Page 2 of 3
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 11:11 am
by Plaashaas
Henry 7 wrote:My pistol is art 16 en sy lisensie is 10j geldig so hy is nie vir selfverdediging gemotiveer/gelisensieer nie.Ander ou sê ek mag hom nie aan my dra nie.Wat sê julle?
Henry
ANY LAWFULL PURPOSE.
Niks keer jou om met jou 458Lott rond te loop nie. (in n sak soos voorgesryf deur die wet)
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 12:51 pm
by Harambe
Ek sou se dat alhoewel jy mag, ek eerder vir my 'n artikel 13 lisensie sou kry. Dan kan niemand my daarvan beskuldig dat ek die sistem probeer "gyppo" nie.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 1:23 pm
by Plaashaas
Harambe wrote:Ek sou se dat alhoewel jy mag, ek eerder vir my 'n artikel 13 lisensie sou kry. Dan kan niemand my daarvan beskuldig dat ek die sistem probeer "gyppo" nie.
Alhoewel ek mag 120km/h uur ry op die highway gaan ek eerder 100 ry want dan kan niemand se ek probeer 120 ry nie
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 1:40 pm
by Ratel
Henry
Soos plaashaas hierbo se.
Jy motiveer waarvoor jy die wapen wil gebruik maar selfs art 16 maak voorsiening dat jy die wapen "for any lawfull purpose" mag gebruik. Dit sluit in noodweer.
Daardie lawfull purpose gaan gemeet word aan die beginsels van noodweer en selfs art 49. Met ander woorde het jy die reg gehad om jouself te verdedig deur die ou te skiet. Om dit verder te kompliseer is daar uitgewysde sake waar die appelhof bevind het dat die verweer proporsioneel tot die aanval moet wees. Jy kan 'n rower met sy maat se AK47 dood skiet solank jy kan bewys jou aksie was binne die perke van die wet.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 1:50 pm
by Meteor
Die enigste wettige verskil tussen n S13 en ander klasse is dat hy gelaai in die kluis mag le. Daar is geen ander onderskeid deur die wet.
Harambe so ver ek weet was dit Paul wat daai brief deur Advokaat Van Rooyen laat sirkuleer. Ek glo nie hulle wil meer as dit doen op die oomblik. Tot dusver is geen persoon al arresteer en geen winkels vervolg, terwyl dit openlik daagliks plaas vind, dus glo ek nie die polisie is ons probleem, slegs die winkels wat nie wil saamspeel. Die oplossing, CFR of SAPS moet 'n nationale direktief uitruik wat alle winkels n begrip gee van die wet se mening.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 1:51 pm
by Meteor
Ratel wrote:Henry
Soos plaashaas hierbo se.
Jy motiveer waarvoor jy die wapen wil gebruik maar selfs art 16 maak voorsiening dat jy die wapen "for any lawfull purpose" mag gebruik. Dit sluit in noodweer.
Daardie lawfull purpose gaan gemeet word aan die beginsels van noodweer en selfs art 49. Met ander woorde het jy die reg gehad om jouself te verdedig deur die ou te skiet. Om dit verder te kompliseer is daar uitgewysde sake waar die appelhof bevind het dat die verweer proporsioneel tot die aanval moet wees. Jy kan 'n rower met sy maat se AK47 dood skiet solank jy kan bewys jou aksie was binne die perke van die wet.
Daarby is daar ook die ouens wat aansoek doen vir S15 en n S13 ontvang en andersom so selfs CFR gee nie rerig om.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:03 pm
by Springkudu
Net vir my eie kennis:
Ek twee handwapens op my naam het, 1 vir selfverdediging en 1 vir sport skiet (Nie ek, gebruik dit as voorbeeld)
Sit saam familie by Spur op 'n Dinsdagaand. In my area waar ek woon is daar geen skietbaan oop tot die naweek, dus nerens waar ek kan gaan "sport skiet" oefen
Hier loop 'n knaap in, klap my kind, klap my vrou en pluk 'n mes uit om my te steek
Daar skiet ek die knaap, morsdood das moers
Hoe verduidelik jy dan dat jy met die sport skiet wapen by die Spur gesit het op 'n Dinsdagaand waar daar geen sport skiet aktiwiteite was in plaas van jou selfverdediging wapen.
