Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Wat ons doen is om in jou skiet vak elke 50 tree n stukkie toiletpapier in n bos te sit elke 50 tree. so in 3 rigtings dan is afstand skat sommer vinnig.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Ek lewer nie kritiek nie, maar wil graag weet en leer. Hoekom sê so klomp van julle dat julle nie monoliete sal gebruik nie? Vir my is daar 'n verskil tussen Impala wat nie vervorm nie en ander monoliete soos GMX, BarnesTSX, selfs Spartan en Kriek wat mooi sampioene maak.
Is nou nie so ervare soos van julle nie, maar die paar springbokke wat ek in die Kalahari geklits het, en 'n paar blesbokke op die hoëveld het geval met 130gr GMX uit die 270. Net twee blesbokke het tweede skote nodig gehad omdat die eerste skote te laag was en die voorpote afgeskiet het. Die springbokke was almal verder as 250m, met bladskote en hulle het net daar bly lê. Bitter min vleis verloor.
Wat gaan maak dat bonded koeëls beter doen as hierdie monoliete? Hoekom sal die Interbonds/Accubond beter doen as die GMX, Barnes TTSX, of selfs Peregrine VRG-4? Ek luister.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Mag ek van Links af inkom........
Niemand hier het al iets van kopskote gesê nie.....
Ek luister verder
Cheers
Niemand hier het al iets van kopskote gesê nie.....
Ek luister verder
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Methinks, and methinks again !!!!! Hulle het nog altyd springbokke stukkend geskiet met gewone koele. Ons wat al monos gebruik het se vleis is heel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
As ek weet ek gaan net kopskote skiet, sal ek Balistic Tips gebruik, maar ek sal kopskote net oorweeg as hulle nader as 150m is.
Net om terug te kom wat ek hierbo gesê/vra het, ek het vroeër blesbokke met Accubonds geskiet. Die bokke het ewe maklik/moeilik geval as met GMX, maar die Accubonds het meer vleis laat weggooi as met GMX.
Net om terug te kom wat ek hierbo gesê/vra het, ek het vroeër blesbokke met Accubonds geskiet. Die bokke het ewe maklik/moeilik geval as met GMX, maar die Accubonds het meer vleis laat weggooi as met GMX.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
tripodmvr wrote:Methinks, and methinks again !!!!! Hulle het nog altyd springbokke stukkend geskiet met gewone koele. Ons wat al monos gebruik het se vleis is heel.
As jy jou eerste voorsit gaan skiet of vlakte gaan jy so paar foute maak. "n GMX, Barnes, GS Custom etc bietjie ver terug en jy gaan die heledag bok soek, en onthou jy kan nie rondbeweeg nie so jy kan nie bloedspoor volg soos in die bosveld nie. As jy vir my kan wys hoeveel vleis jy mors met 'n skoot 4 vingers agter die voorbeen doen asseblief. Jy blaas miskien so paar ribbes weg en mince vleis. Die bok val net daar en jy kan met 'n silencers geweer dalk nog 'n tweede bok ook laat val.
Hoeveel bokke skiet jy op 'n Bosveld jag as dit goed gaan die dag? Met 'n Karoo voorsit is dit nie snaaks dat een man vanaf een sitplek 10 bokke skiet nie. Jy skiet dus meer skote en baie verder afstande.
ek hetCobus(Cobb) wrote:Mag ek van Links af inkom........
Niemand hier het al iets van kopskote gesê nie.....
Ek luister verder
Cheers
"mik vir die nek , bly weg van die bek".
Ek skiet seker 90 % van my bokke nek skote net so onder die kop die area is soveel groter wat die bok kan laat sterf. as jy bietjie hoog skiet vang jy die kop, as jy bietjie laag skiet slan jy nog die nek. Hierdie skoot met 'n mono is BAIE maklik 'n vleis nek skoot en die bok hol VER. Met 'n koeel wat opbreeksal 'n vleis hou daem die spier so beskadig dat die bok val en gewoonlik 'n tweedeskoot lewer.
