Page 2 of 8

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sat May 12, 2018 4:42 pm
by Trompie
Capt. Oblivious wrote:Lekker Trompster, eks bly daai 300 skiet
Thanx Cappie. Jis daai roer skiet darem maar maklik raak. Long time coming...

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Mon May 14, 2018 6:43 am
by Ben Remington
Baie mooi diere.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed May 16, 2018 3:35 pm
by william007
Goeie dag
Hier weer so jag gedoen die week. Mooi vet diere geskiet. Was net lekker vrek koud in die oggend.
Ons het ook tyd gehad vir so vinnige voel jag.
Skote op die diere was redelik ver almal tussen 150 en 300 meter.
Kaliber was 270 tikka met 130 gr nosler bt
375 H&H met 300gr DGS Hornady

By die voel jag was dit met 7.5 Haal 39gr.

klient het baie goed geskiet.
Waterval safaris.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed May 16, 2018 3:37 pm
by william007
Hier is die voel jag en blesbok.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed May 16, 2018 3:39 pm
by Supacow
270's skiet maar so. Veral in Tikka Smooth.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 17, 2018 8:33 am
by Geno
Ek was eergister gou na vriende toe in die Karoo wat my genooi het om saam 'n klompie springbokke te skiet.

Die middag se 22 bokke wat ons met 3 bakkies geskiet het, is al foto wat ek geneem het.
WhatsApp Image 2018-05-17 at 08.21.59.jpeg
Daar was nie tyd om die aand nog te neem nie.
Die aand was ons 8 bakkies en het ons gestop op 272 bokke totaal.

Ek het die middag 2 van my langste breinskote nog geskiet.

2x bokke staan. 1ste een op sy kop op 395m. 2de een draf en gaan staan, selfde storie. Helmet hou op 475m. 'n .243Ackley vat nie nonsens nie.

Ek het vooraf gereeld op ons gong baan geoefen tot op 600m, en sal ek nie 'n breinskoot waag as ek nie 'n gong so in die middel kan skiet op verskeie afstande nie.
WhatsApp Image 2018-05-14 at 10.22.06 (1).jpeg
WhatsApp Image 2018-05-14 at 10.20.09 (1).jpeg
WhatsApp Image 2018-05-14 at 10.20.25 (1).jpeg

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 17, 2018 8:56 am
by Frederik
Netjies Geno!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 17, 2018 9:44 am
by ruaanb
liewe ouers netjies Geno!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 17, 2018 9:53 am
by henried
ruaanb wrote:liewe ouers netjies Geno!
Ek stem.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 17, 2018 10:39 am
by Albertdwk
Ek skiet ok so!

Op.....

20m, 40m en 50m

Dis netjies

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sat Jun 16, 2018 3:54 pm
by DWB
Jag die manne nie meer nie?

Rietbok ram op 15m geskiet.
7x57 met 175gr Hornady RN

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sat Jun 16, 2018 4:08 pm
by henried
Wow, baie mooi.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sat Jun 16, 2018 7:28 pm
by zkk601
1EEE44A2-0524-42E6-A28D-6AD6E5E13997.jpeg
Laas week gaan jag by Jansenville

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Mon Jun 25, 2018 11:24 am
by J le Roux
Ons het geleentheid gehad om Alldays Brombeek omgewing te jag. Die veld lyk besonders. Die maan en wind het nie saamgewerk nie. Die varkie het in die pad af gehardloop, verder is daar 'n rooibok ooi wat net kopskoot kans gegee het. Die foto is egter effens grafies.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Mon Jun 25, 2018 11:32 am
by DWB
Mooi man!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Mon Jun 25, 2018 11:34 am
by Frederik
DWB wrote:Jag die manne nie meer nie?

Rietbok ram op 15m geskiet.
7x57 met 175gr Hornady RN
Pragtig Deon,

Een van die spesies wat hopelik op my gejag lys gaan kom vroeer as later.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 6:44 am
by OomMatt
Nou ja , na my groot sukses in 2017 met Buffel , Sabel , Eland en Nyala trofees was die jaar maar rustig ………….. maar dit is tyd.
Vertrek more saam vriend (PH) van my seun op soek na my Bosbok trofee. Moet iets spesiaal wees en wag al lank vir die geleentheid.
Het al Bosbok , maar soos dit maar gaan …………. moet beter en groter wees.
Konsessies wat besoek gaan word is in Limpopo , Noord van Ellisras omgewing.

Dan in Augustus …. BWB , het 29 duimer ………… maar weer eens , moet groter en beter.
Die gaan gejag word , klaar gebook en vas gemaak op trofee van 29.5+" by my seun op Sekgweng Safaris.

