Page 2 of 3

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed May 22, 2019 3:09 pm
by Koos Barnard
Ek is versot op springbok maar die heel lekkerste rugbiltong wat ek ooit geëet het was die van twee sebramerries wat ek geskiet het. Een was 'n Burchell naby Phalaborwa en die ander 'n bergsebra op Otterskloof. Ek het nie die res van die vleis gebruik nie, dit het op die plase agtergebly. Ek het eendag 'n paar stukkies daarvan werk toe geneem (gebak in meel en eier) en almal wat geproe het, het gedink dis bees. Hulle was stomverbaas om te hoor dis sebra.
Mooi loop

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed May 22, 2019 6:08 pm
by Frikkie Coetzee
Dis nie billik om swart en blou wildebees as die selfde te klassifiseer nie. Hulle is werelde van mekaar verwyder.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed May 22, 2019 8:08 pm
by DWB
Njala is my nuwe gunsteling na die 2 bulle wat ek al gejag het

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed May 22, 2019 8:15 pm
by Glocked
Dit is asof swartwildebees vleis meer sensitief is vir adrenalien as die blouwildebees, soos blesbok ook maar. Ek het eintlik bietjie vergeet van die rooihartbees, nie 'n spesie wat ek gereeld jag nie, aangesien hulle mos maar aan die duur kant is in die bosveld, maar ja die rooihartbees is van die beter vleis wat ek al gehad het.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed May 22, 2019 9:41 pm
by Baasvark
My order of preferance:

Gemsbuck
Rooihartebees
Blackwildebees
Warthog (fat, maize hogs!)
Impala (yup!)

I haven't had good results with Eland (have only shot one and it was an old cow....)

Mate of mine makes black wildebees sosaties that I have yet to match.

Springbuck I've tried several times and haven't yet mastered....


Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 12:30 am
by Pappabeer
Niemand noem die klein bokkies nie. Duiker en Steenbok is beide lekker

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 12:50 am
by Geno
Ribbok
Rietbok
Steenbok
Springbok
Swartwildebees

Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 5:53 am
by Ds J
My stemme was vir eland, koedoe en gemsbok.

Waterbok en rooihartbees kort op die lys.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 7:24 am
by Frederik
Pappabeer wrote:Niemand noem die klein bokkies nie. Duiker en Steenbok is beide lekker
Stem saam self klippie ook eenkeer ge-eet en was baie verbaas. Baie sagte vleis en tekstuur die kleiner bokke.

Wel eenkeer vaalie probeer en ek sal maar die ene skip gee.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 9:26 am
by Dimitri
"Leaderboard" update

427 votes
Min no of voters 85.4

Rank/ Species/ Votes/ % votes/ Approx % who voted for that species
1/ Eland/ 80/ 18.7%/ 93.7%
2/ Gemsbuck/ 77/ 18.0%/ 90.2%
3/ Springbok/ 75/ 17.6%/ 87.8%
4/ Kudu/ 63/ 14.8%/ 73.8%
5/ Fallow deer/ 36/ 8.4%/ 42.2%
6/ Impala/ 28/ 6.6%/ 32.8%
7/ Common/mountain reedbuck/ 27/ 6.3%/ 31.6%
8/ Blue/black wildebeest/ 20/ 4.7%/ 23.4%
9/ Warthog/bushpig/ 12/ 2.8%/ 14.1%
10/ Blesbuck/ 9/ 2.1%/ 10.5%

There is a clear "Top 3" in Eland, Gemsbuck & Springbok

I agree with the guys that say there is a distinction between blue and black wildebeest meat. As previously explained the system only allows for 10 options which is why I paired up the 2 wildebeest, 2 reedbuck and 2 pig species. Even as pairs, none of them make the overall Top 5 and they would have therefore be ranked even lower individually.

None of the other species voted for in the comments (waterbuck, red hartebeest, bushbuck, nyala, zebra, duiker, steenbok) have received enough votes to make the Top 8 or 9. I have never shot or eaten red hartebeest and would love to do that some day. I have read of people whose wives only allow red hartebeest meat in the house.

I agree with the guys that say steenbok & duiker makes good eating.

