Page 2 of 2

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Thu Mar 23, 2017 1:26 pm
by Wouter Roets
Riaat hier gaan hy.

2 x uie opgesny in relatiewe dun skywe.
1 x mushrooms ook opgesny in relatiewe dun skywe
1 x grushed garlic bakkie
1 x Hot English Mustard
1 x Wit uie sop pakkie
1 x Blik slakke of twee as jy wil
1 x Blikkie room
1 x Botter

Braai uie in n pan in botter totdat hulle liggies bruin en sag raak. Voeg nou die mushrooms by en so twee na drie eetlepels van die crushed garlic. Persoonlik wetter ek hommaar die garlic, maar elke ou kan mos maar hier vir homself besluit. Voeg maar nog botter by soos nodig en braai alles mooi deurgaar. In die proses sit jy so teelepel en n half Hot Enlish Mustard by en roer dit mooi in. Gooi nou die room by en laat hom vir so rukkie lekker simmer. Gooi nou die slakke by en begin hom mildelik met swartpeper grinder en growwe sout grinder bykom. En onthou om so nou en dan n sluk te vat die glas wat nooit deur hierdie hele proses te ver van jou af te wees nie.

Maak nou so helfte van die wil uie sop aan met kokende water en roer hom oordetlik. As jy dit nie glo nie lees agter op die pakkie vir bevestiging. Vat nog n teug uit jou glas uit en stuur iemand om hom te gaan volmaak as hy leeg is. Hy behoort nou leeg te wees anders is jy ernstig oor die gevare van dihidrasie nie! Gooi nou hierdie sop by en roer hom mooi deur. Gaan haal nou n stuk vars bruinbrood en proe so bietjie of jy nou droog gemaak het of nie. Jy kan nie sommer genoeg swart peper of sout in die konkoksie he nie so voeg maar by as jou proereseptors se hy kort. Vat nou maar weer n teug van jou glas wat nou hopelik terug is. Sit die plaat af en sit n die deksel op en gaan kyk of die vuur reg is vir braai. Vat maar nog n sluk oppad vuur toe en FOKUS op die gebraaiery. As jy crap aanjaag daar twyfel ek of die sous en brood genoeg gaan wees vir almal. Maak die sous weer warm net voor jy wil eet of as jy nie meer in staat is nie, stuur maar iemand om dit namens jou te doen.

Gebruik hierdie resep spaarsamig en met deurnis en moet dit nie gaan staan en mors op skoonvamilie of selferkende poepholle nie.

Bon Appetit!

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Thu Mar 23, 2017 1:30 pm
by ruaanb
o jinne my mond water sommer dankie Wouter!

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Thu Mar 23, 2017 1:41 pm
by THOMAST
Magtag Wouter, dit klink nou lekker. Hoeveel water sit jy by die halwe sop pakkie?

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Thu Mar 23, 2017 1:42 pm
by Basjan123
julle manne speel nie julle braai rerig!!!!

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Thu Mar 23, 2017 2:28 pm
by Wouter Roets
Thomas

Maar min. So driekwart koppie op n halwe pakkie. Dit is maar hoofsaaklik om die room dikker te kry.

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Mon Mar 27, 2017 9:31 am
by ruaanb
Wouter so het ons die sousie gister gemaak vir 'n steakie wat ons gebraai het. My vrou het net die slakke met mossels vervang want nie almal eet slakke nie. O jinne dit was uit die boeke uit en die potjie is omtrent skoon gelek! Dankie vir die deel.

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Mon Mar 27, 2017 11:28 am
by Wouter Roets
Ruaan

Bly om te hoor hy het mooi geloop. Julle manne moet die resep maar so op die down low hou, want as my Ma uitvind ek deel haar mushroom sous so mildelik uit praat sy seker eers op haar sterfbed weer met my. Ek het darem die slakke gedeelte bygevoeg so ek sal darem seker vir so twee minute in die argument met haar my kant kan dra. Probeer hom nou volgende keer met die slakke of sommer net skoon met die mushrooms.

Groetnis
Wout

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Mon Mar 27, 2017 11:43 am
by Hugo
Ek het n stukkie Ribeye on the bone en so bietjie skaap riblets gebraai gister, afgespoel met n lekker craft bier.

Die bier is maar op die foto vir skaal.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0165.jpg

En op die een is die bier daar want sommer...

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0167.jpg

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Mon Mar 27, 2017 6:28 pm
by Andre308
Hugo wrote:Ek het n stukkie Ribeye on the bone en so bietjie skaap riblets gebraai gister, afgespoel met n lekker craft bier.

Die bier is maar op die foto vir skaal.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0165.jpg

En op die een is die bier daar want sommer...

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0167.jpg
Hugo, dit lyk lekker...

Nou kort jy nog net regte hout
Image Image Image

Re: Wat het julle die naweek als gebraai?

Posted: Mon Mar 27, 2017 8:44 pm
by Hugo
Ja ja,

Daai winter lek sak le vol kameeldoring daar in die agter grond.