Page 2 of 2

Re: Bye!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Posted: Thu Nov 03, 2011 6:37 pm
by wlm
Ons drink liewer nie koeldrank terwyl daar geskiet word nie. Dan is ons na die tyd BAIE dors en drink dan iets beters! ;D ;D ;D
Willem

Re: Bye!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:18 am
by Fanie
Gou-gou 'n paar dinge oor bye -

Apis Malifera is 'n bedreigde spesie, en dit is onwettig om hulle dood te maak.  R30 000 boete.  Sonder bye sal daar iets soos 70% van die plante (indien nie meer nie) ophou om te bestaan.

Ek het die laaste twee jaar meer as 14 swerms bye gevang, en ja ek is ook alergies vir die goed.  So hoe doen mens dit.

Gaan koop 'n bye kas by een van die bye boere, nuut kos hulle so R500, ek weet nie wat kos hulle as dit ou kaste is nie.  Ek het 6 kaste wat ek van van die bye boere gebedel het.  Die kaste sit ek in my erf in die koelte van die grond af en ek sit olie koppies onder hulle sodat die miere nie in die kaste kan inklim nie.

Wanneer 'n swerm trek dan is daar verkenners wat na geskikte blyplek soek, so in stede daarvan dat die bye in die huis of in die boot (soos laas) intrek, trek hulle eerder in die doelgemaakte kas in en is heeltemal tevrede daarmee.

Om van hulle ontslae te raak bel mens nou maar die bye boere en se jy het 'n swerm in 'n bye kas, hy kan die bye verniet kry, hy moet jou 'n byekas terug gee wat reg is.  Op die manier wen almal.  Die bye word nie vernietig nie, die bye wen, die bye boer wen nog 'n swerm en jy wen ook want jy sukkel nie om die bye weg te kry nie.

Ek wil iets anders ook noem.  Ek het besluit hier moet altyd 'n swerm bye in my erf wees.  Die verskil wat hulle aan die blomme en ander plante maak is duidelik teenoor wanneer hier nie bye is nie.  Ons het 'n grinadellla plant wat een hele ma se boom toe gerank het, voor die bye het die ding maar power gedra, na die bye gee ons sakke vol grinadellas weg.

Bye raak agressief wanneer hulle kas vol word, dit frustreer hulle en dan is hulle ongeskik.  As mens 'n super opsit dan het die bye weer blek om verder in aan te bou.  Een swerm bye wat ons uit my een pel se huis 'gemelk' het moes ek drie supers opsit net om die bye almal in die kas te kon kry.  Lekker groot swerm !  Ek bel die bye boer wie se besigheid ek tans help bou, en hy kom sit die super op, of hy bring 'n nuwe kas en vat die swerm weg.  Ek het nou so ruk terug 'n swerm gehad wat  nie so lekker was nie, ek dink daar het klomp koninginne in die een kas gekom te oordeel aan die hordes hommels wat daar was, en dit het die bye omgekrap.  Die bye ou kom haal maar net die bye en ek sit weer 'n kas op.

Onthou mens sit die kas waar die bye die minste pla.  Ek het brackets gemaak wat aan die beton mure hak en die kaste staan op die raam op olie koppies vir die miere.  Geen inmenging met mekaar se belange nie.

Dit is onwettig om bye in die dorp aan te hou.  Ek vang maar net die bye onthou.  Iets wat baie interressant is is die ingange moet altyd Noord wys, die bye hou daarvan.  Die bye vlieg van die kas af onder die plante uit en dan op en kies dan koers, dis die enigste paadjie waar jy uit moet bly.  As jy in hulle pad kom vlieg hulle in jou vas om jou te laat weet, bogger off, ons werk hier !  Die punt is teen die beton muur vlieg die bye nie in die bure se erf in nie.  Ek het op 'n stadium 6 swerms op een slag hier gehad, insluitende die groot swerm.  Oral was niet bye wat in en uit - en ek is nie een maak gesteek deur 'n by nie.

Dis maar soos enige wilde dier, behandel hulle met respek en hulle sal jou ook so behandel.

So ek stel voor, kry eenmalig die kas en vang die bye lewendig.

Re: Bye!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:05 am
by Fanie
Hi Piet, ratels is een van my gunsteling diere !  Net jammer hulle is soos party mense se kinders, nie baie leerbaar nie :-D
Ek dink hulle sou uitstekende wag'honde' gewees het.

Ek het al gedink ek moet die bye op 'n skudmasjien sit, iets soos daai wat hulle die blikke verf so op en af roer - as die alarm afgaan sit die ligte aan , die byekas se deksel lig en die kas skud.  Daar moet dan net sulke opvou kante op die mure ook wees dat die bl sim nie kan uitkom nie.

Re: Bye!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:19 am
by Fanie
Bye is die enigste 'insekte' wat dieselfde slaap patroon het as (meeste) mense, as jy wil he dit moet help vir die deur klimmery dan wil jy lig he daar en iets wat hulle pla, daai ouens staan saam as iets hulle bodder.

As die kaste te laag is gaan die ratel hulle verseker op 'n stadium gas gee.  Sal 'n jammerte wees, kry eerder by die buurman van die stukke koeke en gaan sit dit neer waar die ratel dit sal kry.  Sal gaaf wees as jy dit kan afneem ook.