Mauser aksies , rerig so sleg?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Jy sal nie verstaan nie Gawie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Die straatvroue wat ek ken weet goed hoekom hulle skree...Gawie(13mm) wrote:Plesier maat. Daar sal nou-nou 'n wetter kom vertel jy moet 'n Sako of 'n Tikka koop, maar hulle is soos straatvroue met 'n babbelas.Staan op elke hoek en skree, maar as jy vra hoekom, weet hul self nie.
Koop dus n Tikka 6,5x55 en n Sako 8x57. Dis n edele kombinasie.
Last edited by Pappabeer on Thu Sep 15, 2016 1:55 pm, edited 1 time in total.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
lmga
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ek het Mausers en Howas. Baangeweer en fynskiet Howa bo Mauser. Maar bosgeweer (8x57), Mauser elke keer. Mauser is Massey Ferguson en met 200 -220 gr 8x57 enige bosveld wild tot met Eland skoot vir skoot.
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Die 4 lengtes kommersiele Mauser aksies wat gemaak was voor WW2, was presies ewe sterk, dws 'n magnum aksie was niks sterker as 'n Kurtz aksie nie. Al die kommersiele 500 Jefferys, 505 Gibbs en voor-WW2 416 Rigbys was op Mauser aksies gebou, en die 500 was hard gelaai daardie tyd. Nog nooit van een van bg gehoor wat "set-back" gehad het nie, MAAR, jy kan enige iets "set-back" as jy net genoeg dryfmiddel ingooi! Jy kan selfs met 'n Volvo verongeluk as jy in 'n brug in vasry
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Wat ek dus probeer se is dat die standaard lengte aksie wat 'n 8x57 of 6.5x55 bou, niks swakker as die magnum aksies van die 500/505/416 is nie, en die 8x57 het BAIE minder terugloop krag teen die nokke as die 500. (Ek sluit die M98 aksies wat met slawearbeid ens vervaardig was natuurlik uit)
- Tertius Steyn
- Full Member

- Posts: 241
- Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
bwahaha lekker lag ek vir die eenGawie(13mm) wrote:Plesier maat. Daar sal nou-nou 'n wetter kom vertel jy moet 'n Sako of 'n Tikka koop, maar hulle is soos straatvroue met 'n babbelas.Staan op elke hoek en skree, maar as jy vra hoekom, weet hul self nie.
Groete Tertius
Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________
From a place they can not see, Comes a sound they will not hear

- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
ArmandArmand Steenkamp wrote:More manne. Ek soek gou n paar van die slim manne se opinies. EK het onlang 2 K98 akies bekom en was van plan om n 8x57 en n 6.5x55 te bou. Die 8mm sou my bos jag geweer wees en die 6.5 wou ek vir die langer afstande gebruik.
Toe onthou ek n stuk wat Ralph op die forum geskryf het oor Locking lug setback en lug imprint in die lug recess. Ek gaan google toe so bietjie en ek sien dis meer algemeen as wat ek gedink het. Meeste manne se man moet net flou ladings gebruik dan sal jy reg wees. Ek was van plan om reedelik warm te laai,maar nogsteeds veilig op QL ...
Nou is ek nie meer so seker of ek op die M98 aksies wil bou nie... Wat se julle manne? Moet ek my nie aan die ouvrou stories steur nie en laat bou of moet ek maar die aksies swaai en n Howa 6.5Creed koop??
Groetnis
Ek dink jy moet ook my skrywe oor die M98 in konteks verwys.... die gesprek was om .300WSM op n M98 aksie te bou. Niks fout met die bo genoemde kalibers op die betrokke aksies nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ja. Die kalibers verskil - en nie net 'n bietjie nie...
Groetnis!
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ja nou lyk ek soos n aap hier voor almal
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ek wil hierdie nie graag post nie MAAR ek is nie anti-mauser nie. N roer wat ek vir myself bou op n Mauser M98 aksie - oja en hy is Standaard lengte. Sal al die fotos binnekort post
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/2016-09-11%2016.44.31_zpsjwmbqa9u.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/20160724_161008_zpsbc9kb1ht.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/2016-09-11%2016.44.31_zpsjwmbqa9u.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/20160724_161008_zpsbc9kb1ht.jpg[/image]
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Indrukwekkend Ralph!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Om die duisters en ingilse met mekaar te assosieer is darem nie mooi nie. Nie een van die twee sal daarvan hou nie...spekieries wrote:Ek het Mausers en Howas. Baangeweer en fynskiet Howa bo Mauser. Maar bosgeweer (8x57), Mauser elke keer. Mauser is Massey Ferguson en met 200 -220 gr 8x57 enige bosveld wild tot met Eland skoot vir skoot.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Dankie dat jy vir ons "helleryd" bring Ralph.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Skoenmaker hou jou by jou lees. Die Duistsers kon gewere bou, en die Ingilse kon trekkers bou.
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ek stem saam. Met almal.
Ek het 'n hele paar jaar gelede 'n 308 op 'n FN Mauseraksie laat bou. Daardie tyd het ek elke pennie 100 keer omgedraai voor hy geloop het. Toe koop ek 'n Wilson loop. Reuse fout. Die geweer het maar gemiddelde groepe geskiet. Ek is toe terug na die geweersmit. En weer. Die man se toe 'n baie waar ding: As jy skyfskietgroeperings wil skiet, koop 'n skyfskietgeweer.
Dus my opinie:
As jy 'n geldgedrewe antwoord soek, koop 'n Howa. Onthou net dat as jy 'n GRS kolf wil opsit, ekstra $
As jy 'n skyfskietgeweer wil bou, gebruik 'n skyfskietaksie. En bou hom swaar. Met 'n ORDENTLIKE Match-tipe loop.
As jy 'n mooi fabriekgeweer wil he met 'n mate met 'n bietjie eksklusiviteit, Sako 85.
As jy net 'n lekker betroubare geweer soek, gebruik die K98.
As dit 'n projek-tipe geweer is, bou hom soos jou hart praat.
M.a.w. definieer jou doel.
'n Goedkoop geweer se lisensieering is net soveel moeite as 'n duur ene.
Nou het ek meeste van my sinne met 'as' begin.
Gte

Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Ekt nogal baie geleer hier. Armand...Sterkte met hierie ene!!
Snaaks dat die push/controlled feed ding nie juis hier opgekom het nie.
"As" ek die aksie gehad het, sou ek hom vir die swaarder kaliber gebruik het. My 2c
Sal dit like as iemand dalk vir ons dommetjies hier, of op n ander draad die hele proses (fisies en wetlike deel) van geweer LAAT BOU kan opsom. Ek het geen idee hoe dit werk nie.
Dankie

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Mauser aksies , rerig so sleg?
Vir my boaan die lys vir 'n jaggeweer. Ek was al die jare gewoond aan mauser tipe voer. Tydens die skietseisoen die jaar skiet ek na 'n vark. En mis. En laat vinnig weer. En met die beleef ek die eerste voerprobleem in jare. Op 'n 'push feed' geweer. Twee patrone wat gelyk in die kamer wil voer. Was dit 'n Mauser, het ek die eerste een van die twee op die grond laat val en die tweede een was reg om te skiet.Hansieslim wrote:Ekt nogal baie geleer hier. Armand...Sterkte met hierie ene!!
Snaaks dat die push/controlled feed ding nie juis hier opgekom het nie.
"As" ek die aksie gehad het, sou ek hom vir die swaarder kaliber gebruik het. My 2c
Sal dit like as iemand dalk vir ons dommetjies hier, of op n ander draad die hele proses (fisies en wetlike deel) van geweer LAAT BOU kan opsom. Ek het geen idee hoe dit werk nie.
Dankie
Natuurlik my fout met die dat ek die aksie nie die volle lengte oop en toe gemaak het nie. Maar dit sou nie met 'n Mauser tipe aksie gebeur het nie.
Gte
Carl