Ek vra maar net, want onlangs toe ek my Pre B verkoop het was daar vele advies om dit te hou en liewer my nuwe selfverdediging wapen onder sport skiet registreer. Ek is maar bang vir die dinge en het maar liewer verkoop en nuwe een aangeskaf onder selfverdediging
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:11 pm
by Hein22
Springkudu wrote:Net vir my eie kennis:

As jy 'n S13 vir self verdeging het, mag jy ook op die baan skiet met hom? ... Of mag jy hom slegs spur toe vat om jouself te verdedig?
Die motivering is hoekom jy hom soek, nie waarvoor jy hom uitsluitlik gaan gebruik nie.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:16 pm
by Harambe
Plaashaas wrote:Harambe wrote:Ek sou se dat alhoewel jy mag, ek eerder vir my 'n artikel 13 lisensie sou kry. Dan kan niemand my daarvan beskuldig dat ek die sistem probeer "gyppo" nie.
Alhoewel ek mag 120km/h uur ry op die highway gaan ek eerder 100 ry want dan kan niemand se ek probeer 120 ry nie
Ek sou eerder seg ek weet ek mag eintlik 129km/h ry, maar ek hou maar by 120km/h vir ingeval die spietkop se radar effe hoog meet.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:21 pm
by Riaan Kriel
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:25 pm
by Harambe
Meteor wrote:Die enigste wettige verskil tussen n S13 en ander klasse is dat hy gelaai in die kluis mag le. Daar is geen ander onderskeid deur die wet.
Harambe so ver ek weet was dit Paul wat daai brief deur Advokaat Van Rooyen laat sirkuleer. Ek glo nie hulle wil meer as dit doen op die oomblik. Tot dusver is geen persoon al arresteer en geen winkels vervolg, terwyl dit openlik daagliks plaas vind, dus glo ek nie die polisie is ons probleem, slegs die winkels wat nie wil saamspeel. Die oplossing, CFR of SAPS moet 'n nationale direktief uitruik wat alle winkels n begrip gee van die wet se mening.
Dis die ding. Mens weet wat die wet se, maar jy weet ook dat baie ouens hulle eie reels opmaak (kyk maar na die "reject reasons" wat partykeer van CFR kom) en daarom sou 'n swart-op-wit direksie baie welkom wees sodat almal op dieselfde bladsy is en nie hoef "veilig te speel" nie.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:39 pm
by Springkudu
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:51 pm
by Plaashaas
Springkudu wrote:
Hoe verduidelik jy dan dat jy met die sport skiet wapen by die Spur gesit het op 'n Dinsdagaand waar daar geen sport skiet aktiwiteite was in plaas van jou selfverdediging wapen.
Jy het geensins nodig om dit te verduidelik nie. Dit is irrelevant tot die meriete van die noodweer. Jy kan ook die Spur steak mes vat en die aanvaller dood steek. Sal polisie jou dan vra hoekom het jy nie jou pistol gebruik nie? Nee want dit maak nie saak nie.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Wed Jul 26, 2017 2:57 pm
by Springkudu
Plaashaas wrote:Springkudu wrote:
Hoe verduidelik jy dan dat jy met die sport skiet wapen by die Spur gesit het op 'n Dinsdagaand waar daar geen sport skiet aktiwiteite was in plaas van jou selfverdediging wapen.
Jy het geensins nodig om dit te verduidelik nie. Dit is irrelevant tot die meriete van die noodweer. Jy kan ook die Spur steak mes vat en die aanvaller dood steek. Sal polisie jou dan vra hoekom het jy nie jou pistol gebruik nie? Nee want dit maak nie saak nie.
Ek hoor jou, dankie
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Thu Jul 27, 2017 6:09 am
by Henry 7
Baie dankie---lyk my dis maar 'n grys area----ook maar dalk goed as dit wit of swart area was was dit seker weer rassisties!!!!!!!!!!!!!
