Kry donderdag aand n oproep van Sakkie af ..."tjomma julle Zebra is weer terug op die voer...James het my nou net gebel en gesê dat hy hom vanoggend gesien het by die sement dam se hide."
Onmiddelik word daar reelings getref. .ek en seun moet vrydag oggend vroeg genoeg op die plaas wees dat ons sommer saam met die trekker kan uit gaan as hulle gaan voer.
Ons is so net na 11 vrydag oggend op die plaas..net betyds om saam die trekker te gaan.
Terwyl hulle voer laai kom ou Jim na my toe en vra asb...die bobejaan hulle pla baie in die land..
Ek kry hulle ook eintlik maar jammer. ....veld is bitter droog en kos is maar skaars, as dit net nie vir hulle vernielsugtige geaardheid was nie ..
Skiet jy net om hulle skrik te maak dan is hulle binne n uur of twee weer terug. ..en ander ding wat pla is die Nyala kamp is reg langs die land en bobejaan se kind beskou mos nyala lammers as koning kos.
Daars n klompie wyfies met kleintjies en ek maak seker dat die een in my kruishaar nie n kleintjie het voordat ek skiet nie.
Die epps bring sy kant en die jong kees lê net daar waar die kriek sy werk gedoen het op net so onder die 200m.
IMG-20181028-WA0019.jpg
Geweer is reg ...ek en Henrico klim die trekker oppad hide toe.
By die hide aan gekom laai ons gou ons twee bottels water en stoelle af...reg vir die lang wag.
Die wild is honger en onmiddelik begin die koedoe bulle versigtig inkom. . Die blouwildebeeste en rooibokke is nie so versigtig nie en kom sommer al snorkend in gehardloop.
Ek bietjie bekommerd oor die wind...hy dwarrel baie en ek weet die zebras is baie versigtig vir die hide..
Ons het nie 5min gesit toe Henrico fluister "daar kom die zebras pappa "
Vir die eerste keer in n lang tyd voel ek hoe stoot die bok koors in my op...
4 zebras kom sy aan sy in geloop en ek kan die teleurstelling proe toe ek duidelik sien ons zebra is nie daar nie.
Geen teken van mank loop of gebreekte been nie niks.
Terwyl ek my geweer veilig maak vra James my..."boss jy gaan hom nie skiet nie?"
"Hy is nie daar nie James" antwoord ek baie teleur gesteld.
"Hoeveel donkie hulle is?"
" daars vier James "
"Dan hy is daar!" kom sy antwoord.
James staan versigtig op om nie n geraas te maak nie en beloer die 4 zebras wat 15m voor ons sy aan sy staan en vreet.
"Daars hy!" Fluister hy en ek kan my hart in my ore hoor klop
" daai een by die kant " en hy beduie na regs.
"Kyk by die been die bloed"
Ek maak toe reg en wag om n veilige oop skoot op hom in te kry.
n Rooibok gewaar my beweging in die hide en maak alarm ...dis net bokke en zebras in alle rigtings soos hulle hardloop.
Gelukkig nie te vêr nie en die gekweste zebra steek mooi skuins vas.
Daars bietjie takkies wat pla maar ek sien n oop kol deur die teleskoop wat my uitgangs gat op die ander kant se blad sal plaas.
Skoot loop en onmiddelik weet ek ek het my skoot n fraksie te vêr agter geplaas, maar ek darm seker die skoot sal werk.
Dis net diere wat in alle rigtings spat ...en deur die chaos kry ek darm die zebra met die oog gevolg tot hy weg raak tussen die bosse.
Hy het binne n paar meter weg gebreek van die trop en heel lings begin hardloop.
James sê...." luister...daar val hy ek hoor die takke breek "
Gaan net daar op my knee en bedank ons GOD vir die tweede kans en vra mooi dat daai dier plat sal wees.
Gee toe n paar min kans..vat spoor en met GOD se Hand in die werke kry ons my bul se Zebra.
Mense ons SKEPPER is waarlik almagtig.!!
IMG-20181028-WA0012.jpg