[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 2
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)

JARACAL • Scope vir 270 - Page 2
Page 2 of 2

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 10:44 am
by 2.1
.::Alwyn-U::. wrote: Wel ek het al nooit op 12x vergroting geskiet nie.. dis VIR MY bietjie onprakties.. 6x of 9x werk vir my..

Hoe ver skiet jy op daai vergrotings?
Miskien moet ek eerder nog paar maande spaar en 'n Zeiss Duralyt 2-8x42 koop...

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 1:08 pm
by .::Alwyn-U::.
op 9x skiet ek tot 200m gemaklik, nie dat ek sommer dit doen nie, by ons is dit meestal bosveld..

Groete

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 1:30 pm
by 2.1
.::Alwyn-U::. wrote: op 9x skiet ek tot 200m gemaklik, nie dat ek sommer dit doen nie, by ons is dit meestal bosveld..

Groete
Ek is in die Kalahari. Hier is dit nie snaaks om verder as 200m te skiet nie.

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 1:32 pm
by Jagtersdok
Dit is hoekom daar variable scopes is, stel vir die omstandighede.
Koop die groter vergroting

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 1:36 pm
by James Wilson
2.1 wrote:
.::Alwyn-U::. wrote: op 9x skiet ek tot 200m gemaklik, nie dat ek sommer dit doen nie, by ons is dit meestal bosveld..

Groete
Ek is in die Kalahari. Hier is dit nie snaaks om verder as 200m te skiet nie.
ja nee, daai kalahari manne skiet verder as wat daai eeerste selfone kon bel.

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 3:07 pm
by .::Alwyn-U::.
hahahaha! goeie een.. as hy nou 300m wil skiet dan sal hy seker groter moet gaan maar as jy by 300m trek is dit ook nie meer jag nie, dan is dit sniping ;D

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 4:44 pm
by Yalair
Vir kalahari jag Lynx 8x56 loop mooi vir daai laaaaang skote, het myne nou al paar jaar op 270, geen fieterjasies en hou zero 100%

http://www.iwarehouse.co.za/index.php?p ... t&Itemid=1

Groete
Ben

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 4:56 pm
by .::Alwyn-U::.
Ben ek dink die man soek bietjie meer "zoom"... Dis lekker om die bosluis van die bok af te skiet ;D

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 5:01 pm
by Yalair
Alwyn
8 x zoom is meer as genoeg, daai scope is mooi helder en veld is lekker wyd, my ander een is 2.5-10 x 56 het nog nooit oor 8 x met hom ook gegaan nie. Maar nou ja elke man dryf sy trekker op sy eie manier.

Groete
Ben

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 5:03 pm
by Dawid
Die bok skietery op 300meter laat my alteveel dink iemand gaan etes mis en vrek van die honger.  :'( :'(

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 5:08 pm
by .::Alwyn-U::.
Ben

Ek is met jou op daai een. Ek het net al eenkeen my VX1 opgedraai na 12x toe ek op ganse skiet. hulle was 420m weg.. Nooit in my lewe sal ek so skiet na 'n on-gekwesde bok nie!  Let wel ek het die gaans eers op die 3de skoot getref ;D hy bly sit so ekt bly skiet

Re: Scope vir 270

Posted: Wed Jul 20, 2011 11:06 pm
by James Wilson
ek skiet daar in die kalahari en daai boer beduie my hulle skiet so ver, dat as jy uiteindelik by die bok kom, dan is die vleis al vrot!!!!

maar dis niks, ek skiet saam met n paar sudwesters uit suidwes, en daai manne drink klipdrift en bioplus!!!  daai bruin bottels wat jy by die apteek kry!! 

ek se sommer net daar vir die een jagter hy sal vrek aan sy hart. waarop hy my antwoord:" Daai kannie wesie, voel net hoe lekker vinnig klop my hart!!!"

ek moet se in daai week wat ek saam met hulle gejag het, het daai een jagter darrem die woensdag oggend so van 3 uur tot half ses geslaap. ek onthou dit baie goed, want dit het met ongewone vrede gepaard gegaan.

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 3:00 am
by .::Alwyn-U::.
Jagbehep! wrote: ek skiet daar in die kalahari en daai boer beduie my hulle skiet so ver, dat as jy uiteindelik by die bok kom, dan is die vleis al vrot!!!!

;D

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 6:21 am
by 2.1
More
Ek het nou lekker gelag. Ek bedoel ook nou nie dat alles wat ek skiet elke dag op 300m gan staan nie, maar dit gebeur. Van die bokke wat ek geskiet het was een 300m+ as ek nou reg onthou. Die naaste dink ek was so 150m. Het wel al 'n varkie +/- 60m geskiet.