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Thu Jul 27, 2017 8:38 am
by Eugene
Ek sien hier is al baie gesê en gaan hopelik nie alles herhaal nie. Wat betref noodweer (selfverdediging) of 'n noodtoestand (waar jy iemand anders se lewe beskerm), kan enige vorm van wapen gebruik word. Die toets in die hof gaan nooit wees watter tipe wapen gebruik is nie, maar wel of dit wel noodweer of 'n noodtoetstand was. As jy 'n aanvaller in noodweer skiet met 'n 500Gibbs, gaan dit meer gaan of jy wel in noodweer opgetree het eerder as waarom jy 'n wapen wat vir Toegewyde JAg gelisensieer is, gebruik het. Net so gaan jy drama kry as jy iemand agter 'n badkamer deur skiet met jou SD wapen wat daarvoor gelisensieer is....
Wat betref Toegewyde Status, stem ek saam dat die status aan die persoon kleef en nie die wapen nie. Ongelukkig is die bewoordig van die betrokke artikel nie bo alle twyfel duidelik nie en laat dit (in my beskeie opinie) te veel ruimte vir interpretasie. Ek kan redelik waarborg dat die lid van die SAPD wat jou voorkeer, die eng interpretasie gaan volg en alhoewel jy moontlik in die hof gaan "loskom", is dit 'n lang paadjie tussen arrestasie en die verhoor. Daarom sal my raad wees om eerder te hou by die eng interpretasie as die wye een. Dit bly egter elkeen se eie keuse, ek vir een is nie te ingenome met die staatsgastehuis se geriewe oor naweke nie en sal eerder veilig speel waar moontlik.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Fri Jul 28, 2017 9:07 am
by Ratel
Eugene wrote:Ek sien hier is al baie gesê en gaan hopelik nie alles herhaal nie. Wat betref noodweer (selfverdediging) of 'n noodtoestand (waar jy iemand anders se lewe beskerm), kan enige vorm van wapen gebruik word. Die toets in die hof gaan nooit wees watter tipe wapen gebruik is nie, maar wel of dit wel noodweer of 'n noodtoetstand was. As jy 'n aanvaller in noodweer skiet met 'n 500Gibbs, gaan dit meer gaan of jy wel in noodweer opgetree het eerder as waarom jy 'n wapen wat vir Toegewyde JAg gelisensieer is, gebruik het. Net so gaan jy drama kry as jy iemand agter 'n badkamer deur skiet met jou SD wapen wat daarvoor gelisensieer is....
Wat betref Toegewyde Status, stem ek saam dat die status aan die persoon kleef en nie die wapen nie. Ongelukkig is die bewoordig van die betrokke artikel nie bo alle twyfel duidelik nie en laat dit (in my beskeie opinie) te veel ruimte vir interpretasie. Ek kan redelik waarborg dat die lid van die SAPD wat jou voorkeer, die eng interpretasie gaan volg en alhoewel jy moontlik in die hof gaan "loskom", is dit 'n lang paadjie tussen arrestasie en die verhoor. Daarom sal my raad wees om eerder te hou by die eng interpretasie as die wye een. Dit bly egter elkeen se eie keuse, ek vir een is nie te ingenome met die staatsgastehuis se geriewe oor naweke nie en sal eerder veilig speel waar moontlik.
Goed opgesom Eugene.
Uit ons eie prokureur se mond.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Fri Jul 28, 2017 2:00 pm
by Springkudu
Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Fri Jul 28, 2017 3:22 pm
by Harambe
Springkudu wrote:Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Dis wat ek ook altyd se: ek is nie verward oor wat in die wet staan nie. Ek is bekommerd oor wat die SAPD
dink daar in die wet staan.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Fri Jul 28, 2017 6:53 pm

Jy moet hom gevra het watse artikel van wet op die beheer van vuurwapens se so.
