Hi WouterWouter Roets wrote:Hallo Manne
Dit is vir my nog altyd interessant dat meeste jagters se primere motivering of voorvereiste is as dit kom by die jag/skiet van diere dat die dier ge-eet moet word. Hoe voel julle oor mense wat vir die mark of n slaghuis skiet en natuurlik n trofee jagter? Persoonlik dink ek en dit is net my opinie dat n persoon wat dit as n voorvereiste gebruik nog nie lekker sy persoonlike motiewe oor hoekom hy jag verstaan nie. Ek jag absoluut omdat ek dit geniet en dit alleen is vir my genoeg motivering. Deur enige iets anders as rede te gee bluf jy eenvoudig jouself.
Verder kan ek ook noem dat ek ook bevooroordeeld was oor die jag van sekere diere, maar met die jare waar ek op n paar jagte was waar van die diere geskiet is het my uitkyk totaal verander. Hierdie was spesifiek die geval met olifant en vandag beskou ek dit as een van die absoluut beste jagte daar buite.
Groetnis
Wouter
Ek het agter gekom ek hou actually nie daarvan om n lewende wese dood te maak nie. Ek het verlede naweek op n uitdun operasie n springbokooi geskiet wat vir my gelyk het of sy bok-alleen in die veld staan. Toe ek nader kom spring daar n bitter klein bokkie op en hardloop weg. Het hom probeer vang maar hy was te vinnig oor die randjie en weg. Dit het my baie sleg laat voel en baie laat dink.
Mense wat vir die mark of slaghuis skiet voorsien vleis aan die nasie - nes n bees en skaapboer - ek doen dit partykeer self ook en het uiteraard geen besware daarteen nie.
Ek het ook geen pyne met trofeejag nie want verstaan maar alte goed die finansiele rol wat dit in bewaring speel. Maar persoonlik put ek nie vreugde daaruit om iets dood te maak vir die plesier daarvan nie. Voorts is ek ook heeltemal te bang om n leeu of buffel te voet te moet jag - groot respek vir die manne wat dit doen! Ek kyk elke liewe video op youtube daaroor, dis boeiend.
Koedoes jag in die berge en klowe, en selfs springbokjag in die karoo is vir my heerlik en bied genoeg uitdagings wat my veldvernuf, spoorsnyvernuf, en ook skietvernuf aanbetref. Daardie uitdagings, tesame met die voorreg om in die natuur te wees, en natuurlik die samesyn met enersdenkende pelle is waarom ek jag.
Groetnis

