Page 2 of 2

Re: diamant te koop

Posted: Fri Sep 08, 2017 9:35 am
by ruaanb
Drenalinjunkie wrote:
Vlakvark Soldaat wrote:R25k, my enigste en finale aanbod.
Daai is n redelike prys vir daai steen.

Mense vergeet dit gaan nie net oor kleur en groote nie... Die gehalte van die sny en finish is n baie belangrike faktor. As ek so loer is dit waar die diamant so bietjie terug staan...
Korrek. My vriend het intussen laat weet R25k tot R30K gebaseer op die info op die sertifikaat.

Re: diamant te koop

Posted: Fri Sep 08, 2017 9:42 am
by Drenalinjunkie
ruaanb wrote:
Drenalinjunkie wrote:
Vlakvark Soldaat wrote:R25k, my enigste en finale aanbod.
Daai is n redelike prys vir daai steen.

Mense vergeet dit gaan nie net oor kleur en groote nie... Die gehalte van die sny en finish is n baie belangrike faktor. As ek so loer is dit waar die diamant so bietjie terug staan...
Korrek. My vriend het intussen laat weet R25k tot R30K gebaseer op die info op die sertifikaat.
Net so Ruaan... daai cut is nie van die beste nie... n Top gehalte klip in daai groote sal R100k+ draai

Re: diamant te koop

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:53 pm
by jankraay
ruaanb wrote:
Drenalinjunkie wrote:
Vlakvark Soldaat wrote:R25k, my enigste en finale aanbod.
Daai is n redelike prys vir daai steen.

Mense vergeet dit gaan nie net oor kleur en groote nie... Die gehalte van die sny en finish is n baie belangrike faktor. As ek so loer is dit waar die diamant so bietjie terug staan...
Korrek. My vriend het intussen laat weet R25k tot R30K gebaseer op die info op die sertifikaat.
Jou vriend is korrek.Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: diamant te koop

Posted: Fri Sep 08, 2017 8:11 pm
by joe rocket
Ek het nou volgens daai webwerf my vrou se ring se diamant waarde uitgevind. Ek het die diamant in 1999 by my ma se tweede man gekoop vir R5000. My vrou se ring moet nou groter gemaak word. Ek dink ek gaan die diamant aan die juwelier verkoop en met n cyrkonia vervang. Ek kan dan nog n roer laat bou. >:+ Wie sê diamante is nie n goeie belegging nie.

Re: diamant te koop

Posted: Sat Sep 09, 2017 11:36 am
by PWV
Joe, jy moes 'n tweeling wees het - te slim vir een ou!!!

Re: diamant te koop

Posted: Sat Sep 09, 2017 4:42 pm
by Hansieslim
Ken julle die verskil tussen n Coke bottle en n diamant. Dus maklik 2 Guns en 3 scopes,,,And that's all I got to say about this

Re: diamant te koop

Posted: Sat Sep 09, 2017 6:55 pm
by Blackie Swart
Pasop net om te veralgemeen. Diamant pryse is 30% geval. Daai steen is n S1 en word nou vergelyk met n steen van VVS1. S1 staan vir 1 Slight indication wat n flaw/ Swart kol op die diamant kan wees. Hang ook af waar daai merk sit op die steen. Die VVS1 staan vir very slight indication van n flaw wat natuurlik n amper skoon steen is. Vandaar natuurlik die groot prys verskil. Hoop dit maak sens. Glo enige iets van R20k op sal n goeie prys wees. Wees maar net versigtig wie daai steen se kleur gesertifiseer het. Die Amerikaanse sertifisering is baie keer heeltemal uit. Het al stene gesien wat as n j kleur gesertifiseer wasen dan is dit n k kleur.

Re: diamant te koop

Posted: Sat Sep 09, 2017 7:02 pm
by Hein M.
Blackie ken diamante. Hy is, soos ons Namakwalanders noem, van Alsannersbaai ;)

Mooi aand almal!

Re: diamant te koop

Posted: Sun Sep 10, 2017 8:58 am
by HFC
Die diamand is nie perfek geslyp nie maar ook nie te sleg vir 'n verloofring steen nie, hy is bietjie plat wat sy gesig grootte laat lyk soos 'n 1.08 ct. 'n Prys rondom R30 000 sal 'n baie goeie winskoop wees vir 'n persoon vd straat wat die steen soek vir 'n ring want ons in die juweel vervaardigings bedryf sal huidiglik +/- R37 000(R13@$) betaal by ons verskaffers. Die steen sal enige iets van R45 000 en op by die juweelwinkels kos. Die steen se rapaport prys het al gewissel van $4000/ct in 2010 na $4700/ct in 2014 en is tans rondom $4100/ct. Die steen is populêr by ons bedryf vir sy kleur en suiwerheid kombinasie omdat dit nog wit genoeg vertoon en die suiwerheid is van so 'n aard dat die steen oogskoon vertoon. Net vir die interesantheid dat as die steen blouwit "D" en vlekvry "IF" was sou hy enige iets vanaf R190 000 gekos het. Dus is die grootte, suiwerheid en kleur die belangrikste bepalende fatore as die prys bereken word alhoewel in die bedryf vra hulle oor die algemeen dieselfde prys vir stene of hy nou goed en minder goed geslyp is.

Re: diamant te koop

Posted: Mon Sep 11, 2017 4:45 pm
by Grenslyn
Daar hoor julle dit nou. Lyk my HFC weet waarvan hy praat!

Re: diamant te koop

Posted: Tue Sep 19, 2017 4:09 pm
by blaser
hier was iemand wat my n aanbod gemaak het wat se no ek verloor het
as jy nog belangstel bel my asb

Re: diamant te koop

Posted: Tue Sep 19, 2017 4:41 pm
by PWV
blaser wrote:hier was iemand wat my n aanbod gemaak het wat se no ek verloor het
as jy nog belangstel bel my asb
Blaser, dit is ek. R5000.00!! ???

Re: diamant te koop

Posted: Tue Sep 19, 2017 4:53 pm
by blaser
ou pwv daar kort n 0 in jou aanbod

Re: diamant te koop

Posted: Tue Sep 19, 2017 6:07 pm
by PWV
blaser wrote:ou pwv daar kort n 0 in jou aanbod
OK, R5000.000 >:+ Sien al klaar hoe gaan my vrou spog! 8)

Re: diamant te koop

Posted: Tue Sep 19, 2017 6:32 pm
by blaser
verkeerde plek