. Sy moes vir Heinz staan en kyk het, want sy het ‘n mooi skoot agter die oor gekry op 275m. Dawid het met die afslag die 143 grein ELD-X uit die skedel gehaal.
Rainier trek pens en met die herwinningsband in plek, sleep ons die koei lag-lag deur die droë rivier tot op die oorkantste wal, waar ons kragte ons verlaat. Reinbreght bring die bakkie nader en ons laai.
Ons besluit om die 4 koeie te gaan soek, maar ons poging is tevergeefs en daar word besluit om liewers Rainier se bok by die slagplek te kry. Die temperatuur klim tot 26 grade en my lang onderbroek wat my teen die oggend se koue moes pantser begin nou soos ‘n luier voel.

Na middagete en ‘n lang Siesta slaan ek en Rainier weer voet tot waar ons afgekom het in die canyon die oggend. Die plan is om aan die oorkantste rant op te klim en die koedoes op hul gebruiklike trek oppad na die lusern in te wag. Reinbreght doen ‘n recce in die bakkie met die pad af. Na ‘n half uur se stap gewaar ons die eerste 2 koeie teen die rant. Hul kyk stip na ons.
Hoe nou gemaak? Ons besluit om maar die direkte benadering te volg en te kyk of ons binne ‘n gemaklike skietafstand kan kom. Ons is albei gemaklik met skote agter die blad tot op 350 m as die toestande dit toelaat. Aanstap, want die son begin koers kies na die verste heuwels. Ons het skaars gevorder toe Reinbreght oor die vlakte aangery kom en sê ons moet klim; daar is ‘n mooi troppie koedoes besig om die koppie te klim, nie ver van waar Rainier se eerste bulletjie geval het nie.

Ons ry halfpad in die kloof op en Reinbreght stop en skakel die bakkie af. Daar staan hulle teen die rant; kom dit voor uit die bakkie. Ek voel soos die gepeupel in daai storie van die kaal Keiser. Ek sien niks. Rainier be-aam Reinbreght se woorde en ek voel nou half ongemaklik, want dit is my beurt om te skiet, maar ek sien net aalwyne. Die rant kan nie verder as 300m wees nie. Hoe is dit moontlik? Ek vat my afstandtaster en beloer die heuwel en wraggies, daar staan hulle. ‘n Paar koeie en twee jong bulle. Almal kyk stip na die bakkie. Hoe wil julle maak; vra ons gasheer? Ek het reeds die afstand gemeet. 261 meter na die bulletjie wat regs staan.

Ek gaan hom agter die blad stoot as hy dwars draai, hoor ek my self sê. Ek druk stadig ‘n rondte in die 7 x 57 AI se kamer en voor ek die slot toemaak stel ek die teleskoop op met 3.5 minute. Die geweer lê doodstil oor die skietbank se kussing en met my regter elmboog wat op die tralies stut, kom die kruishaar op die koedoe se voorkop tot rus. Ek gaan vir die kop sê ek en druk die slot toe. Ek hoor net die gedempte knal en die eggo van die impak. Dus mis; hoor ek. Wraggies, daar draf die bogger ongeskonde oor die rand.

Die ander koedoes staan soos soutpilare. Ek voer ‘n nuwe rondte in die kamer en lê aan op die kleiner bul wat omtrent twintig tree links van die eerste staan. Ek word vir die eerste keer bewus van ‘n lastige dwars windjie. Ek is op die koedoe se kop en ek vra my maats wat die wind maak?
Effens van links oor my skouer; sê Rainier. Regs van oor die rant, hoor ek vir Reinbreght. Ek sien self deur die teleskoop hoe die takkies na links neig langs die koedoe se kop. Die wind vat en los en ek besluit om op die regter oog te mik, soos hy vir my kyk. Toe die wind effens sak, loop die skoot en die “dup”, kom terug.
Dus vas! Nou hoekom hardloop hy dan teen die rant uit? Ek volg hom in die teleskoop en sien hoe hy links draai bo-op die rant en verdwyn aan die agterkant af. Sy onderkaak is af, besef ek. Nou is daar groot bollie!
Ek en Rainier is soos blits van die bakkie af en dit vat 5 sekondes om op ‘n plan van aksie te besluit. Ek gaan dwars na links uit op met die koppie en Rainier gaan die bloedspoor vat van waar die bok gestaan het. Ek hardloop met my geweer en rugsak teen die bult uit. My bors brand en my hart klop soos ‘n Lister. Op die rant gekom, gewaar ek niks en is besig om my verkyker uit my rugsak te haal toe ek Rainier aan my regterkant hoor roep. Ek kyk op en sien ‘n hengse stof wolk van waar sy stem gekom het. Die volgende oomblik spring hy op en af met swaaiende arms. As ek nie so moeg en kwaad vir myself was nie, sou dit snaaks gewees het. Ek dog hy het neergeslaan en van daar die stofwolk.
Kom skiet jou bok; kom sy stem op die wind. Hy lê teenaan die afgrond. Met nuwe krag beur ek aan oor die klippe en bosse en toe ek 30 m van hom af is sien ek die bul op die rand van die afgrond. Maak klaar; skree ek, want ek besef nes Rainier dat as daai koedoe nog een keer rondskop, gaan ons hom deksels ver moet loop haal uit die kloof. Soos Heinz altyd sê: “ Dit is nie ligte musiek nie.”

