Advies - Jag Verblyf ??

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Advies - Jag Verblyf ??

Post by Carl »

Dinge lyk goed Henirich.
In sake die braai area soos op die foto en om aan te sluit by Apie. Dit werk miskien vir slegs vuurmaak, ek is nie ten gunste van so braai op grondvlak nie. Na 'n lang dag se stap en jag en afslag is mens nie lus om gat om hoog daar onder te braai nie. 'n Voorstel is 'n braai tafel wat 'n goeie hoogte is waar mens kole kan inskep en dan op die regte hoogte braai. Die ontwerp is belangrik, dit moet nie te toegebou wees dat die kole smoor nie, verkieslik moet dit oop genoeg wees dat 'n paar roosters langs mekaar kan staan. Ek sou vuur verharde bakstene vir 'n basis gebruik.

Kombuis. Jy kan maklik 'n sement oppervlak tafel maak. Jy giet die sement bop baksteen muur "kassies" die blad word afgewerk met iets soos Cemcrete - ons hele kombuis is so gedoen. Die afwerking is meer duursaam as gewone sement. Gebruik dit weerskante van die braai plek om daar ook 'n tafel te maak. 'n Kraan en wasbak of net kraan bo-op een blad is ook handig. Maak pak plek vir bv potte en panne onder die blad deur met lintels 'n rak te maak.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Advies - Jag Verblyf ??

Post by Methos »

Hi

Vir die sement tafels wat voorgestel is - Kyk gerus hierdie op youtube. Dit lyk baie nice en sal mooi inpas.

https://www.youtube.com/watch?v=ObtkY7gK0EY

Ek gaan binnekort 'n tafelblad probeer maak van dit.

Groete
Post Reply