Dan is ek klaar vir die jaar

Het darem nou al n Waterbok bul gejag vir die jaar om vleisie te kry.
Sal foto's stuur van Bosbok en BWB

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:06 pm
by Askari
Webp.net-resizeimage.jpg
My vrou het Saterdag op Spitskop, so halfpad tussen Cradock en Graaff Reinet die blesbok ram geskiet met my .62 English Sporting Rifle. Ek het die geweer so 7 of 8 jaar gelede laat bou deur Glen Mcgill van Oudtshoorn Gunsports. Met 90gr Wano FFg en 325gr "patched round ball" teen 1325 vt/s skiet sy clovers op 75m. Daarna begin die "growwe" visier jou erg beperk.

Ons is met eerstelig veld toe en het die blessie na so uur se stap en gekruip (eintlik op soek na takbok en kudu) gesien op "oewer" vd droë rivierlopie. Die sagte sand het die bekruip baie maklik gemaak en Marlene het die ram op 22 tree in die kuiltjie geskiet. Die bal het die lengte vd bok gepenetreer en onder die vel op die boud gesit. 100% gewig retensie en ongelooflike penetrasie met geen vleisskade.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:08 pm
by Supacow
Naaaais!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:21 pm
by THOMAST
Askari wrote:
Webp.net-resizeimage.jpg
My vrou het Saterdag op Spitskop, so halfpad tussen Cradock en Graaff Reinet die blesbok ram geskiet met my .62 English Sporting Rifle. Ek het die geweer so 7 of 8 jaar gelede laat bou deur Glen Mcgill van Oudtshoorn Gunsports. Met 90gr Wano FFg en 325gr "patched round ball" teen 1325 vt/s skiet sy clovers op 75m. Daarna begin die "growwe" visier jou erg beperk.

Ons is met eerstelig veld toe en het die blessie na so uur se stap en gekruip (eintlik op soek na takbok en kudu) gesien op "oewer" vd droë rivierlopie. Die sagte sand het die bekruip baie maklik gemaak en Marlene het die ram op 22 tree in die kuiltjie geskiet. Die bal het die lengte vd bok gepenetreer en onder die vel op die boud gesit. 100% gewig retensie en ongelooflike penetrasie met geen vleisskade.
Dis nou smart! Veels geluk aan jou vrou, sy lyk baie in haar skik.
Ek sal wat wou gee om my "Engelsman" so in die veld wou kry met een van my swartkruite. Is die geweer baie swaar?

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:26 pm
by Trompie
Vriend van my het die meneer geskiet paar naweke terug.
Hyt 19" gemeet. Taxidermy moet net bevestig.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180627/c4384851d595de1d39132c153269541b.jpg

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:32 pm
by Askari
Ek reken die roer weeg maar dieselfde as 'n Howa sonder mounts of teleskoop en met standaard kolf. Ons was die hele dag Vrydag te voet in die veld, Marlene met haar 22-250 met Boyds ProVarmint kolf en NF teleskoop. Sy het 'n opmerking gemaak na die blessie dat die Ingilsman darem baie lekkerder dra as die 22-250.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sun Jul 01, 2018 3:43 am
by Ben Remington
Baie mooi diere...geluk aan almal van julle.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sun Jul 01, 2018 10:52 am
by Philip J
More manne en maninne!
Ek voel soos n seuntjie in n speelgoedwinkel!
Was laas week bietjie weg van die huis af. n Maat van my het gesê ek moet maar die roer saambring, want die varke pla maar by hom. Ons het twee plase deurgery, maar niks varke gekry nie. Ek dink die lande met mielies op, wat nog nie gestroop is nie, lok hulle uit die veld uit. In elk geval, op die laaste plaas, staan daar ewe skielik n alleen springbokram uit die rooigras uit op en loer so oor sy neus vir ons. Die koeël het n taamlike gemors van sy kop gemaak, so ons het nie fotos geneem nie. Na ons die springbok gelaai het, was ons oppad terug grootpad toe, toe ons drie van hulle teen die rant sien uitstap. Toe my pêl vra of ons 2 hom op ons eie gelaai gaan kry, het my brein ophou werk en ek het dadelik gesê ons sal n plan gemaak kry. Die afstand was net so rapsie meer as 200m. Die kruishaar het gaan stilstaan en die skoot het amper vanself geloop. Vaal stoffie op sy voorkop en hy het net daar in spore neergeslaan. Toe begin die harde werk.....
Twee ure later, was hy gelaai, nadat ons die pens daar in die veld moes trek om hom op die bakkie te kry.
Ek sal die fotos maar die res van die storie van my eerste kudu laat vertel.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sun Jul 01, 2018 6:12 pm
by Mellies
Mooi gegooi Philip.

Geluk met jou eerste een!

Met n vleisie...