There is a widely held belief that one should avoid eating duiker that live near rural settlements as they have been known to eat human faeces. Is this true? Or was it one duiker that once ate human faeces and the story was retold so many times that it has now become accepted as generally true? Has anyone actually witnessed duiker regularly (or even a once-off) eating human faeces? Could it be that it happened during a time of food scarcity (drought, fire). I think it is likely that the pig species will eat anything a duiker eats - and more.

Frederik, I have shot two mature Vaal Rhebuck rams and, based on the meat from those two animals, I agree with your assessment of that species' meat. I have also shot mature rams/bulls of many other species. The meat from the mature rams/bulls of ALL other species was palatable to a greater or lesser extent. However, the meat from both Vaal Rhebuck was not nice at all. Very dark, very tough, very gamey, slightly bitter almost.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 9:49 am
by Koos Barnard
My ondervinding is dat springbokke wat tydens voorsitskiet geskiet word se vleis nie naastenby so goed smaak as bokke wat individueel gejag word nie. Op voorsitskiete is die springbokke net rustig tot die eerste skote klap dan hardloop hulle die hele wêreld vol. Ons gebruik baie springbokvleis maar net van bokke wat rustig was en glad nie rondgehardloop het voor hulle geskiet is nie.

Sommige mense verseg om vlakvark te eet want hulle vreet ook glo alles wat voorkom, tot mis van ander diere. Ek het al vlakvarke sien vreet aan vrot afval van wildsbokke wat in die veld gestort word maar nog nie mis nie, so ek weet nie wat die waarheid is nie.
Mooi loop

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 9:54 am
by Koos Barnard
Toe ek in die Noord-Kaap gebly het, het ek baie steenbokvleis geëet en dis baie lekker. Duiker smaak 'n bietjie wilder maar ons het dit ook geëet. Rooiribbok is lekker maar dié bokke het 'n effense "soeterige" reuk wat soms in die vleis weerspieël word en dit skrik party mense af. Afskrik is miskien nie die regte woord nie, maar daar is mense wat nie van "soetvleis" hou nie. Ek het by verskeie geleenthede rietbok geëet. Soms was die vleis baie smaaklik en soms glad nie. Ek het verlede jaar 'n jong rietbokram geskiet. Die bok was onbewus van my teenwoordigheid maar die vleis was nie lekker nie en taai. Die grein was ook baie grof wat my verbaas het.
Mooi loop

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 10:11 am
by Glocked
Van die klein bok spesies is baie goeie vleis ja, bosbok was vir my ook van dir beter vleis wat ek al geproe het, ek dink die probleem kom maar in by R/kg, so die kleiner wild word nie so gereeld vir tafel vleis gejag nie, dus die rede dalk dat nie baie mense dit gereeld eet en hoog op 'n lys kan plaas nie

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu May 23, 2019 10:38 am
by Wit Johannes
Ek mag dalk nou mis gelees het maar ek moet sê van klein bokke was takbok een vaan daai verrassend lekker vleis en biltong, selfs as jy net 'n stukke vleis vraai is hy nogal glad nie sleg nie en dan natuurlik vir drie lekkerste sou ek sê blesbok.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu Jun 06, 2019 10:04 am
by Dimitri
"Leaderboard" update

457 votes
Min no of voters 91.4

L=Rank&Species&Votes&% votes&Approx % who voted for that species L=1&Eland&84&18.4%&92% L=2&Springbok&80&17.5%&88% L=3&Gemsbuck&79&17.3%&86% L=4&Kudu&68&14.9%&74% L=5&Fallow deer&39&8.5%&43% L=6&Impala&31&6.8%&34% L=7&Common/mountain reedbuck&29&6.3%&32% L=8&Blue/black wildebeest&23&5.0%&25% L=9&Warthog/bushpig&13&2.8%&14% L=10&Blesbuck&11&2.4%&12%

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Sun Jun 09, 2019 6:45 pm
by Louis K
1. Gemsbok
2. Kudu
3. Bosvark
4. Rietbok
5. Rooihartebees

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Jun 12, 2019 9:08 am
by WILLEBEES
Ek sien nerens iets oor sable nie.
Met watter wild sou dit vergelyk, bv koedoe of gemsbok?
Wie het dit al voorberei / biltong of droewors gemaak?

