Te-regwysings - Nuwe Lede

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Pvdw »

Hi Johan1 ek sien jy is weer op die baklei uit? As ek reg onthou het etlikke manne jou welkom gese by jou post vir nuwe lede. Geen melding deur jou word daaroor gemaak nie. Soek jy nou maar net die negatiewe uit om oor te sit en braak?

Ek persoonlik het jou welkom geheet en ek weet van nog ten minste 3 ander. As dit nie vir jou genoeg is nie is jy welkom om nie weer te kom kuier/braak nie. Ons gaan nie jou agterent lek om welkom te voel nie.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Cobus(Cobb) »

johan1 wrote: Goeie more.

...en my vasgeloop in n uitrap sessie(haha) Is dat nou maar die kutuur hier... of hoe werk dit. Hoekom is die mense hier so byterig, ek meen as jy nuut op n plek is en nog nie als weet nie , en dan foute maak, help die mense reg maar so kef kef . ek verstaan nie lekker nie of maak julle maar so hier
Johan1...jou eerste post was "ek wil smous..."
5 posts help jou reg en vra jy moet jouself voorstel

Blok (een van die favourite "blue eye boys"  ;)  op die forum) praat met  sy mede post members oor vorige aangeleenhede...

en jy vertel hom dat hy te "lig" is vir jou...

Dis mos nou moerse windgat van jou kant af, dan nie??

Natuurlik gaan die forum lede(wat al maande en jare saam is) terug grom en kef kef...jyt mos eerste wou hap....

Maar nou is dit verby...baie, baie, baie manne het jou hartlik welkom geheed..(meer as vir my toe ek aangesluit het), dit is nou jou keuse om te bly of om te waai...

Ek persoonlik sal verkies dat jy bly, jou kennis en stories te deel, jou menings te lig en chop- chop ook 'n senior member te wees...

Binnekort, k*k jy dan ook 'n newby uit wat jou nuwe chom Blok wil aanvat..

Cheers ou grote, hoop ons ges?ls gou weer

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
ablm468

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by ablm468 »

Johan1

Stres is sleg vir die bloed ou swaer, koel af en drink 'n dop dan kan jy leka hier by ons kuier.

Dis regitg 'n paar skerp manne hier oppie forum, hier kan mens baie leer veral as jy hou van jag en wapens.

Groete

Hansman
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by James Wilson »

Johan. daar was n paar insidente waar nuwe manne net aansluit om iets verniet te kan adverteer. dan verkoop hulle die item en verdwyn. as die man wat die goed gekoop het sien dit is nie wat hy wou  he nie of iets is fout met die item, dan is die nuwe man weg.  so op die manier het ou en nuwe manne al sleg seer gekry. so vertsaan as die manne sien iemand sluit aan en adverteer dan sommer dadelik. hier is manne wat lelik skoolgeld betaal het op die internet op die manier.

ons probeer ons self maar net beskerm, jy het  sekerlik tog begrip daarvoor?  kom geniet dit nou maar saam met ons. eendag ontmoet ons mekaar en dan drink ons n lekker bier en lag sommer oor jou "warm" verwelkoming ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by johan1 »

hallo aan almal wat my nou al verwelkom het.

Hierdie jagters face book is tog n oulike idee wat julle hier begin het. Ek waarborg julle ek gaan nog lank hier wees. soos n ander man hier se my lood hang al gereel in dielug hier oor naweke daar by Durbandeep se skietbaan

Sie weer
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Jakkalsgat »

Ek is bly jy het gebly!
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by johan1 »

dankie man ek het gekom om te bly, die game is een van my liefdes en so sal dit bly. julle sal nog baie van my hoor al is dit ook nou net om vrae te vrae
lekker aand verder.

Johan Viljoen
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Pvdw »

Johan as ek reg onthouis jy 'n fotograaf?? Bied sommer jou hulp aan, aan manne wat so bietjie raad nodig het. My foto's lyk nie altyd na wense nie, veral die in die aand met 'n flits. :P

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by theedge »

Pvdw wrote: Johan as ek reg onthouis jy 'n fotograaf?? Bied sommer jou hulp aan, aan manne wat so bietjie raad nodig het. My foto's lyk nie altyd na wense nie, veral die in die aand met 'n flits. :P

Peet
ditto
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Fanie

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Fanie »

Op een van die ander forums het die ouens 'n draad begin waarin al die ouens hulle portrette kon opsit.

Al moeilikheid was die Sr Members lede (wat ons weet almal oor die 70 jaar oud is ;-) het almal prtrette van 30 tot 40 jaar gelede gaan staan en opsit... :-D

Ek self is nie groot op facebook nie, ek weet julle vriend Julius is ook daar en dit alleen sit my al klaar af.  Die ander ding wat ek ontstellend vind en wat my gewete pla is dat daar soveel verskriklik arm dames op is wat bykans geen klere kan bekostig nie.  My hart gaan so' uit na hierdie arme arme dames...
Fanie

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Fanie »

Foto's neem in die nag is nooit maklik nie, veral as die voorwerp buite die flash se bestek is.  Mens kan natuurlik steeds relatief goed doen met gemiddelde kammera's.  Om nag film werk te doen het mens maar spesiale goed nodig wat ek nie emosioneel gereed is om soveel voor te betaal nie.

