Page 2 of 2

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Tue Jul 05, 2011 5:28 pm
by fanie17
Koedoe en weer en weer,ek kan se ek gaan die naweek rooibokke skiet en ek sal kry ,maar ek kan nie se dat ek gaan koedoes skiet nie.Hulle het nie verniet daai groot ore nie

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:59 pm
by Christo Els
Op hierdie staduim is 'n groot 50" buffel vir my die moeilikste, want die plaas eienaar laat my nie toe om naby hom te kom sonder betaalling nie  ;D ;D ;D ;D

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Jul 06, 2011 1:36 pm
by PITSMIT
hahaha mooi christo  ;D ;D

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:14 pm
by Dewie
Goeie een oom Christo :D ;D

Dewie

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Jul 07, 2011 7:14 pm
by Swys14
daai Kalahari Gemsbok, ai dis darrem baie se loop

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:02 pm
by .::Alwyn-U::.
Te veel Swys!

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Jul 20, 2011 7:21 pm
by THOMAST
Ek sou s? enige bok aan die einde van die jagseisoen wanneer hulle al voos geskiet is.
Het een jaar by my neef op Kenhardt gaan springbokke skiet naby Augustus. As jy die kamp inkom, sien jy net sulke stoffies soos daai bokke na 'n ander tydsone weghol, daaoer anderkant, oor die rantjies.

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Jul 20, 2011 7:50 pm
by spekieries
Moet s? ek het twee naweke gelede ribbok in die berge gejag. Dit was fisies uitdagend gewees en toe ek daai bokkie bo uit die berg moes uitdra, het ek met my pap enkeltjies lekker geswets hoor.

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Jul 21, 2011 11:37 am
by Lourens
Spekieries ekt nog nie self een van daai geskiet nie, maar daar in die berge dink ek kan hy nogal 'n uitdaging wees vir 'n man op voet!

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Jul 21, 2011 12:14 pm
by Koos Barnard
Manne
Probeer 'n vaalribbok in die Moordenaarskaroo met 'n oopvisiergeweer skiet en beperk die skietafstand tot onder 100m. Glo my, jy kruip al jou elmbo? en knie? se nerwe af. En as jy 'n springbok daar wil skiet op dieselfde manier geld dieselfde. Die vaalribbok se o? is net soveel beter, die bokkie kyk so raak asof hy gedurig 'n 10x42 verkyker dra.
Groetnis

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Fri Jul 22, 2011 10:10 am
by Coenie (Swift)
Dewie,

Enige gebied vir my wat oop is soos Karoo, Vrystaat en Namibia maak dit moeilik en uitdagend. Ons het al menigte kere leeg huis toe gekom.

Dan as die gebied nie a faktor is nie en diere wat nie wild geskiet is in die seisoen nie, dan is dit maar net Oom Koedoe se kind vir my, veral as kees saam met hom loop soos op die Ghaap se berg :laugh:

Groete

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Sun Jul 31, 2011 2:34 pm
by Wiehan111
Dewie

Ek sal se Rooibokke in die bosveld.

Groete

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Thu Aug 04, 2011 5:13 pm
by henslin
My gevoel is enige bok in die bosveld as die bobejane en kw?vo?ls saam jag.  Die mooiste wat ek nog gesien het is 'n kw? as jy hom 180 gr 308 op kort afstand gee. Noem hom glo die grys loerie - die ding kan nie sing nie !!!!

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Fri Aug 05, 2011 8:03 am
by BLOK
Enige bok aan die einde van die jagseisoen is n moeilike bok, hulle het dan heelwat vars praktiese ondervindng. ;D

Blok

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Fri Aug 05, 2011 8:26 am
by HUNTER
'n Gemsbok gaan skiet jy.
'n Springbok gaan jag jy.
'n Kudu gaan soek jy.

'n Ou Kudu bul bly 'n groot uitdaging om te loop en jag. Meeste kere weet hy van jou lank voor jy van hom weet, maar soms word ook hy verras. Loop en jag is soveel meer bevredigend wanneer jy suksesvol is.

Groete

Hunter

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Aug 24, 2011 10:45 am
by Vosman
Ek dink 'n mens baie verskillende wild en terein wat dinge moelik maak.
Ek stem saam met die blou Eland bul, en die Grys Gees met die laaaang kurktrekkers in die bosveld.
Jy kan gelukkig wees as hy jou verras en hy is nie bewus van jou nie!

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Aug 24, 2011 11:01 am
by Geno
Manne,
Het julle al Vaalribbok met die boog te voet gejag? Ek dink daai kan bitter moeilik en bevredigend wees!

Groete,
Eugene

Re: Moeilikste bok om op voet te jag

Posted: Wed Aug 24, 2011 8:16 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek moet se Vaalribbok.  Dit bly moeilik met enige skietding, want teen die tyd dat jy n skoot het is jy bewerig en brandbors geloop/geklim/gekruip. Dan is die bok nog soos n windhond gebou, klein teikentjie. Daar is gewoonlik ook n hele paar oe wat jou voortydig raaksien.
Geno ek dink met n boog walk en stalk grens aan die onmoontlike en sal maar terg.
Groete
Ribbok (Vale!!)