Ek skiet nie naastenby so baie bokke soos die oes manne of boere nie, maar ek skiet verseker meer springbokke in 'n jaar as die algemene ou en ek geniet 'n SST of Ballistic tip vreeslik. 'n V-Max is sleg vir die kop en nek vir my. "n 120gr SST / BT uit 'n 6.5 agter die blad behoort nie vreeslik skade te maak nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
'n Springbok is 'n VREESLIKE taai dier as jy hom sleg skiet onthou dit.
Hy hol vrek ver en verdwyn binne 'n bossie of sloot en jou jag is versuur. besluit wat is daardie 300gr vleis werd. 3 dae later tel hulle hom met 'n mooi longskoot op, waar die jakkalse sy vleis geniet het en jou bankrekening die oefening vir niks.
Hy hol vrek ver en verdwyn binne 'n bossie of sloot en jou jag is versuur. besluit wat is daardie 300gr vleis werd. 3 dae later tel hulle hom met 'n mooi longskoot op, waar die jakkalse sy vleis geniet het en jou bankrekening die oefening vir niks.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
As jy die springbok se streep met die blote oog kan sien is dit ongeveer 200 meter en nader, as jy nie die streep kan sien nie is hy gewoonlik verder as 200m.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Is dit nou met of sonder skoop / brille Joe?joe rocket wrote:As jy die springbok se streep met die blote oog kan sien is dit ongeveer 200 meter en nader, as jy nie die streep kan sien nie is hy gewoonlik verder as 200m.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Blote oog sonder bril sonder scope. My oge.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Interessant - nog nie so daarna gekyk...joe rocket wrote:Blote oog sonder bril sonder scope. My oge.
Sal hom bietjie toets, alhoewel ek dink ek sal die bruin streep eers op 80 meter sien
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170309/0503d23252ccce38842f470349097201.jpg
Lekker baie wegkruip plek
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170309/c9d84df997bd7d27bbe1a52cf51b13c4.jpg
So red 'n SST my gat. Bok net daar geval.
Lekker baie wegkruip plek
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170309/c9d84df997bd7d27bbe1a52cf51b13c4.jpg
So red 'n SST my gat. Bok net daar geval.
Last edited by tau on Thu Mar 09, 2017 9:38 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Jy kan maar die Amax skiet agter die blad. Ek het laas jaar klomp blesbokke op vlaktes geskiet met 140 Amax en skade agter die blad was baie aanvaarbaar. Maar as jy harde been slaan maak hy baie skade. Maar at least hol.die bok nerens heen nie
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Tau, plaas hierdie foto's so dat ons rekenaargestremdes dit ook kan oopmaak!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Oom ek sukkel so met kiekiesPWV wrote:Tau, plaas hierdie foto's so dat ons rekenaargestremdes dit ook kan oopmaak!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Haha Tau ek skiet so tyd terug ook 'n bok so deur die neus met 'n SST. Net van die kant af. Met daai derde en vierdie neusgat vlie hy weg asof hy 'n Nos bottel op het. Kon hom darem met 'n opvolg skoot verlos.tau wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20170309/0503d23252ccce38842f470349097201.jpg
Lekker baie wegkruip plek
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170309/c9d84df997bd7d27bbe1a52cf51b13c4.jpg
So red 'n SST my gat. Bok net daar geval.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Ek verpes dit tot on my diepste wese, maar ek moet 100% beaam wat my goeie vrind, Tau, hierbo geskryf het.
Vir 'n jong man se eerste springbok, is dit belangrik dat die jag so moet verloop, dat hy dit weer wil doen. Die groen brigade sal my seker wil hang oor die stelling.
Selfs ek gooi maar bladskote vir die eerste springbok of twee oor 150m totdat die ys gebreek is. Dan stoot ek vir die brein, maar anderkant die heilige streep moet Bokkie maar weer se blad hou.