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Jun 12, 2019 9:30 am
by Dimitri
Ek het onlangs iewers n video gesien van n Amerikaner wat gepraat het oor sy jag. Hy het genoem dat hulle van al die diere se vleis geeet het wat hy geskiet het. Dit was n hele klomp verskillende spesies maar hy se sy gunstelling was maklik die sable.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Jun 12, 2019 9:35 am
by Frederik
Dimitri, I have had the opportunity to taste sable twice and on both occasions it was good even if it was older bulls.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Jun 12, 2019 9:41 am
by Dimitri
Frederik, I can only imagine how delicious the meat from a nice young cow sable would be then.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu Jun 13, 2019 8:25 am
by Dimitri
Updated summary
516 votes
Min no of voters 103.2

L=Rank&Species&Votes&% votes&Approx % who voted for that species L=1&Eland&94&18.2%&91% L=2&Gemsbuck&92&17.8%&89% L=3&Springbok&91&17.6%&88% L=4&Kudu&76&14.7%&74% L=5&Fallow deer&41&7.9%&40% L=6&Common/mountain reedbuck&36&7.0%&35% L=7&Impala&34&6.6%&33% L=8&Blue/black wildebeest&27&5.2%&26% L=9&Warthog/bushpig&14&2.7%&14% L=10&Blesbuck&11&2.1%&11%

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Thu Jun 27, 2019 12:02 pm
by WILLEBEES
WILLEBEES wrote:Ek sien nerens iets oor sable nie.
Met watter wild sou dit vergelyk, bv koedoe of gemsbok?
Wie het dit al voorberei / biltong of droewors gemaak?
Ek was toe gelukkig genoeg om 'n sable bul karkas (116kg) te koop te kry tydens my jagtrippie.
Het droewors, biltong, boerewors (Kameeldrift) en maalvleis gemaak.
Het gister van die vars gemaakte boerewors gebraai en was baie, baie beindruk met die tekstuur en smaak.
Nou nog net wag vir die droog word...
Kan darem ook nog die fillets, goulash en maalvleis later proe...

Laat weet asb indien julle al sable geeet het en wat julle indrukke is.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Sep 25, 2019 10:39 am
by Dimitri
Mountain Reedbuck Shoulders Kleftiko (more commonly made with shin)

On Sunday night I prepared to 2 mountain reedbuck shoulders as follows.
Numerous incisions were made in the meat into which I stuffed a sliver of garlic and a small cube of fatty warthog russian.
Sprinkled with oreganum and rosemary.
Seasoned with salt and pepper.
And drizzled with some lemon juice and olive oil.
Then crumbled a thick slab of feta cheese over the meat.
Placed in a pyrex dish, covered in tinfoil and let it marinade overnight.

On Monday I took my boys hunting.
At 11am, as per my instructions, the maid put the meat in the oven at 140 degrees celcius where it slow-cooked for 6 hours.
When I removed the tinfoil I could see the gelatine in-between the meat and the bone. The meat was so tender that it simply fell off the bone. It had a fine texture, was moist (a nice gravy had formed) and absolutely delicious.

If you get a chance to shoot a mountain reedbuck for the pot, then take it. If it's not in your Top 5 already then it most likely will be once you try it.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Sep 25, 2019 11:27 am
by Carlc
Ek moet darem ook net sè dat Kleftiko een van daai disse is wat as dit reg voorberei word dan kan dit selfs n stukkie wildsvleis wat normaalweg nie baie lekker is nie sommer baie lekker laat smaak. Ribbok is oor die algemeen glad nie te versmaai nie.

Re: Lekkerste Wildsvleis

Posted: Wed Sep 25, 2019 11:59 am
by JurieW
Ek moet bieg hier, ek het gestem maar my lys is bietjie grys in definiese:

1. Wilds vleis (wat ek self gejag het en gebraai het)
2. wilds vleis (wat ek van n bakkie af geskiet het en gebraai het)
3. wilds vleis (wat Johan gebraai het) hy mag maar.
4. wild vleis (wat Iemand anders gejag het)

Wat nie op my lys kom nie is vlakvark. Ek hou nie van sy smaak nie netso nie, en het al genoeg resepte probeer om te weet daai wild smakie op hom gaan nie 100% weg nie. Wilde makou en kolgans maak net lekker chilli bites...