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:40 am
by Wouter Roets
2.1

Ek sou gedink het jy het al iets op 2,1m geskiet het! :laugh: Waar kom die 2.1 vandaan? Is daar iets van jou wat 2.1 duim lank is? :o

Groetnis
Wouter

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:46 am
by Hein M.
Wouter Roets wrote: 2.1

Ek sou gedink het jy het al iets op 2,1m geskiet het! :laugh: Waar kom die 2.1 vandaan? Is daar iets van jou wat 2.1 duim lank is? :o

Groetnis
Wouter
;D

Of dalk 2.1 duim breed :o

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:15 am
by 2.1
Wouter Roets wrote: 2.1

Ek sou gedink het jy het al iets op 2,1m geskiet het! :laugh: Waar kom die 2.1 vandaan? Is daar iets van jou wat 2.1 duim lank is? :o

Groetnis
Wouter
Hahahaha... :D
....hahahahahahahha!!!!
:D

Nee ek is die eerste van 'n tweeling.
Groete

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 3:43 pm
by James Wilson
O, soos version 2.1 van Windows  of dalk n virus program. ???

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 5:08 pm
by 2.1
Jagbehep! wrote: O, soos version 2.1 van Windows  of dalk n virus program. ???
Gelukig nie. Interaktiewe tegnologie is nog nie heeltemal so ver gevorderd nie.

Is daar nog enige kommentaar oor die oorspronklike topic?

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 5:59 pm
by tafjak
2.1

Hoop jy het al jou keuse gemaak. As jy nie het nie sou ek nie meen dat die "meeste vergrotings beskikbaar vir die prys" hier geld nie. Klink te veel na die reisiger wat gereeld in hotelle oornag het, maar elke keer vir die "byvoordele" soos, swembad, rolbalbaan, movies en nog 'n klomp goete betaal het en al wat hy gesoek het was oornagplek.

Ek hou van Ben(Yaliar) se denke: "Eenvoud". 'n Jagteleskoop het gewoonlik nie verstelbare vergrotings nie, maar eerder 'n Fixed vergroting. Net die manne met die "Krydiemeestevirdieprys" sal sommer so iets opsit en omdat dit meer features het, maar dit nie noodwendig gebruik nie.

My keuse bly maar iets in die lyn van: 7x56(jammer hulle maak nie meer die 7x50 nie) Meopta, jy sukkel nooit om fokus en vergrotings baas te raak nie. Omdat jy op een vergroting skiet sal jy later die afstand daarmee in 'n oogwink kan skat omdat jy net die verskillende diere se grootte daarin ken met ondervinding. Die Fiel of View is natuurlik op sy beste hier. 'n Gewone ou 6x42 sal eintlik beter werk as die afstande nie te v?r is nie.

Mooiloop

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:04 pm
by gideon
Hallo 2.1
My raad sal wees koop die beste scope wat jou budget toelaat. Ek het al die jare met lynx scopes geskiet moet erken ek het nie 'n dag se probleem met hulle gehad nie. 3-9by40 en 3-9by 42 Prof series.  Het egter vir my 'n nuwe 270AI laat bou en het toe 'n Leeupold VX2 6-18by 40 Target fine duplex gekoop. Daar was vir my twee redes om die scope te koop.
1. ek jag meestal in die vrystaat baie manne se ons skiet hier ons jag nie. So die skietafstand is beslis verder as in die bos en die vergroting help.
2. Dit is vir my lekker om op die baan om op 18* te skiet as jy ladings uitwerk. Ek se nie dit is beter nie ek se dit is vir my lekker.

Die fine dublex is meer vir papier skiet maar hy werk vir my baie lekker in die jagveld. Ek is so beindruk met die scope dat ek vir my 303 nou 'n vx 1 4-12 by 40 gekoop het en is net so beindruk met hierdie teleskoop. My volgende een is vir my 222 vir die nagskiet en ek wik en weeg self nog oor die model maar dit gaan beslis 'n leeupold wees.

Dit is my ervaring ek het ander teleskope ook probeer met allerhande snaakse kruishare ens maar ek is terug na die standaard kruis. Net my voorkeur.

Net my twee sent

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:24 pm
by 2.1
gideon wrote: Hallo 2.1

Sal jy se jy het ge-upgrade vanaf Lynx na Leupold?

Re: Scope vir 270

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:45 pm
by gideon
Dit is slegs my mening maar ja. Ek dail met my leeupold wat ek nie met die lynx gedoen het nie en die leeupold se verstelling is spot on. Moet erken my lynx het nie dieselfde tarrets nie so kan nie se of die verstelling 'n probleem sou wees met lynx nie. Ek verstaan dat die nuwe lynx lx2 reeks baie goed is maar die prys van hierdie reeks is aansienlik meer nou in die magnum gekyk 5-20 by 50 retail vir tussen R10 000 en R12 000 3.5-10 by 50 retail vir R5200. lynx is dus ook nie meer 'n "goedkoop" scope nie.