Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Kom ons kyk logies daarna en verduidelik vir die nie regsgeleerde manne.
"I put it to you" JY spring deur en oor 'n paar hekkies, bande, skietrame en sekelbosse. Terwyl jy hiermee besig is:
* lê jou artikel 13 pistool in die kluis of is dit staties in sy skede of skiet selfs 'n paar skote na 'n teiken. Die lisensie is in jou sak.
* jou art 15 jag geweer is in die kluis of geweer sak. Op 'n dag skiet die geweer ook so skoot of wat na 'n bok en papier teiken. Die lisensie is in jou sak.
Nou hoe is dit moontlik om nou na die TJ kursus, eksamen en voltooing van die register van aktiwiteite of nadat JY baie teikens geskiet het. Dat die lisensie eweskielik nou meer as 200 rondtes kan hanteer. Die lisensie het niks gedoen nie. EK het iets gedoen en is bevoeg om die verantwoordelikheid te dra.
Daar is baie gedeeltes van die Wet op Beheer van Vuurwapens, wat nog nie deur die howe getoets is nie. Dan moet mens ook onthou dat elke Landdros die wet sal vertolk na gelang van sy persoonlike uitkyk en agtergrond. Geen Landdros of Regter is ooit werklik objektief nie, net soos geen mens ooit werklik objektief kan wees nie. Huidiglik glo ek dat die meeste Landdroste die wet sal vertolk op die "eng" (beperkende) wyse, aangesien die Wet juis ten doel het om beheer oor vuurwapens en ammunisie te verseker. Daarom glo ek die veilige interpretasie van daardie gedeelte sal wees om net vir lisensies wat in terme van Artikel 16 toegestaan is, meer as 200 rondtes te hou.
Nou, soos hierbo gesien kan word, is daar 1000 opinies, want elkeen wil graag die wet vertolk om hom/haar te pas. Hou maar net die risikos ingedagte en besef dat die wet eerstens deur die SAPD lid wat jou gaan arresteer, vertolk gaan word en hulle het gewoonlik 'n effens meer eng interpretasie van die wet. Wanneer jy dan die Maandag voor die hof gebring word vir jou borgaansoek (daar is selde indien ooit, na-uurse borg vir vuurwapenverwante oortredings....), mag die Landdros natuurlik met die SAPD saamstem (GFSA is nie beperk tot facebook ridders nie!) en dan gaan jy moet wag vir jou verhoor, terwyl die res van jou wapens, "veilig" gestoor word in SAP13 stoor. Indien jy dan die eerste persoon is waarop hierdie gedeelte van die wet getoets word, mag die Landdros moontlik besluit dat die "eng" interpretasie die veiligste een is en jy word skuldig bevind. Dan kan jy dieselfde paadjie as Oscar vat en teen die skuldigbevinding appelleer. Hopelik het jy ook 'n paar rand in die bank en huise om te verkoop, want dit is nie goedkoop nie.... En dalk bevind die Hooggeregshof in jou guns en dan moet jy net die maklike takie uitvoer om jou gewere uit SAP13 te gaan haal. Ek glo jou teleskope en alles sal nog daar wees en dat die SAP jou gewere gereeld geolie het in die 5-7 jaar wat dit daar was. En dan, kom die enorme skok, dat terwyl jy baklei het vir jou regte in die Hof, het rooibokke se pryse dramaties geklim na R5k vir 'n knypkop....
Ek persoonlik, sal maar eerder veilig speel en net vir die wapens wat itv Artikel 16 toegestaan is meer as 200 rondtes hou en dalk vir 'n permit aansoek doen vir die res.....
So praat 'n man wat sy brood... net 'n grappie Eugene
Die scenario hierbo kan ook afspeel as jy Hollowpoints, Black Talon of Ontploffende rondtes in jou SV pistool dra. Daar is SAPS lede wat dink dis onwettig omdat hulle dit nie mag dra nie. Die tyd wat jy gaan baklei is dalk net minder.
Carl wrote:So praat 'n man wat sy brood... net 'n grappie Eugene
Die scenario hierbo kan ook afspeel as jy Hollowpoints, Black Talon of Ontploffende rondtes in jou SV pistool dra. Daar is SAPS lede wat dink dis onwettig omdat hulle dit nie mag dra nie. Die tyd wat jy gaan baklei is dalk net minder.
Beslis! Maar in die geval hierbo, staan daar nerens in die Wet dat dit verbied word nie, so 'n Aanklaer wat sy sout werd is, behoort dit sommer van die rol te skrap voor jy nog in die Hof verskyn. Ek moet ook bysê, dat ek nog nooit deur enige lid van die SAPD versoek is om na my ammo in my pistool te kyk of selfs om dit uit die holster te haal nie. En tot en met die Oscar saak, het ek ook nog nooit gehoor dat die tipe ammo wat gebruik is om 'n persoon te dood, ooit opgehaal is by 'n moordverhoor nie.... Maar, dan was geen moordverhoor wat ek al gedoen het, ooit op TV uitgesaai nie....
Dis nou interressant - ek het nooit geweet die SAPD mag nie HP rondtes dra nie.
Wat sou jy dink is die rede hiervoor?
