Page 2 of 3

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sat Apr 06, 2019 10:08 pm
by Barry Loock
Kan iemand dalk net die PDF dokument met my deel asb.
Ek kry nie die aanhangsel oop nie.

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sat Apr 06, 2019 10:20 pm
by Fanta300
PM jou e-pos adres dan stuur ek hom vir jou

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 7:20 am
by LeRoy
Albert84 wrote:Dis net daai “On this 1st day of April 2019” wat my laat wonder?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Netso, waarom is dié dan (nog) nie groot nuus by die Jagtersvereenigings nie? Vra net.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:16 am
by Gbyleveldt
LeRoy wrote:
Albert84 wrote:Dis net daai “On this 1st day of April 2019” wat my laat wonder?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Netso, waarom is dié dan (nog) nie groot nuus by die Jagtersvereenigings nie? Vra net.
Ek wonder self hoekom manne soos Gosa of Martin Hood nog niks hieroor te se gehad het nie. Is hulle ooit bewus daarvan?

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:39 am
by OosKaapJagter
Moenie te opgewonde raak nie. Hou die skuiwergat eerder in die binnekringe van die forum.

Sodra dit wyd gepubliseer word gaan die SAPD twee strategieë volg:
(i) Teken appèl aan (Indien onsuksesvol betaal die belastingbetaler; indien suksesvol betaal die applikant.), en
(ii) Wysig doodeenvoudig artikel 16 terwyl die appèl selfs nog hangend is.

Geniet en gebruik die skuiwergat terwyl dit daar is. Dit is sinies maar dit is die feite.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:58 am
by PWV
Deesdae is sulke goeie nuus maar skaars!!! Well done, JOHANNES DOUGLAS RICHARDS!

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 9:33 am
by 243Songdaug
Dis wat ons lankal nodig het en die SAP vrees. Sodra hulle begin sake verloor in die hof is die koeël deur die kerk. Dis hoekom hulle eerder altyd skik

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 10:54 am
by Jake1
Ek stem, hou die skuiwergat hier op die forum

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 12:54 pm
by Gbyleveldt
Ek moet bieg dat ek die uitslag op Gunsite gaan plaas het. Ek het aangeneem dat dit op n publieke form hier geplaas was, so dat dit nie ‘n probleem sou wees nie. Die idee was dat die Gosa manne daarop kommentaar sal kan lewer. Skuus as ek nou op manne se tone gaan trap het...

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 12:57 pm
by OosKaapJagter
Daardie lyk nogal nie na 'n skikking nie.

Daar is altyd die risiko dat 'n mens 'n geveg kan wen en uitermatig feesvier, net om uiteindelik die oorlog te verloor.

Dit is soos as 'n perdeby jou steek; dit is 'n pynlike irritasie. As verskeie perdebye jou steek, dan roei jy die nes uit. Sodra die skuiwergat te veel gebruik word, gaan dit toegemaak word.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 1:17 pm
by Jan Nel
Manne
Ek dink een vd prokureurs of advokate op die forum moet vir ons die uitspraak interpreteer.
Vir my lyk dit soos 'n verstekvonnis, maw geen verhoor waar beide kante vd saak aangehoor is het plaasgevind nie. Waarskynlik het die verweerders of nie verdediging aangeteken nie of nie hul opponerende verklarings geliaseer nie.
Soos ek verstaan, vereis ons wetgewing nie motivering nie van 'n lisensie aansoek nie, maar is 'n behoorlike motivering 'n SAPS vereiste.
Maar miskien is ek heeltemal verkeerd.
Groete

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 4:56 pm
by r1ch@rds
Jan jy is 100 persent reg. SAPS het verdedig en toe nie hulle stukke geliasseer nie. Dit was egter nie die einde nie en mos ons die regter oortuig van ons saak juis omdat ek die declaratory aangevra het. Die judgement staan en kan dit tans gebruik word. Die manne wat twyfel, gaan voort en doen julle volledige aansoeke soos altyd, moenie dat ek in julle pad staan nie. Voorspoed. Oor en uit!

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:32 pm
by Alwin
r1ch@rds wrote:Jan jy is 100 persent reg. SAPS het verdedig en toe nie hulle stukke geliasseer nie. Dit was egter nie die einde nie en mos ons die regter oortuig van ons saak juis omdat ek die declaratory aangevra het. Die judgement staan en kan dit tans gebruik word. Die manne wat twyfel, gaan voort en doen julle volledige aansoeke soos altyd, moenie dat ek in julle pad staan nie. Voorspoed. Oor en uit!
Netjies gedoen!