Rainier dien die genadeskoot toe op 10 tree en met die knal vang my hart weer vir die eertse keer ‘n aanvaarbare ritme. My gemoed skiet vol en as dit nie vir Rainier se verligte glimlag was nie, het ek in trane uitgebars. Ek kan nou nog nie mooi die emosies verwoord nie, behalwe dat ek tot my dood, ‘n onpylbare respek vir my jagmaat sal koester.
Ek laat weet dadelik vir Reinbreght dat ons die Koedoe gekry het. Skaars 40 meter van waar hy aanvanklik gestaan het met die skoot. Reinbreght was nie oortuig dat my eerste skoot mis was nie en tydens ons soektog het hy gaan kyk na waar die eerste bul gestaan het. Twee kwesbokke sou nou werklik in ‘n nagmerrie ontaard.

Wat dink jy vra ek vir ‘n aalwyn? Dan is dit nog ‘n kopskoot ook, hoor ek vir Reinbreght, met ‘n glimlag.
Daai warrel windjie het my amper 10 duim na links gedruk! ‘n Mooi kopskoot op ‘n trofee aalwyn.

Voor ek pens trek, soek ons die ingangswond van die 162 grein Hornady SST koeël. Ek sien niks en toe wonder Rainier hard-op hoekom die bok 3 neusgate het? Daar sit die gat. Op die punt van die neus. Die koeël het die bo kaak vergruis en die onderkaak mors af gebreek. Dawid het die koeël teen die nekwerwels uitgeslag. Perfek omgeklink.

So eindig my eerste jag in die Oos-Kaap op 'n gelukkige nood.

Dankie aan Heinz wat ons genoeg vertrou het om ons te nooi na 'n stukkie paradys. Opregte dank aan Reinbreght en Sandra wat ons nie net welkom laat voel het nie, maar ook toegelaat het om basies te jag soos ons wou.

Dankie Rainier vir jou onbaatsigtige vriendskap. Dit was 'n voorreg!


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/1220c9746a356034b27c2bf729d41299.jpg
Net voor dagbreek.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/c1285ba0cbf39bfba3d9917696408b40.jpg
Dagsê nuwe more.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/61609dfd6fe7ed4cbb9561df563fc022.jpg
Rainier se Tikka in .260. GRS kolf. Atlas tweepoot en NF NXS teleskoop.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/b108ae36d54eaba968d32a733e877386.jpg
Waar is die koedoes?

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/b03a8242c9ecad6a2a82f9aaa3b6d427.jpg
Poskaart mooi uit die canyon.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/3da8172f2d6fa33e640626f8cbb30148.jpg
'n Regte kombuis bulletjie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/076aa734ed24bb305bfc371c5822f326.jpg
Rainier het ons gewere en sakke afgedra, terwyl ek solank die bulletjie halfpad af teen die bult gesleep het. Hier was my gô uit!