Last edited by Gawie(13mm) on Thu Mar 09, 2017 11:42 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Die draad raak nou lekker!
Ek het 85gr Gamekings opgespoor vir die 6x45.
Teen 2650fps +- behoort hulle die pyp te rook.
Vir die 308/6.5 sal ek ook Gamekings of Sst of dalk Interlocks gaan.
My 308 is my baanroer waarmee ek baie vertroud is en sal hom dalk neem vir die lang skote.
Kopskote sal ek net skiet as die skoot aan is.
Vleisskade is n bok wat deur die jakkalse opgevreet is.
Ek gaan my 9.3 ook dalk maar saamvat! Netnou storm een!
Sent from my D5803 using Tapatalk

Volgende vraag.
Sou julle n demper aanbeveel veral omdat ons voorsit?
Ek oorweeg dit dan om dalk 'n Hunt Buddy op die 6x45 te draai, wil nie die roer onnodig swaar maak nie
Sent from my D5803 using Tapatalk
Sou julle n demper aanbeveel veral omdat ons voorsit?
Ek oorweeg dit dan om dalk 'n Hunt Buddy op die 6x45 te draai, wil nie die roer onnodig swaar maak nie
Sent from my D5803 using Tapatalk
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Die juis waar jy nie die streep Meer met die oog kan sien nie dat jy nou die rangefinder moet uithaal.FHM wrote:Interessant - nog nie so daarna gekyk...joe rocket wrote:Blote oog sonder bril sonder scope. My oge.nie.
Sal hom bietjie toets, alhoewel ek dink ek sal die bruin streep eers op 80 meter sien
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Apie, knaldemper sal baie voordelig wees om dan meer kanse te kry want op die oop vlaktes as die wind reg waai en jy bok klits op 150 meter gaan hulle definitief nie weet waarvandaan die skoot gekom het nie. Wat jou dan nog 'n kan gaan gee as daar groepie bokke is.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Moet om hemels naam nou ook nie opspring en jou vreugdes-dans doen as die eerste bok geval het nie.Frederik wrote:Apie, knaldemper sal baie voordelig wees om dan meer kanse te kry want op die oop vlaktes as die wind reg waai en jy bok klits op 150 meter gaan hulle definitief nie weet waarvandaan die skoot gekom het nie. Wat jou dan nog 'n kan gaan gee as daar groepie bokke is.
Last edited by Gawie(13mm) on Thu Mar 09, 2017 12:34 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Verseker n demper opsit. Jy kan tot 3 springbokke op n slag skiet. Wanneer die wind na jou toe waai is dit nog lekkerder. Die bokke hoor die skoot maar weet nie waar dit vandaan kom nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
ek kan hierdie bevestig....tau wrote:'n Springbok is 'n VREESLIKE taai dier as jy hom sleg skiet onthou dit.
Hy hol vrek ver en verdwyn binne 'n bossie of sloot en jou jag is versuur. besluit wat is daardie 300gr vleis werd. 3 dae later tel hulle hom met 'n mooi longskoot op, waar die jakkalse sy vleis geniet het en jou bankrekening die oefening vir niks.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Voorsit Springbok jag koeëls, punte bullets raad.
Baie goeie raad die. Jy moet stil sit en as jy bietjie kan kamoefleer nog beter.Gawie(13mm) wrote:Moet om hemels naam nou ook nie opspring en jou vreugdes-dans down as die eerste bok geval het nie. Sit rustig stil en hou "jou bok",sowel as die trop fyn dop. Soos Frederik sê; met 'n demper op jou roer gaan jy heel waarskynlik 'n tweede kans kry.Frederik wrote:Apie, knaldemper sal baie voordelig wees om dan meer kanse te kry want op die oop vlaktes as die wind reg waai en jy bok klits op 150 meter gaan hulle definitief nie weet waarvandaan die skoot gekom het nie. Wat jou dan nog 'n kan gaan gee as daar groepie bokke is.