Page 2 of 2
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 7:43 am
by Malan123
Ek stem saam met Rikuss. Gunsmith het per ongeluk my diamondback HP gebreuk. Die scope was in Amerika gekoop so tegnies hoef Whylo my nie te gehelp het nie. Het hulle gebel, maar daar was geen stock in SA van die Diamondback HPs nie. Het R3000 inbetaal en 'n nuwe Viper HS gekry. Hierdie manne staan by hulle warranty!
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 9:58 am
by Hercules Louw
6.5/284Norma wrote:Hercules,
Ek glo nie ek kan dit maklik glo nie;
Toe Burris nog deur VLT versprei was in die tyd van die Van Lierdes weet ek dat Jo nooit ‘n Burris met ‘n glas geëtste reticle aan iemand sou verkoop wat dit op ‘n geweer wat hard skop wou monteer nie want die glas reticle het gebreek.
Hoe breek dit anders as wat die glas self breek? Ek dink iets is nie lekker hier nie?
6.5/284 kom ek gee jou die feite:
Ek ken vir Jo en Linda van Lierde van die laat 80's af. Hulle het later kliënte van my geword en ons het gereëld gesels, hulle het 500m van my af gewoon. Hy en Linda is nog steeds kliënte van my al woon hulle nou in New Zeeland.
Jo as eienaar van VLT het eers die Leopold agentskap gehad en nadat hulle dit verloor het, het hulle die Burris agentsakap gekry. Jo het my persoonlik vertel van die glas geëtste reticles wat breek indien die betrokke teleskope op gewere gemonteer word wat hard skop, en daarom het hy later eers seker gemaak waarop 'n persoon die teleskope wou monteer voordat hy die betrokke teleskope verkoop het. Die glas waarop die reticle geëts is was blykbaar te dun en het dan 'n blokkies gekraak of verkrummel soos 'n motor se ruit wat in 'n ongeluk was. Dit was teleskope uit die Fullfield E- reeks wat die probleme gegee het, en die grootste sondaar was die Fullfield E 6.5-20x50. Jy trek my inligting in twyfel, maar die vraag wat jy jouself moet vra is waarom Jo vir my verkeerde inligting oor sy eie produk sou gee.
Hieronder is 'n foto van 'n Lynx glas geëtste reticle. Die glas op die fotos is eintlik twee dele wat soos 'n toebroodjie wat opmekaar geplak is met die geëtste kruisdraad in die middel. Met 'n dikte van 6mm kan die betrokke glas reticle nie deur enige geweer se terugskop gebreek word nie.
Lynx reticle 1.JPG
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 2:03 pm
by Hein22
Hercules,
Ek verstaan 6.5/284 se skeptisisme en ander mag dit dalk ook so sien. Mense kan maklik die indruk (soms verkeerdelik) kry dat iemand sy eie produk probeer bevoordeel. Ek is nie seker wat jou betrokkenheid by Lynx is nie maar ek (en ek glo meeste hier op die forum) weet jy is betrokke by die ontwerp van reticles en het insette met watter teleskope gemaak moet word en die specs op daai teleskope.
Ek wil maar net uitwys hoe mense soms die verkeerde indruk kan kry wanneer 'n produk afgemaak word deur iemand wat betrokke is by die kompetisie. Dit het gebeur hier op Jaracal met GS custom, Rudolph teleskope en met perigrine met slegte nagevolge vir die maatskappye.
Die skrywe is met goeie intensies bedoel.
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 3:00 pm
by Hercules Louw
Hein ek hoor wat jy sê, maar ek dink as jy die hele draad mooi deurgelees sal jy sien dat dit nie die geval was nie. Oubaas het die volgende gevra:
kapteinoubaas wrote:Hierdie is bv. 'n antwoord wat ek sou wou kry: (so gepraat v diesel DC's)
Ek hou van 'n navara want hy het spasie en krag, maar handelaars en parte is duur. Hilux is nie die sterkste of vinnigste nie, maar sal hou tot na die apocalypse, en mits jy 'n kidney belt het. Ford lyk oulik maar ratkas het 'n slegte reputasie en 3.2 is swaar op brandstof.
Hy skiet met 'n 338 wat hard skop en ek het aan hom die slegte reputasie uitgewys van die glas reticles van Burris, soos in sy voorbeeld Ford se handratkas. As jy 'n Ford koop, koop die outomaties. As jy 'n Burris koop, net nie die een met die glas reticle vir die 338 nie. Ek het 'n oorsig oor al die brands probeer gee en was enige van my inligting verkeerd?
Ek het afgesluit met:
Hercules Louw wrote:Ek hoop die inligting help jou, maar dit is jy wat op die einde met die produk moet leef en ander se menings help dan niks nie, so gaan kyk en voel self. Mense se oë verskil ook en waarmee ek baie tevrede is werk dalk nie vir jou nie.
Ek werk nie vir Lynx nie, ek is 'n finansiële beplanner by Sanlam. Teleskope is my passie en ek besit verskeie handelsmerke. Ek het wel vir Lynx verskeie reticles ontwerp en evaluasies van voor-produksie teleskope gedoen.
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 3:29 pm
by Gawie(13mm)
Hercules, stuur my asb. jou adres sodat ek vir jou 'n lang leer kan aanstuur. Dit sal jou help om van jou hoë perd af te klim.
Hein het jou nie terreg gewys of aangevat nie. Ook het hy nie jou Bona Fides in twyfel getrek nie. Hier is baie van die nuwer lede wat jou van geen water af ken nie en nie so goed belese soos jy is of al jou ondervinding het nie. Ek vertrou dat, en erken, dat ek nooit op jou vlak sal kan saamgesels nie, maar om "af" te praat na iemand wat probeer help dat twee manne op dieselfde bladsy kom, sit nie lekker aan my nie.
Jammer as ek jou nou aanvat, maar leef en laat leef.
Lekker naweek aan almal.
Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 4:15 pm
by Hercules Louw
Ai Gawie
Ek sien n nens moet maar 'n robuuste sige hê op hierdie forum.
Lekker naweek vir jou ook.
ps. Ek PM jou die adres vir die leer.

Re: keuse van teleskoop
Posted: Fri Sep 29, 2017 7:29 pm
by Kaptein Oubaas
Hercules Louw wrote:Ai Gawie
Ek sien n nens moet maar 'n robuuste sige hê op hierdie forum.
Lekker naweek vir jou ook.
ps. Ek PM jou die adres vir die leer.

Kan die mods asb hierdie bespreking toemaak. Ek het waardevolle inligting (dankie) gekry maar voel die manne dwaal van d punt af en begin persoonlik raak. Ek is wel 'n newbie hier maar mense dit is nie doel van hierdie forum nie. Pasop dat ons nie soos tieners op facebook/twitter te kere gaan nie...
Sent from my SM-A720F using Tapatalk