Een van die HP rondtes se groot voordele is tog om oorpenetrasie te voorkom - en in die geval van SAPD skiet hulle tog meer in die publiek as enige iemand anders - ek sou dink logika sal bepaal dat n HP rondte in die publiek 'veiliger' sou wees as n vol mantel punt.
Soos ons tog weet is die ander voordeel van n HP om maksimum skade aan te rig en sodoende jou aanvaller vinniger te stuit. Ek sou dink dis logika weereens vir n organisasie wat kriminele moet stop om punte te gebruik wat die booswig so spoedig moontlik buite aksie stel. Of wat se julle kenners?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene wrote:Daar is baie gedeeltes van die Wet op Beheer van Vuurwapens, wat nog nie deur die howe getoets is nie. Dan moet mens ook onthou dat elke Landdros die wet sal vertolk na gelang van sy persoonlike uitkyk en agtergrond. Geen Landdros of Regter is ooit werklik objektief nie, net soos geen mens ooit werklik objektief kan wees nie. Huidiglik glo ek dat die meeste Landdroste die wet sal vertolk op die "eng" (beperkende) wyse, aangesien die Wet juis ten doel het om beheer oor vuurwapens en ammunisie te verseker. Daarom glo ek die veilige interpretasie van daardie gedeelte sal wees om net vir lisensies wat in terme van Artikel 16 toegestaan is, meer as 200 rondtes te hou.
Nou, soos hierbo gesien kan word, is daar 1000 opinies, want elkeen wil graag die wet vertolk om hom/haar te pas. Hou maar net die risikos ingedagte en besef dat die wet eerstens deur die SAPD lid wat jou gaan arresteer, vertolk gaan word en hulle het gewoonlik 'n effens meer eng interpretasie van die wet. Wanneer jy dan die Maandag voor die hof gebring word vir jou borgaansoek (daar is selde indien ooit, na-uurse borg vir vuurwapenverwante oortredings....), mag die Landdros natuurlik met die SAPD saamstem (GFSA is nie beperk tot facebook ridders nie!) en dan gaan jy moet wag vir jou verhoor, terwyl die res van jou wapens, "veilig" gestoor word in SAP13 stoor. Indien jy dan die eerste persoon is waarop hierdie gedeelte van die wet getoets word, mag die Landdros moontlik besluit dat die "eng" interpretasie die veiligste een is en jy word skuldig bevind. Dan kan jy dieselfde paadjie as Oscar vat en teen die skuldigbevinding appelleer. Hopelik het jy ook 'n paar rand in die bank en huise om te verkoop, want dit is nie goedkoop nie.... En dalk bevind die Hooggeregshof in jou guns en dan moet jy net die maklike takie uitvoer om jou gewere uit SAP13 te gaan haal. Ek glo jou teleskope en alles sal nog daar wees en dat die SAP jou gewere gereeld geolie het in die 5-7 jaar wat dit daar was. En dan, kom die enorme skok, dat terwyl jy baklei het vir jou regte in die Hof, het rooibokke se pryse dramaties geklim na R5k vir 'n knypkop....
Ek persoonlik, sal maar eerder veilig speel en net vir die wapens wat itv Artikel 16 toegestaan is meer as 200 rondtes hou en dalk vir 'n permit aansoek doen vir die res.....
Dit is my benadering ook, en ek dink dit is presies wat NHSA wil bereik met hulle advies.
Dis nou interressant - ek het nooit geweet die SAPD mag nie HP rondtes dra nie.
Wat sou jy dink is die rede hiervoor?
Een van die HP rondtes se groot voordele is tog om oorpenetrasie te voorkom - en in die geval van SAPD skiet hulle tog meer in die publiek as enige iemand anders - ek sou dink logika sal bepaal dat n HP rondte in die publiek 'veiliger' sou wees as n vol mantel punt.
Soos ons tog weet is die ander voordeel van n HP om maksimum skade aan te rig en sodoende jou aanvaller vinniger te stuit. Ek sou dink dis logika weereens vir n organisasie wat kriminele moet stop om punte te gebruik wat die booswig so spoedig moontlik buite aksie stel. Of wat se julle kenners?
Sover ek weet is daar 'n staande opdrag dat alle personeel FMJ moet dra.
Ek het gehoor dit is sodat hule voldoen aan die bepalings van die Geniva konvensie wat HP rondtes vir militere gebruik verbied. Die Geniva Konvensie geld nie werklik vir polisie dienste nie, maar die SAPS se houding is blykbaar een van "rather save than sorry"
Dit is wat ek by 'n vriendin in die polisie gehoor het, so dit is ook maar hoor-sê...
Chris Swart wrote:

Chris Swart wrote:Soos ek sê, dit was hoor-sê gebaseer op 'm gesprek met 'n SAPS lid.
Dit is juis hierdie tipe bron wat die meeste onsin as wet verkondig.
Die polisie het "staande orders" dat hulle nie enige ammunisie mag gebruik, behalwe die wat deur die SAPD aan hulle uitgereik is. Die tipe ammunisie word nie gespesifiseer nie, net die bron.
Hulle mag ook nie hulle dienswapens met 'n patroon in die kamer dra nie. Weereens staande orders, nie enige wetgewing nie.
Die probleem kom as ons goeie, eerbare, hardwerkende polisie-lede begin dink dat hierdie reëls ook op Jan Publiek van toepassing is...