Jy kan my sy nommer gee dan sal ek hom bel as ek in die Mall (met die no-fireams stickers) is met n S16. As hy dan seker is van sy saak kan hy my kom arresteer.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Sat Jul 29, 2017 9:50 am
by Springkudu
Harambe wrote:Springkudu wrote:Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Dis wat ek ook altyd se: ek is nie verward oor wat in die wet staan nie. Ek is bekommerd oor wat die SAPD
dink daar in die wet staan.
Presies
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Sat Jul 29, 2017 10:06 am
by Hein M.
Springkudu wrote:Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Die poeliesman op straat is nie altyd goed ingelig nie. As die sportwapen in jou naam geregisreer is en jy het 'n geldige lisensiekaartjie met jou ID sal niemand jou aankla nie. Indien jy dan daardie wapen in uiterste noodweer gebruik en dit kan bewys, is dit dieselfde storie. As jy cowboy raak met enige wapen, is jy in groot moeilikheid. Punt.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Sat Jul 29, 2017 10:12 am
by Springkudu
Hein M. wrote:Springkudu wrote:Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Die poeliesman op straat is nie altyd goed ingelig nie. As die sportwapen in jou naam geregisreer is en jy het 'n geldige lisensiekaartjie met jou ID sal niemand jou aankla nie. Indien jy dan daardie wapen in uiterste noodweer gebruik en dit kan bewys, is dit dieselfde storie. As jy cowboy raak met enige wapen, is jy in groot moeilikheid. Punt.
Hein, die probleem is dat die sersant al 5 jaar werk met wapen aansoeke en lisensies, mens sal dink hy behoort die wet bietjie beter te ken as sy kollega wat op straat werk?
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Sat Jul 29, 2017 11:04 am
by Hein M.
Springkudu wrote:Hein M. wrote:Springkudu wrote:Volgens die sersant wat vanoggend my kluis inspekeksie gedoen het mag jy nie jou sport skiet wapen saam met jou dra op 'n "gewone dag". Ek het vir hom my voorbeeld hier bo gegee "Sit in Spur, iemand haal mes uit, jy skiet hom" toe sê hy vir my dan is jy in groot moeilikheid
Ek sê nie hy is reg nie, dit wys net hoeveel stories daar is en nie eers die polisie weet die regte storie nie
Die poeliesman op straat is nie altyd goed ingelig nie. As die sportwapen in jou naam geregisreer is en jy het 'n geldige lisensiekaartjie met jou ID sal niemand jou aankla nie. Indien jy dan daardie wapen in uiterste noodweer gebruik en dit kan bewys, is dit dieselfde storie. As jy cowboy raak met enige wapen, is jy in groot moeilikheid. Punt.
Hein, die probleem is dat die sersant al 5 jaar werk met wapen aansoeke en lisensies, mens sal dink hy behoort die wet bietjie beter te ken as sy kollega wat op straat werk?
Dis juis daai manne wat met die goed werk wat wette van hulle eie ontwerp. As jy hulle begin uitvra, klink dit asof hulle vuurwapens ontdek het en alle wette daarvoor geskryf het. 'n Sersant is die slimste wese op aarde
Lees maar self die vuurwapenwet en kyk wat daar staan. Jy kan ook vir Matin Hood kontak en die ware feite rondom die aangeleentheid uitvind.
Net my nederige opinie.
Re: Toegewyde status en selfverdediging ammunisie
Posted: Sat Jul 29, 2017 11:02 pm
by Jan Nel
My Glock 22, wat ek gebruik vir self-verdediging en sport skiet, is nog met die ou groen lisensie gelisensieer. Dus nie vir enige spesifieke doel soos in die huidige wet voorsien nie. Ek het sport-en jag dedicated status. Waar laat dit my mbt meer as 200 rondtes vir die Glock? Geen beperking is al wat sin maak!
Die interpretasie dat jy slegs vir sekere wapens meer as 200 rondtes mag he en ander nie, is sekerlik verkeerd want jy moet dan woorde in die wet inlees wat nie daar is nie. Die wet se geensins dat jy net vir "lisensies" wat onder jou dedicated status uitgereik is meer as 200 rondtes mag he nie.