Ek het waarskynlik die eerste Canon SX40 in SA gekoop en ek kyk nie terug nie.  Kan 140x in zoom, goeie resolusie, hoe definisie video en en en.  Alles net goeie goed, selfs die battery lewe is indrukwekkend.  Ek neem natuurlik duisende foto's, (skiet moet mens skiet) soveel so dat ek hulle nie meer op DVD kan sit nie, ek gaan maar een van daai terrabyte harde skywe moet kry.

Die pyn is as jy deur die kamera gekyk het na die bok en jy kyk dan deur die scope is hy darrem skielik vrek ver hoor !
Last edited by Fanie on Wed Feb 22, 2012 12:30 am, edited 1 time in total.
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by johan1 »

ek sal met graagte so ietsie gaan saamstel oor fotos en dit plaas. daar is mindinge wat my so af..s as iemand wat n foto neem met die bokin en jou kop is afgesny of jy het n RW geskiet maar allfokus is op my gesig en net die hiring punte steek so hier by my gesig verby. Fotos moet vir ewig daai herinnering vashou en dan as die foto van die printers af kom is jy teleurgesteld.

Check this space for n little info. miskien kan iemand baat by dit
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Mac »

Skat hierdie topic is so effens van koers af, of verbeel ek my?
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by johan1 »

hahha ai....
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by grumpy »

Ja dit is. Johan het verskoning gevra en almal het aanvaar. Of hy dit nou like of nie, hy is deel van Jaracal!!! Nog n familie lid by gekry en ek is baie bly.

Die manne kan baie by hom leer met fotografie en hy gaan ook weer baie leer by die ander manne. Altyd lekker om n nuwe lid te he. Ek is trots om te se ek het NOG n familie lid by gekry.

Hy moet maar n nuwe post begin en daar kan almal die fotografie bespreek en ook by leer wat ons nie ken nie.

Terloops Johan, die bike klub wat ek mee saam ry is ook in die Wes Rand.

Groete e n ek sien uit na die nuwe posting wat kom oor fotografie.

Lekker dag manne
Grumpy!!  8)
Fanie

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Fanie »

Skat hierdie topic is so effens van koers af, of verbeel ek my?
Gelukkig gaan die draad oor die te-regwysings van nuwe lede en nie oor die te-regstelling van nuwe lede nie :-D

Wat gaan die straf wees.  Ek sien skiet is uit en skerp voorwerpe word ook nou deur die nuwe 'dangerous weapons act' verban, maar in die berigte lyk dit my strykysters en stomp voorwerpe is steeds wettig en toelaatbaar...
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by velskoen »

Hehe, het nou net hierdie garinkie gelees en met nostalgie teruggedink aan my GROENGAT dae in die koshuis op hoerskool en op varsity. ;D
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by visstok »

Wat het geword van hierdie reel? As die reel toegepas word, sal dit nie baie ?misverstande? uitskakel nie? Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by visstok »

Welkom Henry, jy gaan sommer nog baie leer hier! Jy kan maar gooi met die vrae, die manne is nie bang om te help nie! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Henry 7 »

Dankie manne
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Arno Pienaar »

Welkom hier ek glo en weet jy sal dit geniet !!!!
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Doepa

Nuwe lid

Post by Doepa »

Hi aan al die jagters op die web. Ek het sopas aangesluit en moet s? ek sien baie uit na die geselsies aanlyn.ek het sommer bo begin lees en gesien dat ? ou jou eers moet voorstel ens. Waar doen ek dit ? Hoop om gou van julle te hoor.

Doepa
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Marc »

Doepa wrote: Hi aan al die jagters op die web. Ek het sopas aangesluit en moet s? ek sien baie uit na die geselsies aanlyn.ek het sommer bo begin lees en gesien dat ? ou jou eers moet voorstel ens. Waar doen ek dit ? Hoop om gou van julle te hoor.

Doepa
Loer hier Doepa

http://jaracal.com/index.php/board,126.0.html

Baie welkom, geniet dit saam  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Die Skim
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Mon May 14, 2012 10:59 am

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Die Skim »

Ek het myself darm met my eerste post voorgestel om die tik oor die vingers met die bobbejaanspanner te vermy. Hehe! ;D
Pat
User avatar
Breyt
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed May 16, 2012 2:38 pm

Re: Te-regwysings - Nuwe Lede

Post by Breyt »

Hello julle

Ek's nuut op die forum nadat ek (Hennie Breytenbach)saam Piet Breedt die jakkelse geskiet het stel ek ook baie belang om meer te weet van al die dinge moets en moenies.Sjoe nou is die voorstelling verby voor ek op die vingers getik word :)
Howa 243 Rudolf 6 - 24x50 Geborg Rudolf Optics
Post Reply