Wire hair J R
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Wire hair J R
Hi Julle,ek het so paar maande terug vir my ‘n tefie gekry en hel is dit nou ‘n bakgat hond. Die jag instink is baie sterk en hulle word alreeds vanaf kleins geleer bloedspoor vat.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Wire hair J R
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181007/602ad19db89b2e1159d03fc145efc27f.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: Wire hair J R
Dankie Twinhunter, Laat weet as jy klaar opgelei het dan kom haal ek hom.
Waar het jy gekry
Waar het jy gekry
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Wire hair J R
Ek het haar gekry by MadMac JRT in Alldays. Het haar gevlieg Kaap toe en is bitter gelukkig met haar.katjak wrote:Dankie Twinhunter, Laat weet as jy klaar opgelei het dan kom haal ek hom.
Waar het jy gekry
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wire hair J R
Manne help my. Ek het nog nooit iets anders as GSD of Alaskan Malmutes nie. So ek ken nie van die skurke grootmaak nie. Ek soek nie so klein huisskuiter wat net alles opvreet en stout is nie en die hond moenie rondloop nie.
My Dogtertjie koop klaar mandtjie and komberse vir brakkie wat in haar kamer moet slaap.
My Dogtertjie koop klaar mandtjie and komberse vir brakkie wat in haar kamer moet slaap.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
shanenel
- Sr. Member

- Posts: 376
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:56 am
Re: Wire hair J R
Tau die terriers is maar almal besige honde.Hulle kou ook maar skoene soos enigehonde ras.Hulle grou ook gate in jou tuin .As jy n goeie hond soek vir troeteldier en jag of spoorsny wat nie n te groot is nie dan is n langbeen JRT of foxie of jagdt terrier jou antwoord.Hulle moet net baie aandag kry om wnwrgie te verbrand.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Wire hair J R
Net soos Shane sê. My seun se wire haired terrier is nou net so oor die drie maande......besig verby. Sy hou my rottweiler en twee scottish terriers gelyktydig besig! Fantastiese geaardheid en bitter slim.shanenel wrote:Tau die terriers is maar almal besige honde.Hulle kou ook maar skoene soos enigehonde ras.Hulle grou ook gate in jou tuin .As jy n goeie hond soek vir troeteldier en jag of spoorsny wat nie n te groot is nie dan is n langbeen JRT of foxie of jagdt terrier jou antwoord.Hulle moet net baie aandag kry om wnwrgie te verbrand.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wire hair J R
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181014/df0f68298e0a83282ac198e474814b72.jpg
It has begun!!!
So hardloop die tefie wat my
Pel vir my dogtertjie gegee het verby almal en tot by haar. Love at first sight. Sy is nie helemal rough coat soos haar Pa en een boetie nie, maar meer as die ander tefies. My Alaskan Malamute like haar baie my. GSD is nie so herl gelukkig met haar nie.

Last edited by tau on Mon May 20, 2019 8:36 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Wire hair J R
jou grasperk gaan anders lyk oor 4 weke lol.
geniet haar!
geniet haar!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wire hair J R
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201810 ... ed4690.jpg[/IMG]
My Alaskan Malamute teef is nou 11 so ek het al vergeet hoe lyk grasperke vol gate. Ek het vir my kinders ‘n sandpit gebou, maar deesdae grawe die honde daarin en los my grasperk uit.
Ai hier kom pret
My Alaskan Malamute teef is nou 11 so ek het al vergeet hoe lyk grasperke vol gate. Ek het vir my kinders ‘n sandpit gebou, maar deesdae grawe die honde daarin en los my grasperk uit.
Ai hier kom pret

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wire hair J R
Ek het geweet die hondtjies het spoed, maar genugtig die eenetjie het vanoggend 04;30 besluit slaap se gat. Eers die kinders en toe ek wat moet stoei en gebyt word.
Middag ete kry ek nie my groot gevaarlike reun GSD nie. Hy lê onder my dogterjie se bed. Toe hy uiteindelik by by my kom sit in sitkamer onder die aircon kom spring hy bo-op my skoot en trek sy stert in.
Sy byt die groot honde se sterte en voor hulle kan omkeer is sy onderdeur hulle of weg. Sy het soos in niks vrees vir hulle nie. Sy is al eenkeer raak gehap en was toe omtrent ontwaardig. My Pa se skaaphond wat vreeslik hardegat is en baklei met ander honde het net gevries met sulke groot oë terwyl die wirehair haar stert ruk en pluk.
Iewers gaan hulle haar raak hap ek hoop net nie dit is te erg nie.
My vrees is steeds voertuie in my straat, want sy sal hulle ook nie uitlos nie.
Snaaks genoeg het sy my vrou toetaal oorval en besluit dit is haar "mens". Ja sy is nie soos GSD wat 'n baas het nie. Nee sy het 'n mens.
Ek het maar ons nuwe fancy mat in die sitkamer opgerol totdat die hondtjie maniere het.