So gaan ek een winter klompie jare terug en skryf in vir 'n swart wildebees skool daar by die omie. Het die dag twee by hom gejag met my .300 WM gelaai met 165 gr Sierra Game Kings. So wil ek toe nou slim en ervare lyk en klink en ek stamp die eerste wildebees laag deur die blaaie net bo die bors been want mens skiet mos 'n bok deur die hart, en dit is ook waar ek hom getref het, so 'n knerts van die hart en longe getref. Onderste bo al vier bene in die lug, daar le ou swart nar. Ek smile en oompie se NEE WAG OU SEUN, LAAT ONS EERS SIEN. woeps, daar staan meneer op en staan en bewe en struikel daar op een plek. Kan nie 'n tree voorentoe of agtertoe gee nie, maar staan staan die swart nar. HEHEHE!! lag die oompie en se vir my NEE WAT, HY DINK FO**OL VAN JOU GEWEER, JOU GEWEER IS MAAR FLOU. HE HE HE! doem slaan die swart bees weer om en so dink ek, ja oompie, daar moer hy nou lekker om, swart bees le toe op sy rug en skop-skop so met sy kloutjies in die lug HE HE HA HA! lag die oomie weer. HY CHARGE NOU SY BATTERIES BOETIE HA HA HA, JOU GEWEER IS FLOU JONG lag die omie weer. daar staan daai swart bees wragtig weer op, dit is net bloed by die neus en in die gras, dit lyk te naar, en toe die ou swart bees TOE omval toe is dit verby met hom. My tweede swart bees het beter omgeval, op die plek, maar ook so skop-skop gegaan.
Voorwaar kan ek ook nou se en beaam wat die oomie gese het, 'n jag man moet eers deur swart wildebees skool gaan voor hy 'n ware jagter is.
My vrou Yolandi is ook al deur swart wildebees skool. Haar jag was sommer baie suksesvol gewees.
Daar's hy Marno, jy is ook nou deur swart wildebees skool. LEKKER!!!! en geluk maat.