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/b08c0b04960308c95ec0b1c743929c5a.jpg
Daar hang hulle. 4 koedoes. Nie die grootste nie, maar ons het hard vir hul gewerk. Ligste het 70 kg en die swaarste 85 kg, skoon uitgeslag.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190822/53c499a3049f0a9cf5f1550d0d8c5202.jpg
Perfekte uitgangswond op 'n aalwyn.
Last edited by Gawie(13mm) on Thu Aug 22, 2019 2:51 pm, edited 3 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by henried »

Baie geluk, lekker gelees.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Gian_dP »

Lekker Gawie! Kan omtrent voel hoe ons saam met jou die bult uithardloop. Dankie vir die pragverhaal

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Jakkalsgat »

Geluk Gawie, lekker storie van suksesvolle jag.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Charles7x57
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Charles7x57 »

Dankie Gawie.
Weereens mooi geskryf. Dit was nou n lekker storie om te lees.
Groete.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by tripodmvr »

Met die mooi fotos en mooi storie was ek nou amper in die Ooskaap. Koedoejag daar is iets besonders. Die berge naby Jansenville gee net sulke mooi vistas, veral in die rigting van Graaff-Reinet en die Sneeuberge.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Hansieslim »

joe rocket wrote:
Hansieslim wrote:Oos-Kaap sê jy? Hmmm

En jou punt is?
Bucket list item wat nog nie afgetick is nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by LUAN »

Baie goed geskryf Gawie. Jy mag maar. Het my nou weer baie lus gemaak vir nog n koedoe jag. En my weer laat besef ek sal maar by my 300 hou as dit kom by jag.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Hansieslim »

Sjoe Gawie dis mooi geskryf. Dankie.
Koedoejag in daardie wêreld klink regtig nie na "ligte musiek" nie. Klink na harde werk en bulte op en af.
Kan jy dalk 'n foto plaas van 'n "herwinningsband" asb?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Gawie(13mm) »

Dit was een vir die boeke!!! ;D

Ek ag myself nie as 'n goeie skrywer of jagter nie. Die rede hoekom ek my stories hier vertel is sodat ek dit hopelik oor 30 jaar weer kan lees en dat die jag nie net ver gedagtes sal wees nie, maar helder in my geestes oog sal afspeel.
Daar is baie van ons wat nooit so 'n geleentheid sal kan ervaar nie. Nie omdat dit te ver is of omdat dit nie finansieël sin maak nie, maar omdat ons miskien nie fisies instaat daartoe is nie. Ek het my eerste bok geskiet toe ek 23 was, op 'n voorsitjag in die Karoo. Vir lank was dit my verwysingsraamwerk en dit sou seker so bly indien ek nie verslaaf was aan Magnum en S.A. Jagters se tydskrifte nie.
.....en toe verwys 'n goeie vriend my na Jaracal en baie van dit wat ek in tydskrifte gelees het word deel van my realiteit.

Ek voel gevly deur almal se woorde en ek sal 'n leuenaar wees indien ek ontken dat 'n man se ego goed doen, maar dan dink ek net hoe maklik die verhaal op 'n suur noot kon eindig en ek dank die Vader dat Hy in my onkunde oor my waak.

@Swede; Ek het 'n toets gedop met die Triggercam. :-[ Hy hou nie van bakkie-ry nie. Altans nie soos ek dit gedoen het nie. Ek het my roer meestal vertikaal op die bakkie laat staan en met die geskut en gestamp het die Triggercam afgeskuif op die teleskoop en sodoende uit fokus geraak. Al my videos is erg uit fokus. So leer 'n mens.

Daar is nog 'n paar jagte op my lys, maar tot dan sal ek aan die een herkou.
Last edited by Gawie(13mm) on Fri Aug 23, 2019 11:34 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Gawie(13mm) »

@ Hansieslim; Hans, ons het maar die standaard herwinnings band gebruik wat die meeste van ons maar in ons voertuie rondry.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Gawie(13mm) »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190823/cc32f9215271176f47623880fa67a467.jpg

So lyk 'n standaard 7 x 57 rondte teenoor my 7mm AI, gelaai met 'n Hornady 162 grein SST. 51 grein S385 druk hom teen 2760 vps.
Die herwinde koel het 92 grein geweeg en is herwin uit die bulletjie se nek.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by alecjohnson »

Baie dankie vir die storie Gawie, dis nou baie mooi geskryf! Ek het die stuk vreeslik geniet!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Stephan86 »

Baie dankie vir die deel van jou storie Gawie. Soos die manne al genoem het, jy mag maar 'n storie vertel.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Koedoes, rooikat en 'n trofeë aalwyn.

Post by Ockert1992 »

Lekker storie Gawie!
Post Reply