'n Paar vrae, aangesien ek nie altyd die "legaleze" mooi verstaan nie:
1. Betaal die respondente uit eie sak, of betaal die belastingbetaler weer namens hulle?
2. Is daar 'n kans dat die respondente gaan appeleer (weer op belastingbetalers-koste)?
3. Soos ek verstaan het wapeneienaars al honderde sake teen die registrateur gewen. Gaan hierdie ene 'n verskil maak aan die groter prentjie?

Dankie.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Mon Apr 08, 2019 6:52 am
by r1ch@rds
Die kostes word betaal in hulle NO hoedanigheid so ja die belastingbetaler betaal weer. Hulle kan nie appelleer nie behalwe as die regter fout gemaak het met die bevel. Hulle sal die judgment eerder ter syde moet stel. Indien hulle wil appelleer sal hulle ook eers toestemming moet kry. Gaan nie so maklik wees nie. Die enigste impak wat die uitspraak het vir ander applikante is op die interpretasie van Sec 16. Die persoon wat die aansoek bring moet sy aansoek net regdoen en dan behoort daar geeen issues te wees nie. Groete

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Mon Apr 08, 2019 7:03 am
by LeRoy
Ons is almal dan ‘n groot dankie aan jou verskuldig.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Mon Apr 08, 2019 8:12 pm
by Alwin
r1ch@rds wrote:Die kostes word betaal in hulle NO hoedanigheid so ja die belastingbetaler betaal weer. Hulle kan nie appelleer nie behalwe as die regter fout gemaak het met die bevel. Hulle sal die judgment eerder ter syde moet stel. Indien hulle wil appelleer sal hulle ook eers toestemming moet kry. Gaan nie so maklik wees nie. Die enigste impak wat die uitspraak het vir ander applikante is op die interpretasie van Sec 16. Die persoon wat die aansoek bring moet sy aansoek net regdoen en dan behoort daar geeen issues te wees nie. Groete
Dankie!

Sou jy dalk te vinde wees om hier op Jaracal riglyne (of 'n voorbeeld) te plaas vir 'n self-opgestelde appel? Dit lyk of die meeste aansoeke vir semi-outomatiese gewere en haelgewere summier geweier word en dan op appel geneem moet word. Enige hulp sal waardeer word.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Wed Apr 10, 2019 10:06 pm
by Ranger
any further news on this? Have SAPS appealed? Has any gun organization picked up on this?

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Wed Apr 10, 2019 10:41 pm
by Fanta300
SAHunters, CHASA and GOSA have made contact.

See above regarding SAPS appealing.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Wed Apr 17, 2019 4:10 pm
by Fanta300
My skoonseun het vandag sy boodskap gekry om te sê sy aansoek is goedgekeur. Lyk dus nie of SAP gaan appèl aanteken nie.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Thu Apr 18, 2019 9:34 am
by tau
Baie geluk.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 21, 2019 1:49 pm
by Ranger
Anyone submitted a S16 application with no motivation (besides details of their dedicated status etc exactly as per the FCA) along with a copy of this court order?

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 21, 2019 6:38 pm
by Fanta300
Ranger, I know of one going in soon. Will give feedback asap

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Sun Apr 21, 2019 7:52 pm
by Jurgen Visser
Soos ek dit verstaan , geen motifeering nodig vir sec 16 nie en dus ook nie nodig vir 'n endorsement dan nie , neem ek aan , of is ek verkeerd ?

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Mon Apr 22, 2019 6:34 am
by Gbyleveldt
Jurgen Visser wrote:Soos ek dit verstaan , geen motifeering nodig vir sec 16 nie en dus ook nie nodig vir 'n endorsement dan nie , neem ek aan , of is ek verkeerd ?
Ongelukkig moet jy ‘n ‘endorsement’ he van ‘n skietklub vir seksie 16, dit is immers die doel van seksie 16 in die eerste plek, en word so uitgele in seksie 16 subitem 2.

Maar soos dit in die hofbevel gelewer is, is daar geen sprake van ‘n motivering vir seksie 16 van die FCA nie (ek het self gaan kyk na hierdie episode, die dat ek myself slim hou :) ). Daar is wel ‘n plek vir motivering op die saps271, wat ek sou aan neem vir die gebruik van seksie 13 applikasies sou wees.

Re: SAP KRY BLOEDNEUS!!

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:09 am
by OosKaapJagter
In plaas daarvan om te kyk wat die minste is waarmee jy kan wegkom, sou ek sê gee 'n ordentlike motivering EN 'n afskrif van die hofbevel.

Dit is beter om jou lisensie te kry as om te sit en wonder of die volgende KFC eter jou standpunt gaan insien.

Onthou dat as jou aansoek afgekeur word, moet jy dit opnuut indien, 'n appèl aanteken of hof toe gaan. Die regter wat jou saak in 'n ander provinsie aanhoor is dalk net 'n anti-vuurwapen GFSA lid.