Page 2 of 2

Re: .308 VS .270

Posted: Mon Oct 10, 2011 11:51 am
by MJK
Hein M. wrote: Het enigeen van hierdie 2 kalibers herlaaibeperkings / probleme?
Hein

ek het albei die kalibers en die 308 is baie goedkoper en makliker om te herlaai. Die 308 is baie vergewensgesind en kry altyd goeie resultate met verskillende ladings waar 270 meer fyngevoelig is. 

Ek het met PMP doppe op kol probleme gekry met donuts met die 270. Sover nog nie met Winchester doppe gekry nie

Re: .308 VS .270

Posted: Mon Oct 10, 2011 1:47 pm
by PITSMIT
manne ek skiet ook albei kalibers en kan net se ek is mal oor altwee

wat die 270 betref met n goeie 150gr koe?l is hy enige tyd net so goeie boskaliber

die 308 met n 130gr gschv punt hardloop enige tyd lang afstand

die 270 met n 110gr gschv koe?l is dodelik op die langafstand en beide kalibers het verstommende akkuraatheid met daai koe?ls

soos ek s? ek skiet met albei ewe lekker maar as ek een moet voortrek dan is dit my 270

ek en daai geweer is soos vars gebakte pannekoek en kaneel suiker.  ons loop net mooi saam

Re: .308 VS .270

Posted: Mon Oct 10, 2011 6:17 pm
by Hein M.
MJK / PITSMIT

Dankie vir die inligting! 

Mooiloop!

Hein

Re: .308 VS .270

Posted: Mon Oct 10, 2011 7:15 pm
by fanie17
Wouter lelike kar ,geweer maar vrou weet nie so mooi nie .

Re: .308 VS .270

Posted: Mon Oct 10, 2011 7:30 pm
by langloop
Watter van hierdie kalibers sou julle aanbeveel vir 'n eerste dames-geweer?

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Oct 11, 2011 11:59 am
by Nuweseun
Langloop

Vir 'n eerste dame geweer, dink ek die 308, die enigste rede is die swaarder koeels wat gebruik kan word vir groter diere.

Wat se julle manne?

Groete

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Oct 11, 2011 12:05 pm
by Monrique (SJ)
Langloop

Ek stem.  .308 vir n 1ste geweer asook vir n dame.


Groetnis

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Oct 11, 2011 12:21 pm
by PITSMIT
LANGLOOP

enige een van die twee.  my seun (blouvalkie op die forum) is tien jaar en hy skiet met altwee met gemak.  n vrou sal beide lekker kan hanteer veral as hulle nog n kd ophet dan skop hulle nog minder

hoop nie ek kanfoes nou weer jou keuse nie maar beide is geskik

SJ het nog nie met n 270 geskiet nie daarom se hy 308 hahaha ;D ;D ;D

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Oct 11, 2011 1:11 pm
by Monrique (SJ)
PITSMIT

Ek het ongelukiig al met n .27niks geskiet en hy loop ook mooi. ;D ;D  My Plank bly maar net nogsteeds sy BAAS!!! :angel:


Groetnis

Re: .308 VS .270

Posted: Wed Oct 19, 2011 8:02 am
by Hoender
LANGLOOP,

.270 want mense stry altyd oor hom nes vrouens kan stry

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Nov 22, 2011 6:59 pm
by Coenie (Swift)
Hoender

+1 vir .270 baie akkuraat en veelsydig vir bos en vlakte en is vergewend op jagter.

Maar nou ja ek is 270 man en sal altyd na daai kant neig hy bring die vleis jaar na jaar in of dit nou bos of vlakte is.

Groete en sterkte met keuse

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Nov 22, 2011 7:18 pm
by 243Songdaug
Albei baie goeie kalibers, dink dit sal op die einde van die dag maar persoonlike smaak wees. Indien nie prys nie wat sal bepaal watter een 'n man sal koop.

Het gister vir my nog 'n 308 gekoop net oor die eerste 1 so lekker skiet.

Re: .308 VS .270

Posted: Tue Nov 29, 2011 1:09 am
by JF. SCHOEVERS
My siening is net as jy n 30-06 tot en met 150gr laai het hy n 270 en as jy swaarder as dit gaan het het hy die voordeel van dir 308 koeel met bietjie meer poeier... Dit is wat vir my die 30-06 so lekker maak... Maar deesdae word hy net met die swaar koeels gelaai... want sy klein boet die 25-06 het ook plek gevind in die kluis... Maar altwee die kalibers is baie lekker 270 of 308 jy sal nie n fout maak nie ek weet van manne wat gereeld elande size maak met n 270...